RSG

Hoe verklaar jy dit?

Science AF ↓ 717 episodes

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Hoe verklaar jy dit? 11 Februarie 2024 11.02.2024

Hoekom vreet die wyfie knopiespinnekop die mannetjie? Slaap ‘n dikkop, en kan hulle slange naboots? Is dit waar dat nagape giftig is?

Hoe verklaar jy dit? 4 Februarie 2024 04.02.2024

Woon jy dalk op ‘n hitte-eiland in Suid-Afrika? Soos Musina… Wat is die marsupialis in die springbok se wetenskaplike naam, Antidorcas marsupialis? Hoekom is die ruimte tussen sterre en planete koud?

Hoe verklaar jy dit? 28 Januarie 2024 28.01.2024

Het dit al met jou gebeur dat ietsie kleins uit jou hand val en spoorloos verdwyn, of nie naby die plek lê waar jy staan nie? Watter rol speel die aarde se rotasie in hierdie voorbeeld? Hoekom spoeg ‘n spoegslang?

Hoe verklaar jy dit? 21 Januarie 2024 21.01.2024

Is ‘n Rooi Roman giftig? Hoekom kom die "marsupialis" in die springbok se wetenskaplike naam Antidorcas marsupialis voor? En, Hoe is dit moontlik dat die goue katvis ‘n allen bestaan voer onder die kalahari?

Hoe verklaar jy dit? 14 Januarie 2024 14.01.2024

Kan die bekende Kaaiman van namakwaland die weer voorspel? Hoekom het brandpaaie in die Wes-Kaap in onbruik verval? En, hoe is dit moontlik dat ‘n wurm uit die dooie liggam van ‘n kokkerot kan klim?

Hoe verklaar jy dit? 7 Januarie 2024 07.01.2024

Hoekom hou miere van jou toonnaels? Wat is die verskil tussen ‘n spinnekop en insek en hoekom help dit om verstaan? En, Hoe vlieg vliegtuie onderstebo as dit die vorm van die vlerke is wat hulle laat vlieg?

Hoe verklaar jy dit? 31 Desember 2023 31.12.2023

Hoekom kan ‘n plat lens nie lig fokus nie? Watter rol vervul ‘n bidspringkaan in ekosisteme? En, hoekom lyk ‘n geietjie blink en slymerig, maar is tog droog?

Hoe verklaar jy dit? 24 Desember 2023 24.12.2023

Wat kan die oorsaak wees van groeter getalle duif-vrektes? Is daar iets soos ‘n giftige akkedis en waar kom hulle voor? En ons dierkundige gaan ‘n vreemde seediertjie van Hermanus identifiseer.

Hoe verklaar jy dit? 17 Desember 2023 17.12.2023

Waar word kortgolf- en mediumgolflengtes aangewend? Watter soort golwe word vir TV gebruik? En hoekom is ‘n roman insek so rats en aggressief?

Hoe verklaar jy dit? 10 Desember 2023 10.12.2023

Hoe kan 'n spieël 'n voorwerp agter ‘n stuk papier sien?  Hoe weet die spieël die voorwerp is daar? En, indien dit sou gebeur dat muskiete wat Malaria dra die wêreld sou oorneem, wat sal van ons word?

Hoe verklaar jy dit? 3 Desember 2023 03.12.2023

Hoekom is ‘n skilpad se dop so hard? Hoe kan jy ‘n sonsondergang geniet in jou glas melk? En wat presies is die doel van slakke?

Hoe verklaar jy dit? 26 November 2023 26.11.2023

Het kanker bestaan voordat mensgemaakte chemikalieë daar was? Hoe verskil visie van oë wat langs die kop teenoor voor die kop geposisioneer is? Kan ons meer goud maak uit ander elemente, en só die finansiële krisis oplos?

Hoe verklaar jy dit? 19 November 2023 19.11.2023

Kan 'n skokgolf lig maak wat deur die liggrens kan breek? Wie leef langer: diere in gevangenis of wilde diere? Hoekom is dit dat ons nooit dooie voëltjies sien rondlê nie?

Hoe verklaar jy dit? 12 November 2023 12.11.2023

Hoekom gee koue temperature jou verkoue? Het Suid-Afrika buideldiere? Hoekom is die volledige metamorfose van sekere insekte so ingewikkeld?

Hoe verklaar jy dit? 5 November 2023 05.11.2023

Hoe kan dit so moeilik wees om rubber oor gladde glas te sleep as wrywing deur oppervlakwrywing veroorsaak word? Hoekom is erdwurms so reusagtig in Cradock?

Hoe verklaar jy dit? 29 Oktober 2023 29.10.2023

Ons leer meer oor liewenheersbesies, of skilpadkewers. Waar kom hulle vandaan? Watter spesies het onlangs in Suid-Afrika aangekom? Wat is hulle groepgedrag? Ons vind ook meer uit van die blikslanerkie en die snorkmodderpaddatjies.

Hoe verklaar jy dit? 22 Oktober 2023 22.10.2023

Hoekom neem blou-ape dwelms? Hoekom raak olifante dronk? Hoekom vrek sekere voëls van alkoholvergiftiging? Hoekom word vlêrmuise deur niks geaffekteer nie? Hoe perfeksionisties is stinkbesies? Is daar iets soos gratis elektrisiteit wat al ons kragprobleme kan oplos?

Hoe verklaar jy dit? 15 Oktober 2023 15.10.2023

Regstreeks vanaf die Woordfees in Stellenbosch: Ons bespreek klimaatsverandering met ekoloog dr. Dave Pepler, medikus dr. Heinz Mödler en teoretiese fiskikus prof. Hendrik Geyer. Hoe sal dit die mens en diere affekteer?

Hoe verklaar jy dit? 8 Oktober 2023 08.10.2023

Ons leer meer van voëls se voedingspatrone, die mens se invloed daarop, hullw vere, en die vere se gebruike.

Hoe verklaar jy dit? 1 Oktober 2023 01.10.2023

Ons leer meer oor bio-indikators in jou tuin. Hoekom verloor jou horlosie tyd, veral in Suid-Afrika? Kan jy iets doen om dit te verhoed?

Hoe verklaar jy dit? 24 September 2023 24.09.2023

Waar kom die term, Slip him a Mickey, vandaan? Watter opsies is daar om indringerbome te bestuur? Hoe affekteer LED-ligte insekte se getalle?

Hoe verklaar jy dit? 17 September 2023 17.09.2023

Ons kyk intiem na wildeganse se liefdeslewe en hulle ewige trouheid. Ons vind uit wat die verskil is tussen kapok en sneeu – dis nou as daar enigsins ‘n verskil is…

Hoe verklaar jy dit? 10 September 2023 10.09.2023

Ons probeer uitwerk of daar ‘n monster in die Cunenerivier woon. Ons gesels oor James Bond, treintjiewurms en hoekom uie ons oë brand.

Hoe verklaar jy dit? 3 September 2023 03.09.2023

Ons vind meer uit oor reuse spinnekoppe, en die wanpersepsies wat ons oor hulle het. Hoe werk ‘n barometer?

Hoe verklaar jy dit? 27 Augustus 2023 27.08.2023

Ons vind meer uit oor duiwe en hoekom hulle eiers se kleure verskil. Hoekom lei ‘n sianiedpil so vining na die dood? Hoe lyk ‘n aanloklike uilhuis?

Listen to the Hoe verklaar jy dit? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.