100.5FM Radio Laeveld
100.5FM Radio Laeveld
As dit in die Laeveld van Mpumalanga gebeur is dit op 100.5FM familie radio.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.radiolaeveld.co.za
Author
100.5FM Radio Laeveld
Category
Podcast website
Latest episode
Oct 14, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Groot Vyf in Konsert in die Kruger 22.09.2026 14:22
Die Laeveld SANParke Ereveldwagters beplan in Maart 'n groot konsert om fondse in te samel om hul aktiwiteite in die Krugerwildtuin te befonds. Linda Pieters vertel vir Sonop Ontbyt meer oor die Groot Vyf musikante wat deel gaan wees van hierdie onvergeetlike ervaring.
Pumas kyk vorentoe na Curriebeker-hartbreek 22.09.2026 10:01
Die Pumas het weer die eindronde van die Curriebeker gehaal vanjaar, en hul seisoen is nog lank nie klaar nie. Marius van Rensburg gesels met Sonop Ontbyt oor hul opkomende toer oorsee en wat hulle vir 2027 in die mou voer.
Luilekker Sondag: Ilse Mare 21.09.2026 9:23
Die plaaslike musikant Ilse Mare was gister Anne se gas tydens Luilekker Sondag.
Finale stemmery open vir Skryf'it-kompetisie 18.09.2026 10:05
Coenie Naudé het jou stem 'n finale keer nodig vir sy oorspronklike liedjie "Geraas" in die FAK Skryf'it-kompetisie. Hy gesels met Laeveld Brunch oor wat die kompetisie en liedjie vir hom beteken. SMS AD1 + jou naam na 45730 en besoek skryfit.co.za.
Misdaadtendense verander met die seisoene 17.09.2026 14:58
Soos die seisoene verander sien hulle verskillende misdaadtendense, sê Callum MacPherson van Securicon vir Laeveld Brunch.
Mahindra Nelspruit bied jou na jou aankoop steeds ondersteuning 16.09.2026 8:48
Jy het die voertuig gekoop: Hoe kry jy daarna ondersteuning? Letitia Habib, naverkoopbestuurder by Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive.
Lentegroentetuin 15.09.2026 18:32
Elzabé de Bruyn gesels met Saterdag Ontbyt oor jou lentegroentetuin.
Dameskring omarm Afrikaans 14.09.2026 8:48
Die Dameskring Eersteling-tak bied elke twee jaar 'n Afrikaans Aand aan om die taal te bevorder en hul beursprogram te ondersteun. Marionette Groenewald gesels met Kies Koers oor vanjaar se tema van "Omarm".
El Niño en malaria: Kenner vertel 14.09.2026 12:04
Prof. Lizette Koekemoer van die Wits Navorsingsinstituut vir malaria vertel vir Saterdag Ontbyt wat die komende somer, met 'n baie sterk El Niño, vir muskiete en malaria in kan hou.
Luilekker Sondag: Brandon Turvey 14.09.2026 8:42
Die plaaslike sanger Brandon Turvey was gister Anne se gas tydens Luilekker Sondag.
Lefpa onthou 11 September 25 jaar later 11.09.2026 6:45
Dit is vandag die 25ste herdenking van 11 September 2001 toe Al Kaïda-vlieëniers met twee gekaapte vliegtuie in die toringgeboue van die Wêreldhandelsentrum in New York vas gevlieg het. In totaal is 2,977 slagoffers daardie dag dood. André Scheepers van die Laeveld- en platorand-brandbeskermsvereniging deel sy herinneringe.
Inbrekers kom deur die dak 10.09.2026 19:09
Callum MacPherson en Gerald Erasmus gesels met Laeveld Brunch.
Night of 1000 stars 10.09.2026 10:54
Night of 1000 Stars ten bate van KANSA vind eersdaags plaas. Sandra Jacobs en Rinella Jansen van Vuuren gesels met Sonop Ontbyt.
Jabberwock gerat vir Wêreldkampioenskap 10.09.2026 9:04
Adventure Race-span Jabberwock (Sara Archdeacon, Harry Wiltshire, Craig Metherell, DeWaal Visser) is op pad na Adventure Racing Wêreldkampioenskap in Corsica, Frankryk vanaf 27 September.
Songs of Praise 08.09.2026 10:36
Die Hervormde Kerk Nelspruit bied sedert 2001 Songs of Praise aan en Richard Cock, een van Suid-Afrika se bekendste en mees gerespekteerde dirigente en koorleiers, is deel daarvan sowel as die Mpumalanga Universiteitskoor, plaaslike gemeenskapskoor, Laudate, die Laerskool Laeveldkoor en die Laeveld Jeug. Tobias Kruger en die dirigent van die gemeenskapsorkes, Lizanne Barnard, gesels met Sonop Ontb...
Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas 08.09.2026 8:55
Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
Luilekker Sondag: Pieter Rischmuller 07.09.2026 17:37
Die plaaslike musikant Pieter Rischmuller was gister Anne se gas tydens Luilekker Sondag.
Sterk El Niño kom: Lefpa gesels oor brandgevaar 04.09.2026 14:40
Vanjaar se El Niño-weerverskynsel sal moontlik die sterkste ooit wees. Dit lei tot droë en uiters warm weer wat die brandgevaar tot die uiterste verhoog. André Scheepers vertel vir Laeveld Brunch hoe lyk die situasie tans in die Laeveld.
Twee vasgetrek tydens pro-aktiewe operasie 03.09.2026 15:09
Securicon het tydens een van hul gereelde pro-aktiewe operasies die week twee verdagtes in hegtenis geneem met vermoedelike verdowingsmiddels en gevaarlike wapens in hul besit.
Nelspruit tenniskampioene op pad na Sun City 03.09.2026 10:13
Mias Bezuidenhout en Wernich Rossouw is van die spanlede van Nelspruit Tennisklub wat onlangs as provinsiale kampioene gekroon is en nou op pad is na die American Express National Club Championships Finals in Sun City.
SolarFlair gaan Laeveldse vlag wapper by Sasol Solar Challenge 02.09.2026 15:31
SolarFlair. 'n plaaslike span, is weer op pad om aan die Sasol Solar Challenge deel te neem. Klasie Botha en Craig Gebhardt gesels met Sonop Ontbyt oor hul passie vir elektriese voertuie.
Pumas haal weer Curriebeker halfeind 02.09.2026 6:30
Die Griekwas sal as gasheer vir die Leeus in Kimberley optree, terwyl die Cheetahs die Airlink Pumas in Bloemfontein verwelkom vir die Curriebeker-premierafdeling se halfeindstryde die naweek. Die Griekwas het boaan die punteleer geëindig met 31 punte na hulle die Boland Kavaliers met 48-17 geklop het, terwyl die Cheetahs tweede geëindig het met 27 punte, ten spyte van ‘n nederlaag van 52-26 teen...
Bach to Beatles kom na Laeveld 02.09.2026 7:59
Die wêreldbekende Charl du Plessis Trio is op pad na die Laeveld. Die pianis gesels met die Middag Game Drive oor Bach to Beatles.
Mahindra Nelspruit: Finansier 'n voertuig so 02.09.2026 8:37
Christelle Froneman van Mahindra Nelspruit gesels met die Middag Game Drive oor wat die beste manier is om 'n voertuig te finansier.
911 Riders hou Saterdag Riddle Ride 01.09.2026 7:12
Die 911 Riders-motorfietsklub bied Saterdag hul jaarlikse Riddle Ride aan. Nandi de Witt gesels met die Middag Game Drive.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.