RSG

Regsake

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategoria

Society

Strona podcastu

www.rsg.co.za

Ostatni odcinek

19 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Regsake 04.09.2017

Igna Klynsmith gesels oor die omstandighede waaronder jy aanspreeklik gehou kan word as jou hond iemand byt, en kyk na 'n hofsaak oor jou reg op moedertaalonderrig aan universiteite. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor 'n werknemer wat ná 'n selfdoodpoging, geskend en met verminderde spraakvermoë sy werk wil hervat.

Regsake 28.08.2017

Sluit 'n bybetaling ten opsigte van 'n versekeringseis enige verdere eise uit? Is 'n bepaling in 'n huweliksvoorwaardekontrak, waarin afstand gedoen word van toekomstige eise vir onderhoud, geldig? Kan jy in 'n huweliksvoorwaardekontrak sekere bates, wat tydens die huwelik verkry word, uitsluit van die aanwasbedeling? Igna Klynsmith bespreek ook 'n hofsaak oor onregverdige mededinging, en 'n wet w...

Regsake 21.08.2017

Igna Klynsmith vertel van die komende testamenteweek, waartydens jy gratis 'n testament kan laat opstel. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor die vereistes vir wettige nommerplate, die koste van navrae aan 'n prokureur, en skuldamnestie.

Regsake 14.08.2017

Igna Klynsmith gesels aan die hand van verskeie onlangse hofsake, oor testamente wat ongeldig verklaar is. Hy kyk na die besparing van boedelbelasting deur sommige van jou bates aan jou kinders te skenk terwyl jy nog leef, en spotprente wat 'n kras boodskap oordra. En as jy 'n hommeltuig wil aanskaf, moet jy beslis luister.

Regsake 07.08.2017

Wanneer kan jy aanspreeklik wees vir beserings wat 'n tuindienstewerker op jou erf opdoen? Tot watter mate mag 'n hof skuldverligting toestaan op 'n agterstallige verband? Kan teenstrydeige bepalings in 'n voorhuwelikse kontrak daartoe lei dat jy binne gemeenskap van goed getroud is? Watter strafmaatreëls bestaan vir beheerliggame van deeltitelkomplekse? Wat is die verskillende tydperke wat geld v...

Regsake 31.07.2017

Igna Klynsmith beantwoord 'n luisteraar se vraag of hy jare na 'n motorongeluk nog van sy versekering kan eis nadat hy nie vir dronkbestuur vervolg is nie. Hy bespreek ook 'n paar interessante regsvrae: Is dit diefstal as 'n werkgewer nie afgetrekte PAYE- en BTW-heffings aan SARS oorbetaal nie? Kan daar beslag gelê word op iemand, wat agterstallig is met onderhoudsbetalings, se pensioen en vaste e...

Regsake 24.07.2017

Hoe verskil verkragting van ander seksuele misdrywe, ten opsigte van die tydperk wanneer die beskuldigde nog vervolg kan word? Hoe werk die privilegie tussen 'n prokureur en sy kliënt, en mag 'n mens weier om vrae te beantwoord tydens 'n insolvensie-ondervraging?

Regsake 17.07.2017

Igna Klynsmith bespreek 'n paar interessante hofsake met Ian Wessels. In die Ooskaap het die hof 'n munisipale bestuurder persoonlik aanspreeklik gehou vir die koste van 'n aansoek deur die belastingbetalersvereniging om dienslewering af te dwing. 'n Ouma wonder hoe haar kleinseun skuldig bevind kon word aan die misdrywe tydens 'n betoging as hy net saamgestap het.

Regsake 10.07.2017

Igna Klynsmith bespreek luisteraars se vrae met Ian Wessels. Hoe gemaak as jou baas se vrou jou probeer afpers na 'n kantoorfunksie? Wanneer kan 'n munisipaliteit aanspreeklik gehou word vir verkragting op hulle eiendom? Moet 'n eiendomsagentskap 'n geldige getrouheidsfondssertifikaat hê om kommissie te kan ontvang? En kan iemand weens heksery teenoor sy werkgewer ontslaan word, selfs al glo hy ni...

Regsake 03.07.2017

Richard Spoor kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Hy is betrokke by 'n eis vir skadevergoeding teen myneienaars namens mynwerkers wat silikose opgedoen het weens jare se werk in myne.

Regsake 26.06.2017

Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor interessante hofsake. Is 'n eenmalige insident genoeg om as teistering te klassifiseer onder die Wet op Teistering, en kan iemand wat eiendomsreg op 'n huis het en daarin woon, uitgesit word? 'n Regter se uitlatiangs oor diskriminasie teenoor vissers in Langebaan word ook bespreek.

Regsake 19.06.2017

Igna Klynsmith verduidelik aan die hand van hofsake wanneer 'n huiseienaarsvereniging of beheerliggaam van 'n deeltitelkompleks, 'n inwoner wat gereeld die gedragsreëls oortree kan uitsit. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor verbeurdverklaring van 'n eggenoot se 50% aandeel in die gemeenskaplike boedel, en gee praktiese raad wat die bereddering van 'n boedel kan bespoedig.

Regsake 12.06.2017

Igna Klynsmith en Ian Wessels gesels oor die regsreël dat die "bloedige hand" nie mag erf nie, en oor die regte van biologiese pa's van buite-egtelike kinders. Igna deel ook 'n klompie ongewone regsreëls uit die verlede wat vandag absurd klink.

Regsake 05.06.2017

Die tiende Wêreld-Baljudag vind plaas op 8 Junie. Petro Roodt is die balju vir Bloemfontein-Oos en ook voorsitter van die Baljuraad se Getrouheidswaarborgfonds. Sy praat oor die rol en funksies van 'n balju, hoe 'n balju vergoed word, en op watter bates van 'n skuldenaar nie beslag gelê mag word nie.

Regsake 29.05.2017

Richard Spoor kuier saam met Ian Wessels en Igna Klynsmith in die ateljee. Hy is 'n prokureur wat spesialiseer in klaskasies. Dit beteken dat 'n groep eisers (soos bv. pensioenarisse van dieselfde pensioenfonds) se individuele eise saamgevoeg word in een hofsaak.

Regsake 22.05.2017

Igna Kynsmith bespreek die Romeins-Hollandse regsbeginsel dat die bloedige hand nie mag erf nie, buite-egtelike pa's se toegangsregte om hulle kinders te besoek, en absurde wetgewing regoor die wêreld.

Regsake 15.05.2017

Igna Klynsmith gesels oor die oorskryding van spoedgrense wat deur die beheerliggame van meenthuiskomplekse vasgestel word; eise vir beserings opgedoen in 'n ongeluk as passasier in 'n gholfkarretjie; en 'n hofsaak oor billike vergoeding vir 'n deel van 'n plaas, wat aan plaaswerkers toegeken is vir bewoning en weiding van hulle vee.

Regsake 08.05.2017

Die regskwessies wat Ian Wessels en Igna Klynsmith bespreek, sluit in die beskerming wat jy geniet wanneer jy 'n tweedehandse motor koop; of familietrusts vandag nog 'n plek het; en die geldigheid van voorwaardelike bemakings in testamente.

Regsake 30.04.2017

Igna Klynsmith vertel vir Ian Wessels van 'n omstrede nuwe wetsontwerp oor die regulering van die besit van landbougrond, en nuwe wetgewing oor Deelititelskemas wat op 1 Januarie in werking getree het.

Regsake 24.04.2017

Ian Wessels en Igna Klynsmith gesels oor die regsposisie wanneer een ouer ná egskeiding saam met die minderjarige kinders oorsee wil verhuis. Ander regskwessies wat bespreek word, is wanneer 'n oupa en ouma aanspreeklik is vir die onderhoud van 'n kleinkind; skenkingskontrakte; en 'n nuwe wet oor eienaarskap van wild wat uit 'n kamp ontsnap.

Regsake 16.04.2017

Op Paasmaandag wyk ons af van die gewone prosedure. Igna Klynsmith bespreek die regsgeldigheid van Jesus se verhoor. Het Hy 'n regverdige verhoor gehad volgens die regsbeginsels van die tyd?

Regsake 10.04.2017

Soos gewoonlik is Igna Klynsmith Ian Wessels se gas om luisteraars se regsvrae te beantwoord. Hy gesels onder andere oor wetgewing wat swaarder vonnisse vir sekere kategorieë van verkragting verpligtend maak; wysings in die wetgewing oor werkloosheidsversekering; betwiste vaderskap; belastering tydens 'n dissiplinêre verhoor, en rehabilitasie na insolvensie.

Regsake 03.04.2017

Na aanleiding van talle navrae wat Ian Wessels ontvang het, word die kontakbesonderhede weer gegee vir mense met klagtes oor vakansieklubs. Igna Klynsmith gee terugvoer oor die uitvinder van "please call me", wat sy saak teen Vodacom gewen het, asook 'n regsmening oor geldige vuurwapenlisensies. Hy verduidelik ook hoe die aanwas bereken word ná egskeiding.

Regsake 27.03.2017

Igna Klynsmith verduidelik aan die hand van 'n hofsaak, wat onparlementêre gedrag behels, asook die doel en werking van die nuwe Kommissie vir Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor kinders wat reeds nege jaar dieselfde bedrag huurgeld betaal om in hulle ma se huis te woon; of rente betaal moet word saam met die terugbetaling van 'n huurder se deposito;...

Regsake 20.03.2017

Sakkie Smit en Charl Ackerman kuier vir oulaas saam met Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor regsaspekte wat motoriste raak. Wanneer aanvaar die hof dit as vanselfsprekend dat jy nalatig was, en hoe werk die verdeling van skadevergoeding as beide bestuurders deels verantwoordelik was vir 'n botsing?

Słuchaj podcastu Regsake w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS