Gereformeerde kerk Bergbron
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en BevrydingOm mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
Author
Gereformeerde kerk Bergbron
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 5, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sondag 19 Desember 2021 19.12.2021 23:43
Skriflesing: 1 Korintiërs 2
Sondag 12 Desember 2021 Greg Aucamp 12.12.2021 42:36
Skriflesing: Lukas 8:4-21
Sondag 5 Desember 2021 Wimpie Jansen van Vuuren 05.12.2021 32:32
Ons verwelkom teologiese student Wimpie Jansen van Vuuren by ons. Skriflesing : Efesiërs 2:17 – 32 Fokusverse : vers 20 – 24 Tema : God herstel ons na Sy beeld, leef daarom as die nuwe mens waartoe jy geroep word. Hoofpunte: God herstel, deur Christus, Sy kinders na sy beeld. Lewe daarom as die nuwe mens waartoe jy geroep word. Opsomming van die preek: In die moderne wêreld waarin ons leef is daar...
Sondag 21 November 2021 Stepan Briel 21.11.2021 35:50
Lees: Lev 16:1-10 en Ef 1:3-14. Fokus: Ef 1:7. Die betekenis van die bloed van Christus. Lev 16 verse 8-9: “Hier moet Aäron lootjies trek oor die bokke. Die een lootjie moet gemerk wees ‘vir die Here’ en die ander een ‘vir Asasel’. Aäron moet die bok wat vir die Here geloot word, as ‘n sondeoffer offer.” Jesus was met sy bloed aan die kruis beide sondeoffers wat op die Versoendag gebring moes word...
Sondag 14 November 2011 Stephan Briel 14.11.2021 34:36
Lees: Mat 6:24-34 en Spreuke 28:18-22. Fokus: Spreuke 28:20. ‘n Betroubare man is baie voorspoedig. Die Spreukeskrywer (28:20) beskryf ‘n persoon wat deur ‘n gees van Mammon beheer word, as volg: “Een wat gou ryk wil word, sal sy straf kry.” Geld is nie boos nie, maar ‘n liefde vir geld (1Tim 6: 10). Mammon ( liefde vir geld ) probeer ons byvoorbeeld wysmaak dat die hoeveelheid geld wat menshet, d...
Woensdag 11 November 2021 Stephan Briel 10.11.2021 6:34
'n Bemoedigende boodskap uit Rigters 7:4-7 met die tema: Hoe om vir die geveg voor te berei?
Sondag 7 November 2021 Stephan Briel 07.11.2021 38:44
Lees: Rom 10:14-21. Fokus: Rom 10:17. Ons geloof word bepaal deur hoe goed ons God ken. Hoe beter ons God en sy Woord ken, hoe groter geloof sal ons hê. As ons baie kennis van God se Woord het, baie kennis van Jesus en wat waar is in Hom – dan sal ons ook baie geloof hê. Die geloofshelde van Hebreërs 11 het groot geloof gehad, omdat hulle geweet het dat hulle ‘n groot God het. Groot God, groot gel...
Sondag 31 Oktober 2021 Stephan Briel 31.10.2021 35:53
Lees: Jak 2:14-26 en Heid Kat Sondag 24 (vr en antw 62-64). Plek en betekenis van goeie werke in die lewe van ‘n Christen. Goeie werke is onverdienstelik (antw 62). Goeie werke is tog noodsaaklik (antw 64). Goeie werke word uit genade ook beloon (antw 63). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoekom staan ons almal skuldig ten opsigte van al God se gebooie? Waarvan is goeie werke...
Sondag 24 Oktober 2021 Stephan Briel 24.10.2021 37:32
Lees: Rom 3:21-31 en Heid Kat Sondag 23 (vr en antw 59-61). Ons is in Christus voor God regverdig deur die geloof. Ons is voor God regverdig. Ons is in Christus regverdig. Ons is deur die geloof regverdig. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat beteken dit om regverdig voor God te wees? Hoe is dit moontlik om regverdig voor God te wees? Moet ek God se genade met my geloof verdie...
Sondag 17 Oktober 2021 Stephan Briel 17.10.2021 27:32
Lees: Joh 5:41-47. Fokus: Joh 5:44. Soek die eer wat van die enigste God af kom. Omdat die Jode en hulle geestelike leiers die eer van mense gesoek het, was hulle nie instaat om te sien wat God besig was om voor hulle oë te doen nie – die grootste en kragtigste optrede van God in die wêreld se geskiedenis! Om die eer en goedkeuring van God te soek, beteken eerstens om Jesus in die geloof te aanvaa...
Woensdag 13 Oktober 2021 Stephan Briel 14.10.2021 5:53
'n Bemoedigende boodskap uit 1 Pet 2:13-17 met die tema: Wees onderdanig.
Sondag 10 Oktober 2021 Christiaan Mulder 10.10.2021 22:23
Lees: Filemon en Eksodus 21 Gemeenskap van heiliges, tree ons vir mekaar in die bres?
Sondag 3 Oktober 2021 Stephan Briel 03.10.2021 29:07
Lees: Matt 8:14-17. Fokus: Matt 8:16,17. Jesus het ons lyding op Hom geneem en ons siektes gedra. Jesus het met sy koms na die aarde nie net geestelik versoening kom doen vir ons sondes nie, maar ook die fisiese implikasies van die sonde op Homself geneem. “Ek is die HERE wat jou gesond maak” – Jahweh Rapha (Eks 15:26). Die inhoud van Jesus se prediking: Die Koninkryk het naby gekom. “Genadegawes...
Sondag 26 September 2021 Stephan Briel 26.09.2021 38:41
Lees: Lukas 16: 1-13 Fokusvers: Luk. 16: 8, 9 Vermensliking van die lewe. 1. Lesse uit die wysheid van wêreldse mense (vers 8). Hierdie oneerlike bestuurder het geleef met die oog op die toekoms en het daarom vooruit beplan. Sukses in enigiets vra vasberadenheid en toewyding. 2. Gebruik geld tot vermensliking van die lewe (vers 9). Breek die mag wat mammon dalk kan hê in jou lewe deur geld en besi...
Sondag 19 September 2021 Geopende Deure 19.09.2021 34:47
Geopende Deure bring Sondag die boodskap en getuienis aangaande die Vervolgde Kerk. Lees: Psalm 149. Fokus: Psalm 149:1. Vir meer inligting oor Geopende Deure besoek hulle webblad .
Sondag 12 September 2021 Stephan Briel 15.09.2021 29:22
Lees: Spreuke 13:20-25. Fokus: Spreuke 13:22. Wees ‘n regverdige in die hantering van jou geld en besittings. Twee belangrike beginsels om ‘n “regverdige” te wees in die hantering van jou geld en besittings: Erken God as Eienaar en wees sy rentmeester. Verbind jou tot ‘n skuld-vrye lewe (vgl Psalm 37:21). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wie is die “sondaar” en “regverdige” vo...
Woensdag 8 September 2021 Jacques Moolman 08.09.2021 4:40
'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Jacques Moolman.
Sondag 5 September 2021 Stephan Briel 05.09.2021 39:19
Lees: Jos 6:1-21. Fokus: Jos 6:2,3. Geloof wat hindernisse laat val. Die Here belowe in vers 2 dat Hy alreeds Jerigo in Josua se hande oorgegee het (perfektum tydsvorm). 1. Hindernisse wat geloof laat val. Veertig jaar terug reageer 10 verkenners met ‘n selfgerigte lewe en rapporteer: “Nee, ons kan nieteen daardie mense optrek nie, want hulle is sterker as ons”(Num 13:31). ‘n Selfgerigte lewe laat...
Sondag 29 Augustus 2021 Stephan Briel 29.08.2021 26:45
Lees: Jos 5:2-15. Fokus: Jos 5:13-15. Is jy aan God se kant?> Hierdie vraag van Josua of God aan ons kant is, is eintlik ‘n misleidende en verkeerde vraag. Josua het die aanvoerder van die leër van die Here die verkeerde vraag gevra. Die vraag is nie of God aan ons kant is nie. Die regte vraag is: Is ons aan God se kant? Die vraag is nie of God Hom sal onderwerp aan jou saak en begeertes nie. Die...
Sondag 22 Augustus 2021 Christiaan Mulder 22.08.2021 23:36
Lees: 1 Korintiërs 1: 26 – 2: 5 Die kragtige werking van die Gees
Woensdag 18 Augustus 2021 Gert van Straaten 19.08.2021 8:22
'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Gert van Straaten uit Jakobus 1:2-8.
Sondag15 Augustus 2021 Stephan Briel 15.08.2021 32:25
p> Ontvang en deel God se liefde uit deur jouself reg lief te hê in Christus. Lees: Mat 22:34-40 en Ef 5:1-5. Fokus: Ef 5:1,2. 1. Verkeerde selfliefde . Hoogmoedig net dele gee aan God. Eksperimenteerders. Oop-Bybel-Christene. Uit die wêreld-Christene. 2. Regte selfliefde . Om tot regte selfliefde te kom, is dit vir baie Christene eers nodig om hulleself te vergewe. Die regte selfliefde is lief...
Sondag 8 Augustus 2021 Stephan Briel 08.08.2021 33:58
Lees: Mark 12:28-34. Fokus: Mark 12:31. Die Groot Gebod is om tweedens gemeenskap te hê met medegelowiges. As jy werklik God liefhet (Hom aanbid), dan sal jy ook God se familie liefhê deur gemeenskap met medegelowiges te hê. ‘n Kerkfamilie is deel van ‘n ware gelowige. ‘n Kerkfamilie red jou van selfgesentreerde isolasie. ‘n Kerkfamilie help jou om geestelike gespierdheid te bou. Christus se ligga...
Woensdag 4 Augustus 2021 Christiaan Mulder 04.08.2021 7:00
'n Bemoedigende boodskap uit Romeine 11 en 12 deur ouderling Christiaan Mulder.
Sondag 1 Augustus 2021 Stephan Briel 01.08.2021 39:37
Lees: Mark 12:28-34. Fokus: Mark 12:29-31. Die Groot Gebod is om eerstens God te aanbid. 1. Die wese van aanbidding. Aanbidding is my reaksie op God se liefde. Aanbidding is om liefde terug te gee aan God. 2. Die praktyk van aanbidding. Aanbidding is om my aandag op God te fokus. Aanbidding is om my gevoelens teenoor God uit te druk. Aanbidding is om my vermoëns vir God te gebruik. Vir nadenke en...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.