100.5FM Radio Laeveld

100.5FM Radio Laeveld

As dit in die Laeveld van Mpumalanga gebeur is dit op 100.5FM familie radio.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.radiolaeveld.co.za

Autor

100.5FM Radio Laeveld

Kategoria

Uncategorized

Strona podcastu

www.radiolaeveld.co.za

Ostatni odcinek

15 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Hoe weet misdadigers wie groot bedrae kontant onttrek? 15.10.2026

Ons hoor gereeld van mense wat beroof word na hulle groot bedrae kontant by 'n bank onttrek het. Laeveld Brunch gesels met Callum MacPherson en Gerald Erasmus van Securicon. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Wip op vir Flamboyant met 'n doel 15.10.2026

Flamboyant skool mik om 'n sandterapiekamer te installeer vir hul leerlinge. Hoof Gail van der Riet en onderwyser Jess Redfern vertel meer oor wat dit is.

Reën buite, verlies binne: Is jou onderneming stormgereed? 15.10.2026

Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor somerreën.

Big 6 - 500 Gong Challenge 14.10.2026

Bernard van Rooyen en Geon Clark van die Laeveld-tak van Bosveld Jagters- en Wildbewaringvereniging (BJV) het met Laeveld Brunch kom gesels oor die afgelope naweek se Big 6 - 500 Gong Challenge by Tanda Kutula.

Johannes Meyer doen die Big Pull 14.10.2026

Johannes Meyer gaan vanaf November tydens The Big Pull 'n 16-ton-vragmotor van Centurion na die Paarl toe trek. Hy gesels met Sonop Ontbyt oor die 40-dag trek.

Mahindra OJA kompakte trekker 14.10.2026

Mahindra Nelspruit se OJA kompakte trekker is ideaal vir boere wat met kleiner gewasse soos bloubessies, avo's en makadamias boer. Michelle Prinsloo gesels met die Middag Game Drive oor hoe die regte implemente boere tyd en geld kan bespaar.

VLU Odonata hou fyntee 13.10.2026

Die VLU Odonata hou volgende Saterdag 'n fyntee. Mariëtte Joubert gesels met ons.

Red jou groente wat verwelk 12.10.2026

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red? 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Luilekker Sondag: Felicia Pretorius 12.10.2026

Die plaaslike sangeres Felicia Pretorius was gister Anne se gas tydens Luilekker Sondag.

N4-konstruksie: Dis hoekom 09.10.2026

Daar is tans baie konstruksiewerk en rehabilitasieprojekte op die N4 aan die gang. Solange Soares van TRAC gee 'n opdatering van wat aangaan. 

Nicolene Teixeira: Laeveld-lief 09.10.2026

Die plaaslike sangeres Nicolene Teixeira se jongste vrystelling is "Laeveld-lief".

Rekord-brandstofpryse: Moontlike toename in diefstal verwag 08.10.2026

Callum MacPherson en Gerald Coetzee van Securicon sê weens die toename in brandstofpryse raak die moontlikheid dat die diefstal daarvan sal toeneem ook groter. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

Black Sable Risikobestuur: Let op klein waarskuwingstekens 07.10.2026

Kyk vir lekplekke aan jou plafon voor die skade vererge, maan Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur.

Penryn bied aan The Things We Carry 07.10.2026

Penryn College nooi Laevelders om die ervarings van jong kunstenaars te beleef met "The Things We Carry"-kunsuitstalling. Michelle Booysen, die kunshoof, gesels met Sonop Ontbyt oor die uitstalling wat vir die volgende maand oop is vir die publiek. 

Plaaslike ontwerper wen by ComicCon 07.10.2026

Die plaaslike ontwerper Salome Nel het by die onlangse ComicCon Africa se Championship of Cosply die "Best Prop"-toekenning gewen.

Mahindra XUV 3XO 07.10.2026

Ontmoet vir Barend Brecher van Mahindra Nelspruit. Hy gesels met die Middag Game Drive oor die XUV 3XO.

Casterbridge cake party 06.10.2026

Angela Kent wou al vir lank 'n Koek-partytjie hou. Dit vind Saterdag ten bate van Huis Betlehem plaas by Casterbridge.

Spoedgholf vir Caleb 06.10.2026

Volgende Saterdag bied die Barberton-buitebaan Spoedgholf aan ten bate van klein Caleb van Wyk wat aan 'n seldsame breintoestand, hemimegalencephaly (HME) ly. Sy ma Lara kuier saam met Leon Steenkamp van die klub in die ateljee.

Henru & Schwabie vat Die Pad na die Laeveld 06.10.2026

Henru & Schwabie, die gewilde Mosselbaaise duo bring hul mooi akoestiese melodieë Laeveld toe! Schwabie het gesels met Sonop Ontbyt.

Lefpa gaan selektief toelaat dat jy begin slash brand 02.10.2026

Die son skyn weer na 'n paar reënerige dae. André Scheepers van Lefpa sê vir Laeveld Brunch Oktober bly egter 'n hoë brandgevaarmaand en grondeienaars moenie oorgerus raak nie.

KANSA mik hoog met Car Sit-in vanjaar 02.10.2026

Die KANSA Laeveld "Car Sit-in" vind vanaf vanmiddag 14:00 by i'langa Mall plaas. Rinella Jansen van Vuuren en Elsie Fourie vertel vir Sonop Ontbyt dat hulle vanjaar daarvoor mik om binne die 48-uur R95,000 in te samel om KANSA se 95ste bestaansjaar te vier.

Securicon gesels oor voertuigkapings 01.10.2026

Callum MacPherson en Gerald Erasmus van Securicon gesels met Laeveld Brunch oor voertuigkapings. 

NPO Ekspo volgende Vrydag gehou 01.10.2026

Volgende Vrydag hou die Laeveld 'n NPO Ekspo om plaaslike ondernemings met nie-winsgewende organisasies te verbind. Shirley Khoza en Nandi Shongwe gesels met Sonop Ontbyt.

'Meisies' meng klassieke, kabaret- en kontemporêre klanke 29.09.2026

Meisie is 'n plaaslike groep wat klassieke, kabaret- en kontemporêre klanke vermeng om vroue se stories te vertel. Naomi Tagg, Janette Rottcher en Lizanne Barnard het met Sonop Ontbyt gesels.

SolarFlair presteer by Sasol Solar Challenge 28.09.2026

Die plaaslike SolarFlair-span het "Best Embodiment of African Engineering and Team Spirit" gewen tydens die pas afgelope Sasol Solar Challenge. Craig Gebhardt en Schalk Pottas het by Sonop Ontbyt in die ateljee gekuier.

Słuchaj podcastu 100.5FM Radio Laeveld w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS