RSG

Hoe verklaar jy dit?

Science AF ↓ 717 episodes

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

22 Jun 2014 21.06.2014

Hoekom broei die eiers waarop 'n luisteraar se duif broei, nie uit nie? Waarom hou lêhenne aan eiers lê sonder om broeis te raak? Is dit moontlik om siektes te diagnoseer met behulp van foto's van die retina?

15 Jun 2014 14.06.2014

Is die Chinese beskawing regtig meer as 30 duisend jaar oud? Wat is die verband tussen die spoed van lig en die bepaling van die ouderdom van die aarde? En watter rol speel HDL en LDL in die mens se bloed?

8 Jun 2014 08.06.2014

Hoekom kan die menslike oog nie die draaiende lemme van 'n vliegtuig se enjin waarneem nie, terwyl dit wel op 'n foto vasgelê word? Kan aluminiumvensters roes? Is cholesterol werklik die oorsaak van hartsiektes? Chris Swanepoel praat met Jannie Hofmeyr, Hendrik Geyer en Jurie van den Heever wat die vrae beantwoord.

1 Jun 2014 31.05.2014

Gee lewende wesens vibrasies af en kan dit gemeet word? Wat veroorsaak verskillende vertikale kleurverskille in die grond in 'n padsnit? Hoekom lyk dit asof 'n potplant later net uit wortels bestaan en asof daar geen grond meer oor is nie? Chris Swanepoel stel die vrae aan die kenners Jurie van den Heever, Bennie Schloms en Piet Eloff.

25 May 2014 24.05.2014

Is 'n mens se gewig dieselfde by die ewenaar as by die pole?

18 May 2014 17.05.2014

Hoekom skuil miere so graag in elektroniese toestelle? Waarom word die Wes-Kaap periodiek in die herfs deur 'n kriekplaag geteister? Hoekom tref 'n mens lemurs in Madagaskar aan, maar nie in Afrika nie? En wat laat 'n ystervark besluit om dorp toe te gaan?

11 May 2014 10.05.2014

Word troeteldiere deur ons vibrasies gelok om teen ons te lê? Waar kom molle skielik na 'n lang afwesigheid vandaan? En is dit waar dat 'n bidsprinkaan-mannetjie na paring deur die wyfie opgevreet word?

4 May 2014 04.05.2014

Hoekom gaan sekere straatligte soms af wanneer 'n persoon daar verby draf? Watter invloed het voëls op die bewaring van fynbos? En watter gevaar hou die vibrasies van treine en groot vragmotors vir strukture soos die Durbanse hawe in?

20 Apr 2014 19.04.2014

Is daar maniere om die akkuraatheid van radio-metriese datering te bepaal? Watter voedselsoorte is ryk aan Omega 3 vetsure? En hoe doeltreffend is Omega 3 aanvullings in pilvorm?

13 Apr 2014 12.04.2014

Kan 'n gedroogde bokkom as 'n weervoorspeller gebruik word? Wat is rolwolke? Watter oefening bied die meeste voordele – hardloop of fietsry? En moet jy 'n boom in 'n ronde of 'n vierkantige gat plant?

6 Apr 2014 05.04.2014

Hoekom moet 'n effens na regs mik as jy na 'n teiken reg noord van jou skiet? Hoekom is die verskil tussen hoog- en laagwater tydens springgety groter met donkermaan as wat die geval tydens volmaan is? En hoe akkuraat is die ouderdomsbepaling van rotse met behulp van radio-metriese datering?

30 Mar 2014 29.03.2014

Waaruit bestaan 'n vis se reukorgane? Speel muskiete enige nuttige rol in die ekologie? En het jy al gehoor van die slimste spinnekop in die Kalahari?

23 Mar 2014 22.03.2014

Hoekom dra sommige katte so graag die blare van krismisrose huis toe? Kan pas gebore verkleurmannetjies dadelik van kleur verander of is dit iets wat hulle moet aanleer? En matter inseklarwe lyk asof dit vol sandkorrels is?

16 Mar 2014 15.03.2014

Wat veroorsaak die brand in 'n rissie? Hoe hou 'n vliegtuig se vlerke so 'n swaar voorwerp in die lug? En hoe werk die kloningsproses?

9 Mar 2014 08.03.2014

Kan 'n jong byekoningin 'n nuwe nes op haar eie begin? Hoe raak 'n mens van geitjies in die huis ontslae? En hoekom verskil honde en katte se gedrag so radikaal?

2 Mar 2014 01.03.2014

Hoekom vreet voëls nie mielies wat deur miere rondgedra is nie? Kom bergskilpaaie natuurlik in die Sederberge voor? En hoe beland 'n monster in 'n kwikkie se nes?

23 Feb 2014 22.02.2014

Sal die seevlak met 50% styg as al die ys op aarde smelt? Was dit 'n sikloon wat onlangs tydens die Kaap na Rio wedvaart seiljagte langs die Kaapse Weskus so beskadig het? En hoe kon fossiele van dinosouriërs vir miljoene jare behoue bly, terwyl die veel jonger piramides in Egipte reeds erge verwering toon?

16 Feb 2014 15.02.2014

Wat maak dit moontlik om vis slegs met behulp van suurlemoensap, sonder enige hitte, eetgereed te maak? Hoekom flikker liggies in die nag? En hoe het verskillende grondlae, bestaande uit verskillende materiale, in 'n padsnit naby Groot Brak gevorm?

9 Feb 2014 08.02.2014

Hoe beland indringer-insekte uit ander vastelande in Suid-Afrika? En hoekom floreer hulle so maklik in hulle nuwe tuiste? Wat veroorsaak dat 'n unieke akkedis-spesie by die Aughrabies Waterval, so gedy dat hulle die digste akkedis-bevolking per vierkante meter ter wêreld vorm?

2 Feb 2014 01.02.2014

Kan 'n mens akkurate weervoorspellings maak uit insekte se gedrag? Het jy al ooit van 'n haelkorrelgat-boorder gehoor? En hoe kry 'n reier dit reg om 'n lewende slang in te sluk sonder om gepik te word?

26 Jan 2014 25.01.2014

Hoekom lig honde so graag hulle bene teen motors se wiele? Hoe gebeur dit dat akkedis- en padda-spesies wat nooit in 'n sekere area voorgekom het nie, skielik daar aangetref word. En moet 'n mens hulle probeer verskuif?

19 Jan 2014 18.01.2014

Kan fossiele ons help om meer oor mitologiese monsters te wete te kom? Watter voordeel hou dit in om in die voertuig voor jou se sleurstroom te ry en kan die voorste voertuig ook daarby baat? Hoe ontstaan evolusionêre nuwighede?

12 Jan 2014 11.01.2014

Hoekom word 'n mens soggens wakker net voordat die wekker lui? Kan seksualiteit biologies verklaar word? En hoekom skei die Chinese en Russiese vuurpyle minder rook af tydens lansering as NASA s'n?

5 Jan 2014 04.01.2014

Hoe gebeur dit dat sommige mense se twee oë verskillende kleure het? Hoekom hardloop baanatlete anti-kloksgewys om die baan? En wat veroorsaak dat tamatiepitte binne in die tamatie begin ontkiem?

29 Dec 2013 28.12.2013

Waar kom die wit streep in die rantjies net voor Laingsburg, suid van die pad, vandaan? Is daar enige verband tussen die Olifantsrivier in die Wes-Kaap en die een in Mpumalanga? En wat word verstaan onder seksuele seleksie?

Listen to the Hoe verklaar jy dit? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.