100.5FM Radio Laeveld
100.5FM Radio Laeveld
As dit in die Laeveld van Mpumalanga gebeur is dit op 100.5FM familie radio.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.radiolaeveld.co.za
Author
100.5FM Radio Laeveld
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 15, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Bach to Beatles kom na Laeveld 02.09.2026 7:59
Die wêreldbekende Charl du Plessis Trio is op pad na die Laeveld. Die pianis gesels met die Middag Game Drive oor Bach to Beatles.
Mahindra Nelspruit: Finansier 'n voertuig so 02.09.2026 8:37
Christelle Froneman van Mahindra Nelspruit gesels met die Middag Game Drive oor wat die beste manier is om 'n voertuig te finansier.
911 Riders hou Saterdag Riddle Ride 01.09.2026 7:12
Die 911 Riders-motorfietsklub bied Saterdag hul jaarlikse Riddle Ride aan. Nandi de Witt gesels met die Middag Game Drive.
Lowveld Venom Suppliers: Pas op vir slange die somer 31.08.2026 14:08
Die somer beloof om uitermatig warm te wees weens die El Niño effek. Chris Hobkirk van Lowveld Venom Suppliers het met Saterdag Ontbyt gesels oor wat jy kan doen om jouself te beveilig teen giftige slange wat moontlik skuiling sal probeer vind in koeler plekke soos in jou huis of tuin.
Stem in volgende ronde van Skryf'it 28.08.2026 8:45
Stemming is oop vir die volgende ronde van die FAK Skryf’it-liedjieskryfkompetisie. Ons eie Coenie Naudé het jou stem nodig. Hy het “Geraas” self geskryf en nou kan óns help om dit verder te vat. Jy kan TWEE keer vir hom stem: een keer met jou selfoonnommer en een keer met jou e-posadres. Besoek https://www.skryfit.co.za/ én SMS AD1 na 45730. Kom ons help hierdie Laeveldse rocker tot in die Top 5!
Boere speel gholf vir landelike veiligheid 27.08.2026 7:41
Die Sterkspruit-boeregemeenskap het 'n oorspronklike tipe gholfdag bedink om fondse in te samel vir hul veiligheid. Andrew Dunn en Henry du Pradines vertel meer.
Ondersteun Loslitdag vir mense met gestremdhede 27.08.2026 7:21
Vrydag 4 September is Loslitdag. Dominique Vogel van die MPDA vertel hoe jy dit kan ondersteun.
Beskerm jouself so teen swendelaars 27.08.2026 14:50
Aanlyn swendelary neem net toe met verneukers wat al hoe meer gesofistikeerd raak om slagoffers uit te oorlê. Juan Grobbelaar, die hoof van kredietverhoudings by die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum, gesels met Laeveld Brunch oor hoe jy jouself kan beskerm.
Securicon: Ontmoet Gerald Erasmus 27.08.2026 14:44
Callum MacPherson van Securicon het sy jarelange operasionele bestuurder, Gerald Erasmus, tydens Laeveld Brunch aan luisteraars bekend kom stel.
Black Sable Risikobestuur: Veiligheid begin voor iets verkeerd loop 26.08.2026 17:23
Ilze Erasmus gesels met Laeveld Brunch oor Beroepsgesondheid en veiligheid.
Mahindra Nelspruit: Die groter sportnutsvoertuig 26.08.2026 8:48
Wanneer het jy werklik die groter sportnutsvoertuig nodig? Lamont Erasmus, verkoopskonsultant by Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive.
Cake 4 CANSA eerste keer in Laeveld 25.08.2026 4:22
Louise Liebenberg wou vir jare reeds iets doen vir KANSA om hul in hul goeie werk te ondersteun. Sy organiseer Cake 4 CANSA, wat hopelik 'n jaarlikse instelling sal word.
SANParke waarsku besoekers aan wildtuin oor reëls voor Parkeweek 25.08.2026 10:14
SANParke se jaarlikse Parkeweek bied Suid-Afrikaners die week van 7 September gratis toegang tot reservate. Rey Thakhuli gesels met 100.5FM oor toeriste wat onlangs die park onregmatig betree het en besoekers wat op geslote paaie gestrand raak en gered moet word.
Pumas bly derde op Curriebeker-punteleer met een ronde oor 25.08.2026 5:57
Die Griekwas bly steeds eerste op die Curriebeker-punteleer na hul 38-14 sege Vrydag oor die Airlink Pumas by Mbombela-stadion. Die Cheetahs wat ook 26 punte het is saam met die verdedigende kampioene reeds verseker van plekke in die halfeindronde. Hulle word gevolg deur die Pumas met 17 punte en die Boland Kavaliers met 16. Daar is slegs een ronde oor om die halfeindrondes te bepaal. Die pienktru...
Luilekker Sondag: Brian Wilkinson 24.08.2026 9:14
Die plaaslike musikant Brian Wilkinson was Anne se gas gister tydens Luilekker Sondag.
Penryn bied e-sport aan 21.08.2026 11:56
Penryn het besluit om e-sport te omarm. Nicole dos Santos vertel alles.
Moenie brand nie! sê Lefpa 21.08.2026 11:29
Die naweek beloof die brandgevaarindeks in die Laeveld om uitermatig hoog te wees, waarsku Lefpa.
Lowveld Torque Wars 21.08.2026 15:49
Die Lowveld Torque Wars wil petrolkoppe 'n veiliger plek bied om te wys hoe vinnig hulle regtig kan ry. Chris de Klerk en Marloe van Niekerk gesels met Sonop Ontbyt.
Gesondheid en Welstand met Intercare Mbombela: reiskliniek 20.08.2026 18:14
Dr. Ingrid Siebrits bedryf 'n reiskliniek by Intercare Mbombela. Sy gesels met Laeveld Brunch oor reisgesondheid.
Pasop vir "visvangers" 20.08.2026 13:40
Callum MacPherson van Securicon verduidelik die bekende "visvang"-metode wat diewe inspan om jou deur 'n oop venster van jou eiendom te verlos.
Plaaslike armdrukker hou aan seëvier 20.08.2026 11:46
Janco Kok het in April sy titel by die Afrika-kampioenskappe in Ghana verdedig en weereens eerste plek in beide arms behaal. In Augustus het hy ook sy nasionale titel by die Nasionale Kampioenskappe suksesvol verdedig met nog ’n eerste plek in die Jeug-afdeling.
Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld 19.08.2026 6:21
Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Word jy billik behandel deur jou makelaar of versekeraar? 19.08.2026 9:38
Word jy billik behandel deur jou makelaar of versekeraar? GJ Wentzel van Black Sable Risk vertel vir Laeveld Brunch wat jou te doen staan.
Mahindra Bolero MaXX 19.08.2026 12:23
Die Mahindra Bolero MaXX bied jou al die moontlike opsies vir enige industrie. Oscar Kolbe, direkteur en algemene bestuurder van Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive.
Agt munisipaliteite in Mpumalanga begin Aarto implementeer 18.08.2026 13:43
Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid sê agt munisipale gebiede in die provinsie het begin met die implementering van die Aarto-wetgewing. Die Stad Mbombela, Nkomazi, Thaba Chweu, Steve Tshwete, Emalahleni, Thembisile Hani, Govan Mbeki en Lekwa is onder 62 munisipaliteite wat landwyd vir fase twee van die uitrol geïdentifiseer is. Met die implementering sal boetes aan motoriste sleg...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.