RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hoe verklaar jy dit? 20 Augustus 2023 20.08.2023 24:45
Ons vind meer uit oor dopluise en daar is raad oor hoe om hulle getalle te bestuur. Ons kyk ook na die land se kleinboere, en hoe (en hoekom) ons almal hulle moet ondersteun – dis ‘n saak van lewe en dood.
Hoe verklaar jy dit? 13 Augustus 2023 13.08.2023 25:01
Hoekom kan ‘n mens ‘n plat staalstaaf makliker buig oor die platkant asoor die rugkant, wat baie moeiliker buig? ‘n Donker figuur soos ‘n reuse slang, ongeveer 40 voet in lengte en met die dikte van ‘n man se lyf, was sigbaar bo die wateroppervlak. Is daar ‘n monster in die Vaaldam?
Hoe verklaar jy dit? 6 Augustus 2023 06.08.2023 23:24
Blykbaar is daar ‘n sekere soort klip in die Kongo wat elektrisiteit kan opwek. Daar is ook ‘n teël waarmee jy jou vloerteëls mee kan vervang, wat ook elektrisiteit kan opwek. Is dit waar? En, is dit waar dat sekere insekte hulle middelweerstandigheid kan omkeer?
Hoe verklaar jy dit? 30 Julie 2023 30.07.2023 24:58
Glo jy uile is ‘n aanduider van dood wat om die hoek skuil? Wat maak ‘n spoorfossiel eiesoortig? Wat is die ekologiese voordeel van groot geboude diere – van destyds tot nou? Hoe intelligent is ‘n padda?
Hoe verklaar jy dit? 23 Julie 2023 23.07.2023 24:11
Watter likkewaan is die grootste, en hoe maak hulle geluide sonder stembande? Kan boorgatwater jou ystervlakke affekteer? Watter doen voëls om die wyfies te beïndruk?
Hoe verklaar jy dit? 16 Julie 2023 16.07.2023 24:48
Hoe verklaar jy die kamera-effek in skaduwees? Watter vlieg help ons met kankernavorsing en lanklewendheid? Watter akkedis is die grootste akkedis in die wêreld?
Hoe verklaar jy dit? 9 Julie 2023 09.07.2023 23:39
Is dit waar dat jy demensie kan ontwikkel wanneer jy in jou neus krap? Hoe is dit moontlik dat twee spesies uit verskillende kontinente so na mekaar kan aard? Kan motte honderde kilometers in die oop see oorleef?
Hoe verklaar jy dit? 2 Julie 2023 02.07.2023 24:54
Wat is die slegste vir ‘n land se toekoms - oorbevolking of te min mense? Hoe beïnvloed seep oppervlakspanning? Is dit moontlik dat melk van kamertemperatuur koffie stadiger kan laat afkoel?
Hoe verklaar jy dit? 25 Junie 2023 25.06.2023 24:09
Ons leer meer van parsitoïdes van insekte en spinnekoppe. Watter uitwerking het geraas, of klank, op diere? Produseer jou liggaam vitamien D wanneer jy binne die huis in die son sit?
Hoe verklaar jy dit? 18 Junie 2023 18.06.2023 24:38
Reën ‘n mens meer nat wanneer jy hardloop of stap? Ons kyk ook na die hoep-hoep se kroos, want nie almal in haar nes hoort daar nie.
Hoe verklaar jy dit? 11 Junie 2023 11.06.2023 24:52
Ons bespreek opvolgvrae van luisteraars oor warmwaterflesse en watertenks. Hoekom het sekere soogdiere meer vet as ander? Hoe kan jy molle in jou tuin aanpak?
Hoe verklaar jy dit? 4 Junie 2023 04.06.2023 24:59
Beweeg elektrisiteit so vinnig soos die spoed van lig, of beweeg dit teen 9 km per uur? Hoekom gaan die lig aan sodra jy die skakelaar druk? Waar kom volstruise vandaan, en hoe oorleef hulle.
Hoe verklaar jy dit? 28 Mei 2023 28.05.2023 24:56
Is prof. Hendrik Geyer wetlik aanspreeklik vir sy gebruik van die woord biljoen i.p.v. triljoen? Sal waterslange Desiree se visse in haar dam opvreet? Wanneer sal kunsmatige intelligensie Hoe verklaar jy dit se paneel kenners vervang?
Hoe verklaar jy dit? 21 Mei 2023 21.05.2023 23:07
Hoe verklaar jy dit dat die Jesus-akkedis oor water kan hardloop sonder om te sink? 'n Luisteraar vra of ons 'n wollerige wurm van Ellisras kan identifiseer. En, watter vreemde swamme groei in Humansdorp?
Hoe verklaar jy dit? 14 Mei 2023 14.05.2023 24:39
Ons pak die raaisel van dooie bye wat in die oggende aangetref word by fluoresserende ligte. Ons gaan ook uitvind of ‘n halfvol warmwaterfles langer warm bly as ‘n propvol warmwaterfles.
Hoe verklaar jy dit? 7 Mei 2023 07.05.2023 24:55
Hoe kan dit wees dat die heelal 92 miljard ligjare wyd is, terwyl die ouderdom van die heelal "net" 13,7 miljard jaar is? Hoekom het sekere manlike bospesies horings en die ooie nie?
Hoe verklaar jy dit? 30 April 2023 30.04.2023 25:02
Ons hoor hoe ‘n ruspe, en later 'n vlinder, jou lelies kan verwoes. Hoe gebruik mens sonkrag om te kook, bak en braai? En ons hoor hoe verwarrend ‘n dinosourus-voetafdruk kan wees.
Hoe verklaar jy dit? 23 April 2023 23.04.2023 24:46
Ons vind uit hoe jou waarneming van die horison deur hitte of koue beïnvloed word, en ons beskou die skuimnespadda en sy skuim van nader.
Hoe verklaar jy dit? 16 April 2023 16.04.2023 24:32
Watter persentasie van die totale energie wat die son uitstraal, bereik die aarde? Hoe is dit moontlik dat twee spesies uit verskillende vastelande so na mekaar kan aard? En, ons leer meer oor die koringkriek.
Hoe verklaar jy dit? 9 April 2023 09.04.2023 24:46
Kan ons voorspel waar ‘n weerligstraal volgende gaan slaan? En, ons leer meer oor die kardinale belang van temperatuur by soogdiere, en hoe dit ons organe beskerm.
Hoe verklaar jy dit? 2 April 2023 02.04.2023 23:03
Na aanleiding van ‘n foto op sosiale media wil almal weet hoekom daar amper 10 paddas op ‘n slang se rug sit? Wat veroorsaak hierdie gedrag? Is jy waarlik besig om jou deel te doen in die oorlog teen klimaatsverandering? Dave Pepler het raad.
Hoe verklaar jy dit? 26 Maart 2023 26.03.2023 24:03
Wat is die effek van elektrolietinhoud op die latente hitte van water? Met ander woorde, kan gevriesde soutwater jou yskas langer koel hou tydens beurtkrag? Hoekom eet orcas net die lewer van haaie? En, ons leer meer van die snuitkewer.
Hoe verklaar jy dit? 19 Maart 2023 19.03.2023 24:55
Wanneer vang luiperds dassies as hulle slaappatrone verskil? Pigmentasie van voëls speel ‘n kardinale rol in oorlewing. Kom vind uit hoe hulle die kleure verskerp wanneer nodig. En, ons ontleed die botsspoed van motors.
Hoe verklaar jy dit? 12 Maart 2023 12.03.2023 24:43
Is daar so iets soos grys oë? Hoekom word blou oë nie net deur genetika bepaal nie? Het jy geweet daar is sekere akkedisse in Suid-Afrika wat baie geld werd is oorsee? Vind uit hoe smokkelaars te werk gaan, en hoe jy kan help om hulle te vang. En ons hoor van motte wat lyk, beweeg en vlieg soos sekere voëls.
Hoe verklaar jy dit? 5 Maart 2023 05.03.2023 24:13
Watter rol speel geopolitiek in die toekoms van die aarde, en hoe kan individue ‘n stem daarin vind? Hoe lank is die rakleeftyd van ou en nuwe gloeilampe, en hoe kan ‘n braaivuur dit beïnvloed?
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.