Podmedia

Podlitiek

News AF ↓ 332 episodes

Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans. Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube. Met trots aan u gebring deur Podmedia.

Author

Podmedia

Category

News

Podcast website

www.spreaker.com

Latest episode

Jul 8, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ep. 80 - Pompeo ontwrig, Basson dink terug & Zuma landingsklug 26.02.2020

In hierdie week se episode kyk die span na Mike Pompeo se sterk uitlatings teen onteiening sonder vergoeding, Adriaan Basson wat weer ou wonde oopkrap en die nuutste nuus oor voormalige staatspresident Jacob Zuma. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://tinyurl....

Ep. 79 - Zille verlaat Twitter, FW laat verskeie bitter & Mboweni skitter 19.02.2020

In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span Helen Zille se besluit om van die sosiale media platform, Twitter, af te gaan asook hoe ons na ons land se geskiedenis moet kyk na aanleiding van die afgelope week se debat oor die opmerkings gemaak deur FW de Klerk. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl....

Spesiale Episode 8 - Staat 'SONA' Rede 2020 17.02.2020

Verskeie dinge gebeur een keer per jaar, of ‘n mens daarvan hou of nie. Soos Valentynsdag, moet die Staatsrede ook een keer per jaar gelewer word, selfs al is dit bykans 80 minute later as wat dit veronderstel was om te wees… Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► http...

Ep. 78 - Alan Winde wys sy polisiemag terwyl SA sit sonder krag. 12.02.2020

Alhoewel die laatsomerson nog heelwat ure per dag sy skyn gee, is Suid-Afrika al hoe meer in die donker. Daar is fisiese donkerte, maar ook die duistere verwarring wat allerhande nuusmedia ons as gewone burgers mee deurmekaar maak. In so ‘n tyd is dit juis nodig om te #Ontnonsens, ‘n taak wat die Podlitiek-span besonders ernstig neem. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy n...

Ep. 77 - Dertig jaar na FW praat, Maimane en Steenhuisen is vir mekaar kwaad. 05.02.2020

Met die Corona-virus wat die internasionale, en toenemend die Nasionale nuusmedia oorheers, oorweeg Podlitiek die stories wat moontlik nie heel bo op die nuusradar is nie. Hulle kyk na Mmusi Maimane, wat vir John Steenhuisen as “Judas” beskryf, asook heo FW de Klerk se bekende toespraak van 2 Februarie 1990 onthou word na dertig jaar, en bespreek die dood van Neill Aggett, en hoe jongmense met ons...

Ep. 76 - Quest met die waarheid, Mkwebane dalk uit & Nuutste oor die grondstryd 29.01.2020

In ‘n week waar die Wêreld Ekonomiese Forum se jaarvergadering in Davos leiers van oraloor byeen bring, kom die Podlitiek-span van oral oor Pretoria bymekaar om te kyk na alles en nog wat in die Suid-Afrikaanse politiek. Hierdie week val die vergrootglas op die uitlatings van bekende CNN-joernalis Richard Quest oor Suid-Afrika, die proses wat van stapel gestuur is om die Openbare Beskermer te verw...

Ep. 75 - Mashaba wil terug, IMF sien geen lig & Beloftebos dryf wig 22.01.2020

Die Podlitiek span kyk hierdie week na Herman Mashaba wat soos ‘n feniks ‘n politiekeloopbaan probeer herbou, die IMF wat swak ekonomiese groei vir Suid-Afrika voorspel asook die groot oproep oor ‘n trou venue in die Wes-Kaap wat selektiewe diens verskaf. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapp...

Ep. 74 - ANC vier fraai, Grondstryd woed kwaai & Onderwyslawaai 15.01.2020

Podlitiek is terug met hulle eerste episode van 2020! Die span kyk tydens hierdie episode na die grootste nuus van die nuwe jaar, alles van ANC verjaarsdagkoek tot die groot ontwikkelings in die Midde-Ooste die afgelope twee weke. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ►...

Spesiale Episode 7 - Kersepisode 2019 20.12.2019

Die vier manne van Podlitiek het vir oulaas in 2019 bymekaar gekom om ‘n lekker informele uurlange spesiale episode vir jou te bring. Met ‘n glas wyn in die hand en ‘n vuurtjie wat buite knetter gesels Paul, Hermann, Ernst en Daniël oor sosiale media, Trump, identiteitspolitiek en nog soveel meer. Die uur gesprek gee vir die vier vegters vir vryheid die geleentheid om dieper te delf in die onderwe...

Spesiale Episode 6 - 2019 'n Jaar in Oënskou 17.12.2019

In hierdie uurlange episode kyk Podlitiek se vier aanbieders terug op 2019 en die vier grootste nuusstories van die jaar. Die span bespreek die 2019 verkiesing en die uitval wat gevolg het, Suid-Afrikaanse staatsinstellings wat sukkelend aan die lewe bly en die grootste hofsake wat die reg tot vryheid van spraak die jaar verander en ontwikkel het. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kana...

Ep. 73 - Haatspraakwet voorlopig uit en datapryse belaglikheid 04.12.2019

Na ‘n propvol nuusweek is die Podlitiek-span terug met ‘n blitskommentaar oor die afgelope week se gebeure. Die episode sit die kruistog teen feitefoute en politieke korrektheid voort en gesels oor die Hoogste Hof van Appel se haatspraak uitspraak, die warboel by Krieket Suid-Afrika en die nuuste verwikkelinge oor datapryse in Suid-Afrika. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat...

Onderhoudreeks Ep. 16 - @Andre_Ronin (Onrehabiliteerbare Afrikaner) 28.11.2019

In die volgende episode van hul onderhoudreeks gesels Podlitiek met André (Onrehabiliteerbare Afrikaner), sosiale media aktivis en trotse Afrikaner. Ernst van Zyl, Daniël Eloff en Hermann Pretorius het met André in die ateljee gesels oor sy beplande motorfietstoer deur die Noord-Kaap vir droogte bewusmaking, asook die impak van sosiale media in Suid-Afrika. Volg vir Andre se projek: YouTube: https...

Ep. 72 - Ferial laat ons lag, DA is met Lesufi sag & SAL weier ontslag 26.11.2019

Soos die SAL, vlieg Podlitiek weer - die verskil is natuurlik dat Podlitiek nie vir agt dae lank immobiel was nie, en dat Podlitiek nie verlede jaar ‘n verlies van meer as vyf miljard rand getoon het nie. Hierdie week bespreek die viermanskap van Podlitiek ‘n paar nuusgebeure wat Suid-Afrikaners se koerante en nuustoepassings oorheers het. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat...

Ep. 71 - De Ruyter op 'n witperd, Mmusi 'n party werd & Numsa is merde 19.11.2019

Terwyl vele Suid-Afrikaners oor die hele land by ons land se lughawens vas sit te danke aan die twee groot SAL stakings, is Podlitiek daar vir sy luisteraars om die wag by die lughawe met pret vinnig te verwyl. In hierdie episode kyk die Podlitiek-span na Eskom se nuwe hoof, Mmusi Maimane se gerugte nuwe politieke party asook die onstuimighede by SAL. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie...

Ep. 70 - Lesufi se sukkel somme en EFF dreig met bomme 12.11.2019

Soos wat die jaar ‘n aftreeouderdom bereik, en die pers bloeiseltjies in Pretoria eerder onder die boom lê, as aan hulle hang, besef Podlitiek dat die rus nogsteeds maar min is vir die Suid-Afrikaanse nuusleser. Hierdie week is ‘n volbank van Podlitiek se viermanskap teenwoordig, en die stories waarna hulle kyk is die bomdreigemente wat die EFF gemaak het, die verkwisting van geld deur Panyaza Les...

Ep. 69 - Cameron se Maties-skok, Ndlozi haat steeds die bok. 07.11.2019

Min dinge het Suid-Afrika in die verlede so verenig soos sukses in ‘n rugby wêreldbeker. Die suksesmoment in 1995 het selfs ‘n film ontlok, en word vandag nog as een van die motoriese momente in ons land se bestaan gevier. Met nog so ‘n geleentheid wat Suid-Afrika die afgelope week te beurt geval het, kyk Podlitiek na die gemengde reaksies op hierdie, en ander nuusgebeure. Vir meer Podlitiek inhou...

Onderhoudreeks Ep. 15 - Waldimar Pelser 31.10.2019

In die volgende episode van hul onderhoudreeks gesels Podlitiek met Waldimar Pelser, Hoofredakteur van die Rapport Sondagkoerant sedert 2013, en aanbieder van Kyknet Verslag - In Gesprek. Saam met Waldimar in die ateljee is Paul Maritz en Ernst van Zyl, en die drie gesels oor die media, die ontwikkeling en toekoms van die media. Die gesprek maak ook ‘n draai by Waldimar se nuwe boek: In gesprek me...

Ep. 68 - Lesufi se vlag dag, DA konsolideer mag & Sasol verloor krag 30.10.2019

Na ‘n welverdiende breukie verlede week is die span van Podlitiek terug om die nasionale en internasionale politiek so ‘n klein bietjie vir die luisteraar te ontnonsens. In die ateljee is Ernst van Zyl en Paul Maritz, en hierdie week word oudergewoonte oor Panyaza Lesufi gekla, ondersoek word ook ingestel oor wat tans by SASOL aangaan, en berig word gegee oor die dood van ISIS se leier, Abu Bakr A...

Ep. 67 - Eskom gaan bly, Afrikaans by Maties gly & Guptas moet VSA vermy 15.10.2019

Soos Pretoria in Jakaranda-bloeisels bedek word, gee die Podlitiek-span ‘n blikkie oor ‘n ander tipe pers, wanneer hulle hierdie week se nuus stories oorweeg, bespreek, en analiseer. Vandag kom die Konstitusionele Hof se uitsprake oor taal aan die Universiteit van Stellenbosch ter sprake, sowel as President Cyril Ramaphosa se ommekeer oor Eskom. Daar word ook vlugtig gekyk na die VSA se besluit om...

Ep. 66 - Zille wil terug, Eben dalk betug en Duduzane laat ons sug 09.10.2019

Podlitiek bring hierdie week vir jou die nuus uit die perd se bek uit. Podlitiek aanbieder het die afgelope twee weke opslae gemaak in die media met opiniestukke in die nuus en sosiale media. Ons bespreek die effek wat dit op die DA het asook die SA Menseregtekommissie se saak teen Springbok slot Eben Etzebeth. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop ni...

Ep. 65 - Steinhoff-kar laat Mmusi bloos & Tito wil die ekonomie troos. 03.10.2019

Die Podlitiek-span oorweeg hierdie week om hul besigheidsbedrywighede uit te brei na industriële krag handeseep toe - juis omdat daar werklik geen skoon hande in die Suid-Afrikaanse politiek oor is nie. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://tinyurl.com/y6mfuc5...

Ep. 64 - Lesufi berou, DA wat nou, & die Greta Thunberg-skou 25.09.2019

Podlitiek is terug met 'n lekker vol episode. Ons bespreek Lesufi, 'n moontlike DA herlewing, die Grondwetlikehof se uitspraak oor lyfstraf en Greta Thunberg. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://tinyurl.com/y6mfuc5f Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/...

Ep. 63 - Lesufi teen Afrikaans, Malema laat Twitter dans & Misdadigers vat steeds kans 18.09.2019

In hierdie week se episode kyk Paul Maritz, Ernst van Zyl en Daniël Eloff na Mnr Panyaza Lesufi standpunt oor privaat onderwys instansies, Julius Malema se nuutste sosiale media oproer asook die nuutste misdaadsyfers in Suid-Afrika. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify...

Ep. 62 - Mugabe skop die blik, Ace is ongeskik & Deur onluste geruk 11.09.2019

Hierdie week se nuus is gedomineer deur een sentrale tema: Afrika. Hetsy dit gegaan het oor sy ekonomie, sy mense, of sy stabiliteit, hierdie landkolossus wat ons ons tuiste noem, gaan gebuk onder groot vraagstukke. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://tinyur...

Ep. 61 - Tito wil vure blus & Stede se onlus 05.09.2019

Met die hutsteken #SouthAfricaShutDown wat die rondte op sosiale media doen, het Podlitiek dit goed gedink om nie, soos ons moederland, hals oor kop by nog ‘n week se bespreking van nuus en gebeur in te boender. Hierdie week is Paul Maritz en Hermann Pretorius aan die woord met ‘n vars insig op die nuutste plaaslike en internasionale opspraakwekkendhede. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierd...

Listen to the Podlitiek podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.