Gereformeerde kerk Bergbron
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en BevrydingOm mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
Author
Gereformeerde kerk Bergbron
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 5, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sondag 20 Julie 2025 Stephan Briel 20.07.2025 41:50
Lees: Gen 13. Fokus: Gen 13: 10-13. Geloof is om te kies vir God se beloftes.
Sondag 13 Julie 2025 Stephan Briel 13.07.2025 35:47
Lees: Eks 32: 1-14. Fokus: Eks 32: 14(AFR53). Ken ons God se Vaderhart wat ook berou kan hê?
Woensdag 9 Julie 2025 Bemoedigende Boodskap - Stephan Briel 09.07.2025 6:18
Lees Matt. 25: 31-34 Bemoedigende boodskap deur ds. Stephan Briel.
Sondag 6 Julie 2025 Stephan Briel 06.07.2025 35:57
Lees: Gen 18:16-33 (AFR83). Fokus: Gen 18:22,23. Voorbidding is ‘n moontlikheid wat deur die Here self geïnisieer word.
Woensdag 2 Julie 2025 Bemoedigende Boodskap, Chris Raath 02.07.2025 6:21
Bemoedigende Boodskap deur ouderling Chris Raath
Sondag 29 Junie 2025 Stephan Briel 29.06.2025 31:06
Lees: Psalm 25 (AFR53). Fokus: Psalm 25: 2, 3 en 20. Skuil by die Here teen beskaamdheid.
Sondag 22 Junie 2025 Christiaan Mulder 22.06.2025 26:00
Met wie se plan is jy besig? Lees: 1 Samuel 13: 1 - 15
Sondag 15 Junie 2025 Stephan Briel 15.06.2025 28:26
Lees: Gen 6:1-14. Fokus: Gen 6:8-9. Begenadiges deur die Here!
Sondag 1 Junie 2025 Hendrik van Deventer 01.06.2025 31:34
Lees : 1 Petrus 1:23, Efesiërs 1:17, Efesiërs 3:19
Sondag 25 Mei 2025 Stephan Briel 25.05.2025 21:53
Lees: Gen 4: 1-16. Fokus: Gen 4: 7 en Ef 4: 26, 27. Hoe om jou hart te verander: Goed doen lei tot goeie emosies. · Emosies is die deel van ons harte/siele waaroor ons die minste beheer het en is talle kere die oorsaak dat intieme verhoudings tot niet gaan. · Die normale vloei is: denke beïnvloed emosies en emosies beïnvloed dade (Fil 4: 8, 9). · Dade kan ook emosies beïnvlo...
Sondag 18 Mei 2025 Stephan Briel 18.05.2025 25:21
Lees: Mark 6:7-13 en 30-44. Fokus: Mark 6:34-44. Geloof wat uitloop op wonderwerke! · Jesus se rabbynse proses van dissipelskap (Mark 6:7,12-13). · Eerstens, Jesus was gedryf deur medelye (Mark 6:34). · Tweedens, Jesus het na sy Vader geluister en nie toegegee aan sy dissipels se redenasie dat Hy die skare moet wegstuur nie (Mark 6:36). · Derdens, Jesus het die diss...
Sondag 11 Mei 2025 Stephan Briel 11.05.2025 37:18
Lees: 2 Tim 4:1-18. Fokus: 2 Tim 4:6-8 (AFR53). Jy kan end-uit volhard met die hulp van die Here (deel 2). · Volhard ten spyte van te nakoming. · Volharding ondanks kompetisie. · Volharding te midde van ons geloof wat beproef en ondermyn word. · Volharding met die oog op beloning. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe kan jy met God se hulp vo...
Sondag 5 Mei 2025 Stephan B riel 04.05.2025 33:15
Lees: 2 Tim 4:1-18. Fokus: 2 Tim 4:6-8 (AFR53). Jy kan end-uit volhard met die hulp van die Here.
Sondag 20 April 2025, Opstandingssondag, Stephan Briel 20.04.2025 37:07
Lees: 1 Kor 15:12-28 en Heid Kat vraag en antwoord 45. Fokus: 1 Kor 15:17-19. Die nut van Christus se opstanding vir ons.
Goeie Vrydag 18 April 2025 Stephan Briel 18.04.2025 12:55
Deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Matt. 27: 32 -44
Sondag 13 April 2025 Stephan Briel 13.04.2025 30:01
Lees: Luk 22:39-53. Fokus: Luk 22:53 (AFR53). Die uur van die duisternis! · Kenmerke van die duisternis: Self-gesentreerdheid, godsdiens sonder ‘n kruis en godsdienstigheid. · Jesus bly Oorwinnaar omdat Hy die Ou Testamentiese profesieë vervul het (Mat 26:56), voorkennis gehad het (Mat 26:45,46) en deur sy liefde vir mense – selfs vyandelike mense (Luk 22:50,51). Vir nadenke e...
Sondag 6 April 2025 Stephan Briel 06.04.2025 29:00
Lees: Luk 22:39-53. Fokus: Luk 22:44. Van vrees na vrede!
Sondag 30 Maart 2025 Stephan Briel 30.03.2025 30:16
Lees: Joh 2:1-12. Fokus: Joh 2:11 (AFR53). Christus se heerlikheid lê in sy vermoë om ons te verander.
Sondag 23 Maart 2025 Stephan Briel 23.03.2025 31:05
Lees: Heb 4: 1-13. Fokus: Heb 4: 12. Wie jy is in Christus maak die verskil. · ‘n Mens kan verdeel word in 3 dele: gees, siel en liggaam. · Alhoewel jou gees ten volle die heerlikheid van Jesus se vergifnis en reiniging aanvaar by jou wedergeboorte, is jou siel weer baie keer nie gereed om pynlike herinneringe te laat vaar nie (vgl Rom 7: 18, 19). · Ons siel dink dit is sy...
Sondag 16 Maart 2025 Christiaan Mulder 16.03.2025 21:38
Joël 2: 1-24 Kern Joël 12,13
Sondag 9 Maart 2025 Stephan Briel 09.03.2025 25:38
Lees: Ef 5: 1-5 en Mat 22: 34-40. Fokus: Mat 22: 37-39. Ontvang en gee God se liefde deur jouself reg lief te hê in Christus. 1.Verkeerde selfliefde. · Selfbejammering. · Self-beheptheid. 2,Regte selfliefde. · Om tot regte selfliefde te kom, is dit vir baie Christene eers nodig om hulleself te vergewe. · Die regte selfliefde is liefde wat gegrond is in Jesus Christu...
Sondag 2 Maart 2025 Stephan Briel 02.03.2025 32:43
Lees: Gal 4: 1-7. Fokus: Gal 4: 6, 7. Verskil tussen kind en dienskneg in die Vader se huis. · ‘n Dienskneg dink wat hy doen bepaal wie hy is. · ‘n Kind van God weet wie hy of sy is in Christus, en dit bepaal die kind se lewe! Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: · Noem die kenmerke van ‘n geestelike weeskind of dienskneg in God se koninkryk. · Noem...
Sondag 23 Februarie 2025 Stephan Briel 23.02.2025 34:19
Lees: Luk 22:14-23 en Heid Kat So 25(antw 65b – 68). Fokus: Luk22:20 (AFR53). Die wyse waarop geloof versterk word. 1.Versterking deur die Woord. 2.Versterking deur die Sakramente. · Die sakramente as tekens. · Die sakramente as seëls. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: · Noem die sakramente wat Jesus ingestel het. · Wat is sakramente? · ...
Sondag 16 Februarie 2025 Stephan Briel 16.02.2025 26:12
Lees: Rom 7: 13-26. Fokus: Rom 7: 21-23 (AFR53). Identifiseer jouself met die innerlike mens wie jy in Jesus Christus is. · Innerlike mens verwys na ons gees; gemoed verwys na ons siel; en lede verwys na ons liggaam/vlees (Rom 7: 22-23). · Jy kan nooit deur ‘n wet in jou gemoed oorwinning kry oor die sonde in jou vlees nie. Inteendeel, die sonde in jou vlees sal totale beheer...
Sondag 9 Februarie 2025 Stephan Briel 09.02.2025 29:47
Lees: Efes 5:6-20. Fokus: Efes 5:8 (AFR53). Ons is lig in die Here. God het jou natuur verander van duisternis na lig. Is jy in ‘n troutrekkery betrokke tussen twee nature? By jou wedergeboorte het God nie slegs ‘n nuwe goddelike natuur by jou ou sondige natuur gevoeg nie. Nee, die Heilige Gees het jou ou sondige natuur vervang met God se natuur. Die Heilige Gees het jou opnuut gebore en jy is...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.