RSG

Hoe verklaar jy dit?

Science AF ↓ 717 episodes

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Hoe verklaar jy dit? 4 Augustus 2024 04.08.2024

Is dit ‘n mot of ‘n skoenlapper? Wat is die verskille tussen hierdie twee insekte? Hoekom moet ons nog wetenskaplike name gebruik? Mag jy jou eie naam gebruik as jy ‘n nuwe spesie ontdek?

Hoe verklaar jy dit? 28 Julie 2024 28.07.2024

Hoekom vang katte steeds klein diertjies en insekte as hulle wel kos by hulle eienaars kry? Hoe gebeur dit dat sekere akkedisse twee koppe het, nie langs mekaar nie, maar weerskante van die lyf?

Hoe verklaar jy dit? 21 Julie 2024 21.07.2024

llan van der Hoven van Dullstroom het foto’s van sy hond se waterbak gestuur. Hy verduidelik daar was ‘n afsaksel in die bak, wat patrone in gehad het nadat die water gevries het. Hy wil Allan weet wat veroorsaak hierdie indrukwekkende patrone.

Hoe verklaar jy dit? 14 Julie 2024 14.07.2024

Hoeveel volume van grond bo seevlak is daar, en hoeveel water in die oseane? Kan die een die ander opvul? Is dit waar dat paddas kan vries, en weer lewe nadat hulle ontdooi?

Hoe verklaar jy dit? 7 Julie 2024 07.07.2024

Hoekom is ‘n padda ‘n ding wat kan spring? Hoekom is dit dat net voor 'n mens aan die slaap raak, jy die perfekte briewe of toesprake skryf, maar niks die volgende dag onthou nie? Hoekom peusel klein voëltjies aan spinnerakke?

Hoe verklaar jy dit? 30 Junie 2024 30.06.2024

‘n Molkriek is die mol van die insekwêreld, maar is hulle gevaarlik? Toe jou ouma gesê het jy het VUILBLOED, wat het sy bedoel? Hoekom is die grate in geblikte sardientjies so sag en eetbaar, terwyl dié in vars vis so hard en oneetbaar is?

Hoe verklaar jy dit? 23 Junie 2024 23.06.2024

Wanneer ‘n skerpioen jou steek, watter raad sou jy verkies - om melk te drink, jouself te skok, toelaat dat iemand op urineer, of het jy jou eie raad? Is jou gasstoof sleg vir jou gesondheid? Wat is die beste tyd van die jaar vir beheerde veldbrande?

Hoe verklaar jy dit? 16 Junie 2024 16.06.2024

Hoekom wasem jou motor se voorruit op, en hoe kan jy die vinnigste ontslae raak daarvan – met warm of koue lug? Duiwe se neste is individueel en versprei, so hoe en hoekom vorm hulle swerms?

Hoe verklaar jy dit? 9 Junie 2024 09.06.2024

Hoekom is sekere voëls so kleurvol, alhoewel dit beweer word dat diere en voëls kleurblind is? Mense verwys na paddas as giftig, maar hoe giftig? En watter paddas in Suid-Afrika is die giftigste?

Hoe verklaar jy dit? 2 Junie 2024 02.06.2024

Wat moet (of moenie) ‘n mens doen wanneer daar ‘n padda in jou huis verskyn. Mag jy hom voer? Hoe hanteer jy ‘n duisendpoot plaag? As gif nie werk nie, hoe stop iemand die aanslag?

Hoe verklaar jy dit? 26 Mei 2024 26.05.2024

Wat veroorsaak dat die brein 'n beeld skep van ‘n vliegtuig wat opwaarts beweeg wanneer dit opstyg? En, dr. Dave Pepler deel sy beste tuinmaakwenke met ons.

Hoe verklaar jy dit? 19 Mei 2024 19.05.2024

Hoe weet voëls wat hulle wil eet, en nie? Of is dit MOET eet, of nie? Maak ‘n waaier mens werklik koel, of beweeg dit eintlik net die lug in ‘n kamer rond?

Hoe verklaar jy dit? 12 Mei 2024 12.05.2024

Mag jy die voëls in jou tuin voer? Veroorsaak dit afhanklikheid? Watter kossoorte is veilig en watter is ongesond vir die voëls? Hoe is dit moontlik dat platannas (Afrikapadda) in Amerika voorkom?

Hoe verklaar jy dit? 5 Mei 2024 05.05.2024

Paddas is besig om uit te sterf, en niemand praat daaroor nie! Hoekom mag ons deesdae ons selfone op vliegtuie gebruik - is dit nie gevaarlik nie?

Hoe verklaar jy dit? 28 April 2024 28.04.2024

Hoekom verskil die spookvoël se roep so baie van ander voëls? Hoe word reënboë sonder kleur verklaar? Hoe is dit moontlik dat ystervarke amper alles vreet?

Hoe verklaar jy dit? 21 April 2024 21.04.2024

Leer meer oor die pampoen-paddatjie wat kan spring, maar nie land nie, en wat gesels met sy maats, maar nie een kan hoor nie. Is dit waar dat jy elektrisiteit kan spaar deur jou selfoonlaaier te ontkoppel, en hoeveel spaar mens?

Hoe verklaar jy dit? 14 April 2024 14.04.2024

Is daar ‘n verskil tussen kakkerlakke en kokkerotte? Wat gebeur tydens wolkbestuiwing? Het dit nie ‘n negatiewe uitwerking op die ekologie nie?

Hoe verklaar jy dit? 7 April 2024 07.04.2024

Wat tel as vreemde gedrag by akkedisse? Ons kyk weer na hoe molle grondhopies maak as hulle agtertoe skop. Help ‘n waaier om muskiete weg te hou, of is dit ‘n mite?

Hoe verklaar jy dit? 31 Maart 2024 31.03.2024

Hoe kan ‘n vliegtuig, teen ‘n snelheid van 300 plus kilometer per uur, se wiele so vinnig versnel in ‘n breukdeel van ‘n sekonde wanneer dit land? Hoekom klink die sang van ‘n rooivlerkspreeu soms so mooi, maar soms ook so lelik?

Hoe verklaar jy dit? 24 Maart 2024 24.03.2024

Hoekom sing die meeste voëls vroegoggend of laataand? Wat gebeur in die middel van die dag wat die sang stuit? Hoekom is die flapnek-verkleurmannetjie so groot, en sit hy so stil?

Hoe verklaar jy dit? 17 Maart 2024 17.03.2024

Hoekom raak sout laf? Wanneer jy rooibostee maak, het jy ooit gewonder of dit miere se dood kan veroorsaak?

Hoe verklaar jy dit? 10 Maart 2024 10.03.2024

Hoe maak molle molshope as hulle agteruit grou? Hoekom word jellievisse deur klein slakkies vermoor, en wat is die doel van ‘n jellievis?

Hoe verklaar jy dit? 3 Maart 2024 03.03.2024

Hoe kan ‘n vliegtuig se bande van 0 tot 300 km per uur, in ‘n breukdeel van ‘n sekonde versnel, en nie die vliegtuig van koers afdruk nie? Hoe beïnvloed wolkbestuiwing die aarde se temperatuur en weerpatrone?

Hoe verklaar jy dit? 25 Februarie 2024 25.02.2024

Is daar iets soos visse, of is ons op skool verkeerd geleer? Hoekom kan sperm vir jare gevries word, maar ‘n mens se toon kan nie na ‘n paar ure weer aangeheg word nie, selfs al is dit gevries?

Hoe verklaar jy dit? 18 Februarie 2024 18.02.2024

Wat maak die lug blou? Hoekom is die lug nie violet nie? Hoekom is sekere haaie warmbloedig, en nie koudbloedig soos meeste seelewende diere nie?

Listen to the Hoe verklaar jy dit? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.