RSG
Skrywers en Boeke
n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
Skrywers en boeke 24 September 2025 24.09.2025 52:26
Ilse Salzwedel gesels met twee toegewyde Stephan King-aanhangers en versamelaars van sy boeke, Anchen Conradie en Riaan Strauss, oor dié baie gewilde skrywer, wat vandeesweek verjaar. Sy vra Elmari Rautenbach, een van die samestellers van BLOEI EN BLOM uit oor hierdie lieflike versamelaarsboek wat beskryf word as ‘n viering van Afrikaans. Jy kan ook uitvind wie is die wenners van die ATKV Woordvee...
Skrywers en boeke 17 September 2025 17.09.2025 50:40
Ilse Salzwedel gesels met Theo Kemp oor sy derde roman, KLEIN KONINGS. Jy kan ook luister na ‘n tien-minuut lange uittreksel uit ‘n onderhoud met Jeff Wicks, die skrywer van THE SHADOW STATE, wat Jeff se ondersoek na die moord op die fluitjieblaser Babita Deokaran dokumenteer. Johan Myburg het oudergewoonte weer interessante boekenuus, o.a. ‘n hele lang lys nuwe boeke waarin jy dalk sal belangstel...
Skrywers en boeke 10 September 2025 10.09.2025 48:57
Ilse Salzwedel gesels met Francois Lotter oor hierdie naweek se Tuin van Digters-program by die Breytenbachsentrum op Wellington. Sy stel jou ook voor aan Wilna Roux, skrywer van die spannende hofroman, DIE OOGGETUIE. Nedine Petrick, mede-organiseerder van die Aardklop-kunstefees se boekeprogram, vertel waarna lesers alles kan uitsien. Johan Myburg gesels oor die gissinge en nuwe verwikkelinge met...
Skrywers en boeke 3 September 2025 03.09.2025 48:08
Luister na ‘n 2018-onderhoud wat Ilse Salzwedel met Nico Moolman gevoer het. Hy is verlede week oorlede, en sy voormalige uitgewer, Annie Olivier, bring ook hulde aan hom. Jy kan ook luister na Gareayah Fredericks en Ingrid Winterbach se aanvaardingstoesprake by die UJ-prysoorhandiging. Johan Myburg vertel meer oor die Kirkus-pryse, die Britse skrywer Richard Osman se gunstelingboeke, en hy gesels...
Skrywers en boeke 27 Augustus 2025 27.08.2025 47:00
Ilse Salzwedel praat met prof. Naomi Morgan oor haar jongste vertalings uit Frans: die drama ONS WAG OP GODOT (waarvoor sy pas met die UJ-Prys bekroon is), en DIE ANDER DOGTER, ‘n novelle deur Annie Ernaux. Johan Myburg bespreek die BBC se lys van topverkoperboeke vir die eerste ses maande vanjaar, en jy kan ook uitvind hoekom die Britse Polari-letterkundeprys nie meer vanjaar toegeken gaan word n...
Skrywers en boeke 20 Augustus 2025 20.08.2025 51:26
Skryf se terapeutiese waarde word ondersoek. Ilse Salzwedel het die skrywers, Adele Vorster en Zarine Roodt, gevra om saam met Francois Smith, skrywer en dosent in kreatiewe skryfwerk, daaroor te gesels. Dis ‘n gesprek vir meer as net mense wat wil publiseer – luister gerus as jy deur groot gebeure in jou lewe moet werk. Johan Myburg het oudergewoonte weer nuus uit die internasionale boekewêreld....
Skrywers en boeke 13 Augustus 2025 13.08.2025 53:25
Ons onthou die skrywer Madelein Rust in ‘n huldigingsprogram. Jy kan ook luister na Iris Bester, wat gesels oor ‘n TV-dokumentêr wat sy gemaak het oor Antjie Krog se ma, Dot Serfontein. Johan Myburg het weer internasionale boekenuus, en het ook vandeesweek ‘n insetsel oor die boeke op die Sunday Times se langlys vir fiksie.
Skrywers en boeke 6 Augustus 2025 06.08.2025 52:36
Luister na ‘n huldeblyk oor die digter, skrywer en dramaturg, Pirow Bekker. Hy is onlangs in die ouderdom van 89 jaar oorlede. Jy kan luister hoe sy vrou, kinders en kleinkinders hom as mens en skrywer onthou. Drie van sy voormalige uitgewers (Petrovna Metelerkamp, Martjie Bosman en Jeanette Ferreira) gee ook hulle indrukke van hom. Daar is ook twee argiefonderhoude waarin jy die digter en skrywer...
Skrywers en boeke 30 Julie 2025 30.07.2025 50:23
Ilse Salzwedel gesels met Maretha Maartens, wat onlangs haar 80e verjaarsdag gevier het. Maretha het meer as 160 boeke in verskeie genres geskryf, en gesels oor haar loopbaanhoogtepunte en -uitdagings. Johan Myburg vertel meer oor Woody Allen (wat vanjaar 90 word) se roman, internasionale misdaadfiksie en rillers, en die Noorweegse skrywer Linn Ullmann se biografiese roman, GIRL1983.
Skrywers en boeke 23 Julie 2025 23.07.2025 51:00
Ilse Salzwedel gesels met Marthinus van Bart, oud-joernalis en kultuurskrywer, oor sy boeke oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis (DIE KAAP VAN SLAWE, SONGS OF THE VELD-heruitgawe, DIE WOLRAAD WOLTEMADE GEDENKBOEK). En as jy hou van boeke wat jou laat lag, Johan Myburg het ‘n paar aanbevelings van boeke wat al vir die Bookerprys benoem is. Hy bring ook hulde aan Andrea Gibson, digter en aktivis, wat...
Skrywers en boeke 16 Julie 2025 16.07.2025 52:50
Suzette Myburg praat met Reginald Hufkie, ‘n suksesvolle akteur wat ewe bekend is as die musikant Reggie Peace, oor sy inspirerende lewensverhaal, VREDEMAKER. Ons onthou vir JEANNE GOOSEN, wat op die 13e Julie haar verjaarsdag sou vier. Johan Myburg het nuus van regoor die boekewêreld. Hy gesels oor die invloed van kunsmatige intelligensie op letterkundige vertaling, die wenner van vanjaar se PEN...
Skrywers en boeke 9 Julie 2025 09.07.2025 48:32
Wil jy ‘n radiodrama skryf? Hoor hoe skrywers Hendie Grobbelaar en Annerle Barnard dit aangepak het. Estel de Beer, RSG se dramahoof, het ook praktiese inligting oor vanjaar se radiodramaskryfkompetisie. Jy kan ook meer uitvind oor Hendie se debuutroman, WILDE VERE. Johan Myburg het interessante nuus uit die internasionale boekwêreld, en gesels onder andere oor die Orwell-pryse.
Skrywers en boeke 2 Julie 2025 02.07.2025 47:43
Wie was die man agter die legende? C. Johan Bakkes, die bekende en gewilde reisskrywer, se vrou Nanna, ander familielede en Johan se heel naaste vriende onthou hom. Jy kan ook luister na uittreksels uit ‘n 2010-onderhoud waarin Daniël Hugo met Johan gesels het.
Skrywers en boeke 25 Junie 2025 25.06.2025 50:57
Het verhale, wat van ons lesers gemaak het, soos Liewe Heksie en Huppelkind, nog ‘n plek in Afrikaanse kinderharte? Beslis, sê Magdel Vorster, ‘n kinderboekkenner wat hierdie verhale self beproef het op ‘n klompie kinders. Johan Myburg gesels oor die wenner van die Womens’ Prize for Fiction (THE SAFEKEEP), die Walter Scott-prys vir historiese fiksie, en ‘n nuwe boek deur Taylor Jenkins Reid.
Skrywers en boeke 18 Junie 2025 18.06.2025 55:34
Ilse Salzwedel gesels met Francois Bekker oor sy leeslysie. Daar is o.a. twee biografieë, een oor Van Zyl Slabbert, en ‘n outobiografie deur Tony Leon. Hy gee ook sy indrukke van Francois Loots se roman, TWYFELBOS, en die spanningsroman, LENS, deur Gert Coetzee. En vir aanhangers van ware misdaadverhale het hy iets oor die Amerikaanse reeksmoordenaar, Ted Bundy. Ilse gesels ook met Anneke Langner,...
Skrywers en boeke 11 Junie 2025 11.06.2025 51:48
Die boek-smaakmaker, Anchen Conradie, gesels oor tien boeke wat sy nooit sal vergeet nie. In Johan Myburg se internasionale insetsels bied hy ‘n interessante perspektief op THE GREAT GATSBY, wat vanjaar 100 jaar gelede vir die eerste keer verskyn het, en bring hulde aan die Amerikaanse skrywer, Edmund White. Johan het ook nuus oor The Women’s Prize for Fiction se eerbetoon aan Bernardine Evaristo,...
Skrywers en boeke 4 Junie 2025 04.06.2025 48:45
André P. Brink sou op 29 Mei 2025 sy 90e verjaarsdag gevier het. Ons onthou hierdie groot skrywer met 'n huldeblyk, wat Ina Strydom in 2015 oor hom gemaak het. Zelda Bezuidenhout gesels oor die rolprent wat gemaak is van haar boek, DIE DEKONSTRUKSE VAN RETTA BLOM. In Johan Myburg se internasionale bydraes kan jy meer uitvind oor die splinternuwe klimaatprys, en 'n twiet wat die Australiese skrywer...
Skrywers en boeke 28 Mei 2025 28.05.2025 45:47
Ilse Salzwedel gesels met Antjie Krog, een van ons land se mees bekroonde en veelsydigste digters en skrywers, oor haar outobiografiese roman, DIE BINNERYM VAN BLOED, wat onder andere die komplekse verhouding tussen haar en haar skrywer-ma, die ewe bekende Dot Serfontein, verken. Johan Myburgh praat oor die wenners van die International Booker vir vertaalde werk (HEART LAMP), asook THE ADVERSARY,...
Skrywers en boeke 21 Mei 2025 21.05.2025 49:18
SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, bespreek Afrikaanse en plaaslike Engelse fiksie. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die Dylan Thomasprys, ‘n onlangse toekenning aan Margaret Atwood, en die aangrypende ware verhaal uit die pen van die TV-ster Kelsey Grammer. Johan stel ons ook voor aan Mia Couto, die Mosambiekse skrywer wat onlangs deur PEN Amerika vereer is met die Nabokov-prys v...
Skrywers en boeke 14 Mei 2025 14.05.2025 52:28
Luister na ‘n heruitsending van ‘n onderhoud met Eunice Visser oor haar boek, DIE KAAPSE SLAWE, wat onlangs weer bekroon is. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, deel ‘n lys van interessante nie-fiksie aanbevelings. Johan Myburg het nuus oor twee internasionale romans, THE EMPEROR OF GLADNESS deur Ocean Vuong, en JAMES, deur Percival Everett.
Skrywers en boeke 7 Mei 2025 07.05.2025 52:00
Ilse Salzwedel gesels met Hennie van Deventer, oud-koerantman en skrywer van meer as 20 nie-fiksie boeke, en Elizabeth Wasserman, die skepper van die fantastiese Mevrou Smit, wat tans op RSG voorgelees word. Johan Myburg het vier bydraes uit die internasionale boekewêreld. Hy kyk terug na die onvergeetlike boeke wat presies ‘n eeu gelede in 1925 verskyn het, het nuus oor ‘n nuwe kinderboek oor die...
Skrywers en boeke 30 April 2025 30.04.2025 47:59
Luister na heruitsendings van onderhoude wat met die pas bekroonde Eben Venter en Gaireyah Fredericks gevoer is oor hulle bekroonde boeke. Eben se DECIMA is met die Hertzogprys bekroon, en Gaireyah se EEN VOET INNIE KAR met die Eugene Maraisprys.
Skrywers en Boeke 23 April 2025 23.04.2025 50:40
Ter viering van Wêreldboekedag luister ons na ‘n 1995 dokumentêr oor die skrywer, Alba Bouwer, ‘n vrou wat van baie Afrikaanse kinders lesers gemaak het. Sy was ook bekend as ‘n radiopersoonlikheid, en die skrywer van DIE AFDRAAND VAN DIE DAG IS KIL, ‘n roman vir volwassenes. Johan Myburg vertel meer oor die lewe en werk van Mario Vargas Llosa, die Peruviaanse s...
Skrywers en boeke 16 April 2025 16.04.2025 50:33
Voel jy skuldig oor al die stapels boeke op jou rakke wat jy nog nie gelees het nie? Ilse Salzwedel het goeie nuus daaroor in vandeesweek se Skrywers en Boeke.
Skrywers en boeke 9 April 2025 09.04.2025 46:53
Ilse Salzwedel gesels met Sandy Schoeman, wie se eerste twee boeke (ROOILETTERKIND en CHAKALAKA UIT ‘n BLIKKIE) albei bekroon is. Jy kan ook uitvind watter boeke het die kortlys vir die baie gesogte letterkundige pryse van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gehaal. Johan Myburg gesels oor die kortlys van die 2025 Womens Prize for Fiction, die 62ste Bologna-kinderboekskou en die ko...
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS