Maroela Media
Gesonde gesinne
In dié reeks gesprekke bied ons toeganklike en praktiese ouerleiding en ondersteuning aan gesinne. Ons bespreek die fondasie van ʼn sterk gesin, deel strategieë vir opbouende dissipline en help jou om jou kind se behoeftes en gedrag beter te verstaan. Ons verskaf ook ondersteuning aan gesinne met neurodivergente kinders. Skink ʼn koppie boeretroos, en kom luister saam! "Gesonde gesinne" word vervaardig deur Maroela Media. Die gas, Lourindi Nel, is van LearningForLife.online.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Gesonde gesinne | Hokaai, wag eers ʼn bietjie 05.09.2025 12:33
Vyf sekondes is soms al wat jy as ouer nodig het om wys te reageer. Kom luister hier hoe wag ʼn sleutel tot kalm en wyse ouerskap is.
Gesonde gesinne | Veg, vlug of vries? Leer kalm reageer as ouer 29.08.2025 18:44
Selfbeheersing is aansteeklik; as jy self die voorbeeld kan stel, sal jou kind jou navolg. Hierdie vaardigheid ontwikkel oor tyd deur selfrefleksie, ondersteuning en soms professionele leiding. Lourindi herinner ouers ook dat selfversorging nie ʼn luukse is nie, maar noodsaaklik.
Gesonde gesinne | Konneksie eerste, want dissipline werk beter met liefde 21.08.2025 22:37
Om ʼn konneksie te bou beteken nie ʼn ouer is toegeeflik nie, dit skep eerder ʼn grondslag vir effektiewe dissipline.
Gesonde gesinne | Die grootste erfenis is ʼn pa se teenwoordigheid 30.07.2025 13:57
Marius Nel, berader en pa van vier, gesels met Pieter Cloete oor dieper vrae: Wat bou jy in jou kind in? Wat van jou wil jy hê moet bly?
Gesonde gesinne | Só leer jy jou kind luister en verstaan 25.07.2025 8:15
Jy kan baie doen om jou kind te leer om goed met ander oor die weg te kom. Van empatie en goeie kommunikasie tot verhoudingsvaardighede – dit begin alles by die huis.
Gesonde gesinne | Pa, hoe leer jy jou kind om emosioneel sterk te wees? 18.07.2025 6:45
Volgens Marius beteken emosionele veerkragtigheid nie net om deur swaarkry te druk nie, maar om weer op te staan ná teleurstellings, mislukkings en konflik. “Kinders wat emosioneel veerkragtig is, kan hul emosies eien, verstaan en reguleer. Hulle laat nie toe dat struikelblokke hulle definieer nie,” sê hy.
Gesonde gesinne | Met geloof en waardes is hoe pa’s hul kinders se gees vorm 11.07.2025 12:34
Wanneer ʼn pa saam met sy kinders bid, Bybelverse deel, konflik benader met vergifnis en ander met respek behandel, bou hy ʼn blywende geloofserfenis.
Gesonde gesinne | Pa’s maak ook foute, maar kan weer regmaak 04.07.2025 9:15
Dié gesprek herinner pa’s dat herstel nie ʼn enkele oomblik is nie, maar ʼn proses.
Gesonde gesinne | Pa’s wat omgee is teenwoordig 27.06.2025 10:22
Teenwoordigheid is nie perfeksie nie. Dit is bewuste betrokkenheid, en dit kan so eenvoudig wees soos onverdeelde aandag tydens ʼn gesinsmaaltyd of ʼn gesprek in die motor. Hierdie gesprek bied hoop en rigting aan pa’s wat voel hul kapasiteit is beperk. Die goeie nuus? Jy hoef nie perfek te wees nie – jy moet net teenwoordig wees
Gesonde gesinne | Huwelik se stille krag agter gesinsveiligheid 20.06.2025 11:28
Hoe lyk ʼn huwelik wat kinders emosioneel bemagtig? Vind uit in die jongste episode van “Gesonde gesinne” hier op Maroela Media.
Gesonde gesinne | Pa’s wat grense stel én harte wen 13.06.2025 12:48
ʼn Kind sonder grense voel onveilig, maar ʼn kind wat net met vrees beheer word, leer nie om self te dink nie. Ontdek hoe pa’s ʼn balans tussen liefde en leiding kan handhaaf. Luister na dié episode van “Gesonde gesinne” waar ons op vaderskap fokus.
Gesonde gesinne | Stille krag van ʼn pa bou dogters se selfbeeld, vertroue 06.06.2025 9:04
Selfbeeld, toekomstige verhoudings en drome begin alles by die band tussen ʼn pa en sy dogter. Dié aflewering van “Gesonde gesinne” is die luister werd vir elke pa.
Gesonde gesinne | Só help pa’s hul seuns groei 30.05.2025 5:33
Volwassenheid het meer te doen met karakter as ouderdom. Kom luister in “Gesonde gesinne” hoe ʼn pa die fondasie van geloof, waarde en aksie in sy seun se lewe kan lê.
Gesonde gesinne | Hoekom pa’s saak maak 23.05.2025 7:37
ʼn Pa is beslis nie net nog ʼn gesinslid nie – hy is die anker van die gesinslewe en speel ʼn deurslaggewende rol in kinderontwikkeling en gemeenskapsvorming.
Gesonde gesinne | ‘Aanneming was nooit ons plan B nie’ 11.05.2025 12:12
“Jy hoef nie alles reg te hê om te begin nie. Jy moet net bereid wees om op te daag, oor en oor.” Kom luister na dié kragtige gesprek oor aanneming, liefde en geloof.
Gesonde gesinne | As jou kind sy biologiese ouers wil ontmoet 02.05.2025 12:16
Lourindi Nel help ouers om hul aangenome kind se identiteitsreis te begelei, selfs wanneer dit die moeilike vrae behels.
Gesonde gesinne | Help kinders om hul aannemingstorie te verstaan 26.04.2025 14:31
Aanneming is ʼn belangrike deel van ʼn kind se identiteit en behoort nie weggesteek te word nie. As kinders nie hul eie storie ken nie, vul hulle dikwels die leemtes met skuldgevoelens of verwarring. Dit is waarom dit belangrik is om oop, eerlik en met deernis met jou kind oor sy of haar aanneming te gesels.
Gesonde gesinne | Bou ʼn veilige hawe vir jou kind se emosies 11.04.2025 12:54
ʼn Kind wat veilig voel, is ʼn kind wat kan groei en floreer. Lourindi Nel, ʼn berader en ma van twee aangenome kinders, verduidelik hoe ons ʼn omgewing van veiligheid en vertroue vir ons kinders kan skep.
Gesonde gesinne | Wanneer gedrag ʼn kind se noodkreet is 11.04.2025 18:41
Dié benadering gaan nie oor toegewings of om sag te wees nie, maar eerder oor begrip, veiligheid en groei. Ouerskap is ʼn reis van bewuste teenwoordigheid as jy ʼn kind met trauma het.
Gesonde gesinne | Genesing van trauma begin by speel, ko-regulering 28.03.2025 13:39
Wat gebeur wanneer ʼn kind nie kan sê wat seer is nie? In dié episode van “Gesonde gesinne” verduidelik Lourindi Nel die rol van speel en ko-regulering in traumaverwerking.
Gesonde gesinne | Help jou kind met vrees, angs 28.03.2025 16:57
Lourindi Nel, ʼn berader, verduidelik in die jongste aflewering van “Gesonde gesinne” hoe vreesgebaseerde gedrag by ʼn kind lyk.
Gesonde gesinne | Bou ʼn veilige band met jou aangenome kind 21.03.2025 10:43
Lourindi Nel, ʼn berader, verduidelik hoekom ʼn kind sukkel as hulle nie ʼn veilige band met hulle aanneemouers kan vorm nie. Wat is binding, hoekom is dit belangrik vir ʼn aangenome kind en wat is die verskillende soorte bindingstyle?
Gesonde gesinne | Vergroot jou kind se venster van toleransie 14.03.2025 11:15
Lourindi Nel verduidelik in dié aflewering van “Gesonde gesinne” wat gebeur as jou kind buite sy of haar venster van toleransie beweeg en hoe om daardie venster te help vergroot.
Gesonde gesinne | Die effek van vroeë trauma op breinontwikkeling 07.03.2025 11:31
Die goeie nuus is dat hierdie neuronbane en -patrone kan verander. Lourindi Nel gee raad oor hoe ʼn ouer hul kind kan help met die effek van vroeë trauma.
Gesonde gesinne | Só lyk trauma in aangenome kinders se gedrag 21.02.2025 19:57
Lourindi het die jongste gesprek afgeskop deur te verduidelik hoe aannemingstrauma in ʼn kind se gedrag kan lyk. Ouers van aangenome kinders kan nie hierdie gedrag as ongehoorsaamheid of manipulasie afmaak nie – dit is die kind se oorlewingsmeganisme.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.