RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hoe verklaar jy dit? 21 Maart 2021 21.03.2021 24:43
Wat is die wetenskaplike naam vir die lig van vuurvliegies? Wat is hulle broeipatrone, en hoekom is hulle daar? Wat is die Kambriese ontploffing? Wat is Burgess-skalie?
Hoe verklaar jy dit? 14 Maart 2021 14.03.2021 30:18
Wat is die herkoms van die sesvoudige simmetrie van ‘n sneeukristal? Waarmee het dit te make? Hoe is dit moontlik dat die parameters van die heksagon in die sneeukristal so akkuraat dieselfde lengte het? Het ander loopvoëls soos emu’s of rhea’s ook net twee tone aan elke poot, soos byvoorbeeld die volstruis?
Hoe verklaar jy dit? 7 Maart 2021 07.03.2021 27:25
Wat is die omgewingsimpak van die vervaardiging van elektriese- teenoor binnebrand-enjins? Is jy bewus dat daar ‘n wêreldmotorspoedrekord opgestel is deur ‘n elektriese motor in 1899, en dat dié kar ‘n snelheid van 105 km per uur bereik het met elektriese aandrywing? Hoe lank hou die battery van ‘n elektriese motor? Bestaan Big Foot werklik?
Hoe verklaar jy dit? 28 Februarie 2021 28.02.2021 29:55
Hoe verskil kwantumfisika van ander natuurwetenskaplike wette? Wat is ‘n swart straler? En nee, dit het niks met vliegtuie te make nie. Kan jy die ouderdom van slange bepaal? En, hoe oud kan hulle word?
Hoe verklaar jy dit? 21 Februarie 2021 21.02.2021 21:20
Wat is die fossielfonds wat ‘n luisteraar in die Karoo gevind het? Wat is ‘n wolhaar-sambreelswam? En wat is die sampioen wat ‘n luisteraar bo-op ‘n termiethoop gevind het?
Hoe verklaar jy dit? 14 Februarie 2021 14.02.2021 28:05
Kon volstruise van staanspoor af nooit vlieg nie? Het jy geweet daar is vandag meer as 60 lewende spesies voëls wat nie kan vlieg nie? Daar is ook minstens drie vluglose uilspesies. En, kan magnetiese armbandjies of slimhorlosies wat bloeddruk, afstand en dies meer meet, ‘n invloed op ‘n mens te gestel hê?
Hoe verklaar jy dit? 7 Februarie 2021 07.02.2021 27:16
Wat het bome en klimaatverandering met mekaar te doen? Wat gebeur as die verkeerde bome op die verkeerde plek geplant word? Wat is plek-aangepaste bome? Wat is die verskil tussen ‘n meon en ‘n meson?
Hoe verklaar jy dit? 31 Januarie 2021 31.01.2021 24:09
Hoekom is die vleis van ‘n eend donker, en die borsvleis van ‘n hoender wit? Wat is mioglobien? Is reïnkarnasie konsepsueel moontlik? Is daar getuienis wat dit ondersteun?
Hoe verklaar jy dit? 24 Januarie 2021 24.01.2021 29:46
Kan ‘n waaier op sigself ‘n vertrek verkoel? Is die omgewingsimpak van ‘n sonstelsel se tegnologie skadelik en blywend?
Hoe verklaar jy dit? 17 Januarie 2021 17.01.2021 24:32
Hoe verkaar 'n mens die verspreiding, ewolusie en verwantskappe van vluglose voëls? Is die Madagaskar Olifantvoël nader verwant aan die Nieu-Seelandse kiwi as aan die Afrikavolstruis? Wat moet jy doen as ‘n skerpioen jou steek en daar geen mediese hulp beskikbaar is nie? En, wil jy meer weet oor skerpioene en hulle gif?
Hoe verklaar jy dit? 10 Januarie 2021 10.01.2021 26:05
Wat is die oorsaak van haarkleurveranderings by kinders soos hulle grootword? Wat kan jy doen om jou koolstofvoetspoor te verminder in hierdie tyd? Watter produkte het die hoogste koolstofvoetspoor?
Hoe verklaar jy dit? 3 Januarie 2021 03.01.2021 20:45
Word voëlnessop werklik van voëlneste gemaak? En, wat kos dit? Bevorder eetbare voëlneste goeie gesondheid? Is dit moontlik dat atome wat aan ‘n dinousourus, en selfs Einstein of Napoleon behoort het, nou deel is van jou liggaam? Is reinkarnasie werklik moontlik? Wat het die aktrise Shirley Maclaine en die Dalai Lama gemeen?
Hoe verklaar jy dit? 27 Desember 2020 27.12.2020 27:19
Is ruimte en tyd intiem verklits? Wat is die sogenaamde platheidsprobleem en die horisonprobleem in die kosmologie? Is daar ‘n wesenlike verskil tussen saad- en vrugtevretende voëls?
Hoe verklaar ky dit? 20 Desember 2020 20.12.2020 26:03
Wat veroorsaak winde, waar in die ingewande ontstaan dit en hoekom ruik dit so sleg? Waarom moet medikasie soms slegs soggens of slegs met slapenstyd ingeneem word? As jy ooit gewonder het hoeveel melkwegstelsels in die verkenbare ruimte is, wil jy nie eens weet hoe lank dit jou sou neem om die aantal sterre te tel nie!
Hoe verklaar jy dit? 13 Desember 2020 13.12.2020 21:57
Byt alle akkedisse só seer, en is dit normaal as julle jou beetkry om nié te laat los nie? Word ‘n mens met hoogtevrees gebore? Waarom ondervind ons nie hoogtevrees in vliegtuie nie, maar wel op ‘n hoë gebou? Daar word beweer dat sekere volke, bv. die inheemse mense van Amerika, nie aan hoogtevrees ly nie, en hulle word daarom gebruik om die staalstrukture van wolkekrabbers te bou. Is dit so?
Hoe verklaar jy dit? 6 Desember 2020 06.12.2020 22:03
Wil jy meer weet oor die Europese spreeu? Hoe produseer ‘n hond melk as sy nié dragtig was nie? Waarom sou tarentale kolganskuikens as ‘n bedreiging beskou?
Hoe verklaar jy dit? 29 November 2020 29.11.2020 28:33
Waar kom tyd en ruimte vandaan? Wat is die skilderbont-rietpadda? Hoekom verander hulle van kleur? En, kan paddas kleur in die donker onderskei?
Hoe verklaar jy dit? 22 November 2020 22.11.2020 21:12
Het jy geweet kwikkies kan tot vier maal ‘n jaar broei? Wat is die verskil tussen besering of misvorming by kwikkies na aanleiding van ‘n luisteraar se foto’s? Het dit met gifstowwe te make? Watter rol speel genetika in wetenskaplike naamgewing? Hoe gereeld vind kruisings tussens verskille spesies plaas?
Hoe verklaar jy dit? 15 November 2020 15.11.2020 23:15
Wat is die storie agter die twee voëlkuikentjies wat ‘n luisteraar lewend op ‘n teerpad gekry het? Is die kuikens moontlik deur die ouers uitgeskop? Kan dit dalk die gevolg wees van nes-parasitisme? En, wat is die verskil tussen konyne en hase?
Hoe verklaar jy dit? 8 November 2020 08.11.2020 23:46
Hoe werk instinktiewe versus aangeleerde gedrag by voëls en soogdiere? Hoe kan Bernoulli se beginsel op ‘n vliegtuig toegepas word? Wanneer die vliegtuig in vlug is, en daar kom ‘n gat in die romp, watter een is dan die bewegende lugstroom, binne of buite? Hoekom kan lig nie deur mure gaan nie, maar radiogolwe wel? Hoekom kan ons dan deur glas en water sien, maar nie deur die muur nie?
Hoe verklaar jy dit? 1 November 2020 01.11.2020 19:30
Wat is perdekrag nou eintlik? Waar kom dié term vandaan? Hoe word perdekrag na hedendaagse kilowatt omgeskakel? Hoe kan daar vasgestel word watter massa ‘n spesifieke perd met gemak kan hanteer?
Hoe verklaar jy dit? 25 Oktober 2020 25.10.2020 27:54
Waar kom die oorspronklike volke van elke wêreldstreek vandaan? Hoekom het hulle verskillende gelaatstrekke en velkleure? Weet jy dat jy op ‘n tyd droogvoet van Bloubergstrand na Robbeneiland kon loop? Hoe groot sal die aarde wees as dit in ‘n swart gat (black hole) beland?
Hoe verklaar jy dit? 18 Oktober 2020 18.10.2020 26:12
Hoekom word melk suur? Hoekom neem UHT geprosseseerde melk langer om suur te word? Watter een van UHT of gewone melk is gesonder vir menslike gebruik? Waar kom miet vandaan? Hoe weet hadedas waar om hulle snawels in die grasperk in te druk om ‘n wurm in die hande te kry, gegewe dat hulle nie die wurm kan sien of hoor nie?
Hoe verklaar jy dit? 11 Oktober 2020 11.10.2020 31:21
Hoe is dit moontlik dat aardvarke miljoene jare kan oorleef terwyl hulle stapelvoedsel slegs termiete is? Was daar te alle tye termiete? Hoekom grawe aardvarke net gate in die noordelike aansig van termietshope? Wat is aardvark-komkommers? Hoe op aarde beland 'n miniatuur papaja binne in die groter een? En, hoe moet ons leef in die tyd van Covid?
Hoe verklaar jy dit? 4 Oktober 2020 04.10.2020 23:20
Hoekom word 'n nasale depper deur jou neusholte gesteek om 'n bewys te kry van die Coronavirus? Hoekom kan 'n monster nie uit jou keel geneem word nie? Hoe word vasgestel dat jy reeds anti-liggaampies het? Is die gesigsveld van werweldiere se oë ongeveer 360 grade? Is daar 'n derde oog? Hoe werk dit? Is daar al 'n studie van byvoorbeeld die verkleurmannetjie se oë gemaak? Wat is stereoskopiese die...
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.