Suzaan Steyn

Die Tweede Trump

News AF ↓ 9 episodes

Die Tweede Trump is 'n potgooi wat dieper delf in hoe Donald Trump se tweede termyn die wêreld kan verander. Aangebied deur Suzaan Steyn.

Author

Suzaan Steyn

Category

News

Podcast website

podcasters.spotify.com

Latest episode

Apr 14, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Epi 9: Trump se oorlog met Iran 14.04.2026

In hierdie episode van Die Tweede Trump vat ons die jongste verwikkelinge in Iran se oorlog saam — van missiele en magspel tot die wêreld se oliepryse wat soos ’n WhatsApp-groep op ’n Vrydagmiddag ontplof. Ons kyk na hoe die konflik begin het, hoekom almal nou skielik baie bekommerd is oor die Straat van Hormuz, en hoekom jou petrolrekening waarskynlik ook ’n sê het in hierdie oorlog. En natuurlik...

Epi 8: Gaan Trump hemel toe 06.03.2026

In hierdie episode van Die Tweede Trump delf Suzaan Steyn en Appel du Plessis in ’n vreemde maar fassinerende tema: hoe praat Donald Trump oor die hemel? Deur die jare het Trump verskeie kere in onderhoude en toesprake na die hemel, God en die hiernamaals verwys. Partykeer klink dit vroom. Ander kere… minder so. In hierdie episode luister Suzaan en Appel na ’n paar van hierdie oomblikke en vra die...

Epi 7: Davos, Elon Musk se terugkeer, Melania se dokumentêr 29.01.2026

In hierdie episode van Die Tweede Trump ontleed Suzaan Steyn en Appel du Plessis die nuutste internasionale politieke skuiwe met hul kenmerkende mengsel van satire, ontleding en ongemaklike vrae. Die gesprek begin by Donald Trump en sy kabinet se besoek aan Davos , waar globale elite, groot kapitaal en politieke teater weer eens in dieselfde vertrek saamgedrom het. Wat beteken Trump se Davos-optre...

Epi 6: Trump, Harvard en die eerste 100 dae 29.04.2025

In hierdie episode van Die Tweede Trump delf ons in Donald Trump se eerste 100 dae as president van die VSA – van omstrede uitvoerende bevele tot kabinetsdramas. Ons ondersoek ook die opspraakwekkende hofsaak tussen Harvard Universiteit en die Trump-administrasie oor toelatingsbeleid en burgerregte. Wat sê hierdie botsing oor die toekoms van Amerikaanse demokrasie en akademiese vryheid? Luister no...

Epi 5: Elon Musk ♥️ Trump 27.02.2025

Hulle eerste gesamentlike onderhoud op Fox News, en Donald Trump en Elon Musk kan mekaar nie genoeg bewonder nie. Hulle bevestig hulle verbintenis tot samewerking, beloof om korrupsie in die regering uit te roei en Amerikaanse belastingbetalers miljoene dollars te spaar: Suzaan en Appel is skepties. Met Trump se rekord, wat is die kans dat dié nuwe liefde twee groot ego’s gaan oorleef? En belangri...

Epi 4: Trump en die Afrikaner 10.02.2025

In Die Tweede Trump duik Suzaan Steyn diep in die vraag wat al hoe meer Afrikaners fluister: Kan ons asiel in Amerika kry? En as jy kan—hoe presies werk dit? Met die 2024-verkiesing agter die rug, en Donald Trump wat sy tweede termyn beplan, ondersoek ons hoe sy immigrasiebeleid dalk 'n reddingsboei (of 'n dooie end) vir Suid-Afrikaanse aansoekers kan wees. Hoe baie van die skuld vir hierdie situa...

Epi 3: Trump en die H-1B debat 05.02.2025

Die Tweede Trump is 'n podcast aangebied deur Suzaan Steyn. In hierdie episode kyk ons na Trump se immigrasiebeleid, die konflik rondom Musk se publieke uitlatings oor die H-1B visums en sy standpunte oor immigrasie. Luister hoe Suzaan die politieke en ekonomiese ramifikasies van Musk se aksies ontrafel, terwyl sy die groter prentjie van Amerikaanse arbeid en mobiliteit deurdink.

Epi 2: Trump se tweede inhuldiging 28.01.2025

Ontdek die stories agter Trump se tweede inhuldiging: die simboliek, buitengewone toespraak en wat dit te sê het oor die volgende vier jaar van Amerikaanse politiek. Of jy nou 'n politieke entoesias of 'n nuuskierige luisteraar is, hierdie podcast sal jou nuwe insig bied oor Donald Trump se buitengewone styl. Aangebied deur Suzaan Steyn.

Epi 1: Trump, Johann Rupert & gholf 20.01.2025

'Die Tweede Trump' is 'n potgooi wat dieper delf in wat Donald Trump se tweede termyn as president kan beteken. Donald Trump se eerste termyn was bekend vir sy onkonvensionele styl en politiese ontwrigting. Een groot kenmerk was sy fokus op transaksionaliteit. Malcolm Turnbull, die voormalige eerste minister van Australië, het dit so opgesom: Trump is “uiters transaksioneel.” In die eerste aflewer...

Listen to the Die Tweede Trump podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.