RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
5 Jun 2016 04.06.2016 27:07
Was vroeë mense in 'n stadium naglewend? Hoekom weerkaats verskillende diersoorte se oë verskillende kleure as 'n mens in die nag 'n flitslig op hulle skyn? Hoekom hou 'n swerm voëls in 'n boom eensklaps op sing, net om 'n sekondes later weer gelyk in te val? En wat is die eetgewoontes van 'n skurwepadda?
29 May 2016 28.05.2016 28:25
Bestaan daar iets soos die Nebraska-mens? Sal aasvoëls menslike oorskot vreet? En kom ouersorg by seebabers voor?
22 May 2016 21.05.2016 27:03
Kan die smelt van ys by die pole aardbewings veroorsaak? Hoekom is daar gereeld aardtrillings waargeneem toe die Katse dam die eerste keer vol water begin word het? Het die skilpad se dop op land of in die water ontstaan? En hoe kry 'n swerm voëls en 'n skool visse dit reg om teen 'n hoë snelheid, op 'n skynbaar perfek gesinchroniseerde wyse, van rigting te verander?
15 May 2016 14.05.2016 26:48
Kan 'n selfoon 'n vlermuis se vermoë om obstruksies te vermy, beïnvloed? Wat veroorsaak dat digte plantegroei in 'n reguit lyn in die Karoo naby Willowmore aangetref word, asof dit langs 'n onsigbare lyndraad groei? Waarom sing voëls?
8 May 2016 07.05.2016 27:25
As die die son se massa verminder as gevolg van die energie wat dit uitstraal, moet dit nie daartoe lei dat die aarde verder van die son wegbeweeg nie? Hoe word inteling in die natuur voorkom of gereguleer, indien wel? En bestaan daar enige korrelasie tussen mense se sterfte- en geboortedatums?
1 May 2016 30.04.2016 28:05
Watter diere word almal blind gebore en wat is die rede daarvoor? Word dit werklik warmer net voordat dit begin sneeu? Wat het die fossielspore op 'n klip uit die sandveld veroorsaak wat vandag in 'n gebou op Stellenbosch ingemessel is?
24 Apr 2016 23.04.2016 24:11
Wat is MSG? En steek daar enige waarheid in bewerings in die VSA dat die byvoeging daarvan by Chinese wegneem-etes verskeie newe-effekte tot gevolg kan hê? Hoe akkuraat is koolstofdatering? En vervel skilpaaie ook soos slaange en akkedisse?
17 Apr 2016 17.04.2016 26:39
Hoekom vind 'n mens so min fossiele in Tafelberg-sandsteen? Is dit moontlik dat die fossiel van 'n paddatjie in 'n klip in die omgewing van Mooirivier gevind is? Hoekom smaak lemoensap bitter as jy dit drink net nadat jy jou tande geborsel het? As hadedas van die Ooste van die land Weswaarts kon migreer, kan swart mambas mos dieselfde doen? En hoekom verwys sommige mense na kransduiwe as bosduiwe?
10 Apr 2016 10.04.2016 25:34
Vrot 'n vis werklik van sy kop af? Hoe oud word kransduiwe in die natuur? Kan voëls proe? Hoekom duik 'n plastiek waterbottel in as 'n mens water daarin vries? Hoe beland die pou-oog mot, wat normaalweg in die denneplantasies in Mpumalanga voorkom, in die Suid- en Wes-Kaap? En hoe is dit moontlik dat daar maaiers uit 'n sterwende brommer kom, wat pas met insekdoder gespuit is?
10 Apr 2016 10.04.2016 25:34
Vrot 'n vis werklik van sy kop af? Hoe oud word kransduiwe in die natuur? Kan voëls proe? Hoekom duik 'n plastiek waterbottel in as 'n mens water daarin vries? Hoe beland die pou-oog mot, wat normaalweg in die denneplantasies in Mpumalanga voorkom, in die Suid- en Wes-Kaap? En hoe is dit moontlik dat daar maaiers uit 'n sterwende brommer kom, wat pas met insekdoder gespuit is?
3 Apr 2016 02.04.2016 24:13
As DNA onstabiel is, hoe oorkom die SAP se forensiese spanne hierdie probleem? Daar word gesê dat die son mutasies op die mens se vel veroorsaak. Beteken dit dat ons sonlig heeltemal moet vermy? Wat kan gedoen word om die verspreiding van nuwe geel indringer-perdebytjies te voorkom? Hoe vervel 'n slang? En is dit moontlik dat hy self die ou vel kan opvreet?
27 Mar 2016 26.03.2016 25:21
Kan 'n akkedis 'n koue-water siklus saam met wasgoed in 'n wasmasjien oorleef? Verskil 'n jong lawaai-skurwepadda in voorkoms van 'n volwassene? Waar kom die plantvoedingstowwe in Kalahari-sand vandaan? Is dit raadsaam om as by jou kompos in te werk? En hoekom voel dit altyd asof die rook van 'n oop braaivuur 'n mens agtervolg?
20 Mar 2016 19.03.2016 24:43
Wat veroorsaak dat yskristalle in 'n besondere patroon aan die buitekant van 'n staal-wyntenk vorm? Die reënpadda is die eerste Suid-Afrikaanse padda wat wetenskaplik beskryf is. Waar word hy aangetref? En hoekom sien 'n mens verskillende wolkvorme op verskillende hoogtes?
13 Mar 2016 12.03.2016 27:53
Hoe het dinosouriërs by ystydperke ingepas? En wat versteur die samestelling en harmonie van duifspesies in 'n huistuin?
6 Mar 2016 06.03.2016 30:36
'n Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees. Hoekom hardloop atlete altyd anti-kloksgewys om die baan? Hoekom is daar nie meer so groot landdiere soos die dinosourusse nie?
28 Feb 2016 27.02.2016 26:11
Hoekom raak 'n mens se hare grys? Waarom voel dit asof die aanvoelbare temperatuur styg net voordat dit begin sneeu? En het jy geweet dat 'n Kaliforniese rotsmyt, gemeet aan sy ligaamslengte, vinniger as Usain Bolt is?
14 Feb 2016 13.02.2016 24:20
Waar het die panne in Boesmanland so skielik vandaan gekom na die onlangse reën? Wat is 'n hittegolf? Is diegene wat biologiese feite oor die vaslegging van geslag en homoseksualisme ignoreer, besig om kontra-kennis te verkondig? Bo-op Stellenboschberg is klipstrukture wat herinner aan die by Stonehenge. Hoe het dit daar gekom?
7 Feb 2016 06.02.2016 26:20
Hoe kry rankplante soos pampoene dit reg om ankerplekke op te spoor waaraan hulle hulself kan vesheg? As evolusie 'n intelligente proses is, hoekom laat dit dan soms sekere letsels na? Is daar enige sin in die jag van diere?
31 Jan 2016 30.01.2016 27:06
Hoekom het swaeltjies gedurende die afgelope droë somer steeds probeer neste bou, hoewel daar nie meer voldoende modder beskikbaar was nie? Hoe kry spinnekoppe dit reg om hulle spindrade van een struik na 'n ander te span? Waar kom wynvliegies so vining vandaan sodra 'n mens 'n bottel wit wyn oopmaak? En hoeveel keer per jaar broei bloukop koggelmanders?
24 Jan 2016 23.01.2016 24:28
Hoe raak 'n mens ontslae van geitjies in die huis? Behoort bidsprinkane ook tot die sprinkaanfamilie? En kan 'n mens in Suid-Afrika met Emoes boer?
17 Jan 2016 16.01.2016 23:53
Hoe verskil dag-geitjies se gedrag van die van nag-geitjies? Hoekom roep 'n Piet-my-vrou dwarsdeur die nag? En word 'n perdebynes op dieselfde wyse as 'n bynes georganiseer?
10 Jan 09.01.2016 23:15
Lê koggelmanders hulle eiers ondergronds? Hoe kom suikermiertjies in 'n fles konfyt wat stewig toegedraai is? En wat laat rooiborsduifies se kleintjies spoorloos uit hulle nes verdwyn?
3 Jan 02.01.2016 24:59
Wat maak 'n mens fotogenies? Word daar vandag steeds fossielbrandstof gevorm? En hoekom wentel die aarde om sy eie as?
27 Dec 2015 26.12.2015 23:25
Hoe word 'n kokerboom se saad versprei? Bevat reënwater meer stikstof as munisipale drinkwater? Hoe vinnig beweeg menslike sperm? En is dit waar dat die buite-temperatuur styg net voordat dit begin sneeu?
20 Dec 2015 20.12.2015 23:37
Hoe het 'n koeëlronde klippie in 'n holte binne in 'n groter klip gevorm? Wat veroorsaak dat 'n vliegtuig 'n wit streep, met 'n tweede blou streep daaragter, in die lug oor die Karoo maak? Is beet bestand teen swart ryp?
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.