RSG
Hoe verklaar jy dit?
Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Hoe verklaar jy dit? 02.02.2019 23:21
Waarom klink mense se stemme verskillend? Hoekom traan jou oë as jy gaap? Wat is die nut van muskiete, muggies, brommers en vlieë? En wat is die impak van inteling in die natuur?
Hoe verklaar jy dit? 26.01.2019 24:41
Hoekom lê 'n dooie insek altyd op sy rug? In watter mate word 'n mens se vingerafdrukke deur die gene van jou ouers bepaal? Is dit waar dat rooi perdebye in April nie steek nie? Loop swanger diere 'n groter risiko om deur roofdiere gevang te word?
Hoe verklaar jy dit? 19.01.2019 23:59
Is die bohaai oor aardverwarming nie 'n blote bangmaakstorie nie? Wat is die oorsprong van harde modderballe met 'n gat in die middel wat by Thabazimbi gevind is? Hoe identifiseer 'n mens 'n padda met 'n vreemde kwaakgeluid wat sy verskyning in 'n tuin in Johannesburg gemaak het?
Hoe verklaar jy dit? 12.01.2019 22:35
Hoekom is daar temperatuurverskille tussen voorwerpe in dieselfde vertrek? Hoe kry sommige padda- en visspesies dit reg om tydens droogtes vir lang tye ondergronds te oorwinter? En wat word van al die rubberstof wat daagliks weens slytasie van motorbande af kom?
Hoe verklaar jy dit? 05.01.2019 25:46
Hoe het reënmeters ontwikkel, en wat is die nut daarvan? Kan 'n mens elektrisiteit uit die kosmiese agtergrondstrale tap? Wie besluit watter diere moet as probleemdiere geklassifiseer word?
Hoe verklaar jy dit? 29.12.2018 25:11
Wie het die atoomhorlosie uitgevind, en hoe werk dit? Hoekom het mense fobies, en wat veroorsaak dit? Bestaan klimaatsverandering werklik, of is dit 'n verdigsel?
Hoe verklaar jy dit? 22.12.2018 21:25
Wie besluit watter plante is onkruid? Hoekom breek seuns se stemme en meisies s'n nie? Wat is dejà vu?
Hoe verklaar jy dit? 15.12.2018 25:42
Hoe beland 'n visfossiel in 'n Sandklip-skeur in die omgewing van Bethlehem? Is dit moontlik dat 'n lewende padda binne in 'n rotsbal gevind kan word? Hoekom is 'n kameelperd se nek so lank, en hoevel nekwerwels het hy? En hoekom reageer kraaie aggressief teenoor 'n persoon wat bo-op die Hillbrowtoring werk?
Hoe verklaar jy dit? 08.12.2018 25:38
Navigeer muskiete op klank, lig, velreuk of koolsuurgas? Hoekom sit watervoëls net op sekere damme? Kry 'n mens krappe langs die Weskus? En kan paddas van kleur verander en in bome klim?
Hoe verklaar jy dit? 01.12.2018 22:17
Wat is die doel van die dun beentjie wat aan die agterkant van 'n hoenderboudjie aangetref word? Hoekom drom miere op die kabels van 'n elektriese heining saam? Is dit biologies moontlik vir 'n mens om binne sekondes slagtande te ontwikkel en weer net so vining te absorbeer?
Hoe verklaar jy dit? 24.11.2018 24:59
Watter rol speel ligene in die ekostelsel? Hoekom neem dit langer om biltong in die koue droë wintermaande droog te kry, as in die die warm somermaande wanneer daar heelwat vog in die lug is? Wanneer 'n mens 'n beker koffie in die mikrogolfoond warm maak, hou dit dadelik op kook wanneer jy dit uithaal. Hoekom begin dit weer kook as jy dit 10 sekondes later met 'n teelepel roer?
Hoe verklaar jy dit? 17.11.2018 24:16
Daar word deesdae baie gewag gemaak van die sogenaamde “wonderneut” wat 'n mens help om deur middel van diaree gewig te verloor. Is dit nie skadelik vir 'n mens se gesondheid nie? Hoekom kry 'n mens gestreepte en wit sywurms? En wat veroorsaak dat 'n groot verskeidenheid fungi vanjaar skielik hulle verskyning in 'n tuin in Centurion gemaak het?
Hoe verklaar jy dit? 10.11.2018 26:24
Watter drie diersoorte sal teen die einde van hierdie eeu uitgesterf wees? Is dit waar dat die seevlak aan die Kaapse suidpunt duisende jare gelede 30 meter hoër was as tans? Wanneer seekoeie snags die water verlaat om te gaan wei, word die kalfies in 'n “kleuterskool” in 'n paar koeie se sorg gelaat. Hoe besluit hulle watter koeie is op 'n betrokke aand aan diens?
Hoe verklaar jy dit? 03.11.2018 24:51
Hoekom lyk die berge in die Karoo soos 'n versierde koek wat in lae opgebou is? Hoekom spring walvisse uit die water uit? En hoe vind die ontkieming van haak-en-steek en sekelbosse se sade plaas?
Hoe verklaar jy dit? 27.10.2018 25:05
Kan dit visse en paddas reën? Hoe kan die ouderdom van die aarde wetenskaplik bepaal word? Kan 'n mens enige berekeninge oor die aarde maak sonder om sy plek in die sonnestelsel en melkweg in berekening te bring?
Hoe verklaar jy dit? 20.10.2018 26:11
Hoekom kwaak paddas? Wat veroorsaak dat voetspore op nat seesand aanvanklik droog is, en dan vol water word? En hoe werk Foucalt se pendulum?
Hoe verklaar jy dit? 13.10.2018 27:42
Is dit waar dat wit klere in die somer koeler is as swart klere? Kan 'n mens 'n orkaan vroegtydig met behulp van 'n ontploffing stuit? En het kameelperde ekstra werwels in hulle lang nekke?
Hoe verklaar jy dit? 06.10.2018 25:18
Hoekom spin 'n kat? Hoe beïnvloed massa die tempo waarteen tyd verloop? En kan 'n mens ovaria of eierstokke oorplant?
Hoe verklaar jy dit? 29.09.2018 25:32
Wat is 'n gonna of 'n krompokkel? Wat kan 'n mens doen aan 'n avokadopeerboom wat baie blomme het, maar omtrent geen vrugte dra nie? Waar het rooivalke oornag voordat hoë geboue en groot uitheemse bome soos bloekoms en dennebome in Suid-Afrika verskyn het? Wat is die nut van bloudissels?
Hoe verklaar jy dit? 22.09.2018 21:50
Wat kan gedoen word duiwe se getalle in stede te beperk? En wat veroorsaak dat so baie van hulle probleme met hulle pote het? Wanneer 'n mens op klam sand op die strand stap, is jou voetspoor aanvanklik droog voordat daar water insypel, wat kort daarna weer verdwyn. Hoe verklaar 'n mens dit? Het die Kougarivier in die Oos-Kaap baie lank gelede direk in die see uitgemond voordat die loop daarvan ve...
Hoe verklaar jy dit? 15.09.2018 27:09
Beteken 'n prominente boggel aan 'n mens se agterkop dat jy Neanderdal-voorsate het? Hoe weet miere dat hulle slegs die heuningdou-druppel wat plantluise uitskei, moet gebruik en nie die plantluis ook moet opvreet nie? Hoekom hou die hare op 'n mens se kop aan met groei, terwyl die ander liggaamshare slegs tot 'n bepaalde lengte groei?
Hoe verklaar jy dit? 09.09.2018 23:56
Wat is die verskil tussen kapok en sneeu? Hoe kry 'n vlieg dit reg om teen 'n motorruit vas te klou teen die suigkrag van 'n stofsuier? Hoekom kry sekere mense dit reg om voorwerpe soos walvisse in die see maklik raak te sien, terwyl ander selfs met aanwysings, sukkel om dit te sien?
Hoe verklaar jy dit? 08.09.2018 14:14
Wat is die verskil tussen kapok en sneeu? Hoe kry 'n vlieg dit reg om teen 'n motorruit vas te klou teen die suigkrag van 'n stofsuier? Hoekom kry sekere mense dit reg om voorwerpe soos walvisse in die see maklik raak te sien, terwyl ander selfs met aanwysings, sukkel om dit te sien?
Hoe verklaar jy dit? 01.09.2018 23:28
Hoe het Kepler dit reggekry om sy ingewikkelde berekenings oor planetêre beweging met behulp van die Romeinse getalle-stelsel te doen? Is dit moontlik om die swaartepunt van 'n voertuig laer te maak deur die wiele buitekant die bakwerk te monteer? Waar kom die tonne waaisand vandaan wat tydens die onlangse droogte uit Wes-Kaapse opgaardamme gewaai is?
Hoe verklaar jy dit? 25.08.2018 24:13
Is die melk in 'n vyeboom se hout giftig, of kan 'n mens dit gebruik om vleis te braai? Is dit moontlik om 'n werkende eko-verkoeler van 2 liter koeldrankbottels waarvan die boom afgesny is, te maak? Hoe is dit moontlik dat 'n radys vir 'n paar jaar ongeveer 50 cm diep in 'n komposhoop sonder enige verotting of skade behoue kan bly?
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.