RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Health AF ↓ 745 episodes

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 4, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Leefwêreld van die gestremde: Paralimpiese swemmer; Downsindroom-maand 04.10.2026

4 Oktober 2026: Adri Visser is liggaamlik erg gestremd. Sy vertel van haar prestasies as Paralimpiese swemmer en hoe sy al die uitdagings oorkom het. Sy gee raad wat Suid-Afrika kan doen om jong atlete met gestremdhede beter te kan ondersteun. Oktober is Downsindroom Bewusmakingsmaand. Dis ‘n tyd waarin ons fokus op die begrip, aanvaarding en insluiting van mense met Downsindroom.

Leefwêreld van die gestremde: Stryders vir toeganklikheid inspireer ná eie terugslae 27.09.2026

27 September 2026: Adri Visser is ‘n ware inspirasie. Sy is liggaamlik erg gestremd, maar leef voluit. Haar lewenslus en houding is prysenswaardig, en sy werk hard om die lewe van ander met gestremdhede te vergemaklik. Nathan Green se middeljare het onomkeerbaar verander ná ‘n hartaanval. Hy is deesdae ‘n kampvegter en voorstaander vir toeganklikheid vir mense wat leef met gestremdhede. Sy lewensd...

Leefwêreld van die gestremde: Neurovisie-rehabilitasie; Gids- en dienshonde 20.09.2026

20 September 2026: Wat behels neurovisie-rehabilitasie? Wie kan daarby baat vind? Die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging doen al vir langer as 70 jaar diens om gidshonde op te lei. Deesdae lei hulle ook dienshonde en ondersteuningshonde op vir mense wat sekere siektes het, en vir kinders met outisme.

Leefwêreld van die gestremde: Impak van sigverlies; Doofheid-bewusmakingsmaand 13.09.2026

13 September 2026: ‘n Oogkundige vertel van die groot impak wat sigverlies op die mens se algemene funksionering het. September is Doofheid-bewusmakingsmaand.

Leefwêreld van die gestremde: Gehoorbewusmakingsmaand; Wanda Bam 06.09.2026

6 September 2026: September word gewy aan bewusmaking en interaksie met mense wat leef met gehooruitdagings. Wanda Bam, ’n skrywer en lewensafrigter, vertel van persoonlike trauma, hoe sy dit verwerk het, en deel idees oor geestesgesondheid en selfdissipline.

Leefwêreld van die gestremde: Innovation for the Blind vier 145 jaar 30.08.2026

30 Augustus 2026: Innovation for the Blind vier vanjaar sy 145ste bestaansjaar! Stephne Botha vertel hoe dié organisasie steeds relevant bly. ’n Luisteraar vra: Hoe kan ek seker maak dat ek nie aan die beginstadium van demensie is nie?

Leefwêreld van die gestremde: Christelle Taute se pad met MS 23.08.2026

23 Augustus 2026: Ons besoek die leefwêreld van Christelle Taute, wat al vir 29 jaar saamleef met meervoudige sklerose. ‘n Onderwyseres van TransOranje Skool vir Dowes vertel van die eerste skool wat jare gelede in die noorde vir kinders met doofheid begin is.

Leefwêreld van die gestremde: Fasiliteit om gestremdes met vakmanmvaardighede te help 16.08.2026

16 Augustus 2026: ‘n Ruimtefasiliteit (immersive room) is ‘n waardevolle apparaat om mense met gestremdhede met vakmanvaardighede te help. Het jy geweet kinders van so jonk as 2 jaar oud is al met Alzheimers gediagnoseer? Dis ‘n rare verskysel, maar geestesongesteldhede is ‘n hoogs komplekse toestand wat verreikende gevolge kan inhou. Navorsers is dit eens dat genetika ‘n belangrike aspek in die t...

Leefwêreld van die gestremde: Marinda se pad met Alzheimers 09.08.2026

9 Augustus 2026: Is daar beperkings op die gebruik van kontaklense? Kan oogoefeninge kinders se sig verbeter? Sy is 16 jaar gelede met Alzheimers gediagnoseer. Sy bly op haar eie, en maak self belangrike besluite. Sy gesels oor uitsluiting en haar daaglikse breinoefeninge. Sy staan net bekend as Marinda. Sy deel haar reis met Alzheimers.

Leefwêreld van die gestremde: Die emosionele kant van gestremdheid; Die lewe ná amputasie 02.08.2026

2 Augustus 2026: Hoe hanteer mens die emosionele kant van gestremdheid? Gehoorverlies, hoe gering ookal, beïnvloed hoe ons onsself laat geld. Ons kry praktiese raad oor hoe om selfgeldend op te tree. Die 63 jarige Mark Harris bevind homself in ‘n rolstoel ná amputering van altwee sy bene a.g.v. diabetes. Hy vertel van sy frustrasie om weer in die arbeidsmark opgeneem te word.

Leefwêreld van die gestremde: Meervoudige Sklerose; Overberg Tehuis, Riviersonderend 26.07.2026

26 Julie 2026: Is dit ’n goeie idee om jou werkgewer in te lig oor ’n diagnose van Meervoudige Skelrose, en wanneer is dit ’n goeie tyd indien dit nodig word? Hulp aan ouerwordende mense is ’n liefdestaak. Dís die siening van personeel by Overberg Tehuis op Riviersonderend. Hulp word met deernis gebied vir inwoners met verskeie liggaamlike of geestelike toestande.

Leefwêreld van die gestremde: Meervoudige sklerose; Gestremdes en geloofsgemeenskappe 19.07.2026

19 Julie 2026: Ons beantwoord luisteraars se vrae oor meervoudige sklerose, soos watbedoel word met MS-uitputting en “brain-fog”. ‘n Spesiale Sondag vir persone met gestremdhede word in Augustus gehou. Die doel is om gestremdes bewustelik deel te maak in kerke en geloofsplekke. Die tema vanjaar fokus op die voorreg wat saamwees in geloofsgemeenskappe inhou.

Leefwêreld van die gestremde: Psigososiale gestremdhede; Hulporganisasie in S-Kaap vir kinders met spesiale uitdagings 12.07.2026

12 Julie 2026: Die impak van psigososiale gestremdhede op die persoon en sy naasbestaandes en vriende. Binah is ‘n Hebreeuse woord, wat “verstaan” beteken. Dit is die naam van ’n hulporganisasie in die Suid-Kaap vir kinders met spesiale uitdagings. Dis terapie vir die inwoners, en ‘n veilige woon- en werkplek vir die kinders, en maak ook voorsiening vir wanneer hulle...

Leefwêreld van die gestremde: Psigososiale gestremdhede 05.07.2026

5 Julie 2026: Psigososiale gestremdhede het nie net ‘n invloed op die persoon nie, maar ook op kollegas, familie en vriende. Die simptome is baie algemeen, dus is ‘n deeglike diagnose noodsaaklik om die betrokkenes beter te kan ondersteun. Tony Williams is al vir 42 jaar ‘n rolstoelgebruiker ná ‘n motorfietsongeluk, maar hy is lewenslustig en het nie stil gesit die afgelope dekades nie. Hy bevorde...

Leefwêreld van die Gestremde: Wat kan mense met gestremdhede van belasting terugeis? 28.06.2026

28 Junie 2026: Cape Mental Health gee mense met geestesongesteldhede ondersteuning, veral diegene met psigososiale gestremdhede. Dis amper tyd vir die jaarlikse belastingopgawes. Wat is die prosedure as jy nog nooit geëis het nie? Kan jy enige jaar begin? Sal dit terugwerkend wees? Wat anders as mediese onkoste kan geëis word? ‘n Belastingspraktisyn beantwoord algemene navrae oor belasting en eise...

Leefwêreld van die gestremde: Innovation for the Blind bemagtig mense met visuele gestremdhede 21.06.2026

21 Junie 2026: Innovation for the Blind is besig met ‘n praktiese benadering om mense met visuele gestremdhede te bemagtig met vaardigheidsontwikkeling op verskeie vlakke. Irene Fischer, ‘n voormalige radio-omroeper, probeer haar bes om voluit te leef met ’n erge breinbesering wat sy opgedoen het tydens ‘n ongeluk. Sy vertel van die uitdagings met geestesgesondheid.

Leefwêreld van die gestremde: Breinaneurismes; Toeganklikheid 14.06.2026

14 Junie 2026: Wat is die nagevolge van ‘n breinaneurisme? Wat is die rol van rehabilitasie en ondersteuning? Professor Charl Hugo vertel van sy ervaring deur moeilike tye, en die ondersteuning van vriende en familie. Redelike akkomodasie en toegangklikheid vir mense met gestremdhede is tans ’n probleem. Die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede werk hard om toeganlikheid in skole en...

Leefwêreld van die Gestremde: Programme vir die werksplek; Spina bifida 07.06.2026

7 Junie 2026: Ons vind uit van programme wat mense met gestremdhede voorberei vir en vestig in die arbeidsmark. Die programme fokus veral op jong volwassenes. Spina bifida is 'n geboortedefek wat die ruggraat en rugmurg aantas. Dit gebeur vroeg in swangerskap, gewoonlik in die eerste vier weke. Ons gesels met iemand met Spina bifida, wat ná 39 jaar in die arbeidsmark afgetree het. Hy leef steeds v...

Leefwêreld van die Gestremde: Bewusmakingprogramme vir werkgewers 31.05.2026

31 Mei 2026: Met werkloosheid wat steeds hoog bly, het die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede begin met bewusmaking- en opleidingsprogramme om werkgewers bewus te maak vgan die behoeftes van mense met gestremdhede. Daar is ‘n groot leemte vir inrigtings wat voorsiening maak vir voorskoolse kinderontwikkeling vir kinders met gestremdhede. Ons hoor van Debbie Oberholster, ‘n ma van ‘...

Leefwêreld van die gestremde: Aanlyn-opleidingsmateriaal vir blindes; App vir persone met gestremdhede om CV’s te op te laai 24.05.2026

24 Mei 2026: Len Viljoen is blind. Hy praat oor aanlyn-opleidingsmateriaal vir blindes. ‘n Toepassing deur JobAbled is spesiaal ontwerp vir persone met gestremdhede om hulle CV’s te op te laai. Die toepassing is ook aangepas vir maatskappye en organisasies om toegang tot die databasis te kry.

Leefwêreld van die gestremde 17 Mei 2026 17.05.2026

‘n Lewensafrigter deel idees oor die bemagtiging vir gestremdes ten opsigte redelike insluiting in die werkplek. Ons hoor hoe die Downsindroom Vereniging in die Wes-Kaap uitreik na ouers in die Skiereiland en die ondersteuningswerk wat hulle doen. Hulle het ‘n skool met ‘n aangepaste kurrikulum vir die leerders, en ‘n werkswinkel.

Leefwêreld van die gestremde 10 Mei 2026 10.05.2026

Ons kyk verder na ‘n slimkierie en ’n Braille-rekenaar vir mense met sig gestremdhede. Werkloosheid is ‘n belangrike kwessie, en vir mense met gestremdhede is dit veel erger. Tot 95% van hulle is werkloos. Stories en ervarings van mense met gestremdhede in die arbeidsmark word nou gedokumenteer ter bevordering van beleidsontwikkeling en -implimentering.

Leefwêreld van die gestremde 3 Mei 2026 03.05.2026

Ons weet van ’n slimfoon, maar wat van ‘n slimkierie en ’n Braillerekenaar? En, ons hoor van Albert Millard van Extreme Abilities Weskus, wat hulle beywer vir aangepaste branderplankry vir mense met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 26 April 2026 26.04.2026

Het jy geweet dat babasjampoe tradisioneel gebruik word vir oogsorg teen karkaatjies ander oogkwale? Mense met gestremdhede wat deelgeneem het aan die nasionale rolbaltoernooi, vertel van die kompetisie en die mooi vriendskappe wat daar ontwikkel het.

Leefwêreld van die gestremde 19 April 2026 19.04.2026

‘n Oudioloog beantwoord luisteraarsvrae oor gehoorprobleme. Meervoudige Sklerose SA begin met die Move Strong May-veldtog ter bewusmaking en ondersteuning.

Listen to the Leefwêreld van die Gestremde podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.