RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hoe verklaar jy dit? 17.02.2018 27:25
Kan 'n mens plastiektenks waarin gifstof was, vir die opgaar van gryswater gebruik? Wat eet duisendpote, en wat is hulle nut? Plant verskillende kleure lig teen verskillende snelhede voort? En hoe het 'n groot ronde gat in 'n horisontale rots in die Oranjerivier ontstaan?
Hoe verklaar jy dit? 10.02.2018 25:27
Is ewigdurende beweging moontlik? Wat stel 'n vlooi in staat om so hoog te spring? En watter nut hou die skenking van water deur 'n groep boere van Grabouw aan die stad Kaapstad in, teen die agtergrond van die droogte in die Wes-Kaap?
Hoe verklaar jy dit? 03.02.2018 25:02
Kan die droogte die rede wees waarom naakte slakke skielik binne 'n huis voorkom? Kan baldadige honde wat in 'n parkie losgelaat word, die rede wees waarom 'n dikkoppaartjie se eiers skielik nie uitbroei nie? En het jy al gehoor van die Piltdown-slenter?
Hoe verklaar jy dit? 27.01.2018 23:51
Van watter seedier word calamari verkry? Waar kom die reuse hoeveelheid olie vandaan wat met die Alaska olie-pyplyn uit 'n boomlose, permanente ysgebied gepomp word? En watter ekologiese voordele hou vlieë, miere en muskiete in?
Hoe verklaar jy dit? 20.01.2018 25:22
Is dit enigsins moontlik dat daar iewers op 'n ander planeet intelligente lewe soos die mens bestaan? Wat veroorsaak dat sekere manlike voëls tydens paartryd 'n kleurverandering ondergaan? Hoekom skei room van die melk by plaasmelk, maar nie by volroom winkelmelk nie? En wat is biesmelk?
Hoe verklaar jy dit? 13.01.2018 24:20
Hoe werk feromone by mense en diere? Hou 'n mikrogolfoond enige kankergevaar vir die gebruiker in? Watter gevaar hou elektriese heinings vir diere soos verkleurmannetjies in?
Hoe verklaar jy dit? 06.01.2018 24:30
Hoeveel waarde kan 'n mens heg aan die veelal-teorie, waarvolgens daar 'n oneindige aantal heelalle bestaan? Hoe kry groot bome dit reg om water tot bo op te suig en dit daar te hou? Waar het kraaie geleer om skilpaaie in die lug op te neem en dit op 'n harde oppervlak te laat val sodat die dop kan breek? En hoekom word insekte se pote in pare getel?
Hoe verklaar jy dit? 30.12.2017 26:34
Is populier- en wilgerbome inheems? Is dit waar dat daar meer plantspesies op Tafelberg is as in die hele Brittanje? Hoeveel gewig kan 'n mier dra? Hoekom kan nagdiere beter in die nag sien as mense? As daar Suiderligte bestaan, hoekom sien ons dit nie in Suid-Afrika nie? En het die aarde enige magnetiese invloed op die maan?
Hoe verklaar jy dit? 23.12.2017 25:31
Hoekom lê sekere voëls blou eiers? Kan silweragtige rosette op 'n klipskerf fossiele van 'n biesieplant wees? En hoekom ry 'n skurwepadda op die rug van 'n platanna?
Hoe verklaar jy dit? 16.12.2017 23:25
Hoe weet 'n mens wanneer is 'n skilpad 'n mannetjie of 'n wyfie? Wat veroorsaak groot wit vlekke aan die stamme van bome, en is dit skadelik? Kan 'n groot ovaalvormige klip 'n versteende volstruiseier wees?
Hoe verklaar jy dit? 09.12.2017 27:15
Watter uitwerking sal die uitroei van alle muskiete om malaria te bekamp, op die ekologie hê? Hoe ontstaan reuke, en hoe neem ons dit waar? Hoekom breek bobbejane aalwyne se blare af en beskadig die stamme? En hoekom draai honde in die rondte voordat hulle gaan lê?
Hoe verklaar jy dit? 02.12.2017 24:27
Waar kom liggaamshitte vandaan, en hoe word dit beheer? Hoe kry eekhorings dit reg om die harde doppe van pekanneute stukkend te byt? Hoekom is sommige sywurms gestreep, terwyl ander wit is? En hoe lank is 'n sydraad?
Hoe verklaar jy dit? 25.11.2017 27:42
Wat veroorsaak ligaamsreuke? Kry 'n mens slange met pote? Watter faktore beïnvloed die spoed van golwe? Kan springgety veroorsaak dat 'n boorgat 5 km van die see af dreun en blaas? En hoe vining vind wateropname deur plante plaas?
Hoe verklaar jy dit? 18.11.2017 25:36
Wat is die gemiddelde aantal kleintjies wat 'n pofadder op een slag kry? Aan watter vereistes moet boorgatwater voldoen om dit veilig te maak vir menslike en tuingebruik? En hoe veilig is reënwater wat in tenks opgevang word, vir drinkdoeleindes?
Hoe verklaar jy dit? 11.11.2017 23:32
Is dit moontlik om 'n insek van Emalahleni (Witbank) op grond van 'n skets te identfiseer? Waar kom die mens se se vermoë vandaan om op die maat van musiek te dans? En is dit akkuraat om 'n mens te beskryf as 'n 32 voet lange kanaal waardeur voedsel beweeg?
Hoe verklaar jy dit? 04.11.2017 24:21
Hoe veilig is insekte-middels vir binneshuise peste en plae vir mense en hulle troeteldiere? Wat veroorsaak bol-weerlig? Is erdvlooie verwant aan vlooie? Wat is die verskil tussen termiete en miere? En hoe kan 'n mens van feëtjieringe op grasperke ontslae raak?
Hoe verklaar jy dit? 28.10.2017 22:23
Hoekom het windturbines slegs drie vinne? Hoekom hoor 'n mens feitlik nooit van hartkanker nie? Hoe kry insekte dit reg om onderstebo te vlieg en teen 'n plafon te land?
Hoe verklaar jy dit? 21.10.2017 24:14
Hoekom is daar 'n verskil tussen die lesing op 'n motor se snelheidsmeter en die lesing op die GPS? Watter bedreiging hou droogtes vir verkleurmannetjies in? Hoe raak 'n mens veilig ontslae van 'n swerm bye in 'n boorgat? En is heuning wat van giftige plante se nektar gemaak is, veilig vir die mens?
Hoe verklaar jy dit? 14.10.2017 25:39
Bestaan daar enige bewys dat arende hulle kleintjies in die lug ondersteun wanneer hulle begin vlieg? Hoe werk 'n slimfoon se raaksensitiewe skerm? En hoe indentifiseer 'n mens geskikte areas vir die oprig van windturbines?
Hoe verklaar jy dit? 07.10.2017 22:29
Hoe werk 'n teensuurmiddel wat self suur bevat? Is uile gebiedsgebonde? En is die uithaal van vrugteboorde werklik 'n waterbesparende strategie?
Hoe verklaar jy dit? 30.09.2017 29:18
Wat is 'n Afrika-aartappel? Hoe lank bly insekte-middels giftig in die tuin? Deur watter stadiums van ewolusie het ons waterlewende voorouers ontwikkel tot by die vroegste menslike wesens? En hoe raak 'n mens van lastige blaaspootjies ontslae?
Hoe verklaar jy dit? 23.09.2017 26:57
Wat kan 'n mens doen om 'n keweragtige insek, in die volksmond bekend as twee-tweetjies, in jou groentetuin te bekamp? Watter soort wurm dra haar eiers op haar rug saam? Hoe word radio-aktiewe datering op fossiele gedoen? En watter soort spinnekop spin 'n pragtige, koepelvormige web? Henk Geertsema en Jurie van den Heever beantwoord die vrae.
Hoe verklaar jy dit? 16.09.2017 24:33
Hoekom moet 'n mens al minder water in 'n stoom-eierkoker gooi, hoe meer jy eiers daarin kook? Wat was die sogenaamde Carrington-gebeurtenis van 1859? En hoekom is die suiderligte tydens hierdie gebeurtenis in Australië waargeneem, maar nie in Suid-Afrika nie? Hoe is dit moontlik om met 'n selfoon 'n ligkol op 'n muur te kaats waarop die son reeds skyn? En wat veroorsaak dat 'n arend wat in die lu...
Hoe verklaar jy dit? 09.09.2017 23:59
Was ons voorgeslagte eeue gelede kleurblind? Hoe werk die induksie-kookproses? Gebruik 'n gasverwarmer meer gas as jy meer elemente gelyktydig gebruik? En hoekom het die gebou wat onlangs in 'n hewige brand in Londen verwoes is, nie ineengestort soos die Twin Towers destyds in die VSA nie?
Hoe verklaar jy dit? 02.09.2017 28:04
Is die feit dat die haainette aan die KwaZulu-Natalse kus onlangs tydens die sardientjie-loop verwyder moes word, nie 'n aanduiding dat die nette oorbodig is nie? Is daar 'n plaasvervanger vir naftaleen om vismotte mee te verdryf? Hoe kan 'n mens die koste van 'n boorgat vooraf bepaal? En kan 'n kat 'n skerpioen dood blaas?
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.