RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hoe verklaar jy dit? 12.10.2019 23:36
'n Krap lyk baie soos 'n kreef sonder 'n stert, maar 'n kreef gebruik sy stert om te swem. Kan 'n krap swem? Ons hoor van 'n haarskeerderspinnekop wat lyk of hy vyf paar pote het, en nie vier soos ander spinnekoppe nie. Hoe giftig is reënspinnekoppe, en sal hulle in jou huis nesmaak en broei as jy nie ontslae raak van hulle nie?
Hoe verklaar jy dit? 05.10.2019 26:42
Die span gesels oor die baard aan 'n man se gesig en testosteroon; die voorwaartse beweging van 'n outogiro; en beantwoord verskeie vrae oor suurstof.
Hoe verklaar jy dit? 28.09.2019 25:34
Ons gesels oor hoe voëltjies dit regkry om te praat, en waarom hulle dit doen. Ons vind meer uit van die afdruk van 'n fossiel in 'n klip, en wonder of dit dalk die vin van 'n vis kan wees. En ons hoor of die vrystelling van gasse soos metaangas en koolsuurgas deur beeste werklik aardverwarming bevorder.
Hoe verklaar jy dit? 21.09.2019 22:08
Ons gesels oor Kappertjies wat naby Jakob Regop-blomme groei, wat dieselfde kleurverskynsel toon. Het die kleurpatrone dalk iets met die grond te doen, of is dit geneties? Dan hoor ons meer oor klein ongemaklike insekte in jou huis, en vind uit watter slange die grootste is en die redes daarvoor.
Hoe verklaar jy dit? 14.09.2019 18:21
Ons gesels oor waterskilpaaie en of hulle op land of in water ontstaan het. Hout word met sekere chemikalië behandel, en ons vind meer uit oor die veiligheid daarvan vir mense.
Hoe verklaar jy dit? 07.09.2019 24:18
Hoekom is die Namakwalandse bloukopkoggelmander so groot in vergelyking met die soort wat in die Vrystaat voorkom? Is dit dalk 'n ander spesie? Ons vind meer uit oor die vertakte patroon op 'n klippie, en vind uit of dit 'n geologiese verskynsel of 'n plantfossiel is. Ons gesels oor evolusie en aanpassing, en vind meer uit oor Tafelberg-sandsteen.
Hoe verklaar jy dit? 31.08.2019 26:01
Hoe, of met wat, word die waterverbruik van 'n groot bloekomboom gemeet? Aan die Skedelkus van Namibië lê talle skeepswrakke, party lê baie ver van die huidige waterlyn. Hoe kom hulle daar? Hoekom spoeg eiervreterslange altyd die eierdop uit wanneer hulle klaar 'n eier se binneste verorber het? En hoe weet jy dat dit 'n wyfie- of mannetjieslang is?
Hoe verklaar jy dit? 24.08.2019 20:20
Hoe is dit moontlik dat 'n stukkie los mat wat bo-op 'n vloer of op 'n ander mat lê, die geneigdheid het om mettertyd oor die vloer te kruip? Hoe beweeg die wind 'n deur wat byna toe is, heen en weer? Het dit iets te doen met golflengte? En ons hoor meer oor nuwe mariene spesies op die bodem van die oseaanvloer, wat gelei tot groot entoesiasme oor die diepseelewe.
Hoe verklaar jy dit? 17.08.2019 25:40
Wat is die oplossing vir voëlpeste? En noudat Amerika weer wil maan of Mars toe, wat is die kanse dat jy daar deur 'n asteroïde getref kan word, siende dat daar minder van 'n atmosfeer is, en 'n kleiner voorwerp dit dus kan oorleef?
Hoe verklaar jy dit? 10.08.2019 19:01
Ons kenners gesels oor die ewolusie van voëlvere, en ons vertel jou meer van die roep van 'n blafgeitjie.
Hoe verklaar jy dit? 03.08.2019 23:14
Wat is die doel van melktande? Ons gesels ook oor wyfie-skerpioene wat kleintjies abba, en oerskilpaaie wat tande gehad het.
Hoe verklaar jy dit? 27.07.2019 24:23
Hoe gemaak met kransduiwe wat jou eiendom vir nesmaak gebruik? Hoe lank leef duiwe, en kan hulle ruik? Kan troetel-insekte 'n band met hulle eienaars vorm? Wat is die biologiese prosesse wat betrekking het op die vorm van dorings?
Hoe verklaar jy dit? 21.07.2019 21:27
Watter insek is die kampioen van pynlike byte en steke? Hoe kry diere soos ape en bobbejane wat op hakkies-grensdrade sit, dan nooit seer nie? Ons gesels oor die verouderde term: Idioot-savant. En, hoe kan ons dink sonder woorde?
Hoe verklaar jy dit? 13.07.2019 19:34
Kan diere van geslag verander? Onder watter omstandighede vind dit plaas en hoe wyd verspreid is dit? Kan 'n mens 'n renosterhoring vervang met ander diere se horings? Hoekom 'n passasiersvliegtuig bou met toiletvensters en dan word dit nooit oopgemaak nie? Wat is bokhorinkies?
Hoe verklaar jy dit? 06.07.2019 24:46
Kan 'n mens regtig 200 jaar oud word? Is daar rede om paniekbevange te raak oor die Asiatiese kewertjie; en ons vertel jou meer oor die slym-prik, alombekend as die snotvis.
Hoe verklaar jy dit? 29.06.2019 28:53
Is masels deesdae meer gevaarlik as jou kind dit opdoen of nie? Ons vertel jou meer oor slakpeste in jou tuin en oor die kombuismeelkewertjie. En is seeslange nou giftig of nie? Jurie van den Heever, Henk Geertsema en LeFras Mouton gee antwoorde.
Hoe verklaar jy dit? 22.06.2019 27:58
Wil jy meer weet oor Downs se Sindroom? Hoekom bondel duisendpote soms saam op 'n boomtak, en wat is die sogenaamde Asiatiese baskewertjie wat blykbaar 'n wesenlike bedreiging vir bome in ons land inhou? Met Jurie van den Heever, Henk Geertsema en LeFras Mouton.
Hoe verklaar jy dit? 16.06.2019 23:12
Die span kenners praat oor die ontstaan van die aarde; of seeslange hul eiers op land kom lê; en oor eendagsvlieë en hoekom jy nie 'n vlieg gedood sal kry as jy hom natspuit met skoon water nie.
Hoe verklaar jy dit? 08.06.2019 25:43
Is kreasionisme 'n lewensvatbare manier om die Bybel te interpreteer? Hoe werk Google nou eintlik? Wil jy meer weet oor die ineenstorting van biodiversiteit op aarde?
Hoe verklaar jy dit? 01.06.2019 26:09
Wat veroorsaak die onaangename prikkel-sensasies wat jy ervaar as jy aan byvoorbeeld deurhandvatsels raak? Hoe het evolusie voorsien dat die slang met gif toegerus moes word? Wat word van al die insekste wat nie deur vlermuise, miere of voëls geëet word nie?
Hoe verklaar jy dit? 25.05.2019 25:45
Paar platannas binne of buite die water? Kan diere soet en suur proe? Mag natuurliefhebbers ontslae raak van afval in die natuur?
Hoe verklaar jy dit? 18.05.2019 25:48
Herhaling van vorige week se program weens probleme met uitsending: Al gehoor van skuimnespaddas? Wat is die aard van die wedergeboorte? Waarom is daar geen oorgange tussen ape en mense nie?
Hoe verklaar jy dit? 11.05.2019 25:48
Al gehoor van skuimnespaddas? Wat is die aard van die wedergeboorte? Waarom is daar geen oorgange tussen ape en mense nie?
Hoe verklaar jy dit? 04.05.2019 27:30
Watter diere kan van geslag verander en in watter toestande? Is daar tekens in Suid-Afrika van die iridiumryke kleilagie te sien? Kom daar bergskilpaaie in die Boland voor?
Hoe verklaar jy dit? 27.04.2019 22:10
Hoekom swem goudvisse soms onderstebo? Hoe is plante droogtebestand? Hoekom verkrummel sekere bakstene soms? Boots diere mekaar soms na?
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.