Newskoop

Bizskoops (Afrikaans)

News AF ↓ 68 episodes

Bizskoops, aangebied deur Isabel Potgieter, bied 'n blik op plaaslike en globale sake-ontwikkelings. Ons bring vir jou in-diepte onderhoude met bedryfsleiers en entrepreneurs, deel hul strategieë en stories vir sukses. Die voormalige President van die Ekonomiese Vereniging van Suid-Afrika en dosent verbonde aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool, prof. Waldo Krugell, gee weekliks ʼn oorsig oor stand van die ekonomie. Bly op hoogte met Bizskoops – vir 'n omvattende besigheidsperspektief.

Author

Newskoop

Category

News

Podcast website

rss.iono.fm

Latest episode

Jul 9, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Bizskoops - 15 Januarie 2026 15.01.2026

In hierdie week se Bizskoops verduidelik ekonoom, professor Waldo Krugell, hoe wêreldskokke en geopolitieke spitsvure kan deurwerk na Suid-Afrika se groei, inflasie, geldeenheid en beleggingsklimaat. Dit volg op Pretoria se uitgesproke veroordeling van die onlangse Amerikaanse militêre gevangneming van die Venezolaanse president, Nicolás Maduro. Chris Hattingh van die Centre for Risk Analysis (CRA...

Bizskoops - 8 Januarie 2026 08.01.2026

In hierdie week se Bizskoops verskuif ons die fokus na Afrika se groen oorgang met ’n spesiale fokus op die 2026 Africa’s Green Economy Summit in Kaapstad, ’n transaksiegedrewe platform wat internasionale kapitaal met Afrika-geleenthede in hernubare energie, groen mobiliteit, water en afval, volhoubare landbou, groen geboue, die blou ekonomie en klimaattegnologie verbind. Sanlam Investments keer t...

Bizskoops - 18 Desember 2025 18.12.2025

Op hierdie week se Bizskoops ontleed ons die verskuiwende openbare sentiment oor Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging. Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding deel sy perspektief oor 'n onlangse Suid-Afrikaanse Versoeningsbarometer-opname wat toon dat die meeste Suid-Afrikaners die ANC se huidige SEB-beleid teenstaan. Die ekonoom professor Waldo Krugell keer terug om Suid-Afrika se a...

Bizskoops - 11 Desember 2025 11.12.2025

Op hierdie week se Bizskoops kyk ons na dringende ekonomiese kwessies en opkomende tendense wat Suid-Afrika en die wêreld vorm. Ekonoom Professor Waldo Krugell bespreek die voortdurende uitdagings van aanlyn dobbelary en die breër impak daarvan. Op die beleggingsfront deel Todd Micklethwaite, Uitvoerende Hoof by Sanlam Alternative Investments, strategiese prioriteite wat die groen ekonomie dryf vo...

Bizskoops - 4 Desember 2025 04.12.2025

Is jy gereed vir die nuutste sakenuus, plaaslik en internasionaal, op hierdie week se Bizskoops? Op hierdie week se Bizskoops het ons belangrike ekonomiese tendense ondersoek wat Afrika en Suid-Afrika se unieke posisie vorm. Ons het afgeskop met insigte van Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding, wat sy sienings gedeel het oor waarom Suid-Afrika se groeivooruitsigte steeds gedemp is i...

Bizskoops - 27 November 2025 27.11.2025

Op die program vandag... # Suid-Afrika mag binnekort nuwe belasting op aanlyn dobbelary instel # Die regering gaan voort met 'n nuwe strategie om handel te diversifiseer # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor die ekonomie van Swart Vrydag # In internasionale sakenuus… Kanada se eerste minister is nie haastig om handelsgesprekke met die Verenigde State te hervat nie # In beleggingsnuus... ons kyk na...

Bizskoops - 20 November 2025 20.11.2025

Op die program vandag... # Suid-Afrika se kredietgraderings het verlede week 'n beduidende positiewe ontwikkeling gesien # Inflasie styg met nul-komma-een persent maand-tot-maand # Die ekonoom Waldo Krugell praat ook oor goeie nuus in terme van die land se ekonomie die afgelope week. # In internasionale sakenuus… Regter beslis Meta het nie die wet oortree toe dit Instagram en WhatsApp gekoop het n...

Bizskoops - 13 November 2025 13.11.2025

Op die program vandag... # Ons fokus op vanmiddag se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring # Statistiek Suid-Afrika het 'n verbetering in die land se werkloosheidsyfer gerapporteer # Die ekonoom Waldo Krugell praat ook oor vanmiddag se mini-begroting # In internasionale sakenuus… Asiatiese aandele het beduidende buitelandse uitvloei in die eerste week van hierdie maand gesien # In beleggingsnuu...

Bizskoops - 06 November 2025 06.11.2025

Op die program vandag... # Suid-Afrika kan 'n kredietgraderingsopgradering van S&P ontvang. # Die Chinese motorvervaardiger Changan het amptelik die Suid-Afrikaanse mark betree. # Die ekonoom Waldo Krugell praat ook oor hoekom dit goeie nuus is dat Suid-Afrika van die gevreesde gryslys verwyder is. # In internasionale sakenuus… Asië aandele het vanoggend gedaal. # In beleggingsnuus... Cell C is op...

Bizskoops - 30 Oktober 2025 30.10.2025

Op die program vandag... # Suid-Afrika benodig miljarde rand oor te skakel na 'n lae-koolstof, klimaatsveerkragtige ekonomie # Die Nasionale Departement van Gesondheid het befondsingsopsies voorgestel om die Nasionale Gesondheidsversekering te vestig # In internasionale sakenuus… In internasionale sake-nuus… Amazon Web Services sal teen 2031 ten minste vyfmiljard dollar in Suid-Korea belê En ons f...

Bizskoops - 23 Oktober 2025 23.10.2025

Op die program vandag... # Inflasie bly binne die Reserwebank se teikenband # Die gemiddelde lewenstandaard in Suid-Afrika sal na verwagting verder daal # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor die besteding van jou geld op ervarings # In internasionale sakenuus… Die VSA en Australië het 'n belangrike mineraalooreenkoms onderteken # In beleggingsnuus… Die Foschini-groep se aandeelprys het met meer as...

Bizskoops - 16 Oktober 2025 16.10.2025

Op die program vandag... # Die Moody’s graderingsagentskap verwag dat Suid-Afrika se ekonomie hierdie jaar kan groei # Die dalende Amerikaanse dollar bevoordeel tans die Suid-Afrikaanse rand # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor die goudprys wat ʼn hoogtepunt bereik het # In internasionale sakenuus… China wil hoëtegnologie-vervaardiging bevorder # In beleggingsnuus… Beleggers word aangemoedig om gr...

Bizskoops - 9 Oktober 2025 09.10.2025

Op die program vandag... # President Cyril Ramaphosa het die stigting van 'n Ekonomiese Oorlogskamer in die Presidensie voorgestel # Beleidsonsekerheid in Suid-Afrika het 'n rekordhoogtepunt bereik # Die ekonoom Waldo Krugell praat vandag oor ekonomiese aanwysers en die sogenaamde Second China Shock # In internasionale sakenuus… Die prys van goud het 'n rekordhoogtepunt bereik # In beleggingsnuus…...

Bizskoops - 2 Oktober 2025 02.10.2025

Op die program vandag... # Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens skiet tekort aan sy doelwit om vanjaar ekstra inkomste in te samel # Suid-Afrika se negatiewe verbruikersvertroue is 'n bron van kommer # Die ekonoom Waldo Krugell praat vandag oor die onlangse verbruikersvertrouesyfers # Die Amerikaanse federale regering het gesluit # Ons praat oor Afrika se minerale rykdom En, ons gesels met hoofredakt...

Bizskoops - 18 September 2025 18.09.2025

Op die program vandag... # Die jaarlikse verbruikersprysinflasie daal effens in Augustus # Die Suid-Afrikaanse motorsektor staar groeiende uitdagings in die gesig # Die ekonoom Waldo Krugell praat vandag oor die BBP-syfers wat verlede week vrygestel is # In internasionale sakenuus… Microsoft is gereed om in die Verenigde Koninkryk se Kunsmatige Intelligensie-sektor te belê # In beleggingsnuus… Aan...

Bizskoops - 11 September 2025 11.09.2025

Op die program vandag... # President Cyril Ramaphosa het steun uitgespreek vir die inkomende staatsbeheerde Postbank # Suid-Afrika se BBP het opwaarts verras # Die ekonoom Waldo Krugell praat vandag oor die ekonomie van sport # In internasionale sakenuus… 'n Federale regter het die Amerikaanse president Donald Trump tydelik verhoed om die goewerneur van die Federale Reserweraad af te dank # In bel...

Bizskoops - 4 September 2025 04.09.2025

Op die program vandag... # Daar is steeds struikelblokke wat verhoed dat die rand sy billike waarde bereik # Fabriekaktiwiteit in Suid-Afrika het in Augustus weer in krimping verval # Die ekonoom Waldo Krugell praat vandag oor staatskuld # In internasionale sakenuus… Daar is tekens van sterker ekonomiese bande tussen Rusland, China en Indië # In beleggingsnuus… 'n Batemakelaar het 'n veldtog in Su...

Bizskoops - 28 Augustus 2025 28.08.2025

Op die program vandag... # Suid-Afrika bly Afrika se grootste welvaartmark # Suid-Afrika se spoorwegsektor betree 'n nuwe era # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor die huidige stand van die Amerikaanse ekonomie # In internasionale sakenuus… Donald Trump se 50 persent-tariewe op Indië het nou in werking getree # In beleggingsnuus… ACSA verklaar ’n rekord netto wins En ons gesels met 'n leierskapsaf...

Bizskoops - 21 Augustus 2025 21.08.2025

Op die program vandag... # Die Verbruikersprysindeks vir Julie is op tot drie-komma-vyf persent # Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding gesels oor die land se werkloosheidskrisis # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor die regering se ondersteuningspakket in reaksie op die VSA se 30% handelstariewe # In internasionale sakenuus… gesels ons vandag oor die VSA se ekonomie # In beleggingsn...

Bizskoops - 14 Augustus 2025 14.08.2025

Op die program vandag... # Suid-Afrika se handelsdepartement het nuwe regulasies voorgestel om uitvoerders te help om die 30 persent Amerikaanse tariewe te hanteer # Suid-Afrika staar 'n golf van internasionale maatskappye in die gesig wat afskaal of die land verlaat # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor verskeie aanwysers en die komende nasionale dialoog # In internasionale sakenuus… Britse maats...

Bizskoops - 7 Augustus 2025 08.08.2025

Op die program vandag... # Markte is senuweeagtig oor die verskil tussen die Reserwebank en minister Godongwana oor die inflasieteiken # Die JSE oorweeg dit om 24-uur-handel in te stel # Die ekonoom Waldo Krugell praat ook oor die nodigheid van beleidskoördinering # In internasionale sakenuus… Kritici waarsku oor die impak van 'n 100 persent-tarief op die invoer van Russiese olie. # In beleggingsn...

Bizskoops - 31 Julie 2025 31.07.2025

Op die program vandag... # Die IMF se Julie Wêreld Ekonomiese Vooruitsigte is meer positief oor globale groei, maar nie vir Suid-Afrika nie # Verskeie belangrike gevolgtrekkings kan gemaak word uit die toutrekkery met die begroting vanjaar # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor môre se repokoersbesluit # In internasionale sakenuus… 'n VSA-miljardêr verwelkom die land se planne om 'n 50 persent-tari...

Bizskoops - 24 Julie 2025 25.07.2025

Op die program vandag... # Die jaarlikse Verbruikersprysinflasie is op na drie persent # Suid-Afrika kan in die toekoms rentekoersverhogings in die gesig staar # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor internasionale en plaaslike ekonomiese aanwysers wat die vooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed # In internasionale sakenuus… Die Verenigde State het handelsooreenkomste met Japan, die...

Bizskoops - 17 Julie 2025 18.07.2025

Op die program vandag... # Die goewerneur van die Reserwebank waarsku dat wêreldwye handelsspanning Suid-Afrika se inflasievooruitsigte beïnvloed # Ekonome het Suid-Afrika se ekonomiese groeivoorspellings hersien # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor positiewe en negatiewe sentiment oor die land se ekonomie # In internasionale sakenuus… China se ekonomiese groei verlangsaam # In beleggingsnuus… Di...

Bizskoops - 10 Julie 2025 10.07.2025

Op die program vandag... # Buitelandse beleggers het die afgelope vier weke miljarde se Suid-Afrikaanse aandele verkoop # Minister Godongwana verwerp oproepe vir 'n welvaartsbelasting of 'n apartheid-era-regstellingsbelasting. # Die ekonoom Waldo Krugell praat oor die impak van die VSA tariewe op die land se ekonomie # In internasionale sakenuus… President Donald Trump het 'n invoerbelasting van 5...

Listen to the Bizskoops (Afrikaans) podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.