Gereformeerde kerk Bergbron

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Religion AF ↓ 363 episodes

Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en BevrydingOm mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Author

Gereformeerde kerk Bergbron

Category

Religion

Podcast website

www.bergbron.org.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Sondag 25 Julie 2021 Dirk van’t Zandt 25.07.2021

Lees: Eksodus 25:23-30 By die Here aan tafel. Die Here is nie soos afgode nie. Die afgode moet versorg word. Die Here is die een wat versorg en versadig. Ons kan miskien ons koppe meewarig skud oor mense wat vandag nog hulle afgode met kos versorg, maar hoe moeilik is dit vir ons om vanuit die genade te leef. Om te sê: "U genade is vir my genoeg"? Die tafel met toonbrode in die heilige deel van di...

Woensdag 21 Julie 2021 Pieter de Klerk 22.07.2021

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Pieter de Klerk.

Sondag 18 Julie 2021 Christiaan Mulder 18.07.2021

Lees: Psalm 91 Die stryd behoort aan die Here

Woensdag 14 Julie 2021 Jacques Moolman 14.07.2021

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Jacques Moolman uit Mat 5:1-12.

Woensdag 7 Julie 2021 Michael Kruger 07.07.2021

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Michael Kruger.

Woensdag 30 Junie 2021 Stephan Briel 30.06.2021

'n Bemoedigende boodskap uit Gal 5:16-18 met die tema: Moenie lewe onder jou verlossing potensiaal nie.

Sondag 27 Junie 2021 Stephan Briel 27.06.2021

Lees: Joh 20:19-25. Fokus: Joh 20:21. Gelowiges is ambassadeurs van Christus. 1. Hoe het ons ambassadeurs geword? Hierdie vrede in vers 21 dui op die beginpunt van ‘n nuwe lewensorde: Die oorwinning is behaal, die prys is betaal, die dood en sy magte is oorwin. Na Christus se kruisiging en opstanding kom woon die Heilige Gees in God se kinders (v 22) en bemagtig ons as ambassadeurs. 2. Die eise va...

Woensdag 23 Junie 2021 Stephan Briel 23.06.2021

'n Bemoedigende boodskap uit Psalm 119:89,90 met die tema: God se Woord staan vir altyd vas.

Sondag 20 Junie 2021 Stephan Briel 20.06.2021

Lees: 1 Sam 17:31-58. Fokus: 1 Sam 17:36 (OAV). Ervaringskennis lei tot Verbondsoutoriteit. Saul was eintlik ‘n vreemdeling tov die HERE se verbond alhoewel hy intellektuele kennis van dieverbond gehad het. Dawid het ervaringskennis van die verbond gehad. Dawid reageer nie soos Saul deur te vra: “Wat gaan ons doen?” nie, maar vra eerder: “Wat het God gesê?” Dawid het geweet dat hy eenvoudig net mo...

Woensdag 16 Junie 2021 Gert van Straaten 16.06.2021

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Gert van Straaten uit Joh 14:13-14.

Sondag 13 Junie 2021 Stephan Briel 14.06.2021

Lees: Ef 2:11-18. Fokus: Ef 2:12 (OAV). Vreemdelinge ten aansien van God se verbond. Om werklik te leef in die verbondsbeloftes van God se Nuwe Verbond, moet jy nie net weet van God se verbond in Jesus Christus nie, nie net glo dat daar ‘n verbond met God in Jesus Christus bestaan nie – jy moet ook in die verbondsverhouding met God tree deur jou hele lewe te verruil vir die lewe van Jesus Christus...

Woensdag 9 Junie 2021 Stephan Briel 10.06.2021

'n Bemoedigende boodskap uit Eksodus 16 met die tema: "Ongehoorsaamheid gewortel in vrees."

Sondag 6 Junie 2021 Stephan Briel 06.06.2021

Lees: 2 Sam 4:4 en 2 Sam 9:1-13. Fokus: 2 Sam 9:1 (OAV). 'n Verbond waarvan jy nie weet of verstaan nie, kan jou nie help nie. Vers 1: "...dat ek aan hom guns kan bewys ter wille van Jonatan?" Guns beteken letterlik in die Hebreeuse: liefdevolle en goedgunstige dade in ooreenstemming met beloftes afgelê. Onkunde aangaande God se verbond is die rede waarom baie van ons ook probeer wegkruip soos 'n...

Woensdag 2 Junie 2021 Christiaan Mulder 02.06.2021

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Christiaan Mulder.

Sondag 30 Mei 2021 Stephan Briel 30.05.2021

Lees: Gen 15:1-21. Fokus: Gen 15:18. God bevestig sy belofte-woord met die verbond. ‘n Verbond is ‘n eensydige, onvoorwaardelike, onherroeplike en onverbreekbare verbintenis voor die HERE wat geldig is tot die dood en selfs vir opeenvolgende geslagte. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat beteken dit dat ‘n verbond ‘n eensydige verbintenis is? Wat is die verskil tussen ‘n verbo...

Woensdag 26 Mei 2021 Stephan Briel 26.05.2021

'n Bemoedigende boodskap uit Jakobus 4:7 met die tema: "Onderwerp jou aan God en staan die duiwel teë."

Sondag 23 Mei 2021 Pinkster, Sebastiaan Floor 23.05.2021

Lees: Johannes 16:12-15.  Die Gees van die waarheid wat Christus verheerlik.

Woensdag 19 Mei 2021 Pieter de Klerk 19.05.2021

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Pieter de Klerk.

Sondag 16 Mei 2021 Stepan Briel 16.05.2021

Lees: Luk 5:1-11, Luk 22:31-34 en Joh 21:1-14 Fokus: Luk 5:8 Die ver en genadige naby wees van God se koninkryk. Petrus voel ver van God se koninkryk, maar God se koninkryk is by hom met Jesus in sy visserskuit. Dit is die paradoks van God se koninkryk. God se koninkryk voel baie keer vir ons so ver, terwyl dit so naby is. Ander kere voel God se koninkryk so naby, terwyl dit so ver is. Waar staan...

Donderdag 13 Mei 2021 Dirk van't Zand 13.05.2021

Hemelvaartdiens gelei deur Ds. Dirk van't Zand Lees Johannes 14 vanaf vers 18.

Woensdag 12 Mei 2021 Jacques Moolman 12.05.2021

'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Jacques Moolman.

Sondag 9 Mei 2021 Stephan Briel 09.05.2021

Lees: Luk 5:1-11 en Joh 21:1-14 Fokus: Luk 5:8 Waartoe bring sondebesef jou? 1. Die Here se optrede in ons lewens lei tot sondebesef. Jesus se wonderwerk in Petrus se visserswêreld waar hy die “kundige” is, maak Petrus se oë oop en hy erken Jesus se Goddelikheid. Hy noem Jesus nou in ons fokusvers: “Here”. Dit is ‘n titel vir God en dui op God wat bonatuurlike outoriteit uitoefen oor die ganse ske...

Woensdag 5 Mei 2021 Stephan Briel 05.05.2021

'n Bemoedigende boodskap uit Romeine 8:28-30 met die tema: "Vyf fases om jou Goddelike bestemming te bereik" (fase 5).

Sondag 2 Mei 2021 Stephan Briel 02.05.2021

Lees: Mat 28:16-20. Fokus: Mat 28:19a. Die 5 M’e van Jesus se bediening (deel 2). Om effektief Jesus se bediening voort te sit en dissipels van alle nasies te maak, moet ons verstaan wat Jesus se bediening alles behels. Jesus se bediening kan ons beskryf met 5 M’e: Missie, Message(boodskap), Middel, Metode en Model. Jesus se Missie: Jes 61. Jesus se “Message” (Boodskap): Die Koninkryk het naby gek...

Woensdag 28 April 2021 Stephan Briel 28.04.2021

'n Bemoedigende boodskap uit Romeine 8:28-30 met die tema: "Vyf fases om jou Goddelike bestemming te bereik" (fase 4).

Listen to the Bergbron Gereformeerde Kerk Preke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.