100.5FM Radio Laeveld
100.5FM Radio Laeveld
As dit in die Laeveld van Mpumalanga gebeur is dit op 100.5FM familie radio.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.radiolaeveld.co.za
Author
100.5FM Radio Laeveld
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 15, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Vier kultuur met Innibos Boekenaweek 18.08.2026 15:15
Die vierde Innibos Boekenaweek vind aan die einde van die maand in Kaapsehoop plaas. Annemarie van der Walt gesels met Sonop Ontbyt.
Pumas derde op Curriebeker-punteleer met twee rondes oor 18.08.2026 10:27
Die Airlink Pumas het hul veldtog om die Curriebeker-titel versterk met 'n oortuigende oorwinning van 29-7 oor die Stormers-23 in Mbombela. Die bonuspunt-oorwinning plaas die Pumas, met twee rondes oor, derde op die punteleer. Hulle is tans drie punte agter die Cheetahs en vier punte agter die verdedigende kampioene en voorlopers, die Griekwas. Hoofafrigter Jimmy Stonehouse sê sy span se lynstane...
Luilekker Sondag: Annemarie Hitge 17.08.2026 9:14
Die plaaslike sangeres Annemarie Hitge was gister Anne se gas in die ateljee tydens Luilekker Sondag.
Wat hou El Niño die somer in vir jou tuin? 17.08.2026 19:39
Elzabé de Bruyn, die organiese groentetuinkenner, het met Saterdag Ontbyt gesels oor peste in die tuin en wat ons hierdie somer van El Niño kan verwag.
Glam Guru deel raad vir vrouevelle en manshare 14.08.2026 18:07
Die Glam Guru Hannon kuier in die Laeveld. Hy het Anne se velsorgvrae beantwoord.
Brande kom nog, maan Lefpa 14.08.2026 6:34
André Scheepers van Lefpa sê moenie dat die onlangse reën jou houtgerus maak oor brande nie.
Securicon: So spoor ons gesteelde voertuie op 13.08.2026 13:30
Callum MacPherson van Securicon sê jou eerste stap wanneer jou voertuig gesteel word is om jou sekerheidsmaatskappy te kontak, eerder as om dit dadelik op sosiale media te deel.
Intercare bied sambreel tandheelkunde 13.08.2026 15:41
Dr. Lohan Steyn van Intercare Mbombela Tandheelkundige-sentrum gesels met Laeveld Brunch.
Mahindra: Stel veiligheid eerste 12.08.2026 11:16
Cas Kolbè, handelaarshoof van Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive oor hoe belangrik veiligheidsoorwegings geword het in die aankoop van 'n voertuig.
Sien om na jou geestesgesondheid en winterwelstand 06.08.2026 14:30
Dr. Zelda Retief, huisarts by Intercare Mbombela Mediese Sentrum in die Matumi-sentrum, spesialiseer in diabetes, hoë bloeddruk, skildkliertoestande, vrouegesondheid, geestesgesondheid en ondersteuning aan tieners.
Sekuriteitswagte is baie belangrik 06.08.2026 14:01
Daar is meer aan sekuriteit as alarms en kameras. Wagte is baie belangrik, sê Callum MacPherson van Securicon.
Boer soek jong, tweede bruid: Wat sê die reg en Bybel? 06.08.2026 22:25
Die Vrystaatse boer, adv. Gerrit Coetzee (58), se soeke na 'n jong, tweede bruid het die internet behoorlik aan die gons. Danie van Wyk van Neon Kerk en die regsgeleerde Monique Niebaber verduidelik vir Sonop Ontbyt wat die reg en die Bybel daaroor sê.
Wat jy nie weet van persoonlike versekering nie 05.08.2026 13:37
Weet jy wat jou verantwoordelikhede is i.t.v. jou versekering? GJ Wentsel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch.
Kleinsaak? Fokus hierop wanneer jy 'n voertuig kies 05.08.2026 9:56
Hoe kan die regte kommersiële voertuig 'n kleinsakeonderneming help om meer doeltreffend en winsgewend te werk? Hein le Roux van Mahindra Nelspruit gesels met die Middag Game Drive.
Pumas klop Boland vir hul eerste oorwinning in die Curriebeker-veldtog 04.08.2026 7:54
Die Pumas het alles in die stryd gewerp vir 'n oorwinning van 20-15 teen die Boland Kavaliers in Wellington Sondag. Dis hul eerste oorwinning in die 2026 Curriebeker-seisoen. Die Pumas het tot sesde plek op die punteleer opgeskuif, terwyl Boland, na hul eerste nederlaag van die veldtog, aan die einde van ronde drie vierde is. Willie Engelbrecht en speler van die wedstryd Nevaldo Fleurs het by Sono...
Luilekker Sondag: Mathew Gold 03.08.2026 10:00
Die plaaslike musikant was Sondag Anne se gas tydens Luilekker Sondag.
Penryn doelwagter skitter en haal nasionale span 31.07.2026 13:51
Die Laeveldse sportgemeenskap vier 'n belangrike mylpaal met Ulrich Reingrubber, Penryn College se uitmuntende doelwagter, wat gekies is om Suid-Afrika by die komende Jeug-Afrika-beker in Nairobi, Kenia, van 6 tot 8 Augustus te verteenwoordig. Hy het die ateljee saam met die uitvoerende hoof, Mike Eisen, besoek in die aanloop tot die skool se opedag môre.
Mahindra Nelspruit: Waarvoor gaan jy jou bakkie gebruik? 31.07.2026 11:17
Voor jy 'n bakkie aanskaf, antwoord eers dié vraag: Waarvoor gaan jou bakkie daagliks die meeste gebruik word? Hein le Roux, die bestuurder van nuwe voertuig verkope by Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
KANSA: Manlike borskanker-oorlewer vertel van reis 30.07.2026 18:02
Bobby Were is 'n oorlewende van borskanker. Hy vertel wat hy geleer het oor mans en hul gesondheid.
Brandblussers is baie belangrik vir jou eerste reaksie 29.07.2026 13:52
Dis belangrik om te onthou dat elke onderneming brandbestydingstoerusting op die perseel moet hê. GJ Wentzel van Black Sable Risk gesels met Laeveld Brunch.
Armdruk ondergaan omwenteling 29.07.2026 12:42
Nelspruit het weer die voorreg om die Nasionale Armdruk Kampioenskappe aan te bied op 8 en 9 Augustus. Daar was ook verskeie verwikkelinge in die sport van Armdruk oor die laaste tyd.
Ruan Raath-gholfdag Vrydag gehou 28.07.2026 7:35
Die gemeenskap het gereageer om Ruan Raath (36) te ondersteun na sy kankerdiagnose. Sy sussie Chané Jacobs en kollega Jonathan Eastes gesels oor die gholfdag Vrydag.
Pumas segeloos na Curriebeker se tweede ronde 28.07.2026 10:21
Die Cheetahs en Boland Kavaliers het hul onoorwonne lopies in die Curriebeker-premierafdeling met oortuigende oorwinnings voortgesit tydens die tweede ronde die naweek. Die Cheetahs het die Haaie met 43-21 in Bloemfontein geklop, met Prince Nkabinde wat 'n driekuns behaal het en Faf de Klerk wat twee keer gaan druk het. Die Leeus het die Airlink Pumas met 52-29 op Ellis Park oorrompel. Die verdedi...
Tweelingbroers maak Uplands baie trots 27.07.2026 11:36
Siphesihle en Thubelihle Marule is tweelingbroers wat skoolgaan by Uplands danksy 'n KLM-beurs. Binne vier jaar het hulle van nuwelinge in rugby tot provinsiale verteenwoordigers gevorder en vanjaar die eerste spelers van Uplands in 20 jaar geword wat vir die o.18-Cravenweek gekies is. Siphesihle het ook nasionale erkenning verwerf deur vir die SA Skole-A-span gekies te word.
Luilekker Sondag: Tiffany Steyn 27.07.2026 11:09
Die plaaslike sangeres, Tiffany Steyn, was Anne se gas tydens Luilekker Sondag gister.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.