Gereformeerde kerk Bergbron

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

Religion AF ↓ 363 episodes

Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en BevrydingOm mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.

Author

Gereformeerde kerk Bergbron

Category

Religion

Podcast website

www.bergbron.org.za

Latest episode

Jul 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Sondag 11 Augustus 2024 Pieter de Klerk 11.08.2024

Lees Daniël 10

Sondag 4 Augustus 2024 Stephan Briel 04.08.2024

Lees: Luk 11:1-13 en Heid Kat vr en antw 116. Die noodsaaklikheid van gebed.  Die ontkenning van die noodsaaklikheid van gebed.  Die erkenning van die noodsaaklikheid van gebed.  Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat is die twee redes waarom mense die noodsaaklikheid van gebed ontken? Wat leer die Bybel ons tov die twee redes?  Gee die redes waarom gebed vir die Christen noodsa...

Sondag 28 Julie 2024 Stephan Briel Dankbaarheidsdiens 28.07.2024

Lees: 1 Tessalonisense 5:16-18. Biddende blydskap en dankbaarheid!

Sondag 21 Julie 2024 Stephan Briel 21.07.2024

Lees: Mark 10: 17-31.  Fokus: Mark 10: 21.  Godsdienstigheid teenoor ‘n ware verhouding met God.  Die ryk jongman het nog onder die Joodse “misverstand” geleef dat iemand wat ryk is, ‘n beter kans het om die koninkryk te verdien, omdat hy meer goeie dade met sy middele kon doen.  Die jongman se besittings was sy afgod en hy het dit probeer regverdig deur godsdienstigheid (v 22).  Ons redding en ve...

Sondag 14 Julie 2024 Stephan Briel 14.07.2024

Lees: Jer 7:1-15 (AFR83).  Fokus: Jer 7:3-8.  Valse godsdiens bring ‘n valse gerustheid wat bekering verhinder.  Die profeet ontmoet die biddende skare by die tempelpoort met ‘n skokkende boodskap. Die kern van sy onverwagse aanval is gemik teen hulle valse gerustheid. Die kerk en Christene leef alte maklik van so ‘n vanselfsprekende gerustheid. Van waar kom die valse vertroue? Uit die verkeerde g...

Sondag 7 Julie 2024 Pieter de Klerk 07.07.2024

TEMA: BERUSTING IN DIE GOD VAN DIE GESKIEDENIS TEKS: DANIËL 8 (WARREN PEEL; DIE LEWE IN BABYLON; DANIEL 3e PREEK) 1. Inleiding - Die boek Daniël bestaan uit bekende (Hfs 1-6) en minder bekende deel (hfs 7–12). Een van die sterkste getuienisse dat Daniel nie net ‘n mooi storieboek is wat deur mense geskryf is nie, maar dat God die outeur is, is die profesieë wat dit bevat – wat in die geskiedenis g...

Sondag 30 Junie 2024 Christiaan Mulder 30.06.2024

Lees: Efesiërs 4: 1-16 Hoe om volgroeid te wees in Christus.

Sondag 23 Junie 2024 Stephan Briel 23.06.2024

Lees: Joh 15: 1-8 en Mat 25: 14-30.  Fokus: Mat 25: 21, 23.  God verwag van sy kerk om beide getrou en vrugbaar te wees.  Die twee goeie slawe was getrou in vrugbaarheid want God verwag beide getrouheid en vrugbaarheid. So sien ons uit die gelykenis:  Rentmeesterskap is ‘n risiko.  Rentmeesterskap word gemeet aan opbrengs en impak.  Goeie rentmeesterskap word geseën deur die Here met groter impak....

Sondag 16 Junie 2024 Stephan Briel 16.06.2024

Lees: Mat 25: 14-30.  Fokus: Mat 25: 23-25.  Bybelse Rentmeesterskap (Deel 2).  Omdat God in Christus die Gewer van alle goeie gawes is, behels rentmeesterskap die volgende:  God hou ons verantwoordbaar vir die bestuur en aanwending van alles wat Hy aan ons toevertrou het.  Rentmeesterskap behels ‘n sin van dringendheid.  Kan ons funksioneer vanuit die vryheid van God se vertroue in ons en nie van...

Sondag 6 Junie 2024 Christiaan Mulder 09.06.2024

Lees: Numeri 13 en 14 Fokus: Numeri 14:1 – 4 Vrees & God se plan vir elkeen van ons

Sondag 2 Junie 2024 Stephan Briel 02.06.2024

Lees: Psalm 139.  Wie God is, laat jou na Hom toe vlug!  Net soos wat God se alwetendheid aanvanklik verwondering meebring vir die gelowige Psalmdigter, maar dan geleidelik plek maak vir verskrikking en benoudheid – ondergaan ons dieselfde gevoelens as ons met die alwetende God te doen kry. Waarom? Omdat ons nie geken wil wees nie, nie regtig nie. Ons diepste behoefte is om aanvaar te word, bemin...

Sondag 26 Mei 2024 Stephan Briel 26.05.2024

Lees: Psalm 141 en Op 8: 1-5.  Fokus: Psalm 141: 1, 2.  Die krag en betekenis van opheffing van hande in gebed. Beproewing bring ook groot geloofsversoekings! En om hierdie versoekings te oorkom, vind Dawid sy krag daarin om met uitgestrekte hande te bid tot die Here!  Die OT offerdiens is vir ons ‘n afbeelding van wat in die geesteswêreld soos in die hemel gebeur. En dis interessant dat die wiero...

Sondag 12 Mei 2024 Stephan Briel 12.05.2024

Lees: Mat 25: 14-30 (AFR53).  Fokus: Mat 25: 23-25.  Bybelse Rentmeesterskap.  ‘n Skeefgetrekte beeld van God en rentmeesterskap lei daartoe dat lidmate hulle talente begrawe en onbetrokke is in God se koninkryk – want hulle is bang.  Vrees om handel te dryf in God se koninkryk met my talente is baie keer eintlik teken dat liefde vir God by my ontbreek en dat ek maar net probeer om my eie lewe te...

Donderdag 9 Mei 2024 Wayne Hoedemaker 10.05.2024

Ascension Day Matters Lees: Joh: 15:18 - Joh: 16:16

Sondag 5 Mei 2024 Stephan Briel 05.05.2024

Lees: Mat 6: 19-34 en Ef 2: 8-10.  Fokus: Ef 2: 10.  God se voorsiening!  Ons hantering van geld wys duidelik wat ons begrip van rentmeesterskap is. Geld is nie boos nie, maar  ‘n liefde vir geld  (1Tim 6: 10).  Tov die voorsiening in ons behoeftes, leer Jesus spesifiek teen die ideë van saai en maai (Mat 6: 26).  Mossie-geloof : vertroue dat jou hemelse Vader in jou behoeftes sal voorsien eenvoud...

Sondag 28 April 2024 Stephan Briel 28.04.2024

Lees: Ef 2:1-10.  Fokus: Ef 2:10.  Ons is God se kunswerk vir sy visie met ons.  God beskou ons nou alreeds as sy meesterlike kunswerk in Jesus. Ons is sy kragtige en kreatiewe skeppingswerk.  God het ‘n spesifieke visie (plan en doel) om deur elkeen van ons sy koninkryk te vestig op aarde.  Dinge wat ons visie steel: Ontmoediging agv mislukkings; tyd; gees van Mammon en verwerping.  As jy ‘n fout...

Sondag 24 April 2024 Stephan Briel 21.04.2024

Lees: Jes 60:1-3 en 1 Joh 1:1 – 2:2.  Fokus: 1 Joh 1:6-7.  Die magtige teenwoordigheid van die Here het lig gebring(deel 2). God is in die lig en al sy optrede teenoor ons spreek van liefde.  God se liefde verander jou sodat jy nie meer sonde wil doen nie – want sonde is dade sonder liefde vir God.  Ons verhouding of gemeenskap met God kan getoets word aan ons gemeenskap met mekaar. Vir nadenke en...

Sondag 31 Maart 2024 Stephan Briel 31.03.2024

Lees: Joh 20:11-18.  Fokus: Joh 20:16,17.  Jesus bring ons tot opstandingsgeloof.   

Goeie Vrydag 29 maart 2024 Stephan Briel 29.03.2024

Lees: Joh 19: 17-37.  Fokus: Joh 19: 19-22.  Die kruis word ons Koning Jesus Christus se troon.   

Sondag 24 Maart 2024 Stephan Briel 24.03.2024

Lees: Joh 12: 12-19.  Fokus: Joh 12: 13-15.  Kenmerke van ‘n ware geloof in Jesus as die Christus.  Ware geloof is Christus-gesentreerd en nie self-gesentreerd nie.  Ware geloof kom deur ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus.  Ware geloof word nie gekeer deur jou persoonlike beproewinge en krisisse nie.  Ware geloof is vertroue dat Jesus Christus die mag het om sy koninkryk selfs deur kruis...

Sondag 17 Maart 2024 Stephan Briel 17.03.2024

Lees: Gal 3:1-14 en Heid Kat Vr en Antw 38 en 39. Christus het borgtogtelik (in ons plek) gely om ons van die toorn, oordeel en vloek van God te verlos. Christus het in ons plek die toorn van God gedra (vr 37). Christus het in ons plek die oordeel van God gedra (vr 38). Christus het in ons plek die vloek van God gedra (vr 39). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat doen die wete...

Sondag 3 Maart 2024 Stephan Briel 03.03.2024

Lees: Ef 4:1-16 (AFR83). Fokus: Ef 4:11,12. Christus gee “gawes” om ons toe te rus vir ons dienswerk. God laat sy kerk groei as dit gesond is, soos met ons kinders. As ons kinders gesond is, groei hulle van nature soos God dit laat gebeur – dieselfde ook met die kerk as lewende liggaam van Christus. Maar as die kerk as die liggaam van Christus siek is, dan sal God dit nie laat groei nie en stadig...

Sondag 18 Februarie 2024 Stephan Briel 18.02.2024

Lees: 1 Pet 1:22 – 1 Pet 2:10 (AFR83). Fokus: 1 Pet 2:4,5,9. Die lewende kerk (deel 2).

Sondag 11 Februarie 2024 Stephan Briel 11.02.2024

Lees: 1 Pet 1:22 – 1 Pet 2:10 (AFR83). Fokus: 1 Pet 2:4,5. Die lewende kerk.  “Lewe” in ons kernverse dui op kwaliteit lewe.  Die diepste geheim van lewe in die kerk is: Ons moet na Jesus toe gaan. Hy maak lewend!  Die diepste oorsaak van die doodsheid in die kerk is: Mense wil nie meer na Jesus toe kom om na sy Woord te luister nie, want dit vra dissipline en behels jou hele lewe.   Vir nadenke e...

Sondag 9 Julie 2023 Christiaan Mulder 09.07.2023

Lees: 1 PETRUS 2 vers 1 - 7 Fokus: 1 Petrus 2: 7 Daarom is dit kosbaar vir julle wat glo, maar vir ongelowiges geld, “Juis die klip wat die bouers afgekeur het, het die hoeksteen geword, ” Die Here wil jou ook 'n hoeksteen maak!

Listen to the Bergbron Gereformeerde Kerk Preke podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.