RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
20 Nov 19.11.2016 23:30
Hoekom dra 'n mannetjieskat herhaaldelik 'n klein katjie uit 'n werpsel weg? Kan kwantum-meganika 'n rol speel in afstandsheling? Suurlemoensap is nie alkalies nie, maar kan dit deur die metaboliese prosesse van liggaam in 'n alkalie verander word?
13 Nov 12.11.2016 21:15
Hoekom maak die ysterklip in die suidooste van Namibië geluide van verskillende toonhoogtes as 'n mens dit teen mekaar kap? Hoe sou dit die seisoene beïnvloed het as die aarde nie teen 23 grade gekantel was nie? Hoekom beskadig sneeu nie plante soos wat die geval met ryp is nie? En hoe gaan 'n entemoloog te werk om 'n “dierasie” aan die hand van 'n skets en 'n volledige beskrywing van 'n luisteraa...
6 Nov 05.11.2016 28:02
Hoekom vorm 'n potplant aanhoudend waterdruppels aan die blare se punte? Hoe kry 'n bosluis dit reg om deur 'n mens of dier se vel te dring? Hoe 'n kan 'n mens 'n bosluis veilig van jou liggaam verwyder? En watter bydra kan entrepreneurs lewer om die platteland se ekonomie te verstewig?
30 Oct 29.10.2016 26:53
Hoe kry 'n verkleurmannetjie dit reg om sy tong so vining en akkuraat uit te skiet om sy prooi te vang? Hoekom slaap sommige voëlspesies saam in groepe? En hoekom is die vroulike boesem slegs by die mens permanent vergroo,t selfs al is sy nie besig om te borsvoed nie?
23 Oct 23.10.2016 24:32
Kan siektes oor 'n afstand genees word? Wat het aanleiding gegee tot die ontstaan van 'n skilpad se dop? En kan gekonfiskeerde drank nie beter benut word as om dit in rioolstelsels te stort nie?
16 Oct 15.10.2016 24:29
As die water in die see aanvanklik vars was, waar het die sout vandaan gekom? En as dit eers later sout geword het, hoe het dit die lewe in die see beïnvloed? Wat is 'n bloublasie, en waarmee behandel 'n mens die brandplekke van bloublasies?
9 Oct 2016 08.10.2016 22:57
Wat veroorsaak dat 'n bees met vyf pote gebore word? Hoekom sien 'n mens soms akkedisse met gevurkte sterte? En is daar ander diere behalwe akkedisse, wat 'n verlore ledemaat kan regenereer?
9 Oct 2016 08.10.2016 22:57
Wat veroorsaak dat 'n bees met vyf pote gebore word? Hoekom sien 'n mens soms akkedisse met gevurkte sterte? En is daar ander diere behalwe akkedisse, wat 'n verlore ledemaat kan regenereer?
2 Oct 2016 01.10.2016 24:56
Hoekom is die letters op 'n tikmasjien of rekenaar se toetsbord nie in alfabetiese volgorde nie? Waarom is groot gedeeltes naby Augrabies die afgelope paar jaar onder skadunet geplaas? En watter rol speel die ontwikkeling van tegnologie en meganisasie in toenemende verstedeliking?
25 Sep 2016 24.09.2016 24:56
Hoekom is die letters op 'n tikmasjien of rekenaar se toetsbord nie in alfabetiese volgorde nie? Waarom is groot gedeeltes naby Augrabies die afgelope paar jaar onder skadunet geplaas? En watter rol speel die ontwikkeling van tegnologie en meganisasie in toenemende verstedeliking?
18 Sep 2016 17.09.2016 27:08
Wanneer en hoe het lewe op aarde ontstaan? Hoe het die ravyn onder die Augrabies-waterval ontstaan? En wat verhoed dat die ravyn nie deur water-erosie al dieper die binneland in gekerf word nie?
11 Sep 2016 10.09.2016 26:13
Kan 'n mens kannibaal-rotte teel om 'n rotplaag onder beheer te bring? Hoekom word daar so baie akkedisse by die Augrabies-waterval aangetref? En wat is die verskillende ontstaansredes vir dorpe?
4 Sep 2016 03.09.2016 26:20
Is suurlemoene alkalies? Was die mini-ystydperk van ongeveer 1300 tot 1850 die gevolg van miljoene ontbindende lyke van die inheemse bevolking van die Amerikas? En hoeveel waarheid is daar in die teorie dat kleurterapie feitlik alle siektes kan genees?
28 Aug 2016 27.08.2016 24:49
Hoe word die afstand tussen die aarde en die son gemeet? Hoekom word daar deesdae so baie nuwe planete ontdek? Hoekom dra mense klere? En wat in troeteldier-hare veroorsaak allergiese reaksies by mense?
21 Aug 2016 20.08.2016 28:00
Is daar 'n alternatief vir spoeltoilette? Wanneer broei slange se eiers uit? En hoekom floreer sekere dorpe op die platteland, terwyl ander kwyn?
14 Aug 2016 13.08.2016 24:53
Wat het 'n koeëlronde gat in gesteentes langs die Oranjerivier veroorsaak? Waar kry skoorsteentermiete water vir die klei waarmee hulle neste bou? En hoekom oorleef sommige plattelandse dorpies, terwyl ander kwyn?
7 Aug 2016 06.08.2016 27:19
Hoe vervel 'n tuinspinnekop met 'n harde ekso-skelet? Hoekom vertoon die lug so blou ná 'n koue front? Wat word van miere wat saam met 'n afgekapte boom op 'n stortingsterrein beland? En waar kom die ronde spoelklippies, wat soos klein aartappels lyk, in die Kalkveld in die suidooste van Namibië vandaan?
31 Jul 2016 30.07.2016 25:28
Hoekom is daar nie paddas in die see nie? Kan 'n mens werklik uitgestorwe dierespesies laat herleef? En hoekom dra mense klere?
24 Jul 2016 23.07.2016 25:59
Is mossies monogaam? Hoe vergelyk die uitbarsting van Krakatoa in 1883 met die aarbewing in Alaska in 1964? En hoe navigeer dolfyne?
17 Jul 2016 16.07.2016 23:49
Sal 'n bidsprinkaan klere begin vreet as dit in 'n huis vasgekeer is? En is dit waar dat die wyfie die mannetjie se kop afbyt voor paring? Hoe lyk 'n spinnekopjagter en maak molkrieke ook geluide? Waar kom die interne hitte van die aarde vandaan en wat hou dit in stand? En hoekom vertoon berge blou van ver af en nie die natuurlike kleur van die gesteentes en plantegroei nie?
10 Jul 2016 09.07.2016 25:49
Hoe het dennemotte uit Mpumalanga in die Wes-Kaap beland? Hoekom is varke uit Oostenryk ingevoer om denneplantasies in Suid-Afrika te beskerm? Hoekom word die doldrums ook die perdebreedtes genoem?
3 Jul 2016 02.07.2016 26:38
Kan 'n mens van een plek na 'n ander beweeg deur bloot op te styg en te wag tot die betrokke plek saam met die aarde tot onder jou draai? Is daar enige verskil in die hoogte waarop 'n koeël 'n teiken tref as 'n mens met 'n geweer op- en afdraand skiet? As Suid-Afrika onder aan die aardbol geleë is, beteken dit dat die mense in die suidelike halfrond aan die aarde hang, of nie? Hoekom word 'n mens...
26 Jun 2016 25.06.2016 25:35
Hoekom kry party mense kouer as ander? Wat sal die effek van 'n aardbewing of tsoenami op Suid-Afrika se voorgestelde kernkragstasies wees? En hoe vining vind evolusionêre verandering in organismes plaas?
19 Jun 2016 18.06.2016 27:10
Wat is die verskil tussen honderdpote en duisendpote en het hulle enige nut? Hoe kry sampioene en plante dit reg om deur beton en teer te groei? En hoekom verander sommige spesies meer as ander tydens evolusie?
12 Jun 2016 11.06.2016 26:50
Hoekom lees 'n mens steeds in sekere geskrifte dat die aarde plat is? Hoe kan 'n mens statisties bewys dat daar geen korrelasie tussen mense se geboorte- en sterfdatums is nie? Weet slange en ander diere watter omgewing pas die beste by hulle velkleur om hulle te help kamoefleer?
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.