RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hoe verklaar jy dit? 12 Julie 2020 11.07.2020 24:36
Leer meer oor reënwoude. Wat is die sedimentêre gesteentes wat 'n luisteraar in Nieu-Seeland gesien het? Hoekom word vere, soos bladvere en spiraalvere in voertuie, mettertyd pap? En wat is die ewolusionêre rede vir die geweldige hoeveelheid voëls met swart vere op die kop?
Hoe verklaar jy dit? 5 Julie 2020 05.07.2020 24:24
Hoe het olifante wat hul ontstaan in Afrika het, in Indië beland? Hoekom verskil die lesing op jou badkamerskaal as jy op dit klim wanneer die skaal op 'n matjie staan teenoor die lesing as die skaal op 'n harder oppervlakte staan? En, hoe gevaarlik is radiogolwe vir daardie voëls wat so rustig in selfoontorings sit en broei?
Hoe verklaar jy dit? 28 Junie 2020 28.06.2020 22:05
Wat is optimistiese vooroordeel of onrealistiese optimisme? Hoe het virusse ontstaan?cHoekom werk antibiotika nie teen virusse nie?cWaaruit bestaan virusse? Wat is die perderunnik-kriek? Hoekom vreet voëls motte, maar nie skoenlappers nie?
Hoe verklaar jy dit? 21 Junie 2020 20.06.2020 20:50
Is pseudo-swangerskappe by diere moontlik? Hoe kan 'n koei melk produseer as sy nie gekalf het nie? Hoe is die enorme rotsblokke op die Nan Madol eiland pasgemaak, bewerk en vervoer?
Hoe verklaar jy dit? 14 Junie 2020 13.06.2020 27:18
Kan diere tel? Indien wel, tot hoe ver? Is daar onder die soogdierspesies enige voorbeelde van 'n manlike en vroulike indiwidu wat lewenslank paar? En, is 'n luisteraar in die kol as hy sê dat hy moontlik 'n mikro-meteoriet op die sinkdak van sy braaiarea kon hoor?
Hoe verklaar jy dit? 7 Junie 2020 06.06.2020 21:04
Hoe kry knopiespinnekoppe dit reg om so ongesiens jou huis binne te kom? Het jy geweet dat dit slegs die byt van 'n wyfie-knopiespinnekop is wat giftig vir die mens is? Weet jy dat wanneer 'n knopiespinnekop bedreig word, val hy skielik grond toe en maak of hy kamtig dood is? En kan jou troeteldier die coronavirus na jou oordra?
Hoe verklaar jy dit? 31 Mei 2020 30.05.2020 29:55
Wat op aarde is die vreemde muis wat 'n luisteraar in die Beaufort-Wes-distrik gewaar het met die lang snoet en koddige ronde lyfie? Waar kom die kleure van blomme vandaan? Was blomme eers kleurloos of het almal dieselfde kleur gehad? Hoe het die seevlak oor die eeue heen verander?
Hoe verklaar jy dit? 24 Mei 2020 23.05.2020 22:48
Hoe en uit wat het melkkliere ewolusionêr by soogdiere ontstaan? Het jy geweet varke het tot 18 melkkliere? Wat gebeur as tamaties te vroeg op die rak beland? Beïnvloed dit die geur en smaak daarvan? Hoe kry 'n mol dit reg om 'n hopie grond bo-op die uitgang van sy tonnel te kry as hy die grond agtertoe grawe? Wat is die verskil tussen tand- en blesmolle?
Hoe verklaar jy dit? 17 Mei 2020 17.05.2020 25:54
Hoekom word jou horlosie se vermoë om akkuraatheid te behou, beinvloed tydens beurtkrag? Hoekom zoem 'n muskiet as hy nadervlieg om jou te byt? Hoe is die piramides oorspronklik gebou? Wat is die vertakte afbeelding op 'n klippie wat iemand opgetel het?
Hoe verklaar jy dit? 10 Mei 2020 09.05.2020 24:08
Hoekom het soogdiere nie eierlêend gebly nie? Hoekom word soveel wilde diere in stede aangetref? En waarom hop sekere voëls, terwyl ander loop of stap soos mense?
Hoe verklaar jy dit? 3 Mei 2020 02.05.2020 20:33
Hoekom het die hedendaagse organies gekweekte of winkeltamaties grootliks hulle heerlike geur en aroma verloor? Hoe het dinosourusse voortgeplant? Het hulle met 'n geslagsorgaan gekopuleer? Wat is die storie agter daardie breë slote in die rotse op die Griekse eiland, Paros?
Hoe verklaar jy dit? 26 April 2020 25.04.2020 29:28
Wil jy meer weet oor virusse? Hoekom ruik rose lekker en ontlasting sleg? En, is dit waar dat duiwe mekaar voer wanneer hulle paar?
Hoe verklaar jy dit? 19 April 2020 18.04.2020 25:01
Hoekom lê alle voels eiers, en waarom is daar nie voëlsoorte wat lewendbarend is nie? Waarom sien ons byna geen dooie voëls langs die pad nie? Is dit eties korrek om voëls kos te gee? Het jy geweet dat trekvoëls, voordat hulle op hulle jaarlikse migrasievlug vertrek, aansienlike vetreserwes opbou? Selfs tot 50% van hulle normale liggaamsmassa en ja, hulle vlieg dan steeds met gemak oor lang afstan...
Hoe verklaar jy dit? 12 April 2020 11.04.2020 25:55
Wat is daai goggatjies in jou swembadwater wanneer die water begin verdamp? Hoekom is Suid-Afrika so stabiel ten opsigte van aardbewings, orkane en vulkane? Sal daar 'n tyd kom dat daar geen water meer oor sal wees in die see nie?
Hoe verklaar jy dit? 5 April 2020 04.04.2020 23:45
Al gehoor van die Suid-Amerikaanse meelmot? Wat is die ruspe met die wit stippels wat 'n luisteraar in sy huis gevind het? Wil jy meer weet van plantluise en parasiete op insekte? En wat op aarde is die groen liggie of vlammetjie wat vir 'n sekonde of twee op die son te siene is tydens sonsondergang?
Hoe verklaar jy dit? 29 Maart 2020 29.03.2020 17:54
Al gehoor van die krimpvarkie-spinnekop? Wat is die Afrika Bolas-spinnekop? En, wil jy meer weet van die ewolusie van die geslagsorgaan by plasenta- en buidel-soogdiere?
Hoe verklaar jy dit? 22 Maart 2020 21.03.2020 17:08
Eet bokke soms grond, en hoekom? Wat is kropmelk, en hoe hou duiwe die kropmelk geskei van die saad wat hulle inneem?
Hoe verklaar jy dit? 15 Maart 2020 14.03.2020 17:24
Hoe gemaak as jou papegaai sy vere uit trek? Al gehoor van die gorrel-skurwepadda? Het jy geweet 'n wyfie-gorrel-skurwepadda kan enigiets van 10 000 tot 25 000 eiers per slag lê? En sê nou byvoorbeeld jy vang die skurwepadda, en gaan laat hom los 'n paar kilometer van jou huis af, wat is die kans dat hy sal terugkom?
Hoe verklaar jy dit? 8 Maart 2020 07.03.2020 23:22
Wat is 'n snuitkewer? Wat is die oorsprong van plaveiselklippe op Nieuwoudtville? Daar is ook meer inligting oor geelstervisse.
Hoe verklaar jy dit? 1 Maart 2020 01.03.2020 18:21
Wat weet jy van mierleeus? Al gehoor van insekte wat hulle vlerke inwendig dra? Wat laat die aarde draai, wanneer het dit begin, en wat het dit veroorsaak? Wat weet jy van mierleeus? Al gehoor van insekte wat hulle vlerke inwendig dra? Wat laat die aarde draai, wanneer het dit begin, en wat het dit veroorsaak?
Hoe verklaar jy dit? 23 Februarie 2020 22.02.2020 20:45
Het jy geweet in die Ooste kom daar duiwe voor wat so min as 22 gram weeg? Hoekom koer duiwe in die nag? Kan jy die aarde se gewig presies bepaal? Jy het seker nooit gedink aan sampioene as tweeslagtig nie, ne? Wel, dis waar, daar is mannetjies en wyfies!
Hoe verklaar jy dit? 16 Februarie 2020 15.02.2020 31:01
Besef jy dat 'n vlermuis nie kan loop nie? En wil jy weet of hulle werklik bloed suig? Al gehoor van die Bongo-mot? En wat is die storie van die draaiende staalkop wat Haidee Muller in die pos ontvang het?
Hoe verklaar jy dit? 9 Februarie 2020 08.02.2020 23:18
Al gehoor van die gespikkelde bosslang? Het jy geweet as Miljoentjies naby roofvisse is, verloor hulle hulle kleur? Wat dryf ewolusie? Kan jy doelgerigtheid aan 'n dier toeskryf?
Hoe verklaar jy dit? 2 Februarie 2020 01.02.2020 23:03
Hoekom plant paddas net in tydelike waterbronne voort? Hoekom kan hulle nie ook byvoorbeeld in plaasdamme voortplant nie? Het jy geweet brulpaddas benodig ongeveer 65 mm en meer reën binne twee dae om voortplanting aan te skakel? En wat op aarde is die ringklippe wat op 'n plaas in die Vrystaat opgetel is?
Hoe verklaar jy dit? 26 Januarie 2020 25.01.2020 25:04
Waar en waarom het besnydenisse begin? 'n Mens kan myte nie gewoonlik met die oog raaksien nie, maar, het jy geweet daar bestaan myte wat tot 12 mm groot is, en dat die wyfiemyt tot 100,000 eiers kan lê? En het jy geweet dat mytekstrakte in Oosterse medisyne gebruik word, wat glo as hulpmiddel teen manlike onvrugbaarheid dien?
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.