Gereformeerde kerk Bergbron
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en BevrydingOm mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
Author
Gereformeerde kerk Bergbron
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 5, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sondag 5 Julie 2026 Stephan Briel 05.07.2026 32:35
Lees: Mat 10:34-39. Fokus: Mat 10:38 (AFR53). Om ‘n waardige kind van God te wees.
Sondag 28 Junie 2026 - Stephan Briel 28.06.2026 27:45
Dra die krone van Jesus Christus! Lees: Fil 2:1-11. Fokus: Fil 2:5-11.
Sondag 21 Jun ie 2026 Chris Raath 21.06.2026 33:41
Tema: Daarom word ons nie moedeloos nie Lees: 2 Kor. 4: 1 - 18 Fokus: 2 Kor. 4: 1 en 7
Sondag 7 Junie 2026 Stephan Briel 13.06.2026 32:31
Lees: 1 Pet 5:1-11. Fokus: 1 Pet 5:7. Hantering van bekommernisse en vrees. · Gebed is die eerste stap. · Die tweede stap is om alle persoonlike of geestelike konflikte wat jy mag hê, op te los. · Die derde stap is om die probleem spesifiek te verklaar. · In die vierde stap moet jy onderskei tussen werklikheid en aannames. · In die vyfde stap moet jy bepaal w...
Sondag 31 Mei 2026 Stephan Briel 31.05.2026 29:52
Lees: Hand 1:1-11. Fokus: Hand 1:3. Die koninkryk van God het in Jesus Christus naby gekom. In die veertig dae tussen Jesus se opstanding en hemelvaart, was die koninkryk van God die sentrale boodskap van Jesus aan sy dissipels (Hand 1:3). Die koninkryk van God was die hart van Jesus se hele aardse bediening. Selfs Johannes die Doper, wie die pad moes voorberei vir Jesus se koms na die aarde,...
Sondag 24 Mei 2026 - Stephan Briel 24.05.2026 34:27
Lees: Hand 1: 1-11. Fokus: Hand 1: 8. Die Heilige Gees bemagtig ons om getuies van Christus te wees. · Wat is die verband tussen die gebeure die Sondagaand met Christus se opstanding (Joh 20:22) en die gebeure na Christus se hemelvaart met Pinkster waarna in Hand 1:8 verwys word? · In die Ou Testament was die Heilige Gees met God se volk (wolk- en vuurkolom, tabernakel en tempe...
Sondag 17 Mei 2026 Stephan Briel 17.05.2026 29:28
Lees: Kol 3:1-17. Fokus: Kol 3:13,15-16. Om opreg te vergewe: Bewaar die woord van Christus in jou hart. · God werk deur ons denke en daarom is meditering oor sy Woord so belangrik. · Positiewe emosies soos vrede (v 15) en dankbaarheid (v 15,16) is baie keer die teken dat die woord van Christus ryklik in ons harte woon. · Die Woord woon eers ryklik in ons as dit ons emosie...
Sondag 10 Mei 2026 Stephan Briel 10.05.2026 41:26
Lees : 2 Tim 3:1-17. Fokus: 2 Tim 3:14-17. Teen die bedrieërs wat jou wil verlei, roep God jou om te lewe uit sy Woord. 1. Die bedrieërs wat jou wil verlei · Die bedrieërs het die Christelike godsdiens vermeng met die Joodse en Griekse godsdienste. · Volgens die bedrieërs aanbid alle godsdienste dieselfde God, elkeen net op sy eie manier. 2. God roep jou om te lewe uit sy...
Sondag 3 Mei 2026 Stephan Briel 03.05.2026 23:49
Lees: Mat 6:5-15. Fokus: Mat 6:12. Om opreg vergifnis te vra en opreg te vergewe.
Sondag 26 April 2027 Stephan Briel 26.04.2026 32:19
Lees: Mat 6:5-15 en Heid Kat vr en antw 126. Fokus: Mat 6:12. Vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe.
Sondag 19 April 2026 Chris Raath 19.04.2026 33:36
Lees: Psalm 22. Van lyding tot lofprysing en dankbaarheid.
Sondag 12 April 2026 Stephan Briel 12.04.2026 33:14
Lees: 2 Kor 4:16-5:10. Fokus: 2 Kor 4:16-18. Die versekering van toekomstige heerlikheid vul die hede met volharding en moed. · Dissipels van Jesus Christus gee nie tou op nie, maar word daagliks innerlik vernuwe (v.16). · Teenswoordige verdrukking is deel van die sigbare dinge, maar die heerlikheid van die toekoms hoort by die onsigbare dinge (v.18). · Paulus minimaliseer...
Sondag 5 April 2026 Stephan Briel - Opstandingssondag 05.04.2026 31:27
Lees: Joh 21:11-25. Fokus: Joh 21:15-17. Dissipelskap word gebou op die liefde van en vir Jesus Christus.
Sondag 29 Maart 2026, Stephan Briel 29.03.2026 23:43
Buitelug diens by genadesentrum Lees: Markus 14:26-31, 66-72. Fokus: Markus 14:27-31. Geestelike hoogmoed teenoor ware dissipelskap.
Sondag 15 Maart 2026 Stephan Briel 24.03.2026 28:08
Lees: Efes 5:21-33. Fokus: Efes 5:33. Wat vul die waarde-tenk van jou huweliksmaat? (Deel 2) · Drie betekenisse van “eerbied” vir mans: · Aanvaarding: ‘n Man begeer dat sy vrou hom sal aanvaar net soos hy is sonder om hom te probeer verander. · Die bewondering van sy vrou: ‘n Man wil graag woorde van bewondering en goedkeuring hoor. · Waardering vir sy pogings: ‘n...
Sondag 22 Maart 2026 Stephan Briel 22.03.2026 32:44
Lees: Mat 16: 13-28. Fokus: Mat 16: 21-25. Opregte Christusbelydenis impliseer ‘n Christusgerigte lewe. 1. Die inhoud van ons Christusbelydenis. · Jesus se Christusskap(die Griekse woord vir Messias) beteken Hy is God se Gesalfde na wie ons as volk van God opkyk vir hulp en verlossing van ons sondes. · Plaasvervangend het Hy ons sondes op Hom geneem en in ons plek God se oordeel en...
Sondag 8 Maart 2026 Stephan Briel 08.03.2026 33:06
Lees: Efes 5:21-33. Fokus: Efes 5:33. Wat vul die waarde-tenk van jou huweliksmaat? (Deel 1) Drie betekenisse van liefde vir vrouens: · Ek het hoë prioriteit vir my man. Jesus moet eerste kom in sy lewe en daarna ek. · My man moet na my luister en waarde heg aan my gevoelens, gedagtes, prioriteite en opinie. · Wanneer my man my seermaak en my hart verwond, moet hy dit er...
Sondag 1 Maart 2026 Stephan Briel 01.03.2026 29:01
Lees: Ef 6:10-20. Fokus: Ef 6:11,12. Strategie teen die listige aanslae van die duiwel. Raak bewus van twee duidelike vlakke van kommunikasie: · Saaklike-kommunikasie: die onderwerpe van bespreking wat betrekking het op die lewe en ons huwelik. · Verhoudings-kommunikasie: boodskappe wat ons aan mekaar stuur wat betrekking het op ons identiteit en waarde. Vir nadenke en gespre...
Sondag 22 February 2026 Stephan Briel, Belydenis van geloof 22.02.2026 45:56
Lees: Ef 6:10-20. Fokus: Ef 6:11,12. Raak bewus van die duiwel se metodes en staan hom teen met die waarheid as gordel in Christus. · Vereistes vir gelowiges om in groepsverband suksesvol te kan funksioneer: (1) eensgesind wees, (2) gesamentlike doel hê, (3) goeie kommunikasiesisteem hê, (4) en gesamentlike doel moet volgens God se wil wees – dan sal niks onmoontlik wees wat ons van plan...
Sondag 15 Februarie 2026 Marius Oosthuizen - Geopende Deure 15.02.2026 40:43
Lees: 2 Tim. 3: 12 Die waarheid oor Christen vervolging.
Sondag 8 Februarie 2026 Stephan Briel 10.02.2026 34:33
Lees: Gen 11:1-9 en Joh 17:11,20-23. Fokus: Gen 11:6,7 (AFR53). Eenheid: Vereiste vir God se bonatuurlike werking deur ons. • Vir die mense van Babel sal niks meer onmoontlik wees nie want (1) hulle was eensgesind, (2) hulle het ‘n gesamentlike doel gehad, (3) hulle het goeie kommunikasie tussen mekaar gehad (Gen 11:6). • Daar het nog egter een saak vir hulle kortgekom om suksesvol te wees: God se...
Sondag 1 Februarie 2026 Stephan Briel 01.02.2026 33:38
Lees: Spreuke 10: 22-32. Fokus: Spreuke 10: 24. Hoe om op God se spesifieke beloftes te wag. · In ‘n verhouding met God deur Christus, plaas die Heilige Gees baie keer sy wil as ‘n begeerte of droom in ons harte. · Beweeg van geloof tot verwagting (met dade agter jou geloof), dan sal die Heilige Gees jou bonatuurlik neem tot vervulling van sy spesifieke beloftes aan jou. Vir...
Sondag 25 Januarie 2026 Stephan Briel 25.01.2026 28:17
Lees: 1 Tess 5: 1-11. Fokus: 1 Tess 5: 11. Gesindheid waarmee gelowiges moet wag op Jesus se wederkoms. · Volharding. · Bemoediging van mekaar. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: · Hoe kan ons met volharding wag op die wederkoms van Jesus? · Waarom is die gemeenskap van gelowiges so belangrik? · Hoe kan jy ‘n seën wees vir die mense rondo...
Sondag 18 Januarie 2026 Chris Raath 18.01.2026 39:15
Lees: 2 Samuel 15: 13 - 23 Fokus: 2 Samuel 15: 21 Tot hoe ver strek jou lojaliteit?
Sondag 11 Januarie 2026 Chris Raath 11.01.2026 32:47
Lees: Deut. 4: 1 – 20 Fokus: Deut. 4: 7 God is verhewe en groter as enige ander god. Sy nabyheid ken geen perke nie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.