RSG

Hoe verklaar jy dit?

Science AF ↓ 731 episodes

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Science

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Hoe verklaar jy dit? 18.08.2018

Wat kan 'n mens doen om voëls na jou tuin te lok? Watter chemise veranderinge ondergaan 'n ui tydens die gaarmaakproses, sodat dit nie meer jou oë laat brand nie? Hoe werk 'n induksiestoof, en kan 'n mens slegs magnetiese kookgerei daarop gebruik?

Hoe verklaar jy dit? 11.08.2018

Hoekom smelt 'n stuk botter in die mikrogolfoond van die middel af? Hoe maak 'n mens goeie kompos in jou tuin? Wat is die funksie van mangels en die blindederm as die verwydering daarvan geen oënskynlike newe-effekte het nie? En kom hierdie organe slegs by die mens voor?

Hoe verklaar jy dit? 04.08.2018

Moet 'n mens stilstaan of vining padgee as jy skielik op 'n slang afkom? Ervaar visse, voëls, insekte en soogdiere pyn op dieselfde manier? Watter soort termiete val 'n perskeboom se wortels aan, en hoe raak 'n mens ontslae van hulle?

Hoe verklaar jy dit? 28.07.2018

Kan daar meer as een oorsaak wees vir die knoppe op melkhoutbome se blare en die afsterf van groeipunte? Hoekom kraai my buurman se hane enige tyd van die nag en nie net met dagbreek nie? En wat veroorsaak gelerige knoppe agter 'n marmergeitjie se kop?

Hoe verklaar jy dit? 21.07.2018

Kan 'n naderende koue front ou rugbybeserings meer laat pyn? Hoekom maak kuifkop-houtkappers nes, skaars 'n meter bokant die grond? Hoe werk goëlery soos dr I.D. du Plessis in sy boek “Uit persoonlike ondervinding”, beskryf? Is daar fossiele in die gesteentes van die Tankwa Karoo? En uit hoeveel water bestaan sneeu?

Hoe verklaar jy dit? 14.07.2018

Hoekom is brak grond met 'n hoë soutlading suur, terwyl 'n mens juis die teenoorgestelde sou verwag? Is dit waar dat die westerse wêreld vir al die belangrike uitvindings verantwoordelik was, en dat mense soos die Chinese alles bloot gekopieer het? En hoeveel waarde kan 'n mens heg aan die sogenaamde wetenskaplike bewyse van ene prof. Stephenson van die VSA dat reïnkarnasie wel bestaan?

Hoe verklaar jy dit? 07.07.2018

Hoe is dit moontlik dat klippe, rotse en sand in 'n vulkaan só warm kan word dat alles soos water kook en in die lug in geslinger word? Is dit waar dat slange kleurblind is? En is dit gesond om tuinvoëls kaas te voer?

Hoe verklaar jy dit? 30.06.2018

Hoekom is Europese spreeus so 'n gewilde gasheer vir luise? Wat is die genetiese afstand tussen die gorilla en die mens? Hoe werk 'n sonwyser, en hoe akkuraat is dit?

Hoe verklaar jy dit? 23.06.2018

Hoekom word vliegtuie se motore meestal onder die vlerke gemonteer en nie by die stert nie? Watter voedsel is daar vir diere, soos flaminke, in sout strandmere? Hoe werk 'n reënmeter? En hoe het die talle klein ysterklip-koppies tussen Britstown en Victoria-Wes ontstaan?

Hoe verklaar jy dit? 16.06.2018

Hoekom word reënwater wat deur dorpe se stormwaterslote wegloop, nie opgevang vir gebruik nie? Wat is ystervarke se paringsgedrag? As Jupiter en die son uit dieselfde material bestaan, hoekom brand Jupiter nie?

Hoe verklaar jy dit? 09.06.2018

Hoekom is daar nie giftige diere in Nieu-Seeland nie, terwyl Australië oor verskeie giftige spesies beskik? Wat het daartoe gelei dat die beplande hidrobreking in die Karoo gestaak is? En raak 'n vlieg gedisoriënteer in 'n motor wat teen 120 kilometer per uur beweeg?

Hoe verklaar jy dit? 02.06.2018

Hoekom is 'n swartmamba so giftig? Is dit werklik nodig? Hoe vind genetiese afwyking plaas? En wat veroorsaak knoppies op die blare van melkhoutbome by Franskraal?

Hoe verklaar jy dit? 26.05.2018

Waar kom die Tobie se naam vandaan? Waarom verkies bye meeldou op die blare van plante bo die nektar in blomme? Kan die eet van geelwortels 'n mens help om beter te sien in die nag? En wat kan 'n individu doen om die bewaring van die Kaapse reënpadda te help verseker?

Hoe verklaar jy dit? 19.05.2018

Kan 'n operasangeres 'n glas met haar stem laat versplinter? Kan 'n mens van vlieë ontslae raak deur 'n 20-sent munt in 'n glas water te plaas? En hoe het 'n snaakse akkedisspesie by 'n huis in Pretoria beland?

Hoe verklaar jy dit? 12.05.2018

As 'n hen met voëlgriep besmet is, sal haar eiers ook besmet wees? Is klaasneus-muise regte muise, en hoeveel soorte word in die Fraserburg-omgewing aangetref? Hoekom lyk dit of alle diere volgens dieselfde patroon ontwikkel het, met ander woorde twee oë, vier ledemate, een kop, ensovoorts?

Hoe verklaar jy dit? 05.05.2018

As die see die oorsprong van reën is, hoekom is reënwater dan nie sout nie? Hoeveel verskillende soorte malaria kom in Afrika voor? En hoe kommunikeer diere met mekaar, sodat 'n koei dadelik haar kalf se bulk herken?

Hoe verklaar jy dit? 28.04.2018

Hoekom hou inteling by mense gevare in, terwyl dit deur boere gebruik word om byvoorbeeld beesrasse te verbeter? Wat veroorsaak dat die een helfte van 'n lemoen se skil grasgroen is, terwyl die ander helfte liggeel is? Hoe word 'n lugspieëling veroorsaak? En hoekom suis die wind nie in ons ore as gevolg van die aarde se rotasie-spoed nie?

Hoe verklaar jy dit? 21.04.2018

Wat bedoel wetenskaplikes as hulle sê dat die heelal op 'n mespunt gebalanseer is? Waarom word honde nie afgeskrik deur die reuk van vrot kos nie en eet hulle dit selfs sonder om siek te word? En hoekom kniel vlakvarke as hulle wei?

Hoe verklaar jy dit? 14.04.2018

Watter nut het skerpioene, en hoe hou 'n mens hulle uit die huis? Kan perdebye sonder mannetjies voortplant? En hoekom kan sekere diere nog rondhardloop of swem nadat hulle onthoof is?

Hoe verklaar jy dit? 07.04.2018

Waar kom paddavis-garnale skielik na 'n reënbui in granietpoele in die suide van Namibië vandaan? Is die teenwoordigheid van reënspinnekoppe werklik 'n aanduiding dat daar reën op pad is? En hoe lyk krapspinnekoppe en waar word hulle aangetref?

Hoe verklaar jy dit? 31.03.2018

Hoekom word daar deesdae soveel nuwe planete ontdek? Waarmee word die afstand tussen hemelliggame gemeet? Plaas die dra van klere nie 'n beperking op die mens se evolusionêre vordering nie? En wat veroorsaak dat sommige mense allergies vir troeteldierhare is?

Hoe verklaar jy dit? 17.03.2018

Het diere enige begrip van gevaar, pyn en dood? Hoe kan 'n mens keer dat vonkelwyn uit 'n oop bottel ontsnap? Is dit moontlik om granietstof te gebruik om grond se samestelling te verander en plante beter te laat groei?

Hoe verklaar jy dit? 10.03.2018

Hoe lank kan 'n skilpad sy asem ophou? Hoekom laat die gebruik van gryswater vir die spoel van toilette 'n onaangename geurtjie na? En hoe verander melk tydens die UHT-proses?

Hoe verklaar jy dit? 04.03.2018

Regstreekse uitsending van die Woordfees af op Stellenbosch.

Hoe verklaar jy dit? 24.02.2018

Het mikrogolwe enige uitwerking op skimmel op kos? Watter rol speel patrone in die natuur? En kan verkleurmannetjies swem?

Listen to the Hoe verklaar jy dit? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.