Gereformeerde kerk Bergbron
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en BevrydingOm mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
Author
Gereformeerde kerk Bergbron
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 5, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sondag 2 Februarie 2025 Stephan Briel 02.02.2025 34:27
Lees: Mat 4:1-11. Fokus: Mat 4:8-10. Satan se mees geloofwaardige leuens! God verbied net en is teen genietinge (Gen 3:1). God is ‘n leuenaar en sy Woord is vals (Gen 3:4). Saam met God is daar geen lewensvervulling nie (Gen 3:5). God word slegs gedien vir wat Hy kan gee (Job 1:9-11). Die lewe op aarde is alles (Job 2:4-5). God behoort wonderwerke op aanvraag te doen (Mat 4:3). Buit die...
Sondag 26 Januarie 2025 Stephan Briel 27.01.2025 31:15
Lees: Mat 18: 15-20. Fokus: Mat 18: 19-20. Die krag van eenstemmigheid in Jesus onder leiding van die Heilige Gees. · Die krag van verkeerde ooreenkomste (Gen 11: 1-9). · Die krag van eenstemmigheid onder leiding van die Heilige Gees. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: · Wat is die Here se gevolgtrekking aangaande die gesamentlike poging van die mense o...
Sondag 19 Januarie 2025 Stephan Briel 19.01.2025 33:17
Lees: Luk 2: 41-52 en Joh 15: 1-8. Fokus: Luk 2: 52. Bly in Christus om gebalanseerd te groei. Daar is 4 sleutel areas/dissiplines waarin ons ten volle en in harmonie moet ontwikkel: verstandelik, fisies, sosiaal en geestelik. Ons spandeer te veel tyd om uiterlike gedrag te probeer verander, in plaas van om te verander wat mense glo aangaande God en hulleself. Die Heilige Gees laat ons vrugte...
Sondag 5 Januarie 2025 Christiaan Mulder 05.01.2025 23:37
Lees: Josua 1. Fokus: Josua 1: 5, 6. God se beloftes aan ons – hoe leef ons dit uit?
Sondag 29 Desember 2024 Stephan Briel 29.12.2024 31:13
Lees: Mat 2: 1-23. Fokus: Mat 2: 5, 15, 17, 23. Kersfees het ‘n kruis-kant, maar Jesus (die Vervuller) bewys God is in beheer.
Kersfees 25 Desember 2024 Stephan Briel 25.12.2024 33:51
Kersdiens
Sondag 22 Desember 2024 Stephan Briel 22.12.2024 50:58
Dankseggingsdiens Lees: Mat. 2: 1 -12 Teks: Mat. 2: 11 ...Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud,wierook en mirre.
Sondag 15 Desember 2015 Pieter de Klerk 15.12.2024 54:11
Lees: Hand. 4: 32 – 37; 5: 1 – 6; 5: 17 – 42 Wat maak ‘n kerk groot in die oë van die Here?
Sondag 8 Desember 2024 Stephan Briel 08.12.2024 34:53
Lees: Mat 4:1-11. Fokus: Mat 4:5-7. Satan se leuen: Buit die beloftes van God uit. (Deel 2) Die beloftes van God mag nooit ‘n plaasvervanger word vir getrouheid nie. Ons interpretasie van die belofte moet in ooreenstemming met die hele Skrif wees. Ons geloof moet nie morele beginsels oortree nie. Soek altyd eerstens vir God en nie sy beloftes nie. Ons moet onthou dat God dalk ‘n groter pla...
Sondag 24 November 2024 Stephan Briel 24.11.2024 34:01
Lees: Luk 4:1-13. Fokus: Luk 4:3,4. Satan se leuen: God behoort wonderwerke op aanvraag te doen. · Die duiwel rig sy versoekings veral op die identiteit van Jesus as hy sy versoekings begin en eindig met: “As U die Seun van God is....” (Luk 4:3,10). · Deur Jesus se reaksie en aan die kruis is dit duidelik: Jesus is die Seun van God, die verwagte Messias, nie deur Homself te handhaa...
Sondag 17 November 2024 Stephan briel 17.11.2024 37:46
Lees: Mark 1:9-20. Fokus: Mark 1:14-15 (AFR53). Christenskap behels dissipelskap (deel 2) Valse onderskeiding: ‘n persoon kan ‘n Christen wees sonder om ‘n dissipel te wees. Jesus se verkondiging van die evangelie van God se koninkryk kom op 4 beginsels neer: (1) die tyd is vervul; (2) die koninkryk van God het naby gekom; (3) bekeer julle; en (4) glo die evangelie. Christus se metode van dis...
Sondag 10 November 2024 Stephan Briel 10.11.2024 24:00
Lees: Mark 1:9-20. Fokus: Mark 1:14-15 (AFR53). Christenskap behels dissipelskap. Valse onderskeiding: ‘n persoon kan ‘n Christen wees sonder om ‘n dissipel te wees. Die koninkryk van God was die hart van Jesus se hele aardse bediening: evangelie van die koninkryk van God – nie die evangelie van verlossing nie! Deur Jesus se koms na hierdie wêreld ( kairos ) het God die koningsheerskappy en reg...
Sondag 3 November 2024 Stephan Briel 03.11.2024 31:37
Lees: Job 2: 1-13. Fokus: Job 2: 4 (AFR53). Satan se leuen: Die lewe op aarde is alles. Die lewe is iets diepers en groter as ervarings self. Satan beskuldig: Die mens sal enigiets gee net om te bly asemhaal want hierdie lewe is al wat daar is. Materialisme, kommunisme en humanisme gebou op hierdie leuen. Volgens Job kan God se seën ook pynvolle dinge insluit (vers 10). Hy kom tot so ‘n uits...
Sondag 27 Oktober 2024 Stephan Briel 27.10.2024 34:33
Lees: Job 1: 1-22. Fokus: Job 1: 9-11 (AFR53). Satan se leuen: God word slegs gedien vir wat Hy kan gee. Satan se leuen suggereer: God is in Homself nie waardig om gedien te word nie. Uitstaande kenmerke van Satan (v 6-12): hy is sinies, arrogant en smalend-beledigend. Satan suggereer: Dit kom slegs voor dat mense God dien, maar eintlik gaan dit om hulleself vir die tydelike belonings wat God...
Sondag 20 Oktober 2024 Stephan Briel 20.10.2024 28:06
Lees: Gen 2: 15 – 3: 7. Fokus: Gen 3: 5 (AFR53). Satan se leuen: Saam met God is daar geen lewensvervulling. Ons denke is die hoofslagveld van ons geestelike stryd en Satan gebruik primêr die leuen om ons denke te beheer. Satan se leuen: Saam met en gehoorsaamheid aan God is daar geen lewensvervulling nie, want “God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal...
Sondag 13 Oktober 2024 Stephan Briel 13.10.2024 36:36
Lees: Gen 2: 15 – 3: 7. Fokus: Gen 3: 4. Satan se leuen: God is ‘n leuenaar. Nadat Satan ‘n vastrap plek in Eva se gedagtes gekry het deur die twyfel in haar, beweeg hy nou van bevraagtekening van God tot direkte ontkenning: “Julle sal beslis nie sterf nie…” Wat nodig is om die waarheid te ken, is openbaring waarop die Bybel aanspraak maak. (bv Heb 1: 1-3 en 2 Tim 3: 16-17) Die hel...
Sondag 6 Oktober 2024 Pieter de Klerk 06.10.2024 42:55
Lees: Daniël 10 Die Geveg Die Bybel is duidelik dat die Christelike lewe ‘n geveg is. As gevolg van die sondeval in die paradys stel God in Gen 3: 15 vyandskap tussen die slang se saad en die vrou se saad. Die geveg is geestelik. Fisiese wapens het geen nut nie. Ons wapen is gebed. Die vyand se teenstand. Die vyand is ondergeskik aan God se mag en het tans ‘n beperkte beweegruimte. Die Christen se...
Sondag 29 September 2024 Stephan Briel 29.09.2024 36:51
Lees: Gen 2: 15 – 3: 7. Fokus: Gen 3: 1 (AFR83). Satan se leuen: God is die kosmos se sadis.
Sondag 22 September 2024 Stephan Briel 22.09.2024 37:52
Lees: 1 Tim 3: 14 – 4: 9. Fokus: 1 Tim 4: 1-3. Die waarheid in Christus maak ons vry van verleidende geeste en leringe van duiwels.
Sondag 15 September 2024 Stephan Briel 15.09.2024 33:50
Lees: Jak 1:1-8. Fokus: Jak 1:2-4. Verheug jouself in beproewings! As ons Vader in Christus omskep God al ons swaarkry en moeilikhede in beproewings om ons karakter te vorm en ons geloof te suiwer. God se genade is so groot dat Hy selfs die swaarkry wat jy self vir jou veroorsaak het deur aan versoekings toe te gee, tot beproewings omvorm en dit so tot jou beswil laat dien. Swaarkry en moeilikh...
Sondag 8 September 2024 Gerco van Deventer 09.09.2024 1:08:27
Gerco van Deventer word op 3 November 2017 deur Moslem-ekstremiste in Libië ontvoer. Dit net twee dae ná sy aankoms in die land om as paramedikus op 'n projek te werk. Al-Kaïda in Mali hou hom vir ses jaar aan. In die tyd word hy vir agt maande aan 'n boom vasgeketting as straf oor vermorste water. Verder oorleef hy 'n teregstellingspoging met 'n koeëlwond wat sy voorarm versplint...
Sondag 8 September 2024 Stephan Briel 08.09.2024 30:08
Lees: Gen 5: 1-24. Fokus: Gen 5: 24 (AFR53). Wandel met God. Hoe het Henog met God gewandel deur Hom te behaag (vgl Heb 11: 5)? Drie algemene maniere waarop mense probeer om God te behaag: dade, aanbidding en godsdiens. Daar is net een manier om God te behaag: geloof (Heb 11: 5-6). Die vorm en betekenis van die werkwoord wandel (v 24) in die Hebreeus, dui op ‘n ware gelowige wat voortdur...
Sondag 1 September 2024 Stephan Briel 01.09.2024 30:05
Lees: Mat 7:1-12 en Heid Kat vr en antw 118. Fokus: Mat 7:7-11. Heilige Vraers. 1.Jesus moedig ons aan om vraers te wees. · Is daar ‘n groter wonder en vreugde dat ek mag aanklop en dat die Vader om Christus wil op jou en my wag? · Met hierdie opdragte spoor Jesus ons aan tot volhardende gebedsvertroue dat ons ‘n Vader in die hemel het wat die goeie wil vir ons. 2.Die “vra” word bepa...
Sondag 18 Augustus 2024 Willem van der Waal 18.08.2024 28:27
Wat is geloof? Galasiërs 3:6-9
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.