Marunelle en Janke

Hallo, Girlie

Society AF ↓ 26 episodes

Die lewe is maar gaos. Jare lange vriendinne Janke en Marunelle gesels oor die op en af van liefde, vriendskap en lewe. Luister weekliks oor ons stories, ander girlies se stories en lag lekker saam.

Author

Marunelle en Janke

Category

Society

Podcast website

podcasters.spotify.com

Latest episode

Sep 9, 2025

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

S3 Ep4: Dieet dilemmas 09.09.2025

Hallo Girlies, in hierdie episode gesels ons oor die dilemma van dieëte & gewigsverlies metodes. Antonnette van Bridging the Gap gaan vir ons vertel wat in haar opinie regtig werk en wat net 'n foefie is. Ons gesels lekker oor die vreemdste dinge wat ons en ons vriendinne al gedoen het om gewig te probeer verloor en wat ons hoor ander mense probeer. Daarna bespreek ons hoekom mense so &quo...

S3 Ep3: Rooi, Geel & Groen Robot (jou 3 lysies) 12.08.2025

In vandag se episode van Hallo, Girlie deel ek iets prakties uit die boek "True Love Dates" deur Debra Fileta – die Rooi, Geel & Groen “robot-teorie” vir jou liefdeslewe. Ons praat oor: 1. Die rooi lysie wat jy NOOIT moet ignoreer nie 2. Die geel tekens waar jy versigtig moet wees 3. Die groen eienskappe wat jy rêrig in ’n maat soek Of jy nou single, date of verloof is – hierdie episode gaan jou h...

S3 Ep 2: Thirteen going on 30 & bietjie lewenslesse 05.08.2025

Hallo, Girlieee! Ek het 30 geword. Dit raak net beter! In hierdie episode deel ek: ’n GLOW-UP segment (dinge wat ek nou sonder skuldgevoel vir myself doen... van perms tot Invisalign!), Lewens-lesse uit die laaste 30 jaar van my lewe as ’n spontane, liefde-soekende, soms-oorweldigde, maar altyd hoopvolle girlie, hoe dit voel om nou in ’n gesonde verhouding te wees ná jare van mense met victim ment...

S3 Ep 1: Terug op die lug & Die 1 -maand-reël 05.08.2025

Hallloooo, girlies! Na ’n lang break is ons amptelik terug! Die Hallo Girlie Podcast is weer in jou ore, en ons is sooo opgewonde vir hierdie nuwe seisoen. In vandag se dubbel episode vang ons op oor waar ons was (spoiler: life was lifing), hoekom ons hierdie platform begin het, en hoekom ons weer die mikrofone aangeskakel het. As jy nuut is – welcome back, Girlies! Hierdie is die platvorm waar on...

S2 Ep 5: Saambly voor jy trou? 08.04.2025

Vir hierdie week se episode van die Hallo Girlie podcast, praat ons oor al die verskillende fases van "saam bly." Ons gaan gesels van jou gesin, na die oorgang in die koshuis, en later, die avontuur om 'n huis met jou vriende te deel. Ons kyk ook na die idee van saam woon voor jy trou, en wat om te doen as jou ouers nie saamstem dat jy en jou kêrel wil saamwoon nie. Plus, ons help een van ons luis...

S2 Ep4: Dis jou persoonlikheid 25.03.2025

Ons was bietjie flakey... Lewe gebeur en ons gaan meer betroubaar wees okay :) In hierdie episode gesels die girlies oor die verskillende persoonlikheidstipes en hoe dit ons lewe beïnvloed. Arina deel haar insigte oor die Enneagram persoonlikheidstoets en hoe jy jouself beter kan verstaan. Maar moenie bekommerd wees nie, ons maak die gesprek lekker met ‘n grappige draai: ons klassifiseer die ouens...

S2 Ep3: Groener weivelde, homesick en salarisonderhandelinge 09.03.2025

In hierdie week se episode gesels ons met Jodie. Sy het onlangs emigreer na Engeland saam haar man. Ons gesels oor warna hul verlang, uitsien en hoe om die homesick gevoel te hanteer. Ons help ook 'n mede Girlie met 'n salaris dilemma. Lekker luister!

S2 Ep2: Wit Olifant... Geldsake in jou 20s 25.02.2025

S 2 Episode 2: In hierdie week se episode gesels ons met Reinhardt, 'n CIMA kerk in Kaapstad, wat sy passie vir beleggings en finansiële besluite met ons deel. Hy praat oor hoe belangrik dit is om finansies behoorlik te bestuur, selfs al klink dit dalk boring. Ons kyk na rooi vlae in verhouding spesifiek oor geld sake ,soos kompulsief koop en of jy en jou maat julle geld verstandig bestee. Ons bes...

S2 Ep 1: Hallo, Girlies ons is terug 17.02.2025

In ons eerste episode van seisoen 2 is die Hallo, Girlie podcast terug! Ons bespreek alles van 'n lekker terugblik oor die jaar tot nou, en hoe ons opgewonde is oor die nuwe formaat en ander opwindend dinge! Hierdie week praat ons oor Valentyns dag, Galantines dag, en waarom dit so belangrik is om liefde aan jou geliefdes te wys. Ons gesels oor wat kerels en meisies vir Valentynsdag geskenke koop,...

Ep 17: TTFN (TATA FOR NOW) 08.11.2024

In hierdie episode gesels die girlies oor die hoogte- en laagte punte van 2024 (for the plot!). Ons rangskik ook die beste dates, slegste dates, mooiste stories en snaaksste byname van 2024. Ons sluit af vir 2024 en sien julle volgende jaar vir 'n groter, beter en natuurlik chaotiese 2025. XOXO DIE GIRLIES

Ep 16: Ons super sweet sixteen 15.10.2024

In hierdie week se episode besin die girlies bietjie oor hoeveel tyd jy moet neem om oor 'n gebroke verhouding te kom, voordat jy met 'n nuwe een begin. Is dit moontlik om 'n formule daaraan te koppel? Verder gesels Maru en Janke oor moeilike onderwerpe, soos dating en body image, pretty privelege en die druk wat ons girlies daagliks ervaar, om aan die samelewing se standaarde te voldoen. Kom luis...

Ep 15: Botox of Notox? 08.10.2024

In hierdie week se episode gesels die girlies oor mense se voorkeure wanneer dit by kosmetiese prosedures kom. Hoe voel mense regtig oor fillers en botox? Sou meer van ons dit gekry het as dit goedkoper was? Verder bespreek Janke en Marunelle twee dilemmas van mede-girlies: Mag 'n mens ooit jou vriendin se eks date, of is "girl-code" nie regtig 'n ding nie? Hoe moet mens maak wanneer jou roommate...

Ep 14: Vir al die Frikkies 02.10.2024

In hierdie week se episode gesels die girlies oor die unieke byname wat meisies vir ouens gee om "incognito" oor hulle te kan gesels (if you know... you know). Die girlies bespreek ook 'n slegte dating scenario waarin 'n luisteraar haarself bevind het toe 'n man geld by haar terugeis nadat sy die verhouding beëindig het, sodat sy hom kan "terugbetaal" vir al die dates waarop hy haar gevat het. Abs...

Ep 13: Is romanse dood? 25.09.2024

Hallo girlies! In hierdie week se episode gesels Marunelle en Janke oor meisies se verwagtige van romanse in verhoudings, is dit dalk té onrealisties? Kom luister ook saam na twee girlies se dilemmas: Wat gemaak as jou beste vriendin beweer jy steel haar droomtroue? Mag 'n mens nee sê as iemand jou vra om haar strooimeisie te wees?

Ep 12: Mama's boys hul mammas 17.09.2024

In hierdie week se episode gesels die girlies oor groot nuus: Janke het haar eerste amptelike-regte-egte kêrel! Die girlies raak ook die ongemaklike onderwerp van "check-ups" aan en veral daardie tipe afsprake wat ons graag vermy. Janke en Marunelle gesels verder ook oor die verwagting wat geskep word dat jy "besties" moet word met jou kêrel se vriende se meisies en dat dit nie...

Ep 11: Daar's 'n nuwe girl in die dorp 10.09.2024

In hierdie week se episode gesels die girlies oor 'n verskeidenheid sake, maar wat anders kan van goeie "girl chats" verwag word. Janke en Marunelle gesels oor wat mans aantreklik maak, is dit hul kennis, 'n goeie persoonlikheid, of dalk geld? Verder word raad gegee aan iemand wie nuut in 'n dorp is en sukkel om in te skakel, en aan 'n girlie wat nie van haar vriendin se...

Ep 10: 27 Dresses en 3de wiele 03.09.2024

In hierdie episode gesels die girlies oor die moderne neigings van kombuistees en bachelorettes. Ander vrae waaroor ons in hierdie episode dink: kan mens vriende bly met jou "eks"? Hoekom nooi sommige vriendinne altyd hul kêrel saam na alles toe? Waarom moet mens jou kêrel altyd vra vir wat jy nodig het?

Ep 9: Ek is verlief op my beste vriend 27.08.2024

In hierdie week se episode gesels ons oor die vreemdste skinnerstories en "age gaps" in verhoudings. Luister ook saam na hoe Janke en Maru hierdie week se liefdes-scenario's probeer ontrafel. Wat moet jy doen as jy verlief is op jou beste vriend? Hoe gemaak met 'n ou wat jou geghost het en na maande weer dinge probeer aanknoop?

Ep 8: Fake it till you make it! 20.08.2024

In hierdie episode gesels die girlies oor selfvertroue en brei ook uit oor praktiese voorbeelde oor hoe om jouself te "rat" vir oomblikke waar mens daardie ekstra hupstoot nodig het. Neem jou spasie op en own dit! Ons gesels ook oor die sosiale stigma rondom vrouens se sukses in hul beroepe en spekuleer oor die rol van die man in die moderne samelewing.

Ep 7: Top tips oor dating apps 13.08.2024

Wat om te doen (en nie te doen), wat om te sê (en nie te sê) as dit kom by jou aanlyn dating profiel. Ons gesels ook oor online ontmoetings wat in-persoon ontmoetings word en ander dating wenke. Luister en gesels lekker saam.

Ep 6: Moderne dating vir dummies 09.08.2024

As online dating 'n olimpiese sportsoort was, het ons beslis nou in Parys vir Suid-Afrika uitgedraf. In hierdie ekstra-lang, ekstra-lekker episode praat die girlies oor dating apps en hulle persoonlike ervarings in die onbekende dating-wildernis. Kom luister saam na nog 'n paar goue staaltjies uit Marunelle en Janke se chaotiese wêreld!

Ep 5: BF of BFF? 30.07.2024

In hierdie episode gesels ons oor of meisies tog subtiel die eerste "move" kan maak. Ons deel ook ons raad oor vriendinne wat jou perongeluk vergeet as hulle in 'n verhouding is. En wat doen mens as jou kêrel nie wil hê jy moet mans vriende hê nie?

Ep 4 : Op papier is hy perfek, maar... 23.07.2024

In hierdie week se episode gesels die girlies (Marunelle en Janke) oor hul persoonlike voorkeure wanneer dit by mans se grooming gewoontes kom. Kort mans regtig 'n snor om te score? Net soos 'n tipiese koffie-date met jou bestie verloop, is hierdie episode 'n mengelmoes van onderwerpe. Luister gerus saam!

Ep 3 : Katte, honde en spoke 15.07.2024

Almal wat op die dating scene is ken die term "ghosting" baie goed. In hierdie week se episode praat die girlies (Janke en Marunelle) oor hul eie ervarings met "ghosters" en ander gediertes.

Ep 2 : Love at first sight, goue randjie en single in jou 30's 09.07.2024

Glo jy in love at first sight? Ons deel ons opinie en gesels ook oor wat om te doen as jou vriendin iets doen waarmee jy nie saamstem nie. Die good, bad and ugly van single wees in jou 30's.

Listen to the Hallo, Girlie podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.