Podmedia

Podlitiek

News AF ↓ 332 episodes

Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans. Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube. Met trots aan u gebring deur Podmedia.

Author

Podmedia

Category

News

Podcast website

www.spreaker.com

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ep. 243 - AfriForum/Solidariteit vir ANC kwaad, Zim-boere sonder vergoeding gelaat, kenners wat oor NGV praat 10.05.2024

In vandag se episode bespreek ons AfriForum en Solidariteit se ultimatum aan die regering rakende die BELA-wetsontwerp, die konstitusionele hof se uitspraak rakende Zimbabwe se boere en die SAOG tribunaal en die verrigtinge van AfriForum se onlangse NGV konferensie.

Ep. 242 - Die Afrikaner Verklaring en NGV openbarings 26.04.2024

In vandag se episode bespreek Ernst en Louis die bekendstelling van die Afrikaner Verklaring, Lesufi se nuutste uitlatings oor gesondheidsorg, en die werklikheid van privaat gesondheidsorg in arm gemeenskappe.

Ep. 241 - Akademia se nuwe Wes-Kaap kampus, e-tol uitgewis, oor nuwe bestuurslisensiekaarte beslis 12.04.2024

In hierdie week se episode bespreek Ernst, Louis en Arno Akademia se beplande nuwe voltydse kampus in die Wes-Kaap, die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se aankondiging dat e-tol “iets van die verlede” is, die nuwe bestuurslisensiekaarte wat beplan word, asook Jacob Zuma en se MK-party se oorwinning in die kieshof.

Ep. 240 - Eskom probeer onthulling keer, regering wil op burgers spioeneer, onteiening gedebatteer 28.03.2024

In vandag se episode bespreek Ernst, Louis en Charné Eskom se desperate terugskop teen AfriForum se wen in die hof oor voorsiening van inligting rakende steenkool- en dieselkontrakte, die vordering van die Suid-Afrikaanse regering se nuwe spioenasiewetsontwerp, asook die onteieningswetsontwerp wat terug Nasionale Vergadering toe gaan vir ’n stemgeleentheid.

Ep. 239 - AfriForum will MRK se mag snoei en Zuma se MK-party hou aan groei 27.03.2024

In vandag se episode bespreek Ernst en Louis AfriForum se hofsaak om die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se magter te beperk, asook die volgehoue groei van Jacob Zuma se MK-party.

Ep. 238 - Bloemfontein se grondgrype las, regter verkeerd oor ras, AfriForum vat TikTokker vas 08.03.2024

In vandag se episode bespreek Ernst en Louis die grondgrype in Bloemfontein, die nuutste feite rakende die regter wat bisarre "hoekom is julle almal wit?" ras-eise gemaak het, en AfriForum se privaat vervolgingseenheid se wen in die hof teen 'n TikTokker wat skuldig bevind is van valse rassisme-bewerings maak.

Ep. 237 - MRK se saak teen Malema voortgesit en regter vra 'Hoekom is julle almal wit?' 29.02.2024

In vandag se episode bespreek Ernst, Charné en Arno die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se haatspraaksaak teen die EFF se Julius Malema, asook ’n regter se bisarre ras-eis: 'Hoekom is julle almal wit? Verduidelik!' wat sosiale media laat gons het.

Ep. 236 - Kaderontplooiing, staatsfondse vermorsing, nuwe nommerplate verknorsing 22.02.2024

In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné die begrotingsrede, die Gautengse Hooggeregshof se besluit om die aansoek om kaderontplooiing ongrondwetlik te verklaar van die hand te wys, en Panyaza Lesufi se plan om vir Gauteng nuwe nommerplate te gee.

Ep. 235 - Leë staatsrede, Kaapse vissers ontevrede, SA dokters se werklose hede 08.02.2024

In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné die president se opkomende staatsrede, Kaapse vissers wat deur die regering in die steek gelaat word, en Suid-Afrikaanse dokters wat sukkel om werk te kry.

Ep. 234 - Dricus praat reguit, korrupsie ruk handuit, hoe word lisensiebedrog gestuit? 08.02.2024

In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné UFC-middelgewigkampioen Dricus du Plessis se uitlatings oor die Suid-Afrikaanse regering, Suid-Afrika se daling in die korrupsie-indeks, en bestuurslisensiebedrog.

Ep. 233 - Konstruksiemafia intimideer, Starlink in SA word meer, Texas se grenswagte hou aan keer 25.01.2024

In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné die konstruksiemafia, meer en meer Suid-Afrikaners wat Elon Musk se Starlink kry, asook die gespanne situasie op die grens van Texas.

Ep. 232 - Zuma voor in MK koor, Transnet ontspoor en private kragopwekking vat voor 18.01.2024

In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné Jacob Zuma se teenwoordigheid in die nuwe MK party, Transet se kroniese wanbestuur en rampe, asook die groei van private kragopwekking.

Ep. 231 - Duitse boere sit voet neer, NSFAS se koffers al leër, en SA regering wil vir Israel keer 18.01.2024

In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné OUTA se ontbloting van Blade Nzimande rakende beweerde NSFAS korrupsie, Duitste boere wat massaprotes aanteken teen die Duitse regering se planne om hul belasting te verhoog en subsidies te verlaag, asook die Suid-Afrikaanse regering se klag teen Israel by die Internasionale Geregshof.

Ep. 230 - AfriForum by die Verenigde Nasies, NGV frustrasies en ANC se elektriese voertuie praatjies 07.12.2023

In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné AfriForum se onlangse veldtog by die Verenigde Nasies (VN), Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) se stemmery onsekerheid, asook die Suid-Afrikaanse regering se praatjies van subsidies vir plaaslike vervaardiging van elektriese voertuie.

Ep. 229 - Valse rassisme klagtes mislei, Transnet se tyd verby en Argentinië verkies Javier Milei 23.11.2023

In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné AfriForum se privaatvervolgingseenheid se jongste stryd teen valse rassisme klagtes, Transnet se aansienlike agterstande in Durban se hawe, asook Argentinië se nuwe president Javier Milei.

Ep. 228 - Rasreëls plaas druk op landbou, misdaad wat nie ophou en hoekom moet ons die goud hou? 23.11.2023

In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné die Suid-Afrikaanse regering se rasreëls wat boere se uitvoere na Europa teiken, misdaadstatistieke, en die tesourie wat die Reserwebank genader het oor goudreserwes.

Ep. 227 - Wes-Kaapse referendum gekeer, AfriForum patrolleer en skuldvlakke al meer 19.10.2023

In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, Arno en Charné hoe Alan Winde 'n referendum oor Wes-Kaapse onafhanklikheid gekeer het, AfriForum se massapatrollie, die Suid-Afrikaanse regering se stygende skuldvlakke, asook die ATKV se interessante debatsonderwerpe.

Ep. 226 - Vullisverwydering stadig, Haatspraakwetsontwerp eensydig en Bela-wet venynig 21.09.2023

In vandag se episode bespreek Ernst, Louis en Charné die Samwu-staking chaos veroorsaak met vullisverwydering, AfriForum se mondelingse kommentaar op die Haatspraakwetsontwerp, en die Bela-wet se implikasies.

Ep. 225 - Openbare Beskermer waai en plaasmoorde statistieke laat koppe draai 14.09.2023

Hierdie week het Ernst van Zyl en Arno Roodt van Podlitiek die afdanking van Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane bespreek, asook AfriForum se nuutste verslag oor plaasmoorde wat spesifiek kyk na die vervolgingskoers en nasionaliteit van verdagtes

Ep. 224 - "Kill the Boer" geveg, Lesufi "misdaadbestryders" is sleg en Johannesburg onreg 07.09.2023

In vandag se episode gesels die span oor AfriForum se "Kill the Boer" appèlsaak in Bloemfontein, die film Sound of Freedom, Lesufi se "misdaadbestryders" en die gebou wat afgebrand het in Johannesburg se middestad.

Ep. 223 - Trokke brand en Dricus Du Plessis verteenwoordig die land 13.07.2023

Podlitiek is 'n Afrikaanse podsending wat weeklikse nuusgebeure #Ontnonsens

Ep. 222 - EFF verloor weer, kragbote steeds gekeer 13.07.2023

Podlitiek is 'n Afrikaanse podsending wat weeklikse nuusgebeure #Ontnonsens

Ep. 221 - NGV deurgejaag, Trump voor die hof gedaag 13.07.2023

Podlitiek is 'n Afrikaanse podsending wat weeklikse nuusgebeure #Ontnonsens

Ep. 220 - ANC raswette pla, Mkwebane-ondersoek vrae 08.06.2023

Podlitiek is 'n Afrikaanse podsending wat weeklikse nuusgebeure #Ontnonsens

Ep. 219 - DA wil Poetin arresteer, kan iets nog oorlog in Soedan keer? 02.06.2023

Podlitiek is 'n Afrikaanse podsending wat weeklikse nuusgebeure #Ontnonsens

Listen to the Podlitiek podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.