Gereformeerde kerk Bergbron
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en BevrydingOm mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
Author
Gereformeerde kerk Bergbron
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 5, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sondag 5 Junie 2022 Stephan Briel 05.06.2022 29:37
Lees: Eseg 47:1-12 en Joh 7:37-44. Fokus: Joh 7:37-39. Die strome lewende water van die Heilige Gees. Na aanleiding van Eseg 47:1-9 en Sag 13:1 het die volk geglo dat daar in die laaste dae ‘n stroom water uit die tempelrots gaan kom wat deur die hele wêreld gaan vloei. Hierdie water gaan oral lewe bring. In sy preek op die sewende dag van die huttefees, sluit Jesus juis by hierdie motiewe aan. Me...
Sondag 29 Mei 2022 Stephan Briel 29.05.2022 31:09
Lees: Psalm 126. Fokus: Psalm 126:1. As die Here ons lot verander, is dit soos ‘n droom! Die Psalmdigter weet: God wat die lot van sy volk in die verlede verander het, kan en wil dit nou weer doen. Ook ons as NT volk van God leef teen ‘n agtergrond van ‘n ingrypende en wonderlike lotsverandering deurJesus Christus. Jy kan daarom oortuig wees dat die Here jou lot wat jy tans beleef, weer kan en wil...
Sondag 22 Mei 2022 Stephan Briel 22.05.2022 30:36
Lees: Rigters 11:1-12 en 28-40. Fokus: Rigters 11:29. Oorkoming van struikelblokke in jou verlede. Jefta het met verskriklike verwerping en skaamte groot geword. Hierdie ervaring het Jefta geleer om ‘n geharde vegter en leier te word. God gebruik al die swaarkry in jou lewe om jou te vorm vir dit wat Hy vir jou beplan het. Jefta het die tyd van vernedering en verwerping gebruik om sy krygskuns te...
Sondag 15 Mei 2022 Nico van der Walt 15.05.2022 51:42
Preekteks : Joh 1:12-13; 3:3-7 Tema/Titel : Wat op aarde is ’n Christen? Hoofpunt : Reddende, ervaarbare en waarneembare Christenskap begin met die wedergeboorte. Wat kan ons hieroor uit ons twee teksgedeeltes leer?
Sondag 8 Mei 2022 Stephan Briel 08.05.2022 38:10
Lees: Gen 3:1-6 en Joh 2:12-17. Fokus: 1 Joh 2:16 (1953 AV). Oorwinning van Satan se drievoudige versoekings. Die begeerlikheid van die vlees teer op al ons fisiese liggaamlike behoeftes (voedsel, kleding, seksuele behoeftes, ens) en die vervulling daarvan in die wêreld. Die begeerlikheid van die oë se aantrekkingskrag is gerig op eiebelang en voordeel (gierigheid) en beproef die Woord van God. Di...
Sondag 1 Mei 2022 Stephan Briel 01.05.2022 37:53
Lees: Daniël 2. Fokus: Daniël 2:14,18. Hoe om die lewe te hanteer wat blyk asof dit buite beheer is.
Sondag 24 April 2022 Stephan Briel 24.04.2022 28:48
Lees: Gal 6:7-8 en 1 Tes 5:12-28. Fokus: 1 Tes 5:23. Jy is alreeds nou in jou wedergebore gees wat Jesus Christus is. Paulus sluit ‘n groot aantal riglyne (hoe om op die akker van die Gees te saai) af met ‘n gebed dat God die gemeente na gees, siel en liggaam sal heilig en bewaar. In hierdie onderskeiding van gees, siel en liggaam, lê die sleutel hoe God ons heilig en bewaar om onberispelik te wee...
Sondag 17 April 2022 Christiaan Mulder 17.04.2022 25:45
Lees: Lukas 17: 11 – 37 en Psalm 46: 1 – 11 Die teenwoordigheid van God. Immanuel, God met ons
Goeie Vrydag 15 April 2022 Stephan `Briel 15.04.2022 38:32
Lees: Joh 19: 28 - 30. Fokus: Joh 19: 30. Die sesde Kruiswoord: “Dit is volbring!”
Sondag 10 April 2022 Stephan Briel 10.04.2022 45:10
Lees: Joh 19:28-37. Fokus: Joh 19:28-29. Die vyfde kruiswoord: As beloofde Messias was Jesus volledig God en mens aan die kruis. Met die vyfde kruiswoord “Ek is dors”, word Jesus se menslikheid beklemtoon. Hoekom was Jesus se mensheid so belangrik? Omdat dit ‘n vereiste is om volmaak versoening te doen vir ons mense se sondes. Dat die Verlosser ‘n ware mens moet wees, is ‘n heilige moet. Dit is tr...
Sondag 3 April 2022 Greg Aucamp 03.04.2022 35:08
Lees Matteus 24: 1-14
Sondag 27 Maart 2022 Christiaan Mulder 27.03.2022 24:25
Lees: Eksodus 17: 1 – 7; Num. 20: 1 – 13; Jos. 9 en 10; 2 Kor. 12 Die Here se genade is genoeg.
Sondag 20 Maart 2022 Stephan Briel 20.03.2022 33:27
Lees: Luk 23:26-43. Fokus: Luk 23:43. Die tweede kruiswoord: die Koning aan die kruis! “Rondom Paasfees dink ons weer aan die sewe kruiswoorde wat Jesus Christus in sy laaste ure aan die kruis gesê het. In die kruiswoorde vind ons die volle vervulling van God se offer en die volle uitdrukking van sy liefde. Die kruiswoorde is versprei deur die Evangelies. Drie elk is in Lukas en Johannes opgeteken...
Sondag 13 Maart 2020 Stephan Briel 13.03.2022 34:19
Lees: Luk 23:26-43. Fokus: Luk 23:34. Die eerste kruiswoord: Christus bid vir uitstel.....nog genadetyd! “Rondom Paasfees dink ons weer aan die sewe kruiswoorde wat Jesus Christus in sy laaste ure aan die kruis gesê het. In die kruiswoorde vind ons die volle vervulling van God se offer en die volle uitdrukking van sy liefde. Die kruiswoorde is versprei deur die Evangelies. Drie elk is in Lukas en...
Sondag 6 Maart 2022 Christiaan Mulder 06.03.2022 29:37
Lees: Markus 9: 35 - 37 Die karakteristieke van ‘n heilige lewe – hoe dien ons die Here met ‘n heilige lewe?
Sondag 27 Februarie 2022 Stephan Briel 27.02.2022 30:16
Lees: Ef 4:1-16. Fokus: Ef 4:15. Groei na Christus deur in liefde by die waarheid te bly. As ons nie meer groei nie, is ons besig om te sterf. Jou opgroei in Christus word bepaal deur die hoeveelheid waarheid jy in liefde lewe. Waarheid sonder liefde lei tot die slawerny van ‘n wettiese lewe (Gal 5:1,2). Christus het reeds gekom om ons vry te maak deur aan sy waarheid vas te hou uit liefde (Joh8:3...
Sondag 22 Februarie 2022 Stephan Briel 20.02.2022 35:20
Lees: Jes 61:1-11 en Luk 4:16-21. Fokus: Jes 61:1-3 (OAV). Bergbron visie: Gesalf vir bevryding! Vestings is die hoof oorsaak dat Christene so verslae lewe (2 Kor 10:4). ‘n Vesting is wat jy gebruikom ‘n persoonlike en valse oortuiging, ideë of opinie te versterk of te verdedig teenoor opposisievan buite. ‘n Gewonde siel rig vestings op om leuens (wat gebore is uit traumatiese ervarings) te besker...
Sondag 13 Februarie 2022 Stepan Briel 13.02.2022 39:00
Lees: Eks 33:7-17. Fokus: Eks 33:11. Nader tot God! Die volk Israel het hulle verhouding met God gebou op Moses wat vir hulle intree (v 10). Josua het elke dag in die tent van ontmoeting met God in ‘n intiem persoonlike verhoudingverkeer en God se liefde en vrede ontvang (v 11). Josua wat self ‘n intiem persoonlike verhouding met God gehad het, is geskik om God se belofteste ontvang en lei later d...
Sondag 6 Februarie 2022 Stephan Briel 06.02.2022 35:02
Lees: Eks 20:1-21.
Sondag 30 Januarie 2022 Stephan Briel 30.01.2022 33:42
Lees: Jes 61:1-3 en 2 Tim 1:1-12. Fokus: 2 Tim 1:7 (OAV). Bergbron visie: Ons het die Heilige Gees van krag, liefde en selfbeheersing (drie vlakke van dissipelskap). ‘n Gees van vreesagtigheid. Die Heilige Gees van liefde en selfbeheersing. Die Heilige Gees van krag. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat behels ‘n gees van vreesagtigheid? Wat behels die Heilige Gees van liefde...
Sondag 23 Januarie 2022 Greg Aucamp 23.01.2022 40:55
Lees: Filippense 2: 1 - 18 Die hart van ‘n dienskneg.
Sondag 16 Januarie 2022 Christiaan Mulder 16.01.2022 27:25
Lees: Mat 3: 13 – 4: 11 Wandel met God.
9 Januarie 2022 Stephan Briel 09.01.2022 40:13
Lees: Eks 3:13 – 4:17. Fokus: Eks 4: 2 (2020 Vertaling) Wat het jy in jou hand? Eerstens moes Moses sy identiteit plaas in die Here. Tweedens betrek die Here Moses by sy geweldige verlossingsplan deur eenvoudig vir hom te vra om dit wathy het te gebruik. Derdens, gebruik nou dit wat jy in jou hand het om betrokke te raak waar die Here besig is om te werk omsy verlossingsplan in mense se lewens deu...
Sondag 2 Januarie 2022 Stephan Briel 02.01.2022 30:21
Skriflesing: Psalm 91 Fokusverse: 1 en 2 Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”
Kersdag 25 Desember 2021 Stephan Briel 25.12.2021 29:34
Skriflesing: Johannes 1:1-18 Fokus vers 14.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.