RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hoe verklaar jy dit? 12 September 2021 12.09.2021 24:21
Wat het wors met Botox te doen? Hoekom sal jy iets wat só giftig is in ‘n gesig spuit? Hoekom krap en verwoes huiskatte meubels? Hoe gemaak met ‘n rot wat ‘n boom opvreet?
Hoe verklaar jy dit? 5 September 2021 05.09.2021 24:45
Ons kenners praat oor die spanwerk van wedvlugduiwe; hoeveel mense wakker word tydens operasies; die 1969-aardbewing in Tulbagh; en hoe sneeublindheid veroorsaak word.
Hoe verklaar jy dit? 29 Augustus 2021 29.08.2021 23:55
Ons leer meer van ‘n keisersnee van ‘n verkleurmannetjie; en verkleurmannetjies se vorme van voortplanting. Kan katte en voëls bevriend raak? Wat weet ons van die heelal, en tot watter mate is dit selfgedefinieerd?
Hoe verklaar jy dit? 22 Augustus 2021 22.08.2021 24:41
Ons kenners verklaar termietkolonies, superorganismes en feetjiesirkels. Ons kyk na redes hoekom wildebeeste se getalle vermeerder. Kan jou houtlepel man alleen verhoed dat jou pot oorkook?
Hoe verklaar jy dit? 15 Augustus 2021 15.08.2021 24:44
Wat onderskei virusse, parasiete en bakterieë van mekaar? Ons hoor hoe sand in 'n volstruiseier opeindig sonder om ooit oopgbreek te word. Hoekom lê sekere voëls hulle eiers in ander se neste?
Hoe verklaar jy dit? 8 Augustus 2021 08.08.2021 24:02
Ons vind uit hoekom daar geen Lemur-halfapies op Afrikavasteland is nie. Wat beïnvloed AM- en FM-klankgolwe? Ons luister na die laast aflewering oor die ontdekking van selle.
Hoe verklaar jy dit? 1 Augustus 2021 01.08.2021 24:40
Ons leer meer van klank – Wat beïnvloed klank? Hoekom is sekere klanke harder, maak nie saak wat die afstand is nie? Wat is mistigheid se invloed op klank? Wat is jou koffie se klank? En ons vind meer uit van die mag van groepering by voëls.
Hoe verklaar jy dit? 25 Julie 2021 25.07.2021 24:25
Ons leer meer van die onsterflike jellievis, die ekologiese stappe wat gedoen word om ekostelsels te red, en hoe die Cullinan-diamant die aardoppervlak bereik het.
Hoe verklaar jy dit? 18 Julie 2021 18.07.2021 24:17
Ons leer meer oor die simfoniese uitvoering, wat veral die Bokmakierie vir ons gee. Ons kyk na die dalende syfers van witdood-haaie aan die kus van Suid-Afrika, en ons leer meer oor die baber se vermoë om asem te haal in modder.
Hoe verklaar jy dit? 11 Julie 2021 11.07.2021 24:16
Ons leer meer van kelkiewynvoëltjies. Ons beskou die ewolusie van die mens se beendere, ligamente, senings, aptyt en weerstand van nader. En, het jy geweet ‘n seeleeu kan ritme hou?
Hoe verklaar jy dit? 4 Julie 2021 04.07.2021 24:43
Ons vind meer uit van die impak wat oorfone op die bakterieë in jou oorkanaal het. Ons hoor waarheen ons sokkies verdwyn ná ‘n was, hoekom ander rye altyd vinniger beweeg as die ry waarin jy staan, en ons gaan meer leer oor ‘n slang se asemhalingstelsel.
Hoe verklaar jy dit? 27 Junie 2021 27.06.2021 24:33
Ons leer meer van suikerbekkies; ons kenner verklaar hoe ‘n skilpad sonder ribbes asemhaal; en ons hoor hoekom warmwaterpype vinniger vries as kouewaterpype.
Hoe verklaar jy dit? 20 Junie 2021 20.06.2021 24:17
Ons vind meer uit oor die wonder van die migrasiepatrone van verskeie diere. Ons hoor of die manlike en vroulike geslagte verskillende evolusiepaaie geneem het. En in ons kitsvraag verklaar ons hoekom jou hart aanhou met klop.
Hoe verklaar jy dit? 13 Junie 2021 13.06.2021 24:11
Ons vind uit hoe sekere spinnekoppe elektrisiteit in hulle spinnerakke gebruik om prooi te vang. Hoekom is die lug blou? Ons leer meer oor hoe selle ontdek is.
Hoe verklaar jy dit? 6 Junie 2021 06.06.2021 24:31
Ons vind uit wanneer die aarde se magneetveld weer gaan omswaai. Ons leer meer van die pofadder se paringtyd, en Dave Pepler gee wenke gee wat jy op jou volgende sampioensoektog kan toepas om die giftige sampioene te vermy.
Hoe verklaar jy dit? 30 Mei 2021 30.05.2021 23:29
Ons kyk na vrae wat handel oor slange wat soos akkedisse lyk of akkedisse wat soos slange lyk. Ons beantwoord 'n vraag wat gaan oor jou lyf wat ‘n antenna is, en wat presies maak ‘n spesie homeotermies of poikilotermies.
Hoe verklaar jy dit? 23 Mei 2021 23.05.2021 23:31
Ons kyk na moontlike oplossings vir die gemors wat die Indiese Myna/spreeu veroorsaak, hoor hoekom meer vroue deesdae meer hartaanvalle kry, en bespreek predatore se jagroetines.
Hoe verklaar jy dit? 16 Mei 2021 16.05.2021 24:15
Ons luister na die eerste aflewering van die ontdekkingsverhaal van selle, en ‘n medikus verduidelik wat bilharzia is, wat miljoene mense elke jaar affekteer.
Hoe verklaar jy dit? 9 Mei 2021 09.05.2021 24:25
Vind meer uit oor die vervanging van varkharte in menslike hartoorplantings. Ons hoor hoe spesiaal ons as spesie is, en ons gesels oor rotstekeninge en hulle oorsprong.
Hoe verklaar jy dit? 2 Mei 2021 02.05.2021 24:18
Sal ‘n supernova die aarde se einde beteken? Ons kyk na verskillende spinnekoplokvalle, en leer meer oor die belang van speeksel.
Hoe verklaar jy dit 25 April 2021 25.04.2021 24:08
Wat is ‘n permakultuur? Kan ‘n penis van kleur verander na ‘n penisoorplanting? Hoekom het almal vingerafdrukke?
Hoe verklaar jy dit? 18 April 2021 18.04.2021 24:49
Hoe kan jy hondsdolheid oorleef? Waai blaasoppies weg? Sal jou hond saam met jou TV-reekse begin kyk?
Hoe verklaar jy dit? 11 April 2021 11.04.2021 24:25
Hoe het olifante wat hul ontstaan in Afrika het, in Indië beland? Hoekom verskil die lesing op jou badkamerskaal as jy op dit klim wanneer die skaal op 'n matjie staan teenoor die lesing as die skaal op 'n harder oppervlakte staan? En, hoe gevaarlik is radiogolwe vir daardie voëls wat so rustig in selfoontorings sit en broei?
Hoe verklaar jy dit? 4 April 2021 04.04.2021 25:54
Hoekom word jou horlosie se vermoë om akkuraatheid te behou, beinvloed tydens beurtkrag? Hoekom zoem 'n muskiet as hy nadervlieg om jou te byt? Hoe is die piramides oorspronklik gebou? Wat is die vertakte afbeelding op 'n klippie wat iemand opgetel het?
Hoe verklaar jy dit? 28 Maart 2021 28.03.2021 28:09
Wat is die storie van die Koch-sneeukristal? Wat is ‘n fraktaal? Hoekom word die woord, kalf, gebruik om die kleintjie van ‘n walvis te beskryf? Wil jy meer weet oor mantas?
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.