RSG

Hoe verklaar jy dit?

Science AF ↓ 717 episodes

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

21 May 20.05.2017

Lê hoenders slegs in die voormiddag eiers? Hoe kan genetiese kennis in die bewaring van spesies soos luiperds gebruik word? Hoekom lê 'n papegaai-wyfie nie eiers nie, maar raak dadelik broeis wanneer 'n hoender-eier onder haar geplaas word? Hoe lyk ware molle, en waar kom hulle voor?

14 May 13.05.2017

Kan die eet van turksvy-blaaie lei tot onvrugbaarheid by koeie? Watter aanpassings het krappe en garnale wat slegs in varswaterstelsels voorkom? Is dit moontlik om die ratte van 'n staanhorlosie gesmeer te hou deur bloot 'n oop houer met paraffien daarin te plaas? En hoekom het die lemurs op Madagaskar lang wollerige sterte, terwyl sommige lemurspesies geen sterte het nie?

7 May 06.05.2017

Hoe vergelyk die broeitydperk van dinousouriër-eiers met die van moderne voëls, soos hoenders? Watter persentasie van Suid-Afrika se landsoppervlak word deur woude beslaan, en watter tipe organismes word deur hierdie woude onderhou? En waarom en hoe verdamp water?

30 Apr 29.04.2017

Hoe word vuurvliegies se lig geproduseer? Kom kleurvariante by bosbokke ook voor? Wat is die oorsprong van die yster-oksied in rooi Kalahari-sand? En wat is die verskil tussen 'n sakspinnekop en 'n gras-sakspinnekop?

23 Apr 22.04.2017

Wat is die voor- en nadele van die gebruik van grys water in en om die huis? Hoekom drom miere saam op amandelboompies in die Noord-Kaap? En hoe vertolk 'n mens weerkaarte?

16 Apr 15.04.2017

Hoe weet voëls waar om kos te vind? Watter spore oor die vroegste mense is reeds in Suid-Afrika gevind? En wat veroorsaak velletsels op walvisse?

9 Apr 08.04.2017

Hoekom is klippe in waterstrome so glad? Wat laat 'n ringnekpapegaai 'n Nooienshaarboom opvreet? En wat is die impliksasie van die nuwe klassifikasie van dinousouriërs?

2 Apr 01.04.2017

Waarom is plaasbotter harder as margarien? Watter invloed het die stadsomgewing op wilde diere se gedrag? En hoekom suig bosluise aan die onderkant van 'n skilpad se dop vas en nie aan sy bene nie?

26 Mar 25.03.2017

Wat is die voedingswaarde van kos wat in 'n mikrogolfoond gaar gemaak is? Hoe kry 'n geitjie sy voete los as hy teen 'n vertikale oppervlak beweeg? En het diere individuele persoonlikhede, of is hulle gedrag aangeleer?

19 Mar 18.03.2017

Het die heelal 'n uiteinde, en wat sal 'n mens sien as jy daar sou uitkom? Hoe ver kan die kommandowurm-mot vlieg om die plaag so vinnig uit Suid-Afrika se noordelike buurlande oor Noordwes en Limpopo te laat versprei? Watter soort geitjie lê haar eiers in 'n gat in 'n metaalhek, en hoekom is daar so baie eiers dat sommige selfs uitval?

12 Mar 11.03.2017

As daar geen slange in Nieu-Seeland is nie, is giftige slange dan hoegenaamd nodig in 'n ekostelsel? Hoekom word daar sedert 1972 gereeld 'n skrikkelsekonde by die wêreld se tydhouding gevoeg? En hoekom bloei daar slegs gom uit een doringboom in 'n groep doringbome?

5 Mar 05.03.2017

Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees op Stellenbosch.

26 Feb 25.02.2017

Wat veroorsaak die lig van die Noorder- en Suiderligte? Wat het van Mars se atmosfeer geword? Hoekom is boorgatwater skoon en nie modderig nie? En hoekom verswak 'n vlak boorgat se waterlewering na 'n hewige donderstorm?

19 Feb 18.02.2017

Watter proses word gevolg om vegvliegtuie feitlik onsigbaar vir radar te maak? Is die geskiedenis van die ontdekking van oermense in Suid-Afrika al volledig geboekstaaf? En hoe het die eienaardige bultjies rondom die heuwels tussen Calvinia en Sutherland ontstaan?

12 Feb 11.02.2017

Hoekom hoor 'n mens nooit van hartkanker nie? Langs die Kaapse weskus word 'n muis aangetref met blare op sy rug? Wat is die rede hiervoor? En hoe word die blaassprinkaan se geluid geproduseer?

5 Feb 04.02.2017

Rus of slaap miere soms? Hoekom word mans mettertyd bles, terwyl hulle baarde steeds welig groei? En is dit moontlik dat 'n slang met sewe koppe volwassenheid kan bereik en op die oog af in 'n baie goeie kondisie kan wees?

29 Jan 28.01.2017

Hoe vind diere soos skilpaaie en verkleurmannetjies, wat wyd verspreid voorkom, mekaar tydens paartyd. Is daar al fossiele in Zoeloeland gevind? En kan 'n mens uit plekname aflei waar bergsebras histories voorgekom het?

22 Jan 21.01.2017

Is die Bonobo dalk die vermiste skakel in die mens se ontwikkelingslyn? Kan die bestaan van geeste wetenskaplik verklaar word? Wat is die verskil tussen 'n kwagga en 'n sebra? En kan padda-eiers droogtes oorleef?

15 Jan 14.01.2017

Hoekom stoot 'n bergskilpad die karkas van 'n dooie skilpad meters ver rond? Bestaan daar enige gevaar dat die urine wat 'n skilpad uitskei wanneer dit opgetel word, uiteindelik tot ontwatering kan lei? Hoe is die eerste ontdekking van mikro-organismes deur 'n linne-handelaar gemaak? En wat gebruik palm-swaels om hulle neste en selfs eiers en kleintjies aan palmbome te heg?

8 Jan 07.01.2017

Hoekom is plante, soos wilde irisse, se blomtyd gesinchroniseer sodat hulle op dieselfde dag blom? Wat is mikro-organismes, waaronder bakterië en virusse en watter nut het hulle? En is 'n paddakoor se oorvloedige gesang 'n aanduiding dat daar 'n goeie reënseisoen op pad is?

1 Jan 31.12.2016

Watter insekte boor gate in hibiskusplante, en hoe raak 'n mens daarvan ontslae? Wat is sandvlooie? Is daar enige waarheid in die teorie dat die aarde hol is van binne? En is Suid-Afrika besig om van die Weskus af in 'n woestyn te verander?

18 Dec 17.12.2016

Wat is die verskil tussen dolomiet en doloriet? Volg tornado's altyd dieselfde roete? En het miere ook 'n asemhalingstelsel en bloedvate?

11 Dec 10.12.2016

Hoekom gebeur daar niks as 'n mens tee met koue water probeer maak nie? Wat gebeur met die minerale in water as 'n mens die water kook? Waar kom soogdiere vandaan? En hoekom is die weerkaatsing van sonlig vanaf die maan so helder, terwyl daar feitlik geen weerkaatsing van 'n flitslig van die grond af is nie?

4 Dec 03.12.2016

Hoe het mense in antieke tye datums en tyd bepaal? Hoekom sien 'n mens verskietende sterre uit verskillende rigtings as die aarde slegs in een rigting draai? En kom papaïen in die vleis of in die pitte van papajas voor?

27 Nov 26.11.2016

Waarom bevat trane sout, en waar kom die sout vandaan? Het die volmaan enige uitwerking op 'n mens se gemoedstoestand? Word voëlgedrag bepaal deur 'n oersiel? En waarom word die toonhogte van die klank al hoër as 'n mens jou koffie roer en dan met die lepel teen die beker kap?

Listen to the Hoe verklaar jy dit? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.