Maroela Media
Dis wie ek is
Van sepies tot sang, kuns tot kreatiwiteit – die Afrikaanse vermaakbedryf is ʼn interessante plek. In Maroela Media se podsendingreeks, "Dis wie ek is", gesels ons met van die land se grootste akteurs, sangers en storievertellers oor hul pad met beroemdheid, balans en die kunste.
Author
Maroela Media
Category
Podcast website
Latest episode
Feb 15, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
‘Dis wie ek is’ met Zaan Sonnekus 15.02.2026 27:51
In die jongste episode van “Dis wie ek” is gesels Mizanne van Wyk met Zaan oor sy musiek, loopbaan en die musiekbedryf wat nie altyd so glansryk is soos wat dit dalk mag voorkom nie.
‘Dis wie ek is’ met Lisa met die rooi hare 25.01.2026 36:25
In die jongste episode van “Dis wie ek is”, Maroela Media se podsendingreeks oor die vermaakbedryf, gesels Lisa van Niekerk met Mizanne van Wyk oor haar interessante stokperdjies, hoe sy op skool was en hoe sy haar in ʼn loopbaan bevind het waar sy daagliks inhoud moet skep.
‘Dis wie ek is’ met JP en Ruan Smith 18.01.2026 27:26
In die jongste episode van “Dis wie ek is” stort Ruan en JP Smith hul hart uit oor “Op my eish!” en die emosionele wipwarit waarop Ruan was tydens die verfilming van die TV-maatsoekreeks.
‘Dis wie ek is’ met Lianie May 24.10.2025 36:03
In die jongste episode van Dis wie ek is, Maroela Media se podsendingreeks oor die vermaakbedryf, gesels Lianie oor die oplewing in haar loopbaan, haar lewe op die plaas saam met Barry en die “goeie ou dae” van die 2000’s.
‘Dis wie ek is’ met Izak Davel 05.09.2025 29:25
Hoewel Izak Davel al deur diepe waters moes worstel om weer ʼn asemteug van verligting in sy loopbaan te skep, weet hy vandag een ding – jy kan nooit alles verloor as jy steeds jou geloof het nie.
‘Dis wie ek is’ met Rolanda Marais 04.07.2025 28:36
In die jongste episode van ‘Dis wie ek is’ stort Rolanda Marais haar hart uit oor ma-wees, jare in die vermaakbedryf en ouer word.
‘Dis wie ek is’ met Riana Nel 23.05.2025 30:40
Sy skroom nie om haar geloof op haar mou te dra nie, sy vind inspirasie in haar vier seunskinders en dwing nie haarself om musiek te skryf wat nie haar hart weerspieël nie.
‘Dis wie ek is’ met Rian van Heerden 14.02.2025 24:15
As daar een man wat in murg en been ʼn storieverteller is, is dit die aanbieder, restauranteienaar en vervaardiger Rian van Heerden.
‘Dis wie ek is’ met Christia Visser 12.12.2024 36:07
In die jongste episode van “Dis wie ek is” gesels Christia Visser openhartig oor haar loopbaan, gesin en die uitdagings wat sy die afgelope paar jaar met haar geestesgesondheid moes trotseer.
‘Dis wie ek is’ met Andriëtte 05.12.2024 24:05
In die jongste episode van "Dis wie ek is" maak Andriëtte haar hart oop oor haar loopbaan, gesin en die uitdagings wat sy in die afgelope paar jaar met haar stem ervaar het.
‘Dis wie ek is’ met Brendan Peyper 30.11.2024 22:05
In die jongste episode van “Dis wie ek is” stort Brendan Peyper sy hart uit oor sy trek terug Bloemfontein toe, nuwe musiek en die onstuimige waters waardeur hy die afgelope ruk is.
‘Dis wie ek is’ met Steve Hofmeyr 22.11.2024 28:51
In die jongste episode van “Dis wie ek is” gesels Steve Hofmeyr openhartig oor vier dekades in die bedryf, skandes wat hom in die koerant laat beland het, en sy liefde vir Afrikaans.
‘Dis wie ek is’ met Danny Smoke 15.11.2024 46:59
In “Dis wie ek is” gesels Danny oor die titel van sy nuwe enkelsnit, asook die herlewing van egte sokkiemusiek in Afrikaans en deel meer oor sy agtergrond en toekomsplanne.
‘Dis wie ek is’ met Kurt Darren 10.11.2024 50:16
In die jongste episode van “Dis wie ek is” gesels Kurt openhartig oor sy gesin, sy pad in die musiekwêreld en sy splinternuwe album, “100%”.
‘Dis wie ek is’ met ONS 01.11.2024 41:26
In die jongste episode van “Dis wie ek is” gesels Ruvé Erasmus en Marco van Deventer oor ONS se debuutalbum en hul liefde wat eintlik lank voordat hulle musiek begin maak het, geblom het.
‘Dis wie ek is’ met Nadia en Rouel Beukes 27.10.2024 37:14
In Maroela Media se jongste episode van “Dis wie ek is”, ʼn podsendingreeks oor die vermaakbedryf, gesels ons met Nadia en Rouel oor hul unieke verhouding met mekaar en die verhoog.
‘Dis wie ek is’ met Bok van Blerk 09.10.2024 30:52
In die tweede episode van Maroela Media se podsendingreeks “Dis wie ek is” gesels Bok oor sy nuwe musiek, sy gesin en sy lewe in die Kaap.
‘Dis wie ek is’ met Hykie Berg 27.09.2024 38:35
In die eerste episode van Maroela Media se jongste podsendingreeks, “Dis wie ek is”, gesels Hykie openhartig oor die swaar, ligte en lekker tye wat hy al in sy lewe en loopbaan gehad het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.