RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hoe verklaar jy dit? 4 Maart 2022 06.03.2022 24:47
Die paneel kenners leer ons meer van nagapies se eetgewoontes en van hulle familiestamboom. En ons gesels oor platannas – hoe en hoekom hulle nou onlangs Onrus in die Wes-Kaap omtrent oorgeneem het.
Hoe verklaar jy dit? 27 Februarie 2022 27.02.2022 24:43
Wat is ambergris? Hoe slaap insekte? Hoe beheer duisendpote hulle pote? Verkies muskiete ‘n sekere bloedgroep bo ander bloedgroepe?
Hoe verklaar jy dit? 20 Februarie 2022 20.02.2022 24:22
Die paneel kenners praat oor skemer-strale, of hoe paralelle lyne een word. Ons vind uit oor lewe in boorgatwater, en hoe iguana-akkedisse Madagaskar van Suid-Amerika af bereik het.
Hoe verklaar jy dit? 13 Februarie 2022 13.02.2022 24:28
Ons paneel kenners praat oor springkaanplae en wanneer die beste tyd is om dit te bestry; sampioene wat nader aan diere as plante is; en vasodilatasie, of te wel bloos.
Hoe verklaar jy dit? 6 Februarie 2022 06.02.2022 24:45
Die paneel kenners praat oor houtbrandende motors, en ons leer meer van die Namakwaland verkleurmannetjie en sy buurman, die sand-dys
Hoe verklaar jy dit? 30 Januarie 2022 30.01.2022 24:33
Die paneel kenners leer ons meer van ons reuksintuie; die teepot-effek (daai lastige druppel op die teepot se tuit); hoekom sommige diere maak asof hulle dood is; en die belang van die hyoïedbeen.
Hoe verklaar jy dit? 23 Januarie 2022 23.01.2022 23:41
Die span kenners beantwoord luisteraarsvrae oor die sig van slange (en wees gewaarsku van hulle sien goed), erdwurms wat in blikbekers skuil, en hoekom beet jou urine verkleur, maar nie rooiwyn nie.
Hoe verklaar jy dit? 16 Januarie 2022 16.01.2022 23:19
Ons kenners gaan ons meer leer van die ontbindingsproses tot die punt waar ‘n walvis ontplof, en ons gaan leer van die slangakkedis - hoekom is dit ‘n akkedis, en nie ‘n slang nie?
Hoe verklaar jy dit? 9 Januarie 2022 09.01.2022 23:43
Hoekom kry sommige mense halusinasies ná ‘n aorta-aneurisme? Hoe verloor akkedisse hulle sterte, en hoe werk die regenerasie daarvan? Hoekom is zebras geweldadig teenoor mekaar?
Hoe verklaar jy dit? 2 Januarie 2022 02.01.2022 24:45
Die kenners praat oor die temperatuur van meteoriete, veral wanneer dit op jou kopkussing land! Hoekom hou Kapenaars aan om te sê die dassie en olifant is naasverwant?
Hoe verklaar jy dit? 26 Desember 2021 26.12.2021 24:20
Ons leer meer van orgaanskenking, en hoe ons almal ‘n skenker is. Ons kyk na die Hadeda en Ibis se ooreenkomste en verskille, en ons ondersoek slange se giftande.
Hoe verklaar jy dit? 19 Desember 2021 19.12.2021 24:00
Hoe beskerm gesigmaskers jou? Watter maskers bied meer beskerming? Kan menslike aanraking ‘n seester laat vrek?
Hoe verklaar jy dit? 12 Desember 2021 12.12.2021 24:56
Ons kenners leer ons meer van die verskynsels by bewegende motorwiele – soos om regdeur te kan sien, of hoekom dit soms lyk asof die wiel agteruit beweeg. Ons vind ook meer uit van die voor- en nadele van voorbrande in die Nasionale Kruger Wildtuin.
Hoe verklaar jy dit? 5 Desember 2021 05.12.2021 24:21
Hoe hoor ons? Hoe gehoorsensitief is ons? Die span bespreek ook die velkleur en genetika van die witleeu en bruinleeu.
Hoe verklaar jy dit? 28 November 2021 28.11.2021 24:36
Die kenners leer ons meer van die MRI-masjien en die onmenslike geraas wat dit maak. Kan mRNA jou DNS verander? Hoekom is sommige slange se giftande voor in die mond, terwyl ander agter is?
Hoe verklaar jy dit? 21 November 2021 21.11.2021 23:31
Die kenners praat oor drome en halusinasies; wat presies reuk is; hoe besoelde lug ons affekteer; en hoe geelvinke die weer voorspel, en kan ons by hulle leer.
Hoe verklaar jy dit? 14 November 2021 14.11.2021 24:35
Ons leer meer van die geheimsinnige bloustertakkedis, en vind uit of daar slim en dom katte en honde is. Is dit waar dat mense met rooi hare ‘n hoër pyntolleransie het, of meer narkose benodig?
Hoe verklaar jy dit? 7 November 2021 07.11.2021 24:33
Hoekom lê geitjies net twee eiers? Hoekom vrek robbe in groot getalle? En, ons leer meer oor sonenergie se gebruike, en die invloed van sonpanele.
Hoe verklaar jy dit? 31 Oktober 2021 31.10.2021 24:31
Ons leer meer oor grootpoot-voëls se broeigedrag, hoe windrigtings ontstaan, hoekom ons huil, en of rooibostee voordelig kan wees vir skape.
Hoe verklaar jy dit? 24 Oktober 2021 24.10.2021 24:14
Die kenners vertel hoekom die meeste voëls nie ‘n penis het nie – so hoe gebeur voortplanting? Ons kyk na die ewolusie van seksualiteit, en watter effek moderne slaappille op breinfunksionering het.
Hoe verklaar jy dit? 17 Oktober 2021 17.10.2021 23:47
Ons delf dieper in ‘n vraag van ‘n vorige episode aangaande klank. Ons leer meer oor hoe voëls miere inspan om te help met hiegiëne, en hoeveel meer brandstof verbruik word a.g.v. spoedwalle.
Hoe verklaar jy dit? 10 Oktober 2021 10.10.2021 24:26
Die span praat oor volwasse ape se aggressiewe gedrag teenoor kleintjies in hulle trop. Ons vind meer uit oor volstruise se kloakale openings, en ons kyk na die Gregoriaanse jaartelling, weerpatrone en die aarde se magneetveld.
Hoe verklaar jy dit? 3 Oktober 2021 03.10.2021 23:23
Wat is kwik? Die span praat oor kwik se giftige geskiedenis en sy alledaagse gebruike. Daar word antwoorde gegee vir die vreemde verskynsels wat te sien is by Hondeklipbaai aan die Weskus van Suid-Afrika.
Hoe verklaar jy dit? 26 September 2021 26.09.2021 24:28
Die span verduidelik die ontbindingsprosesse nadat voëls vrek; die misdaadrekord van geitjies; en hoe ysblokkies in kookwater kan sink.
Hoe verklaar jy dit? 19 September 2021 19.09.2021 24:23
Hoekom word ‘n hoenderhaan nie doof van sy eie gekraai nie? Wat veroorsaak ‘n helikopter se steurende klapgeluid? Waar kom die Latynse en Griekse spesiebenaming vandaan?
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.