Maroela Media
Gesonde gesinne
In dié reeks gesprekke bied ons toeganklike en praktiese ouerleiding en ondersteuning aan gesinne. Ons bespreek die fondasie van ʼn sterk gesin, deel strategieë vir opbouende dissipline en help jou om jou kind se behoeftes en gedrag beter te verstaan. Ons verskaf ook ondersteuning aan gesinne met neurodivergente kinders. Skink ʼn koppie boeretroos, en kom luister saam! "Gesonde gesinne" word vervaardig deur Maroela Media. Die gas, Lourindi Nel, is van LearningForLife.online.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gesonde gesinne | Wat is aannemingstrauma? 21.02.2025 12:37
In die volgende paar aflewerings van "Gesonde gesinne" praat Lourindi Nel, ʼn berader en ʼn ma wat kinders aangeneem het, oor die uitdagings wat aangenome kinders ervaar. Sy help ouers om die trauma se wonde beter te verstaan en gee strategieë en wenke wat die kinders kan ondersteun.
Gesonde gesinne | Laat graad R seepglad verloop met dié wenke 14.02.2025 14:13
Lourindi Nel van "Gesonde gesinne" het heerlike wenke om te verseker jou kind se eerste paar weke by die skool verloop goed en om so 'n fondasie vir die res van hul tyd by die skool bou. Kom luister saam:
Gesonde gesinne | Help jou graad R-kind om maatjies te maak 07.02.2025 9:44
Is jy ook miskien een van daardie ouers met die bekommernis dat jou kind nie ʼn maatjie in die nuwe skool het nie?
Gesonde gesinne | Is my kind gereed vir graad R? 31.01.2025 16:41
Graad R is ʼn fase in ʼn kind se lewe met ʼn splinternuwe omgewing, ʼn nuwe sosiale dinamika en veel hoër verwagtinge. In “Gesonde gesinne” help ons om hierdie nuwe wêreld te verstaan.
Help die gesin om sensoriese integrasie te verstaan 24.01.2025 11:34
Deur oop kommunikasie aan te moedig, hulpbronne te deel en saam te dink oor sensories vriendelike strategieë, kan almal in ʼn gesin saamwerk om ʼn kind se sensoriese welstand te ondersteun.
Gesonde gesinne | Werk aan die verhouding met jou kind 17.01.2025 12:00
Lourindi benadruk in dié aflewering van “Gesonde gesinne” hoe belangrik dit is vir ʼn ouer en kind om aktief aan hulle verhouding te werk, veral as daar uitdagings met sensoriese integrasie by die kind is.
Gesonde gesinne | Sensoriese integrasie en uitbranding by kinders 10.01.2025 14:53
Kinders wat met sensoriese integrasie sukkel, is ongelukkig ook kandidate vir uitbranding, veral as hulle deurlopend aan oorweldigende sensoriese insette blootgestel word. Lourindi Nel, ʼn volwasse- en kinderberader, kuier weer in Maroela Media se ateljee, en in die jongste aflewering van “Gesonde gesinne” gesels sy oor die tekens van uitbranding.
Wat is selfstimulerende gedrag? 19.12.2024 8:47
In die jongste aflewering van “Gesonde gesinne” verduidelik Lourindi Nel hoe ouers oor hul kind se selfstimulerende gedrag moet dink.
Hier is sensoriese gereedskap en hulpbronne vir ouers 19.12.2024 10:52
Daar is nog toerusting soos sensories-vriendelike klere, swaaie en minispringmatte. Lourindi verduidelik in “Gesonde gesinne” hoe dit ʼn kind met sensoriese integrasie-uitdagings kan help.
Verstaan sensoriese ineenstortings só beter 18.12.2024 11:15
In hierdie aflewering van “Gesonde gesinne” verduidelik Lourindi Nel hoe ʼn woede-uitbarsting met ʼn sensoriese ineenstorting vergelyk.
Help jou kind met sensoriese integrasie in die skoolomgewing 13.12.2024 20:03
Aanpassings by ʼn skoolomgewing is op die beste van tye ʼn uitdaging vir ʼn kind, maar ek wou by Lourindi weet wanneer ouers bekommerd moet raak en watter stappe hulle dan moet doen.
Sensoriese uitdagings en ontwikkelingsmylpale – ondersteun jou kind só 05.12.2024 11:21
Lourindi sê ouers van kinders met sensoriese uitdagings moet weet daar is hulp, en hul kind kan hul mylpale haal met die nodige hulp en ondersteuning.
Help, my neurodivergente kind sukkel om te eet en te slaap 22.11.2024 13:17
Sensoriese uitdagings kan slaap- en eettyd uitdagend maak – Lourindi verduidelik hoekom.
Help jou kind met emosionele regulering 22.11.2024 14:21
Lourindi verduidelik wat die impak van uitdagings met sensoriese integrasie op die emosionele regulering van ʼn kind het.
Interosepsie speel onontbeerlike rol in sensoriese integrasie 15.11.2024 10:29
Lourindi Nel het ook ʼn paar praktiese voorbeelde van hoe om ʼn ondersteunende omgewing te skep vir kinders wat met interosepsie sukkel.
Verstaan jou kind se vestibulêre en proprioseptiewe stelsels 08.11.2024 11:57
Lourindi Nel is ʼn volwasse- en kinderberader, en in hierdie aflewering van Gesonde gesinne, gesels ons oor dié stelsel se invloed op sensoriese integrasie. Ritme en struktuur in die dag is noodsaaklik vir kinders wat uitdagings met hul vestibulêre en proprioseptiewe stelsels ervaar.
Verstaan waar jou kind op die sensoriese verwerkingspektrum pas 30.10.2024 19:14
Berader Lourindi Nel verduidelik hoe ʼn ouer hul kind kan ondersteun wat ʼn mengsel van sensoriese sensitiwiteit en soekende gedrag het.
Help, my kind is ʼn sensoriese soeker 25.10.2024 9:07
In dié aflewering van “Gesonde gesinne” help Lourindi ouers om sensories soekende gedrag te verstaan en verduidelik hoe jy jou kind kan ondersteun. Sy verduidelik wat dit behels as jou kind ʼn sensoriese soeker is en ook hoe dit van sensoriese sensitiwiteit verskil. Skink vir jou ʼn lekker koppie boeretroos, en kom luister na die volledige onderhoud boaan hierdie berig.
Verstaan jou kind se sensoriese sensitiwiteit 18.10.2024 8:17
Lourindi Nel, ʼn volwasse- en kinderberader, bespreek vandag sensoriese sensitiwiteit in Maroela Media se gesprekreeks oor gesonde gesinne. Sy verduidelik wat presies sensoriese sensitiwiteit is en hoe dit in kinders kan voorkom.
Hoe hanteer ek my kind se onvolwasse gedrag? 30.05.2024 14:31
Lourindi gee ʼn paar tegnieke wat jou kan help om onvolwasse gedrag te hanteer soos ʼn “weer probeer”.
Hoekom tree my kind só op? 23.05.2024 11:17
As ouers weet hoekom hul kinders optree soos hulle doen, kan dit reg benader word.
Verstaan jy jou kind se taal? 16.05.2024 10:35
Jy as ouer wil nie die heeltyd net reaktief en impulsief teenoor jou kind se gedrag optree nie. Dit is juis waarom dit so belangrik is om jou kind se gedrag te verstaan.
Goeie ouers loop voor 12.05.2024 10:16
ʼn Ouer wat lei het ʼn selfversekerde kind. Dit is hoekom Lourindi glo ʼn ouer moet hulle leierskapsrol in die gesin opneem.
Hoe lyk ’n verhoudingsgedrewe gesin? 03.05.2024 11:09
Lourindi Nel verduidelik hoe noodsaaklik dit is om altyd in jou kind se span te wees.
Hoe lyk ’n gesin wat vreesgedrewe is? 25.04.2024 8:51
Lourindi Nel verduidelik wat gebeur in ʼn kind se gedagtes wanneer ons herhaaldelik ons ouerlike magsposisie gebruik om dissiplinêre doelwitte te behaal.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.