RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
28 Dec 2014 27.12.2014 23:59
Hoekom is daar skielik so baie duisendpote in dele van die binneland, waar dit onlangs goed gereën het? Kan 'n mens elektrisiteit op groot skaal opgaar? En hoe gebeur dit dat die son presies om 12-uur op 16 Desember elke jaar op die senotaaf in die Voortrekkermonument skyn?
21 Dec 2014 20.12.2014 26:49
Wat is die verskil tussen Tafelberg-sandsteen en Drakensberg-sandsteen, wat by Golden Gate aangetref word? Oor watter oseaan kom die El Niño-verskynsel primêr voor? Waar pas dinosouriërs in die skepping in?
14 Dec 2014 13.12.2014 24:17
Is daar elders in die heelal nog oerknalle? Was Adam en Eva die eerste oermense?
7 Dec 2014 06.12.2014 26:26
Kry 'n mens elke jaar weer bosluiskoors as jy dit een maal gehad het? Waarom vorm die analemma van die son nie 'n simmetriese figuur 8 oor die ewenaar nie? En wat veroorsaak die feëtjiesirkels by Sossusvelei in Namibië?
30 Nov 2014 29.11.2014 27:00
Wat is biodiversiteit? Hoekom gebeur dit gereeld dat die weer pragtig opsteek en dan kom daarskielik 'n wind iewers vandaan wat al die wolke wegwaai? En hoekom het sommige mense 'n onrealistiese vrees vir spinnekoppe?
23 Nov 2014 22.11.2014 27:35
Het jy al ooit 'n wit reënboog gesien? Hoekom wys perde en ander plaasdiere soms hulle tande asof hulle grynslag? En op watter maniere kommunikeer diere met mekaar?
16 Nov 2014 16.11.2014 28:02
Kan 'n mens werklik toets of 'n flitsbattery dood is, deur dit op 'n sekere manier op die grond te laat val? Hoe bepaal 'n mens of dele van 'n fossiel, soos 'n tand en 'n skedel, aan mekaar behoort as dit naby mekaar gevind word? Watter rol speel sonlig en klimaat in die mens se velkleur?
2 Nov 2014 01.11.2014 27:53
Hoe meet 'n mens die temperatuur op die oppervlak van die son, asook by die kern van die aarde? Hoekom is die limfklier in die boud van 'n bosbok baie groter as die van 'n koedoe? Watter gevaar hou natuurlike swaar metale in die grond vir mens en dier in?
26 Oct 2014 25.10.2014 25:54
Hoe word 'n fossiel wat soos 'n varingblaar lyk in 'n gesteente gevorm? Wat veroorsaak geel knoppe aan sommige geitjies se nekke? En hoekom is daar so baie mites oor die medisinale waarde van renosterhoring as dit basies uit dieselfde materiaal bestaan as voëls se snawels, bokke se horings en selfs mense se naels?
19 Oct 2014 18.10.2014 26:00
Hoekom sien 'n mens nie hadida-neste of –kuikens nie? Waarom gebruik ons rooi en groen waarskuwingsligte as rooi-groen kleurblindheid die algemeenste vorm van kleurblindheid is? En hoe word sneeuvlokkies gevorm?
12 Oct 2014 11.10.2014 25:40
Kan dit paddas reën? Is dit veilig om met wingerdstompies te braai, gegewe die hoeveelheid gif wat jaarliks in wingerde gespuit word? En hoe het seemeeue geleer om mossels op die rotse te laat stukkend val om die binnegoed te kan eet?
5 Oct 2014 04.10.2014 26:51
Het jy al gehoor van 'n seeslak wat bloublasies eet en die se gif stoor om self te gebruik? Wat is die doel van die SKA-projek by Carnavon en watter voordele hou dit vir ons in? En waar kom die miere vandaan wat skielik miershope begin bou op lande waarop nou minimum bewerking toegepas word?
28 Sep 2014 27.09.2014 23:41
Het jy al kennis gemaak met 'n erd- of draadslangetjie? Hoekom word groot hoeveelhede sand gereeld op die rotslae langs die Suid-Afrikaanse kus gedeponeer om na 'n jaar of twee, oornag te verdwyn en weer 'n kaal rotsagtige kus agter te laat? Wat veroorsaak dat 'n enkele telefoonpaal in die Timbavati 'n aanhoudende gedruis veroorsaak, terwyl daar geen geluid by die ander pale te hoor is nie?
21 Sep 2014 20.09.2014 28:36
Hoekom word dag- en nagtemperature in grade Celsius aangedui en nie in grade Kelvin nie? Watter dier het die skerpste tande? En hoekom word daar tydens opgrawings groot ronde spoelklippe meer as 'n kilometer vanaf die Eersterivier gevind?
14 Sep 2014 13.09.2014 23:33
Hoe bekostigbaar is die ontsouting van seewater in Suid-Afrika vir menslike en landbou-gebruik? Hoekom hou sekere hare op die mens se lyf aan groei en ander nie? Waarom is Ermelo op die hoëveld se temperature deesdae gereeld hoër as die van Nelspruit in die laeveld?
31 Aug 2014 30.08.2014 25:49
In die Krugerwildtuin staan bergseringbome wat lyk asof hulle in 'n ry op 'n granietrif geplant is. Hoe het hulle daar gekom? Hoe beweeg 'n pootlose akkedis? Wat is die verwantskap tussen akkedisse en slange?
24 Aug 2014 23.08.2014 25:38
Waarom bou sekere voëls modderneste? Daar is onlangs berig oor 'n dinossourus met vier vlerke wat in China ontdek is. Kon hy werklik met vier vlerke vlieg? Waarom moet 'n mens alle elektroniese toestelle op 'n vliegtuig afskakel as daar geen bewys is dat dit met die navigasiestelsel inmeng nie?
17 Aug 2014 16.08.2014 23:18
Kan 'n mens volhoubaar suurstof uit water onttrek? Hoe kan 'n mens 'n suksesvolle biosfeer in jou dorpstuin vestig? Kan rotte tonnels onder plaveisel grawe sodat die stene insak?
10 Aug 2014 09.08.2014 23:56
Op grond waarvan word 'n plant as onkruid geklassifiseer? Hoekom ervaar 'n mens vroegoggend dat die lug op sommige plekke warmer is as op ander plekke? Moet alle haaie voortdurend beweeg om asem te haal? Jurie van den Heever, Bennie Schloms en Piet Eloff beantwoord die vrae.
3 Aug 2014 02.08.2014 25:04
Was Tafelberg in die oertyd 'n eiland? Kan diere dieselfde emosies as mense ervaar? Wat veroorsaak deinserigheid in die lug? En hoe onderskei 'n mens tussen 'n aardbewing en naskokke?
27 Jul 2014 26.07.2014 20:48
Hoe gesond is kookolie, en meer spesifiek sonneblomolie? Het jy al ooit gehoor van Kalahari aartappels? En wat veroorsaak dat 'n mens se vel skielik begin jeuk?
20 Jul 2014 19.07.2014 22:02
Is dit moontlik om die aanteel van Indiese Mynas te beperk? Is dit waar dat 98% van die atome in die menslike liggaam binne 'n jaar vervang word? En hoe groot is die oppervlak wat 'n gemiddelde mens se vel beslaan?
13 Jul 2014 12.07.2014 26:18
As takbokramme na paartyd hulle gewei verloor, hoekom sien 'n mens dit nie in die veld rondlê nie? Kan 'n albaster 'n kalkaanpaksel op 'n elektriese ketel se element voorkom? Is daar 'n eenvoudige toets om te bepaal of flitsbatterye pap is? En wat veroorsaak kleure in 'n wolk, wat nie soos 'n reënboog lyk nie?
6 Jul 2014 05.07.2014 26:31
Slaap akwatiese diere ook soos landdiere? Is daar 'n verskil tussen die spoed van lig en die spoed waarteen die brein 'n bevel na 'n liggaamsdeel uitstuur? En hoe word die presiese tyd van sonsopkoms en -ondergang bepaal?
29 Jun 2014 28.06.2014 26:40
Hoekom het voëls nie saam met dinosourusse uitgesterf nie? En waar pas krokodille in hierdie prentjie in? En is dit waar dat soldate tydens die Eerste Wêreldoorlog urine op 'n sakdoek gebruik het teen die inasem van chloorgas?
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.