Gereformeerde kerk Bergbron
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en BevrydingOm mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
Author
Gereformeerde kerk Bergbron
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 5, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sondag 28 Junie 2008 Stephan Briel 29.06.2020 56:52
Lees: Num 13:26 – 14:25. Fokus: Num 14:23,24. God gee sy beloftes aan gelowiges met ‘n oorwinnaars-gesindheid. 1. Invloed van 'n slawerny-gesindheid. (v 2-4) Met 'n slawerny-mentaliteit is jy nie geskik om God se beloftes te ontvang nie. 2. Invloed van 'n oorwinnaars-gesindheid. (v 24) God gee sy beloftes aan gelowiges met 'n oorwinnaars-gesindheid. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsd...
Woensdag 24 Junie 2020 Stephan Briel 24.06.2020 6:18
'n Bemoedigende boodskap in die middel van die week Lees Jeremia 6:16
Sondag 22 Junie 2020 Stephan Briel 22.06.2020 55:08
Lees: Fil 2:1-11. Fokus: Fil 2:5-11. Dra die krone van Jesus Christus! Jesus Christus het die kroon van die sondige wêreld gedra wat verlossing benodig (verse 6,7). Jesus Christus het die doring-kroon van lyding gedra wat verlossing bring (vers 8). Met sy opstanding het Jesus die oorwinnaarskroon ontvang – die heerserskroon (verse 9-11). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:...
Woensdag 17 Junie 2020 17.06.2020 4:48
Bemoedigende boodskap in die middel van die week Lees Psalm 34:1-5
Sondag 14 Junie 2020 Stephan Briel 16.06.2020 58:49
Lees: 1 Kor 12:1-13,27-31. Fokus: 1 Kor 12:4-6. Die Drie-enige God is betrokke by die geestelike gawes. V4: Verskeidenheid genadegawes maar dieselfde Gees (Derde Persoon van die Goddelike Drie-eenheid). V5: Verskeidenheid bedieninge maar dieselfde Here Jesus Christus (Tweede Persoon van die Goddelike Drie-eenheid). V6: Verskeidenheid werkinge maar dieselfde God die Vader (Eerste Persoon van die Go...
Woensdag 10 Junie 2020 Stephan Briel 10.06.2020 6:27
'n Bemoedigende boodskap in die middel van die week Skrifgedeelte: Hebreërs 4:2 Tema: Die Woord sonder geloof baat niks.
Sondag 7 Junie 2020 Stephan Briel 07.06.2020 38:06
Lees: 1 Kor 12:1-11. Fokus: 1 Kor 12:1. Wees ingelig oor die gawes van die Heilige Gees. Paulus vermaan ons om oor die gawes van die Gees nie onkundig te wees nie (v 1), en dan noem hy reeds voorbeelde van gawes wat vandag vir ons vreemd is en met groot agterdog bejeën word (v 8-10). Onkunde oor die gawes van die Gees vanweë 'n Streepteologie waarin geleerdes van die standpunt uitgegaan het dat se...
Woensdag 3 Junie 2020 Stephan Briel 03.06.2020 11:46
Bemoedigende boodskap in die middel van die week. Skrifgedeelte: Hand. 10:38-48 met fokus op vers 44. Tema: Die Woord en die Heilige Gees belangrik om kerk te wees.
Sondag 31 Mei 2020 (Nagmaal) Stephan Briel 30.05.2020 48:53
Lees: Lees: Hand 1:1-11. Fokus: Hand 1:3. Die koninkryk van God het in Jesus Christus naby gekom. In die veertig dae tussen Jesus se opstanding en hemelvaart, was die koninkryk van God die sentrale boodskap van Jesus aan sy dissipels (Hand 1:3). Die koninkryk van God was die hart van Jesus se hele aardse bediening. Selfs Johannes die Doper, wie die pad moes voorberei vir Jesus se koms na die aarde...
Woensdag 27 Mei 2020 Stephan Briel 27.05.2020 9:45
'n Bemoedigende boodskap in die middel van die week Lees: Efs.2:4-7 met fokus op Efs. 2:6. Tema: Ons sit saam met Christus Jesus in die hemel.
Sondag 24 Mei 2020 Stephan Briel 24.05.2020 42:54
Lees: Hand 1: 1-11. Fokus: Hand 1: 8. Die Heilige Gees bemagtig ons om getuies van Christus te wees. Wat is die verband tussen die gebeure die Sondagaand met Christus se opstanding (Joh 20:22) en die gebeure na Christus se hemelvaart met Pinkster waarna in Hand 1:8 verwys word? In die Ou Testament was die Heilige Gees met God se volk (wolk- en vuurkolom, tabernakel en tempel). Na Christus se kruis...
Donderdag 21 Mei 2020 Hemelvaart Hendrik van Deventer 21.05.2020 25:14
Hemelvaart 21 Mei 2020 Dr. Hendrik van Deventer Skrifgedeelte: Matt. 6: 9-10
Sondag 17 Mei 2020 Stephan Briel 17.05.2020 33:11
Lees: Hand 10:34-43. Fokus: Hand 10:38. Gesalf met die Heilige Gees vir genesing en bevryding in Jesus se Naam. Die kerk is in Hand 10 besig om deur sy Joodse grense te breek en die evangelie word aan heidene verkondig. Petrus gee 'n samevatting van Jesus se bediening op aarde aan Kornelius en sy mense. Jesus se bediening op aarde was die vervulling van 'n Ou Testamentiese profesie in Jes 61:1. So...
Woensdag 13 Mei 2020 Stephan Briel 13.05.2020 9:31
Bemoedigende boodskap in die middel van die week. Lees: 2 Kor. 7:9,10 Tema: "Die Heilige Gees se oortuiging van sondes teenoor die duiwel se aanklagte".
Sondag 10 Mei 2020 Stephan Briel 10.05.2020 32:55
Lees: Joh. 16:1-11 met fokus op Joh. 16:7,8. Tema: Die Heilige Gees as 'Parakleet' . Die Heilige Gees openbaar aan ons God se waarheid in Jesus Christus. Die droefheid is so diep in die dissipels se harte dat hulle Jesus se trooswoorde nie meer regtig hoor nie (v 5). Die werk van die Gees as Parakleet is om ons oë te open vir die onsigbare werklikhede agter die sigbare dinge wat normaalweg o...
Woensdag 06 Mei 2020 Stephan Briel 06.05.2020 9:33
Bemoedigende boodskap in die middel van die week. Skrifgedeelte: Joh. 14:30 Tema: Die owerste van die wêreld het niks in My nie.
Sondag 3 Mei 2020 Stephan Briel 03.05.2020 27:05
Lees Num. 11:26 -29. Die Heilige Gees maak jou vry om jou gawes te gebruik in God se koningkryk. Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=bfqALh9vxNQ
Woensdag 29 April 2020 Stephan Briel 29.04.2020 8:22
Lees Markus 6: 35-44 'n Bemoedigende boodskap in die middel van die week.
Sondag 26 April 2020 Stephan Briel 26.04.2020 21:29
Lees Josua 1:1-9 Hoe om 2020 suksesvol te leef (deel 3)
Woensdag 22 April 2020 Hendrik van Deventer 22.04.2020 21:29
Mid-week bemoediging 22 April 2020 (Prediker: Dr Hendrik Van Deventer) Kom deel in hierdie bemoedigende boodskap wat Hendrik met Bergbron wil deel in hierdie tydperk van inperking.
Sondag 19 April 2020 Stephan Briel 19.04.2020 20:20
Lees Josua 1:1-9 Hoe om 2020 suksesvol te leef (deel 2).
Sondag 29 Oktober 2017 Stephan Briel 17.04.2020 29:46
Lees: Rom 7: 13-26. Fokus: Rom 7: 21-23 (OAV). Identifiseer jouself met die innerlike mens wie jy in Jesus Christus is. Innerlike mens verwys na ons gees; gemoed verwys na ons siel; en lede verwys na ons liggaam/vlees (Rom 7: 22-23). Jy kan nooit deur ‘n wet in jou gemoed oorwinning kry oor die sonde in jou vlees nie. Inteendeel, die sonde in jou vlees sal totale beheer kry oor jou gemoed (denke,...
Sondag 22 Oktober 2017 Stephan Briel 16.04.2020 35:25
Lees: Eks 25: 10-22. Fokus: Eks 25: 22. Die funksies van die mens se gees: Gewete. Die Heilige Gees se werking deur die gewete van ongelowiges (vgl Joh 16: 8). Die Heilige Gees se werking deur die gewete van gelowiges (vgl Heb 10: 22 en Heb 19: 14). 'n Skoon gewete is die basis en vereiste vir die ander 2 hooffunksies van ons wedergebore gees: om gemeenskap met God te hê en God se wil en plan vir...
Sondag 15 Oktober 2017 Stephan Briel 15.04.2020 35:03
Lees: Eks 25: 10-22. Fokus: Eks 25: 22. Die funksies van die mens se wedergebore gees: Intuïsie. Ons moet 'n onderskeid tref tussen “weet” en “verstaan”. My wedergebore gees “weet” terwyl ek in my denke/verstand “verstaan”. 'n Gelowige “weet” die dinge van God deur die intuïsie van sy gees. In 'n sekere mate kan ons denke slegs “verstaan” en nie werklik “weet” nie. Weet is die werk van ons intuïsi...
Woensdag 15 April 2020 Stephan Briel 15.04.2020 8:37
Lees Matteus. 26:26-29 Genesis 15:9-10 Josua 9:15 'n Bemoedigende boodskap in die middel van die week.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.