Gereformeerde kerk Bergbron

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Religion AF ↓ 363 episodes

Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en BevrydingOm mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Author

Gereformeerde kerk Bergbron

Category

Religion

Podcast website

www.bergbron.org.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Sondag 4 Desember 2022 Stephan Briel 04.12.2022

Lees: Gen 2:25 – 3:10. Fokus: Gen 3:7. Skaamte dryf ons om sondes vir God te probeer wegsteek. 1. Oorsprong van skaamte. Voor sondeval was daar geen skaamte (Gen 2:25). Na die sondeval was die eerste reaksie by die mens skaamte en vrees (Gen 3:10). Adam en Eva se gewetensoë het oop gegaan nadat hulle gesondig het en skuldig gestaan het. Sonde is die oorsprong van skaamte – sonde wat jyself doen as...

Sondag 20 November 2022 Stephan Briel 20.11.2022

Lees: Kol 2:6-15. Fokus: Kol 2:13. Die lewe vanuit Christus se vergifnis! In ‘n geestelike dooie en verrottende toestand het God ons liefgehad en aanvaar. Christus het aan die kruis alles vernietig en vir goed weggeneem wat nog tussen ons en God gestaan het, sodat ons nou geestelik kan lewe in ‘n intiem persoonlike verhouding met God. Die alles van God verskil van jou alles en my alles . Omdat God...

Sondag 13 November 2022 Stephan Briel 13.11.2022

Lees: Kol 2:6-15. Fokus: Kol 2:14. Christus het die skuldbewys teen ons tot niet gemaak. Ware skuld het niks te doen met skuldige gevoelens nie. Elke persoon na die sondeval word gebore met ‘n “skuldbewys met sy eise.” Menslike strategieë wat nie werk om van ons skuld ontslae te raak nie: Regverdigmaking deurgoeie werke; of godsdienstige agtergrond; of vergelyking. God se oplossing vir ons skuld:...

Sondag 6 November 2022 Stephan Briel 06.11.2022

Lees: Luk 15: 1-3, 11-32. Fokus: Luk 15: 28-30. God se liefde en aanvaarding is alleen uit genade in Christus. Die oudste seun het ‘n wettiese verhouding met sy pa. Die oudste seun koester wrokke teenoor sy jonger broer. Die oudste seun was heeltemal onbewus van wie hy was en wat hy alles besit as kind van sy pa. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Het God se liefde en aanvaardin...

Sondag 30 Oktober 2022 Stephan Briel 30.10.2022

Lees: Luk 15:1-3,11-32. Fokus: Luk 15:23-24. Feesvierende God! Alreeds in die OT het God Homself geopenbaar as ‘n God wat hou van feesvier en gedien word deur feeste. Jesus se eerste wonderwerk was ook by ‘n bruilofsfees. God is ‘n feesvierende God vir al die regte redes. Keer terug met jou sondige lewe na God die Vader en word so ‘n genooide gas van die bruilofsmaal van dieLam. Vir nadenke en ges...

Sondag 23 Oktober 2022 Stephan Briel 23.10.2022

Lees: Luk 15:1-3,11-32. Fokus: Luk 15:20-22. God se liefde in Christus vir sondaars en verstotenes. God gee ons die vryheid om soms te misluk. God is voortdurend op die uitkyk wanneer keer ons terug na Hom. God verwyt nie maar is vol vreugde wanneer ons terugkeer na Hom. Kindskap word dadelik herstel as ons terugkeer na God. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoekom vertel Jesus...

Sondag 22 Oktober 2022 Christiaan Mulder 16.10.2022

Lees: Matteus 10: 34 - 39 Keuses: Wat beteken dit om Jesus te kies?

Sondag 9 Oktober 2022 Stephan Briel 09.10.2022

Lees: Joh 1:1-18. Fokus: Joh 1:14. Jesus Christus is die openbaring van God se heerlikheid.

Sondag 2 Oktober 2022 Stepan Briel 02.10.2022

Lees: 2 Kor 3:12 – 4:15. Fokus: 2 Kor 4:4- 6. Christus is die openbaring van God se heerlikheid in ons. Ons is draers van God se heerlikheid (vers 6). Bedekking van God se heerlikheid in ons (vers 5). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe word ons draers van God se heerlikheid? Hoe word God se heerlikheid in ons bedek? Ons vra om verskoning vir die kwaliteit, daar was onbepland...

Sondag 25 September 2022 25.09.2022

Lees: Jesaja 50: 4 – 7 Die weg van die Kruis

Sondag 18 September 2022 Stephan Briel 20.09.2022

Lees: Joh 8:1-11. Fokus: Joh 8:10-11. Pasop om ‘n Fariseër te wees! Reëls word belangriker as mense. Jou siening word God se siening. Jou sondes probeer bedek met uiterlike wetsonderhouding. Jesus keur nie die sonde goed nie, maar behou die sondaar (vers 11). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Waarom kan ons vandag ook maklik soos Fariseërs word? Verduidelik die kenmerke van ‘n...

Sondag 11 September 2022 Stephan Briel 11.09.2022

Lees: 2 Kor 3:4-11 en 2 Kor 4:1-7 (OAV). Fokus: 2 Kor 4:2. Verwerp die verborge dinge van skaamte deur die waarheid in Christus. God wil ons verander van heerlikheid tot heerlikheid (2 Kor 3:18) maar skaamte staan in die pad. Beskaming sê vir jou jy is foutief in jou wese, jou bestaan is ‘n fout, jy het dit maar net nie wat nodig is in jou omstandighede nie. Skaamte word op jou geplaas deur onverw...

Sondag 4 September 2022 Stephan Briel 04.09.2022

Lees: Rom 9:30 – 10:4. Fokus: Rom 9:32, 33 (1953 AV). Glo in Jesus Christus teen beskaamdheid. God se manier van regverdiging in Christus het die Jode beskaamd gelaat omdat hulle staat gemaak het op hulle eie wettiese prestasies. Verskil tussen skuld en beskaamdheid : skuld dui op foutiewe dade en beskaamdheid dui op foutief wees in jou wese. Satan gebruik veral die volgende leuen om beskaamdheid...

Sondag 28 Augustus 2022 Stephan Briel 28.08.2022

Lees: Heb 12:14-24. Fokus: Heb 12:15. Betekenis en gevolge van bitterheid (deel 2). Om ‘n ander persoon of omstandighede die reg te gee om my waarde en toekoms te bepaal, is afgodery. Vergifnis verwyder die persoon wie verhoog is tot ‘n plek van afgodery, en herstel Christus weer tot dieposisie van mag en outoriteit in my lewe. Bitterheid verontrus en besoedel nie net jou eie hart nie, maar ook va...

Sondag 20 Augustus 2022 Greg Aucamp 21.08.2022

Lees: Matt. 28: 16 - 20 Die gesag van Jesus.

Sondag 14 Augustus 2022 Stephan Briel 14.08.2022

Lees: Heb 12:14-24. Fokus: Heb 12:15. Betekenis en gevolge van bitterheid. Mense lewe nie vanuit die teologie in hulle verstand nie – hulle lewe vanuit die motiverings in hulle harte. As iemand my ontstig en ek aanstoot neem, wil die Here dit gebruik om die toestand van my hart te openbaar. Om ‘n ander persoon of omstandighede die reg te gee om my waarde en toekoms te bepaal, is afgodery. As ek de...

Sondag 7 Augustus 2022 Hendrik van Deventer 07.08.2022

Lees: Johannes 1: 1 - 4 Fokus: Johannes 1: 4 In Jesus is daar lewe.

Sondag 31 Julie 2022 Stephan Briel 31.07.2022

Lees: Luk 6:37-45. Fokus: Luk 6:45. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Mense lewe nie vanuit die teologie in hulle verstand nie – hulle lewe vanuit die motiverings in hulle harte. Die toestand van jou hart bepaal jou woorde en dade – jou lewe. Negatiewe emosies is pyn in jou hart wat wys dat iets verkeerd is. Spoor die oorsprong van jou negatiewe emosies in jou hart op onder leiding...

Sondag 24 Julie 2022 Stephan Briel 24.07.2022

Lees: Ef 5:6-20. Fokus: Ef 5:15-17. Verstandiges weet waarom hulle hier is. 1. Betekenisvanverstandigwees. Verstandiges ken die Here se doel met hulle lewens – waarom hulle op aardegeplaas is (v 17). Om jou lewensdoel te verstaan begin by God wat jou Uitvinder is en jouEienaarshandleiding geskryf het. Jy ontdek jou lewensdoel deur ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus. 2. Voordele van verst...

Sondag 17 Julie 2022 Christiaan Mulder 17.07.2022

Lees: 1 Samuel 1 God soek jou hart. Alles gaan oor ‘n verhouding met God.

Sondag 10 Julie 2022 Joop van Schaik 10.07.2022

Lees: Hand. 4:1-22 Fokus: Hand. 4:1-2;7-12;17-20 Tema: Verlossing slegs in die Naam van Jesus Christus – Dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons van Hom hoor, sien en glo nie!

Sondag 3 Julie 2022 Greg Aucamp 03.07.2022

Lees: Hebreërs 4: 12 – 16, 5: 12 – 14, 6: 1 – 3 en 7 – 8. Is jou Bybel ‘n koekmes of ‘n swaard?

Sondag 26 Junie 2022 Stephan Briel 26.06.2022

Lees: Efes 5:21-33. Fokus: Efes 5:33. Wat vul die waarde-tenk van jou huweliksmaat?

Sondag 19 Junie 2022 Stephan briel 19.06.2022

Lees: 1 Kon 3:1-15. Fokus: 1 Kon 3:9 (OAV). God gee graag aan opregtes onderskeidingsvermoë

Sondag 12 Junie 2022 Stephan Briel 12.06.2022

Lees: 1 Petrus 1:17-21. Fokus: 1 Pet 1:20. God se handelinge in die eindtyd. Petrus wil aan die gelowiges in westelike Klein-Asië perspektief op hulle “vreemdelingskap in die wêreld” (1 Pet 1:17) gee. Hulle en die kerk van vandag moet besef dat ons in die “eindtyd” (1 Pet 1:20) leef. As ons weet wat God se handelinge in die “eindtyd” is, dan sal ons die las van “vreemdelingskap in die wêreld” kan...

Listen to the Bergbron Gereformeerde Kerk Preke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.