RSG

Hoe verklaar jy dit?

Science AF ↓ 717 episodes

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Hoe verklaar jy dit? 28 Augustus 2022 28.08.2022

Ons hoor hoe diere en voëls hulleself dokter met medikasie uit die natuur, of duiwe wat in ‘n hok rondvlieg minder weeg as wanneer die duiwe sit, en hoekom ‘n rissie langer bramd as jou whiskey.

Hoe verklaar jy dit? 21 Augustus 2022 21.08.2022

Is meelwurms dalk die helde in die stryd teen klimaatsverwarming? Hoekom het ‘n salamander ‘n stert, maar nie ‘n padda nie. Hoekom sien mens soms kleure wanneer jou oë toe is?

Hoe verklaar jy dit? 14 Augustus 2022 14.08.2022

Hoe vorm ryp, en is daar verskillende soorte? Hoe kan jy die plantluise in jou tuin onder beheer kry? En ons kyk na waterskerpioene.

Hoe verklaar jy dit? 7 Augustus 2022 07.08.2022

Hoe plak kleeflint? Hoe verskil dié proses met supergom? Ons kyk ook na narvorsing oor diere wat die rouproses deurgaan. Ervaar diere emosies?

Hoe verklaar jy dit? 31 Julie 2022 31.07.2022

Het jy geweet 20% van alle soogdiere is vlermuise? Migreer vlermuise soos die seisoene verander? Het jy gewwet geitjies kan blaf, en dat daar geen giftige akkedisse in Suid-Afrika is nie?

Hoe verklaar jy dit? 24 Julie 2022 24.07.2022

Ons kyk na die sonopkoms en -ondergang, sonstilstand en die verandering in daglengtes. Daarna gaan ons meer leer oor swamme wat insekte aanval of parasiteer op insekte.

Hoe verklaar jy dit? 17 Julie 2022 17.07.2022

Ons kyk na die verskeie name wat luisteraars deur die jare aan insekte gegee het, wat kenners hulle noem, en waar baie van die name vandaan kom. Ons vind uit hoekom sommige mense met hulle oë oop sterf, en Dave Pepler gee sy wenk van die week.

Hoe verklaar jy dit? 10 Julie 2022 10.07.2022

Hoekom hou bye nie van die Sy-eikebome in Randburg nie? ‘n Plaag wurms in Pietermaritzburg neem ‘n luieteraar se boom oor, maar dit lyk asof daar geen natuurlike predatore byderhand is nie. Hoekom nie? Is dit waar dat die getalle van pofadders besig is om toe te neem in in die Sentraal-Vrystaat?

Hoe verklaar jy dit? 3 Julie 2022 03.07.2022

Soos wat spinnekoppe, slange en paddas giftig kan wees, is daar giftige soogdiere? Is jou houtbord in die kombuis meer higiënies as jou plastiekbord? Wat is die ontstaan van Homo Sapiens?

Hoe verklaar jy dit? 26 Junie 2022 26.06.2022

Wat is ruimtetyd en hoe word dit gemeet? Hoekom word die baskewer deur almal verkeerd verstaan?

Hoe verklaar jy dit? 19 Junie 2022 19.06.2022

Woon daar perdeybye in vye, en hoekom is hulle nie ‘n gevaar vir die mens nie? Hoekom eet karetskilpaaie plastiek? Sien hulle dit aan as ‘n voedelsoort?

Hoe verklaar jy dit? 12 Junie 2022 12.06.2022

Wat is ‘n turksvy se voedingswaarde, en kan mens hulle pitte sommer net plant? Waar is die reuse grondgeitjie woonagtig, en hoekom het hulle nie suigkussings op hulle tone nie? Is ‘n sandvlooi gevaarlik vir die mens?

Hoe verklaar jy dit? 5 Junie 2022 05.06.2022

Hoekom verrimpel mense se vingerpunte en tone in warm water? Eet sekere spinnekoppe ander spinnekoppe, en hoe doen hulle dit? Wat is ‘n weerligbal, en wat veroorsaak dit?

Hoe verklaar jy dit? 29 Mei 2022 29.05.2022

Hoe werk geitjies se voete en tone? Watter insekte speel almal ‘n rol in die produksie van heuning? Wat is ‘n molkriek?

Hoe verklaar jy dit? 22 Mei 2022 22.05.2022

Hoekom is ‘n reënboog ‘n boog? Hoe sien ons die verskillende kleure? Ons kyk na 'n sekere mot, en hoekom dit ‘n beskermde spesie is.

Hoe verklaar jy dit? 15 Mei 2022 15.05.2022

Watter kweekhuisgasse is betrokke by aardverwarming, en hoespeel dit ‘n rol hierin? Hoe goed kan vlieë ruik en sien? Hoekom het muskiete nie voorkeure? Waar kom maaiers vandaan?

Hoe verklaar jy dit? 8 Mei 2022 08.05.2022

Watter effek het jou elektriese heining op die fauna en flora van jou omgewing? Ons leer meer oor die Europese spreeus wat Cecil John Rhodes na Suid-Afrika gebring het, en die die genepoel van die luiperd.

Hoe verklaar jy dit? 1 Mei 2022 01.05.2022

Ons paneel kenners verduidelik wat die aarde laat draai; wat swaartekrag is en waarom is die maan se swaartekrag swakker as die aarde s’n is. Ons vind ook uit hoekom voëls so lief is vir ‘n son- en stofbad.

Hoe verklaar jy dit? 24 April 2022 24.04.2022

Weet jy wat ‘n broekmannetjie is? Wat is melanisme en albinisme? Ons vind uit hoe diere diversiteit in hulle genepoel probeer inbring.

Hoe verklaar jy dit? 17 April 2022 17.04.2022

Hoe kan ‘n sandstorm in die Sahara-woestyn ‘n stoflaag op die wit sneeu in Europa veroorsaak? Hoe ver is die horison van jou af? Ons identifiseer klein eiertjies na aanleiding van ‘n foto wat deur ‘n luisteraar ingestuur is.

Hoe verklaar jy dit? 10 April 2022 10.04.2022

Hoekom moet ons verstaan hoe atome lig absorbeer? Behalwe vir muskiete, wat byt jou in die skemertyd? Hoe werk die proses van verassing?

Hoe verklaar jy dit? 3 April 2022 03.04.2022

Hoe weet molle in jou tuin dit is aand? Hoe trek ‘n koningin by en haar trawante? Kan ‘n spook die verklaring wees vir ‘n lig in die nag in in Carnarvon in die Noord-Kaap? Die vraagsteller wonder of dit nie dalk iemand is wat nie tot ruste kan kom nie. Hoor teoretiese fisikus prof. Hendrik Geyer se verklaring van hierdie spookstorie.

Hoe verklaar jy dit? 27 Maart 2022 27.03.2022

Die paneel kenners leer ons meer oor hoe PET-skanderings kanker opspoor en wat om aan ‘n witvliegieplaag te doen. Prof. Le Fras Mouton beantwoord ‘n vraag van Serita Ribeiro van Vanderbijlpark. Sy het foto’s gestuur van ‘n slangetjie wat toe al die tyd ‘n vrylewende hammerkop-platwurm is. Hy is familie van die lintwurm.

Hoe verklaar jy dit? 20 Maart 2022 20.03.2022

Ons leer meer oor die wolfspinnekop wat vir ons uit die gras loer; hoekom net groot krewe gevang mag word; en die voëlgeluide wat papegaaie naboots.

Hoe verklaar jy dit? 13 Maart 2022 13.03.2022

Ons leer meer oor appelslakke se parasitiese eiers waaraan mense nooit moet vat nie. Ons vind oor die bewaring van insekte in Suid-Afrika. Kan jy glo daar is ‘n klip wat dalk jou lewe kan red ná ‘n slangbyt?

Listen to the Hoe verklaar jy dit? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.