RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hoe verklaar jy dit? 3 Januarie 2021 03.01.2021 20:45
Word voëlnessop werklik van voëlneste gemaak? En, wat kos dit? Bevorder eetbare voëlneste goeie gesondheid? Is dit moontlik dat atome wat aan ‘n dinousourus, en selfs Einstein of Napoleon behoort het, nou deel is van jou liggaam? Is reinkarnasie werklik moontlik? Wat het die aktrise Shirley Maclaine en die Dalai Lama gemeen?
Hoe verklaar jy dit? 27 Desember 2020 27.12.2020 27:19
Is ruimte en tyd intiem verklits? Wat is die sogenaamde platheidsprobleem en die horisonprobleem in die kosmologie? Is daar ‘n wesenlike verskil tussen saad- en vrugtevretende voëls?
Hoe verklaar ky dit? 20 Desember 2020 20.12.2020 26:03
Wat veroorsaak winde, waar in die ingewande ontstaan dit en hoekom ruik dit so sleg? Waarom moet medikasie soms slegs soggens of slegs met slapenstyd ingeneem word? As jy ooit gewonder het hoeveel melkwegstelsels in die verkenbare ruimte is, wil jy nie eens weet hoe lank dit jou sou neem om die aantal sterre te tel nie!
Hoe verklaar jy dit? 13 Desember 2020 13.12.2020 21:57
Byt alle akkedisse só seer, en is dit normaal as julle jou beetkry om nié te laat los nie? Word ‘n mens met hoogtevrees gebore? Waarom ondervind ons nie hoogtevrees in vliegtuie nie, maar wel op ‘n hoë gebou? Daar word beweer dat sekere volke, bv. die inheemse mense van Amerika, nie aan hoogtevrees ly nie, en hulle word daarom gebruik om die staalstrukture van wolkekrabbers te bou. Is dit so?
Hoe verklaar jy dit? 6 Desember 2020 06.12.2020 22:03
Wil jy meer weet oor die Europese spreeu? Hoe produseer ‘n hond melk as sy nié dragtig was nie? Waarom sou tarentale kolganskuikens as ‘n bedreiging beskou?
Hoe verklaar jy dit? 29 November 2020 29.11.2020 28:33
Waar kom tyd en ruimte vandaan? Wat is die skilderbont-rietpadda? Hoekom verander hulle van kleur? En, kan paddas kleur in die donker onderskei?
Hoe verklaar jy dit? 22 November 2020 22.11.2020 21:12
Het jy geweet kwikkies kan tot vier maal ‘n jaar broei? Wat is die verskil tussen besering of misvorming by kwikkies na aanleiding van ‘n luisteraar se foto’s? Het dit met gifstowwe te make? Watter rol speel genetika in wetenskaplike naamgewing? Hoe gereeld vind kruisings tussens verskille spesies plaas?
Hoe verklaar jy dit? 15 November 2020 15.11.2020 23:15
Wat is die storie agter die twee voëlkuikentjies wat ‘n luisteraar lewend op ‘n teerpad gekry het? Is die kuikens moontlik deur die ouers uitgeskop? Kan dit dalk die gevolg wees van nes-parasitisme? En, wat is die verskil tussen konyne en hase?
Hoe verklaar jy dit? 8 November 2020 08.11.2020 23:46
Hoe werk instinktiewe versus aangeleerde gedrag by voëls en soogdiere? Hoe kan Bernoulli se beginsel op ‘n vliegtuig toegepas word? Wanneer die vliegtuig in vlug is, en daar kom ‘n gat in die romp, watter een is dan die bewegende lugstroom, binne of buite? Hoekom kan lig nie deur mure gaan nie, maar radiogolwe wel? Hoekom kan ons dan deur glas en water sien, maar nie deur die muur nie?
Hoe verklaar jy dit? 1 November 2020 01.11.2020 19:30
Wat is perdekrag nou eintlik? Waar kom dié term vandaan? Hoe word perdekrag na hedendaagse kilowatt omgeskakel? Hoe kan daar vasgestel word watter massa ‘n spesifieke perd met gemak kan hanteer?
Hoe verklaar jy dit? 25 Oktober 2020 25.10.2020 27:54
Waar kom die oorspronklike volke van elke wêreldstreek vandaan? Hoekom het hulle verskillende gelaatstrekke en velkleure? Weet jy dat jy op ‘n tyd droogvoet van Bloubergstrand na Robbeneiland kon loop? Hoe groot sal die aarde wees as dit in ‘n swart gat (black hole) beland?
Hoe verklaar jy dit? 18 Oktober 2020 18.10.2020 26:12
Hoekom word melk suur? Hoekom neem UHT geprosseseerde melk langer om suur te word? Watter een van UHT of gewone melk is gesonder vir menslike gebruik? Waar kom miet vandaan? Hoe weet hadedas waar om hulle snawels in die grasperk in te druk om ‘n wurm in die hande te kry, gegewe dat hulle nie die wurm kan sien of hoor nie?
Hoe verklaar jy dit? 11 Oktober 2020 11.10.2020 31:21
Hoe is dit moontlik dat aardvarke miljoene jare kan oorleef terwyl hulle stapelvoedsel slegs termiete is? Was daar te alle tye termiete? Hoekom grawe aardvarke net gate in die noordelike aansig van termietshope? Wat is aardvark-komkommers? Hoe op aarde beland 'n miniatuur papaja binne in die groter een? En, hoe moet ons leef in die tyd van Covid?
Hoe verklaar jy dit? 4 Oktober 2020 04.10.2020 23:20
Hoekom word 'n nasale depper deur jou neusholte gesteek om 'n bewys te kry van die Coronavirus? Hoekom kan 'n monster nie uit jou keel geneem word nie? Hoe word vasgestel dat jy reeds anti-liggaampies het? Is die gesigsveld van werweldiere se oë ongeveer 360 grade? Is daar 'n derde oog? Hoe werk dit? Is daar al 'n studie van byvoorbeeld die verkleurmannetjie se oë gemaak? Wat is stereoskopiese die...
Hoe verklaar jy dit? 27 September 2002 27.09.2020 25:41
Op watter manier bevat plutonium soveel meer potensiaal as uraan-235, of waar lê die knoop? En hoe werk dit? Wil jy meer weet oor kern-klowing? Hoe kry sekere diere dit reg om in koue temperature van minus 80 grade Celsius te oorleef? En hoekom vreet verkleurmannetjies nie gedroogde meelwurms nie?
Hoe verklaar jy dit? 20 September 2020 20.09.2020 24:13
Hoe moet ons eties en moreel teenoor die grond optree? Hoekom moet jy soms onkruid toelaat in jou tuin? Al gehoor van 'n plantjie genaamd die Blou Trots Van Nieuwoudtville?
Hoe verklaar jy dit? 13 September 2020 13.09.2020 25:24
Hoekom het perde sulke groot oë? Is dit moontlik dat daar dalk al 'n meteoriet in die Witbank-omgewing in die Noord-Kaap geval het? Wat is die storie van die periodieke reënbuie aan die Tuinroete? En, is daar 'n verklaring vir die verandering in daglengtes?
Hoe verklaar jy dit? 6 September 2020 06.09.2020 23:42
Hoe weet 'n mannetjie rooiborsduif dat hy moet begin nes bou om gereed te maak vir die wyfie om eiers te lê? Watter invloed het straatligte en veiligheidsligte op plante? Hoe plant verkleurmannetjies voor?
Hoe verklaar jy dit? 30 Augustus 2020 30.08.2020 23:35
Wil jy meer weet oor navigasie in die diereryk? Wat is die verklaring van ‘n rigtinglose mens? Kan die mens dieselfde tegnieke gebruik om te navigeer as diere? Navigeer mans en vroue verskillend? Hoe navigeer jy met die son? Waar is die fossiele van prehistoriese soogdiere soos perde, honde, bokke en olifante?
Hoe verklaar jy dit? 23 Augustus 2020 23.08.2020 25:41
Hoe beland 'n klein spinkaantjie binne-in 'n hoendereier? Hoekom vlieg 'n vliegtuig en vaar 'n boot teen knope? Hoekom vlieg 'n vliegtuig nie teen kilometer per uur of myl per uur nie? Hoekom is daar seemyl en nie net 'n gewone myl nie? Wat is die verskil tussen 'n metrieke ton en 'n gewone ton?
Hoe verklaar jy dit? 16 Augustus 2020 16.08.2020 21:46
Wat is die verskil tussen valke en arende? Weet jy dat swerfvalke teen sowat 250 km/h kan duik? Kry 'n mens seekatte wat in varswater voorkom?
Hoe verklaar jy dit? 9 Augustus 2020 09.08.2020 22:09
Hoekom het mense nie sterte nie? Wat is die funksie van die stert by soogdiere? Wat is die storie met krapspinnekoppe en jakkalsvlieë, en kan daar simbiose tussen die twee bestaan?
Hoe verklaar jy dit? 2 Augustus 2020 02.08.2020 21:23
Kan sekere diere deur ander diersoorte of spesies gesoog word? Wil jy meer weet oor die witkruisarend? Wat is hulle rooftegnieke en broeigewoontes? Het jy geweet roofvoëls kan vir dekades en selfs honderde jare op een plek nesmaak? En is dit waar dat die mannetjies by roofvoëls een derde kleiner as die wyfie is?
Hoe verklaar jy dit? 26 Julie 2020 25.07.2020 23:35
Hoe het buideldiere, wat eie aan Australië is, van daar na Noord-Amerika versprei? Wat is 'n vlam, en hoekom is dit sigbaar? En hoekom beweeg 'n drywende voorwerp na die stroom water wanneer jy 'n bak vol water tap?
Hoe verklaar jy dit? 19 Julie 2020 19.07.2020 26:39
Hoekom is sekelbos 'n indringerplant in Noord-Natal, hoewel dit 'n inheemse boom is? Het jy geweet die mens gebruik rubber al langer as 1000 jaar? Wat is entropie? Hoe het duursame motorbande ontstaan?
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.