RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
Regsake 26.02.2018 24:59
As jou eis teen iemand in die hof slaag, maar hy appelleer teen die uitspraak, kan jy op betaling aanspraak maak voordat die appèl afgehandel is? Wanneer mag hofverrigtinge op TV uitgesaai word? Kan iemand wat op jou eiendom woon en weier om te trek, hom beroep op die reg tot voldoende behuising volgens die Grondwet?
Regsake 26.02.2018 24:59
As jou eis teen iemand in die hof slaag, maar hy appelleer teen die uitspraak, kan jy op betaling aanspraak maak voordat die appèl afgehandel is? Wanneer mag hofverrigtinge op TV uitgesaai word? Kan iemand wat op jou eiendom woon en weier om te trek, hom beroep op die reg tot voldoende behuising volgens die Grondwet?
Regsake 19.02.2018 23:30
Wat val onder die sogenaamde "wear and tear" waaroor daar dikwels in huurkontrakte 'n klousule is? Wat kan eisers teen 'n boedel doen as die eksekuteur sloer met die afhandeling? Indien iemand betaal vir munisipale dienste op twee eiendomme, kan betalings gedoen ten opsigte van die een eiendom deur die munisipaliteit gebruik word vir die ander een?
Regsake 12.02.2018 25:29
Advokaat David du Plessis sluit weer aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Hy spesialiseer in musiekregte, en bespreek die algemeenste vrae oor die vestiging en beskerming van komponiste en uitvoerende kunstenaars se regte op hulle werk.
Regsake 05.02.2018 26:30
Igna Klynsmith bespreek aan die hand van onlangse hofsake, die volgende regsvrae met Ian Wessels: Hoe moet die gesamentlike aanspreeklikheid van geskeide ouers vir hulle kinders se skoolgelde geïnterpreteer word? Die berekening van toekomstige mediese uitgawes wat ontstaan uit 'n eis vir nalatigheid. Die staat se plig om openbare plaaspaaie in stand te hou, en die belang van 'n volledige ooreenkom...
Regsake 29.01.2018 25:44
Verskeie regsvrae word deur Igna Klynsmith met Ian Wessels bespreek. Dit sluit in 'n hofsaak oor die reg op toegang tot openbare inligting, en een oor die volle kapitaalwinsbelasting wat op die verkoop van 'n huis betaal is, maar toe ontvang die verkoper net die helfte van die koopprys. Ander vrae wat beantwoord word, is of 'n vrou toestemming aan haar eksman kan gee om op te hou onderhoud betaal;...
Regsake 22.01.2018 24:50
Die volgende vrae van luisteraars word deur Igna Klynsmith en Ian Wessels bespreek: Is ek verplig om dit aan te meld as ek vermoed 'n kind word mishandel? Het 'n spermdonateur enige ouerlike regte ten opsigte van die betrokke kind? Wat kan 'n geskeide man doen as hy toegang tot sy kinders geweier word? Kan 'n privaatskool op jou huis beslag lê vir onbetaalde skoolgeld? Wanneer kwalifiseer 'n mens...
Regsake 15.01.2018 26:04
Igna Klynsmith bespreek hofuitsprake oor 'n restaurant se harde musiek. en 'n skoolhoof wat vir 'n leerder gesê het hy praat nie met gays nie. Die volgende vrae van luisteraars word ook beantwoord: Verval jou bestuurslisensie ook as jou lisensiekaart na vyf jaar verval? Tot watter mate is die definisie van verkragting deur onlangse wetgewing uitgebrei? Hoekom kry maatskappye tydens stakings 'n int...
Regsake 08.01.2018 24:27
Advokaat David du Plessis is 'n voormalige hoof van die SA Musiekuitvoeringsregte-assosiasie (SAMPRA). Hy beantwoord vrae oor wanneer 'n mens moet betaal vir die gebruik van musiek by openbare geleenthede.
Regsake 31.12.2017 25:21
Ian Wessels gesels met Igna Klynsmith oor konsepwetgewing om werksoekers, wat oor hulle kwalifikasies lieg, vas te vat. Igna gee ook statistiek oor egskeidings na aanleiding van 'n luisteraar se vraag of 'n prokureur verplig is om sy kliënte te waarsku oor die gevare van die huwelik. Hulle bespreek ook die kwessie wanneer 'n fetus as 'n mens beskou word, en eise vir skade opgedoen a.g.v. slaggate...
Regsake 18.12.2017 24:43
Llewellyn Curlewis beantwoord vrae oor die riglyne vir 'n suksesvolle appèl, wetgewing oor statutêre verkragting, die besoekregte van 'n pa wat nie onderhoud betaal nie, en wanneer jy iemand mag skiet wat onregmatig toegang tot jou huis verkry het.
Regsake 11.12.2017 25:38
Llewellyn Curlewis kuier weer by Ian Wessels en Igna Klynsmith om hulle vrae te beantwoord oor regskwessies, wat spesifiek vir motoriste van belang is wat die hierdie vakansie die pad gaan vat.
Regsake 04.12.2017 25:48
Strafregkenner Llewellyn Curlewis bespreek verskeie strafregkwessies wat motoriste raak, soos wat kan gebeur as jy nie jou boetekaartjies betaal nie.
Regsake 27.11.2017 26:12
Strafregkenner Llewellyn Curlewis kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith om luisteraars se vrae te beantwoord. Hulle bespreek private vervolgings; of daar 'n verpligting op die publiek rus om misdaad aan te meld; of staatskaping nie op hoogverraad neerkom nie; tot watter mate jy hulp moet verleen aan die polisie; uitstelboetes en die bedrag van borg; en onder watter omstandighede 'n hofsaak na afs...
Regsake 20.11.2017 21:51
Igna Klynsmith bespreek die volgende regsvrae met Ian Wessels: Is 'n skoolreël geldig wat meisies verplig om die skool te verlaat as hulle swanger raak? Kan jy van die Padongelukkefonds eis as net jou eie voertuig in 'n botsing betrokke was waarin jy ernstig beseer is? Wanneer is die handel in resnosterhorings wettig? Moet jy as kredietverskaffer registreer as jy eenmalig krediet van meer as R500...
Regsake 13.11.2017 22:44
Igna Klynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Skade en beserings veroorsaak deur grassnyers wat klippe opskiet; besit van gesteelde goedere wat jy op 'n straathoek gekoop het; direkteure se regte en of 'n direkteur gedwing kan word om sy aandele te verkoop; en die risiko's verbonde aan die oorneem van voertuigpaaiemente.
Regsake 06.11.2017 24:24
Igna Klynsmith verduidelik hoe om 'n prokureur, wat namens jou optree, te vervang. Hy beantwoord ook 'n luisteraar se vraag oor hoe om 'n ou skuldigbevinding van jou misdaadrekord te laat verwyder, en bespreek 'n onlangse hofsaak oor die rook van dagga in jou privaatwoning.
Regsake 30.10.2017 24:26
Llewellyn Curlewis sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om luisteraars se vrae oor strafreg en vonnisoplegging te beantwoord.
Regsake 23.10.2017 25:21
Wat is die verskil tussen die invordering van skuld wat reeds verjaar het en onder die Kredietwet val, of nie? Wat moet 'n langslewende gade wat buite gemeenskap van goed getroud was, bewys om onderhoud teen die boedel te kan eis? Moet 'n eis vir toekomstige mediese uitgawes teen 'n provinsiale hospitaal in kontant uitbetaal word, of kan die regering 'n onderneming gee om dit te doen soos dit in d...
Regsake 16.10.2017 26:00
Ian Wessels bespreek luisteraars se regsvrae met Igna Klynsmith. Dit sluit in die hoë risiko om 'n bedelaar by 'n verkeerslig raak te ry; wat gebeur as 'n erflater se jongste testament nie gevind kan word nie; wat is die volgorde van eise teen die boedel van 'n man wat buite gemeenskap van goedere met die aanwasbedeling getroud was, en wat is die verskil tussen 'n lewende testament en 'n "Do Not R...
Regsake 09.10.2017 24:37
Igna Klynsmith vertel van 'n hofsaak waarin bevind is dat 'n kandidaat nie geskik is om as prokureur te praktiseer nie. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor die koste van skuldinvordering en die in duplum reël, wie verantwoordelik is vir die betaling van 'n ambulansrekening wat die mediese fonds nooit ontvang het nie, en 'n gholfspeler wat sy voorgee manipuleer.
Regsake 02.10.2017 24:36
Derek de Beer kuier vir oulaas by Ian Wessels en Igna Klynsmith om die reeks gesprekke oor insolvensie af te sluit. Hy praat onder andere oor die moontlikheid dat skuldeisers geld sal moet inbetaal in plaas van om iets terug te kry uit die insolvente boedel. Hy bespreek ook die vereistes en gevolge van rehabilitasie van die insolvent.
Regsake 24.09.2017 23:02
Die insolvensieregspesialis, Derek de Beer, sit sy gesprek met Ian Wessels en Igna Klynsmith voort. Hy verduidelik wat dade van insolvensie is, asook die gevolge van sekwestrasie, die pligte en bevoegdhede van 'n kurator en die volgorde waarin skuldeisers uit die insolvente boedel betaal word.
Regsake 18.09.2017 24:01
Derek De Beer kuier saam met Ian Wessels en Igna Klynsmith om hulle vrae te beantwoord oor kuratorskap, insolvensie en likwidasie.
Regsake 11.09.2017 24:39
Igna Klynsmith bespreek die onlangse hofsaak oor godsdiens in skole, asook die reg van 'n selfde geslag lewensmaat om sonder enige huweliksformaliteite en sonder 'n testament te erf as gade. Hy verduidelik ook wanneer 'n direkteur ontslaan kan word, en gee meer besonderhede oor testamenteweek van 11 tot 15 September.
Podobne podcasty
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS