Gereformeerde kerk Bergbron
Bergbron Gereformeerde Kerk Preke
Preekopnames van Bergbron Gereformeerde Kerk se eredienste. Bergbron is ‘n Omgee Gemeente Gesalf vir Genesing en BevrydingOm mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God.
Author
Gereformeerde kerk Bergbron
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 5, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Sondag 10 Januarie 2021 Stephan Briel 10.01.2021 27:16
Lees: 1 Sam 22:1-5 en Psalm 142. Fokus: 1 Sam 22:5. Die Here bring ons uit ‘n vesting van moedeloosheid na ‘n plek van lofprysing. Video beskikbaar by https://www.youtube.com/watch?v=OVrHS2WEPuY
Woensdag 6 Januarie 2021 Stephan Briel 06.01.2021 5:15
'n Bemoedigende boodskap uit Matteus 6:25-34 met die tema: "Leef verantwoordelik vandag."
Sondag 3 Januarie 2021 Stephan Briel 03.01.2021 27:04
Lees: Matt: 1:18-25 Fokus: Matt 1:22, 23. Tema: Die betekenis van Jesus se maagdelike geboorte. Video by: https://www.youtube.com/watch?v=c3WxQdSn3vY
Sondag 27 Desember 2020 Christiaan Mulder 02.01.2021 29:12
Lees Hebreërs 13:1-21 Fokus Hebreërs 13:6 Tema: Ek ken geen vrees nie.
Kersdag 25 Desember 2020 Stephan Briel 02.01.2021 33:45
Lees Jesaja 7 Die volle betekenis van "Imanuel - God is by ons"
Sondag 20 Desember 2020 Matthew Brummer 02.01.2021 30:46
Lees: Sag 7:4-6 Tema: God of Self Video by https://www.youtube.com/watch?v=qTiNMbszjxA
Woensdag 9 Desember 2020 Stephan Briel 09.12.2020 6:52
'n Bemoedigende boodskap uit Openbaring 13:16-18 met die tema: "Die merk van die dier."
Sondag 6 Desember 2020 Stephan Briel 06.12.2020 43:42
Lees: Mat 11:2-19. Fokus: Mat 11:3-6. Pasop vir die blindekolle in jou lewens en wêreldbeskouing. Jesus se “vreemde en ongemaklike” antwoord. ‘n Wêreldbeskouing is ‘n stel voorveronderstellings wat ons handhaaf (bewustelik of onbewustelik) aangaande die basiese samestelling en funksionering van die wêreld. Baie Westerse Christene verdeel hulle lewe netjies in twee dele: die natuurlike en die bonat...
Sondag 29 November 2020 Stephan Briel 02.12.2020 50:02
Lees: Mark 6:7-13 en 30-44. Fokus: Mark 6:34-44. Geloof wat uitloop op wonderwerke! Jesus se rabbynse proses van dissipelskap (Mark 6:7,12-13). Eerstens, Jesus was gedryf deur medelye (Mark 6:34). Tweedens, Jesus het na sy Vader geluister en nie toegegee aan sy dissipels se redenasie dat Hy die skare moet wegstuur nie (Mark 6:36). Derdens, Jesus het die disspels se geestelike blindheid gebruik om...
Woensdag 25 November 2020 Stephan Briel 02.12.2020 5:02
'n Bemoedigende boodskap uit Spreuke 28:20 met die tema: "'n Betroubare man is baie voorspoedig."
Woensdag 2 Desember 2020 Gert van Straaten 02.12.2020 7:24
'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Gert van Straaten.
Sondag 22 November 2020 Stephan Briel 22.11.2020 41:26
Lees: Luk 7:11-17. Fokus: Luk 7:13-17. ‘n Botsing tussen die Lewe en dood. n Begrafnisstoet van smart en hopeloosheid. Die stoet van Lewe en hoop. ‘n Nuwe stoet van oorwinning en feesviering. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Verduidelik die weduwee se ekonomiese en sosiale situasie nadat haar enigste seun gesterf het. Wat is die rede waarom Jesus hierdie wonderwerk doen? Verdu...
Woensdag 17 November 2020 Christiaan Mulder 18.11.2020 5:32
'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Christiaan Mulder.
Sondag 15 November 2020 Stephan Briel 15.11.2020 37:25
Lees: Luk 11:1-13. Fokus: Luk 11:2. Laat U koninkryk kom. Die koninkryk van God was die hart van Jesus se hele aardse bediening. Deur Jesus se koms na hierdie wêreld het God die koningsheerskappy en regering kom terugeis wat regtens syne is. God se koninkryk het met Jesus Christus se eerste koms alreeds gekom en deurgebreek in hierdie sondige wêreld, maar is nog nie volmaak teenwoordig nie Deur di...
Woensdag 11 November 2020 Pieter de Klerk 11.11.2020 10:49
'n Bemoedigende boodskap van ouderling Pieter de Klerk. (Lees: Daniel 4, Fokus: Daniel 4:25b)
Sondag 8 November 2020 Stephan Briel 08.11.2020 39:27
Lees: 1 Joh 2:7-17. Fokus: 1 Joh 2:13b en 14b. Ontgroei jou kinderskoene deur die Bose te oorwin. Niemand het die “delete” knoppie in ons geheue gedruk met ons wedergeboorte nie. As Johannes twee keer verwys na die jongmense wat “die Bose oorwin het”, dan verwys hy hoofsaaklik na die vestings van die Bose wat in hulle lewens vernietig is. Die term vesting word gebruik om ‘n Christen met ‘n innerli...
Woensdag 4 November 2020 Stephan Briel 04.11.2020 5:56
'n Bemoedigende boodskap uit Ef 2:1-2
Sondag 1 November 2020 Sebastian Floor 01.11.2020 28:34
Lees:Psalm 23 Niks sal ons ontbreek nie. Die Psalm het pragtige temas en beeldspraak wat ‘n diep boodskap van sorg en ook gemeenskap met ons Here Jesus Christus, die Goeie Herder, aan ons digterlik uitbeeld.
Woensdag 28 Oktober 2020 Jacques Moolman 28.10.2020 4:03
'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Jacques Moolman uit Psalm 146.
Sondag 25 Oktober 2020 Stephan Briel 25.10.2020 33:39
Lees: Kol 4:2-6. Fokus: Kol 4:2-4. Bid dat God ‘n deur vir die Woord oopmaak. Paulus het ontdek dat al sy kennis en agtergrond nie voldoende is om die geheimenis van die woord te ontsluit nie. Dit is net God self wat die geheimenis van die woord aan mense bekend kan maak. Die enigste sleutel wat daar is om die deur oop te maak, is gebed. Sy eie persoonlike gebed dat God die deur vir hom sal...
Sondag 18 Oktober 2020 Stephan Briel 18.10.2020 41:23
Lees: 2 Kor 5: 11-21 (OAV). Fokus: 2 Kor 5: 18. As gelowige is ek ‘n bedienaar van die versoening in Christus. 1. “Is jy met God versoen?” Dit is nie 'n vraag: of jy godsdienstig is, of jy meen dat jy al genoeg gedoen het om met God versoen te wees, of God met ons versoen is – want Hy is! Dit is juis die evangelie! Die hart van die versoening is reeds “dat God in Christus die wêreld met Homself ve...
Woensdag 14 Oktober 2020 Stephan Briel 14.10.2020 6:49
'n Bemoedigende boodskap uit Psalm 121 met die tema "My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het!"
Sondag 11 Oktober 2020 Stephan Briel 11.10.2020 46:52
Lees: Rom 8:1-17. Fokus: Rom 8:14. Die Gees verseker ons dat ons kinders van God is, en sy wonderlike beloftes in Christus sal ontvang. Kinders van God word gelei deur die Heilige Gees. Die Heilige Gees werk inwonend in jou lewe om jou te vernuwe na die beeld van Jesus Christus met sy vrug. Die Heilige Gees kom in krag oor jou om jou te bemagtig met Sy gawes vir bediening in God se koninkryk. Ons...
Woensdag 7 Oktober 2020 Gert van Straaten 07.10.2020 7:32
'n Bemoedigende boodskap deur ouderling Gert van Straaten met tema: "Om God met jou hele hart te vertrou."
Sondag 4 Oktober 2020 Stephan Briel 04.10.2020 50:22
Lees: Psalm 125. Fokus: Psalm 125:1,2. God is by ons met sy beskerming en oorwinning! Te midde van al die onsekerhede wat môre en oormôre vir ons inhou, dra ons dié één groot sekerheid met ons saam: God is met ons. Hy beskerm ons van alle kante net soos daar berge rondom Jerusalem is. Hy gee ons ook die oorwinning in sy Seun, Jesus Christus. En Hy is dag vir dag by ons in en deur sy Heilige Gees....
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.