RSG

Hoe verklaar jy dit?

Science AF ↓ 717 episodes

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Hoe verklaar jy dit? 26 Februarie 2023 26.02.2023

Stem jy saam dat die Matamata-waterskilpad ‘n vreemde gedroggie is? Hoekom lyk hy so? Maak dit (ekologies) saak as 'n onbelangrike diertjie uitsterf? Ons vind meer uit oor die ontwikkeling van insekvlerke.

Hoe verklaar jy dit? 19 Februarie 2023 19.02.2023

Hoekom het mense en diere hare? Hoekom is die naakte molrot haarloos? Hoekom mag mens nie naelpolitoer dra tydens ‘n operasie nie? Ons leer meer oor branders, groot en klein, in die see.

Hoe verklaar jy dit? 12 Februarie 2023 12.02.2023

Hou jy van ‘n netjiese tuin, of ‘n wille woeste tuin? Watter soort tuin is die beste vir die klimaat waarin ons onsself tans bevind? Wat was die oorspronklike voorsate waaruit insekte ontwikkel het? Dave Pepler vertel van ‘n vrou wat groot sukses behaal het met haar balkontuin in New York. Sy is ‘n Suid-Afrikaner wat besluit het om ‘n werkende tuin te skep.

Hoe verklaar jy dit? 5 Februarie 2023 05.02.2023

Is die kontrei-mite waar dat slange en selfs likkewane melk uit koeie se spene drink? Wat is hitte? Hoekom kry sekere mense bosluiskoors, maar ander nie?

Hoe verklaar jy dit? 29 Januarie 2023 29.01.2023

Hoe affekteer jou velkeur en jou gewig jou hittetoleransie? Ons bevraagteken die die evolusie van die verkleurmannetjie. Wat sou gebeur as die hele heelal beurtkrag sou ervaar?

Hoe verklaar jy dit? 22 Januarie 2023 22.01.2023

Hoekom, maak nie saak wat jy eet nie, grom jou maag in die kerk? Hoekom is daar spesifiek so baie blomme een keer per jaar in Namakwaland? Hoe word die ouderdom van die aarde gemeet?

Hoe verklaar jy dit? 15 Januarie 2023 15.01.2023

Hoekom is daar meer muskiete in die Karoo,waar dit droog is, as in die natter Oos-Kaap? Ons leer leer oor die middel-akkedis en kraaie se gedragsprobleme.

Hoe verklaar jy dit? 8 Januarie 2022 08.01.2023

Hoe kan waterstof as ‘n kragbron gebruik word? Hoe slaap olifante? Ons dissekteer die goggas in jou swembad.

Hoe verklaar jy dit? 1 Januarie 2023 01.01.2023

Hoe kan waterstof as kragbron gebruik word? Hoe word wetenskaplike benamings aan diere gegee? Hoe oorleef akkedisse in die glyhellings van duine?

Hoe verklaar jy dit? 18 Desember 2022 18.12.2022

Hoekom is die naakte mol naak? Was dinosourusse warmbloedig of koudbloedig, en hoe weet ons wat die antwoord is?

Hoe verklaar jy dit? 11 Desember 2022 11.12.2022

Prof. Le Fras Mouton, ’n herpeteloog, verduidelik hoe slange nog ‘n moontlike dodelike byt kan toedien nadat die kop afgekap is. Hoe word weerligballe gevorm? Hoe verskil hommelbye en houtkapperbye van mekaar?

Hoe verklaar jy dit? 4 Desember 2022 04.12.2022

Wat is die verskil tussen mierleeus en naaldekokers? Hoe verskil slange en wurms? Wat is die feite van klimaatsverandering?

Hoe verklaar jy dit? 27 November 2022 27.11.2022

Watter uitwerking het insekmiddels op die mens? Hoe verklaar jy dit dat die Indiese Huiskraai ook hier in Suid-Afrika voorkom? En, waar skuil die seeleeu met die bal op sy snoet?

Hoe verklaar jy dit? 20 November 2022 20.11.2022

Ons leer meer oor kruipmolle in die Paarl, motte in Pretoria, en hoekom die mens diere mak gemaak het.

Hoe verklaar jy dit? 13 November 2022 13.11.2022

Ons leer van suikerbekkies se ouerskapstyl, springkane en springkaanplae. Is links regs, of is regs dalk links?

Hoe verklaar jy dit? 6 November 2022 06.11.2022

Kan dassie-urine dalk help met epilepsie? Ons kyk na miere se kommunikasie-tegnieke, en ons leer meer oor spieëls en jou refleksie daarin.

Hoe verklaar jy dit? 30 Oktober 2022 30.10.2022

Wat is die verskil in voedingswaarde van boorgatwater en reënwater. Het dinosourusvoëls hulle eiers uitgebroei? Hoekom bou miere miershopies?

Hoe verklaar jy dit? 23 Oktober 2022 23.10.2022

Ons leer meer oor ‘n vorm van parasitisme, waar mens en vertibraatdiere se weefsel en organe spesifiek deur vlieglarwes beset word. Ons kry ‘n nuwe ekowenk, en daar word weer gekyk na die middelpunt van Suid-Afrika.

Hoe verklaar jy dit? 16 Oktober 2022 16.10.2022

Regstreeks vanaf die Woordfees in Stellenbosch: Lise Swart gesels met prof. Hendrik Geyer oor lawwe sout, met medikus dr. Heinz Mödler oor kunslense se tweedehandse waarde, en met ekoloog Dave Pepler oor uile se eetgewoontes.

Hoe verklaar jy dit? 9 Oktober 2022 09.10.2022

Ons leer meer oor suikerbekkies se voeding van hulle kuikens, mensgemaakte damme se uitwerking op die effek ekologie, en vreemde goggas in mense se tuine en badkamers.

Hoe verklaar jy dit? 2 Oktober 2022 02.10.2022

Waar is die geografiese middelpunt van Suid-Afrika? Ons leer meer oor rooimiere en miere, en hoe hierdie klein diertjies baie meer van ons aandag in beslag kan neem.

Hoe verklaar jy dit? 25 September 2022 25.09.2022

Hoe werk die simbiose tussen termiete en Njalabome? Kan jy parfuum maak van orgidieë? Hoekom verskil soogdierorgane van mekaar? Hoe werk feromone?

Hoe verklaar jy dit? 18 September 2022 18.09.2022

Watter uitwerking het natuurlike en geboude damme op die ekologie. Hoekom vind mens gereeld 'n klomp slange saam onder ‘n klip? ‘n Luisteraar glo hy het bewegende lig vasgevang op ‘n foto – kom vind uit of hy reg is.

Hoe verklaar jy dit? 11 September 2022 11.09.2022

Wat is die belangrikheid van insekte? Hoekom is daar minder verkleurmannetjies in die Paarl? Hoe verskil die spoed van lug wat ingeasem word tussen ‘n fikse en onfikse persoon?

Hoe verklaar jy dit? 4 September 2022 04.09.2022

Ons hoor wat die verskil tussen miere, rysmiere en termiete is. En, Calvyn Steyn het ‘n vraag aan teoretiese fisikus, Prof. Hendrik Geyer gerig waarin hy vra hoekom hy “doof” word wanneer daar skuim in sy ore is, byvoorbeeld in die stort terwyl hy hare was. Prof. Geyer begin sy verduideliking deur te verwys na die warm sjokolade-effek waar klank geaffekteer word deur verskeie faktore.

Listen to the Hoe verklaar jy dit? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.