Gereformeerde kerk Bergbron
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en BevrydingOm mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
Author
Gereformeerde kerk Bergbron
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 5, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sondag 2 Julie 2023 Stephan Briel 02.07.2023 37:27
Lees: 1 Sam 16:1-13. Fokus: 1 Sam 16:1. Wat sien die Here in my?
Sondag 25 Junie 2023 Stephan Briel 25.06.2023 37:12
Lees: 1 Sam 3:1 – 4:1. Fokus: 1 Sam 3:15. God roep getroue dienaars uit hulle gemaksones tot geloofwaardige getuies.
Sondag 18 Junie 2023 Stephan Briel 18.06.2023 55:52
Sondag, 18 Junie, is deur die kerkverband aangedui as Dag van Verootmoediging en Voorbidding met die energiekrisis, verval van infrastruktuur en hoë werkloosheid en misdaadvakke as motivering. Lees: 1 Sam 1:9-19 en 1 Sam 2:1-12. Fokus: 1 Sam 2:1. Jubel in die Here wat dinge verander en uitkoms gee.
Sondag 11 Junie 2023 Stephan Briel 11.06.2023 40:25
Lees: Eks 13: 17-22. Fokus: Eks 13: 21-22. God se plek van seëning! God het die wolk- en vuurkolom gebruik om Israel te lei na sy voorbestemde destinasie van seëning. Israel se eerste plek van seëning was by die Rietsee: Daar is die farao en sy hele leërmag finaal oorwin sonder dat die Israeliete enigsins hoef te geveg het. Israel het begryp dat hulle seëning verband gehou het met die regte plek....
Sondag 4 Junie 2023 Stephan Briel 04.06.2023 32:10
Lees: Eks 15:1-19. Fokus: Eks 15:3 (AFR20). Loof die Here as krygsman wat red! Lofprysing en aanbidding is ‘n wesenskenmerk van die Here se volk. Lofprysing en aanbidding is ons reaksie op wie die Here is en wat Hy doen. Die Here is die Verbondsgod wat getrou bly aan sy beloftes. In elke situasie wat ons as kinders van God beleef, is Jesus ons Verlosser wat vir ons veg. Vir nadenke en gesprek by s...
Sondag 28 Mei 2023 Stephan Briel 28.05.2023 37:03
Lees: Jes 6:1-13. Fokus: Jes 6:7. Die betekenis van die Here se aanraking. In ons Skrifgedeelte raak die Here Jesaja aan met ‘n gloeiende kool vanaf die altaar en sy sonde is weggeneem. Dit verwys alreeds na Jesus se versoeningsoffer aan die kruis. Daar is Hy as die Lam van God geoffer tot versoening van al ons sondes. En van die begin af het Jesus met sy wandel op aarde doelbewus onrein mense voo...
Sondag 21 Mei 2023 Willem Semmelink, Feba Radio 28.05.2023 56:47
Lees: Open 5:1-10. Tema: God se droom! https://febaradio.co.za
Sondag 14 Mei 2023 Stephan Briel 14.05.2023 40:43
Lees: Jes 6:1-13. Fokus: Jes 6:1-8. Die Here se heerlikheid en almag verander ons! God se almag en heerlikheid is so oorweldigend dat dit jou totaal verander dat jy Hom wil dien in nederige afhanklikheid. Omdat God so almagtig en glorieryk is, is daar niks beter as om Hom te aanbid en te dien nie. Vra God om sy almag en heerlikheid in Christus aan jou te openbaar en verhoog Hom as die Here van...
Sondag 7 Mei 2023 07.05.2023 37:53
Lees: Sag 3:1-10 (AFR53). Fokus: Sag 3:7. God vra reaksie op sy vryspraak in Jesus Christus. God verklaar Josua regverdig en klee hom met geregtigheid want Josua se naam beteken: die Here (Jahweh) verlos. Met Jesus se offer aan die kruis het die Here verlossing gebring en is hierdie gesig van Sagaria vervul. Deur ons te roep om in sy weë te wandel en aan Hom gehoorsaam te wees, roep die Here...
Sondag 30 April 2023 Stephan Briel 30.04.2023 45:12
Lees: Sag 3:1-10. Fokus: Sag 3:1-4 (AFR53). Die Here sit Satan op sy plek en klee ons met feesklere.
Sondag 23 April 2023 Stephan Briel 23.04.2023 43:31
Lees: Gen 2:25-3:21 en Eks 28:1-6. Fokus: Gen 2:25, 3:21. God bedek ons skaamte met ‘n koninklike priesterkleed. Die velle van diere het Adam en Eva se naaktheid bedek (Gen 3:21), maar het hulle nie gereinig nie en dit het ook nie skoonheid verskaf nie. Die priesters se klere het reiniging veronderstel en het die draers afgesonder en geheilig vir God (Eks 28:1-6). Vir nadenke en gesprek by selgroe...
Sondag 9 April 2023 Christiaan Mulder 09.04.2023 31:06
Lees Lukas 24:1-12 Die Graf is leeg!
Goeie Vrydag 7 April 2023 Stephan Briel 09.04.2023 46:36
Lees: Mark 15: 21-41. Fokus: Mark 15: 39. Jesus sterf as die Messias, die Seun van God.
Sondag 2 April 2023 Christiaan Mulder 02.04.2023 42:15
Lees: 2 Konings 19 Getrou bly, geduld... genade.
Sondag 26 Maart 2023 Nico van der Walt 26.03.2023 1:02:17
Lees: Openbaring 6: 12 - 17 Die dag van die wederkoms.
Sondag 19 Maart 2023 Stephan Briel 19.03.2023 52:30
Lees: Joh 4:1-26. Fokus: Joh 4:26. Voldoende geloof is om Jesus raak te sien vir wie Hy werklik is.
Sondag 12 Maart 2023 Stephan Briel 12.03.2023 36:23
Lees: Joh 2:23 – Joh 3:21. Fokus: Joh 3:1-8. Jy is opnuut gebore om werklik in Jesus Christus te glo. Alhoewel Nikodemus tydens hierdie gesprek nog maar net ‘n wonderwerk geloof gehad het en daarom nie heeltemal verstaan het waarvan Jesus praat nie, kan ons tog die effek van die wedergeboorte later in sy lewe raaksien. Uit liefde vir God verander Nikodemus van ‘n bang nagdissipel in ‘n openlike na...
Sondag 5 Maart 2023 Stephan Briel 05.03.2023 38:08
Lees: Psalm 2. Fokus: Psalm 2:4. Die Here lag vir die wêreldmagte. Al raas die volkere ook hoe en al is hulle ook hoe opstandig, God se saak sal bly voortbestaan. Dit is die evangelie van Psalm 2 (vers 4): God lag! Hy sien die opstand van die volkere en hulle maghebbers. Dit is geen finale werklikheid nie. Die laaste werklikheid is die koninkryk van God. Lig verdryf altyd duisternis. Geen duistern...
Sondag 26 Februarie 2023 Stephan Briel 26.02.2023 38:57
Lees: Kol 2:6-15. Fokus: Kol 2:6 (1953 AV). Bergbron missie: Wandel in Christus (vlak 3 dissipelskap). (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding) Die derde vlak van dissipelskap gaan nie oor wat ek behoort te doen om te wandel in Christus nie, maar oor wat ek behoort te wees om te wandel in Christus. Dit behels die volgende: Geestelik – dit is belangrik om sensitief te we...
Sondag 19 Februarie 2023 Stephan Briel 19.02.2023 38:19
Lees: Kol 2:6-15. Fokus: Kol 2:7 (1953 AV). Bergbron missie: Groei tot volwassenheid om meer soos Jesus te wees (vlak 2 dissipelskap). (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding) Die tweede doel van dissipelskap is om God se doel van heiligmaking te aanvaar en te groei om meer soos Christus te wees. Dit beteken: Verstandelik – begelei Christene om hulle denke te dissipline...
Sondag 12 Februarie 2023 Stephan Briel 12.02.2023 43:50
Lees: Jes 61:1-3 en Kol 2:6-15. Fokus: Kol 2:10 (1953 AV). Bergbron missie: Vestiging van volkome identiteit in Christus (vlak 1 dissipelskap). (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding) Die eerste doel van dissipelskap is om ‘n persoon se identiteit in Christus te vestig. Dit behels die volgende: Geestelik: saligheid of sekerheid oor saligheid ontbreek – lei mense na Chr...
Sondag 5 Februarie 2023 Stephan Briel 05.02.2023 45:28
Lees: Jes 61:1-11 en Luk 4:16-21. Fokus: Jes 61:1-3. Inhoud van Bergbron se “salwing”. (Bergbron visie: ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en Bevryding) Jes 61 is gerig aan ontnugterde en moedelose ballinge wat voor die geweldige taak staan om alles weer teherbou in Jerusalem. Soos met die meeste OT profesieë sien ons 3 vlakke van vervulling. Jes 61: 1-3 vind sy diepste vervulling in Jesus se e...
Sondag 29 Januarie 2023 Nico van der Walt 29.01.2023 49:02
Lees Openbaring 22:17
Sondag 22 Januarie 2023 Christiaan Mulder 22.01.2023 29:59
Lees: Jeremia 26: 1 - 15 Waag om anders te wees!
Sondag 11 Desember 2022 Stephan Briel 11.12.2022 36:02
Lees: Mat 2:1-12. Fokus: Mat 2:2,3. Wat is jou beeld van Jesus?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.