100.5FM Radio Laeveld
100.5FM Radio Laeveld
As dit in die Laeveld van Mpumalanga gebeur is dit op 100.5FM familie radio.
Author
100.5FM Radio Laeveld
Category
Podcast website
Latest episode
Jul 10, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Mozzieweek volgende week aangebied 10.07.2026 12:11
NHS bied volgende week die 14de keer hul jaarlikse Mozziefees aan wat topklas krieket na die Laeveld lok. Morné van der Merwe vertel meer.
Caring Angels Nursing College bekroon 09.07.2026 11:02
Caring Angels Nursing College in Nelspruit het onlangs 'n toekenning van 'n Britse organisasie ontvang. Belinda Pretorius deel haar passie oor tuisversorging.
Koue verhoog brandgevaar: Beveilig jouself 09.07.2026 13:08
Die brandgevaar is beduidend hoër in die winter. GJ Wentzel van Black Sable gesels met Laeveld Brunch.
Spotbots die toekoms 09.07.2026 16:50
"Ons is besig om in die regte rigting te beweeg wat betref pro-aktiewe misdaadbestryding," sê Callum MacPherson van Securicon.
Warrior Ric roep avontuur-hardlopers 09.07.2026 10:07
Warrior Ric en Michelle Scott gesels met Laeveld Brunch oor die Sabi Sands-veldwedloop 29 Augustus.
Dancing Queens bring Flashback 09.07.2026 9:07
Die Dancing Queens se jaarlikse konsertreeks ten bate van welwillendheid vind weer die einde van die maand plaas. Angela Kent en Donna James kuier by Sonop Onbyt.
Benoekie vir kinder-geestesgesondheid 09.07.2026 7:35
Yolandi Palmer is passievol oor kinders se geestesgesondheid en met Benoekie probeer sy daarvor fondse insamel en bewusmaking kweek.
Amaculo Drakie Sonskyntoer arriveer in Mpumalanga 09.07.2026 7:24
Die Drakensberg Seunskoor is op toer in die Laeveld en Mpumalanga. Hendrik Bekker gesels met die Middag Game Drive oor hul vertonings. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Neem 'n Sjimpansee aan 07.07.2026 9:47
Sjimpansees is gaande oor kinderspeelgoed: teddiebere, poppies, ook ou tekkies, en emmertjies en grafies. Michelle en Jollene is op 'n missie om die organisasie te ondersteun deur insamelings. Hulle vertel saam met Gary Deiner, die uitvoerende beampte van Chimp Eden, dat jy ook enetjie aan kan neem.
Uitspraak oor permitte oorwinning vir renosterbewaring 06.07.2026 7:24
Die hooggeregshof in Kimberley het die Noord-Kaapse regering se aansoek om appèl rondom uitvoerpermitte vir eties geoeste renosterhorings van die hand gewys. Wicus Diedericks wat hom oor die saak tot die hof gewend het, gesels met ons oor hoe dit die handel in renosterhorings uit misdaadsindikate se hande kan haal.
Van uitstel kom afstel - maar let hierop om jou risiko te verminder 02.07.2026 11:36
Die klein dingetjies wat jy nie eens oplet nie, kan die grootste risiko inhou vir jou eiendom en onderneming. GJ Wentzel van Black Sable Risk deel advies met Laeveld Brunch oor waarna hulle vandag aandag kan gee om hul risiko te verminder.
KANSA: Junie is Internasionale Kankeroorlewendesmaand 30.06.2026 12:11
Elise Fourie is ‘n beradingsielkundige en oorlewende van skildklierkanker wat ook ‘n Relay For Life Global Hero of Hope én ‘n leiervrywilliger by KANSA is. Sy gesels met ons oor Internasionale Kankeroorlewendesmaand wat in Junie plaasvind en hoe oorlewendes 'n rol in kankerbewustheid kan speel deur hul storie te deel en vrywilligerswerk te doen.
Sarah Barratt die Safari Veldgids van die Jaar 30.06.2026 9:01
Sarah Barratt van Thornybush Game Lodge is aangewys van vanjaar se Safari Veldgids van die Jaar. Sy is maar die tweede vrou in 15 jaar om die toekenning te wen.
Nuwe kindervriendelike ontwerp vanjaar by Innibos-pretpark 30.06.2026 6:09
'n Groep ma's het tydens verlede jaar se Innibos besluit die kunswerke van skamel geklede vroue by die pretpark op die feesterrein is nie ideaal om kinders aan bloot te stel nie. Annali Schutte en Caria Harms het intussen saam met die fees, die pretpark-bestuur en Hoërskool Bergvlam gewerk om dit vanjaar met meer kindervriendelike ontwerpe te vervang.
Tradition Transformed vertoon kunsvlyt se evolusie 29.06.2026 5:55
Tradition Transformed kyk na hoe Suid-Afrikaanse kunsvlyt in moderne ontwerp verander, met 30 kunswerke wat vars, kreatiewe benaderings tot tradisionele vaardighede toon. Dit is alles by vanjaar se Innibos. John Anthony Boerma vertel meer.
Spanning, satire, humor op die Innibos-spyskaart 29.06.2026 16:15
Badprop Produksies het vanjaar twee komedies op die planke by die Toyota Innibos. Johan van der Merwe en Ignatius van Heerden gesels met Laeveld Brunch oor Pampelmoesmampoer en Tronk met 'n D.
Luilekker Sondag: Ruben Roos 29.06.2026 7:01
Die plaaslike musikant Ruben Roos was gister Anne se gas in die ateljee tydens Luilekker Sondag.
Laeveld Jeugkoor tot stand gebring 29.06.2026 9:02
Die Laeveld Jeugkoor is redelik onlangs op die been gebring en hulle soek nog sangers om by hulle aan te sluit. Elet Kruger gesels saam met Johann Oosthuizen en Zoë Grové met die Middag Game Drive.
Laeveld JOC paraat vir demonstrasies 29.06.2026 8:53
Wat kan ons môre te wagte wees wanneer March and March se "spertyd" vir onwettige immigrante om die land te verlaat verstryk? Frank Swanepoel van die Laeveld JOC gesels met Sonop Ontbyt.
Laeveld brandseisoen sover vlot 26.06.2026 8:06
Grondeienaars is besonders verantwoordelik vanjaar en berei fluks voor vir die brandseisoen. André Scheepers van Lefpa sê toestande is tans uiters gunstig om voorbrande te maak en ander voorbereidings te tref voor droë, winderige toestande later in die winter die brandgevaar aansienlik verhoog.
Mpumalanga NPO Ekspo op pad 26.06.2026 9:17
Op Donderdag 9 Julie kom nie-winsgewende organisasies en sakeondernemings bymekaar om hande te neem om hul gemeenskappe beter te ondersteun. Shirley Khoza van Touch a Million gesels met ons oor die Mpumalanga NPO Ekspo.
Ondersteun Soli-Deo-Gloria Sorgsentrum in Lydenburg 25.06.2026 12:54
'n Groep Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon het onlangs 'n veldtog geloods om die Soli-Deo-Gloria Sorgsentrum in Lydenburg te ondersteun. Gerda Venter vertel meer oor die 150 afhanklike mense na wie hulle tans omsien.
Tegnologie is 'n wonderlike ding in geveg teen misdaad 25.06.2026 18:02
Sekuriteitsrolspelers berei voor vir enige onlus Dinsdag, die "sperdatum" wat die teen-immigrasiegroep March and March immigrante gegee het om die land te verlaat. Callum MacPherson van Securicon sê inwoners moenie bekommerd wees dat hulle in die duister gelaat sal word oor verwikkelinge nie. Hy gesels met Laeveld Brunch oor hoe hulle tegnologie inspan in die geveg teen misdaad.
Laeveld Blues-naweek skop vanaand af 25.06.2026 11:41
'n Vier-dag Blues-naweek tref die Laeveld hierdie naweek met optredes deur top-kunstenaars vanaf Witrivier en Nelspruit tot in Kaapsehoop. Kitaarspeler Wiam Otto sal ook saam met Illimar 'n kitaarwerkswinkel aanbied. Hy kuier saam met Werner Botha van LiveVeld in die ateljee.
Koop en verkoop goud en silwer saam met Tri Metals 25.06.2026 12:53
Tri Metals help jou om goud en silwer te koop, verkoop en in te belê. Mede-direkteur Tiaan Smit deel sy insigte oor die mark met Sonop Ontbyt.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.