RSG
Regsake
'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.
Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za
Gdzie słuchać?
Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótcePodcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów
Odcinki
Regsake 20.08.2018 25:46
Wanneer kan klagtes op webwerwe soos Hello Peter op laster neerkom? Mag selfoondiensverskaffers jou gekoopte data laat verval? Kan goedbedoelde "raad" van SASSA amptenare op bedrog neerkom? Hoe kan jy jou huweliksbedeling na jou troue verander? Daar is ook raad oor belastinggeskille met die SAID.
Regsake 13.08.2018 24:05
Paul Colditz, die bestuurshoof van die Federasie van Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame, praat oor verskeie aspekte met betrekking tot alkohol op die skoolterrein, en of skoliere getoets mag word vir verbode middels. Igna Klynsmith bespreek ook hofsake oor die aanstelling van tradisionele leiers, 'n skool se aanspreeklikheid vir beserings van kinders, en die ondertekeiningsvereistes van testamente...
Regsake 06.08.2018 21:19
'n Kenner van arbeidsreg, Johan Botes, sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om luisteraars se vra oor hierdie gebied van die regte te beantwoord.
Regsake 30.07.2018 23:47
Paul Colditz, die bestuurshoof van die Federasie van Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame, kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Hulle bespreek hofsake oor vrye godsdiensbeoefening in skole, en die aanspreeklikheid vir die betaling van skoolgelde waar die skolier se ouers vervreem is.
Regsake 23.07.2018 25:11
Graeme Polson sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan vir 'n regstreekse uitsending. Hy spesialiseer in bankreg en kommersiële reg, en sal luisteraars se vrae hieroor beantwoord.
Regsake 16.07.2018 23:51
Wat beteken 'n mens se swygreg teenoor die polisie, of in die hof? Hoe is die definisie van verkragting onlangs uitgebrei om sodomie in te sluit? Wat is die funksie van die Reserwebank? Igna Kynsmith bespreek ook twee hofsake oor 'n eis van meer as R6 miljoen teen die eienaar van 'n volstruis, en 'n eis teen 'n hospitaal nadat 'n tweejarige seuntjie uit 'n bed geval het.
Regsake 09.07.2018 23:04
Wanneer kan 'n beskuldigde 'n staatsgetuie word in ruil daarvoor dat hy nie verder vervolg word nie? Hoe werk die reël dat 'n mens nie twee keer vir dieselfde oortreding vervolg kan word nie? Hoekom was dit nie van toepassing in die onlangse Mombergsaak nie? Ian en Igna bespreek ook 'n hofsaak waarin drie getroude mans, wat geslagsveranderings ondergaan het, vra vir 'n aangepaste geboortesertifika...
Regsake 02.07.2018 25:20
Igna Klynsmith bespreek uiteenlopende regskwesssies met Ian Wessels. Is dobbelwinste en Lotto-wengeld belasbaar? Mag jy jou deeltitelwoonstel as vakansieverblyf uithuur? Aan watter vereistes moet ekstra ligte op jou voertuig voldoen? Die gevare daarvan om jou testament as HVK aan te wend word bespreek, asook 'n hofsaak oor aanspreeklikheid toe 'n dogtertjie breinskade opgedoen het nadat sy in 'n s...
Regsake 25.06.2018 25:12
Paul Colditz, die bestuurshoof van FEDSAS kuier in die ateljee by Ian Wessels en Igna Klynsmith. FEDSAS is die nasionale verteenwoordigende organisasie van skoolbeheerliggame.
Regsake 18.06.2018 26:08
Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor 'n hofsaak van 'n vrou teen haar voormalige kêrel om hom te verbied om eksplisiete foto's van haar te versprei. Hulle bespreek ook die verpligting om binne 'n seker tyd te bou in sommige nuwe ontwikkelings; wanneer 'n gevangene vir parool in aanmerking kom; en die toelaatbaarheid van psigometriese toetse deur werkgewers.
Regsake 11.06.2018 25:26
Frikkie Pretorius is sowel 'n boer as as 'n prokureur. Hy kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor regskwessies wat veral boere raak. Aanspreeklikheid vir skade aangerig deur veldbrande of jou diere op die pad; wat om te doen as plakkers jou grond probeer beset; die herstel van swak paaie; en oorbeweiding word bespreek.
Regsake 04.06.2018 21:59
Wynanda Coetzee kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Sy is die prokureur wat namens die Transnet pensionarisse opgetree het in die klasaksie oor hulle pensioenvoordele. Igna beantwoord ook die vraag of jy jou deeltitelwoonstel as vakansieverblyf mag uitverhuur, en watter regstelsel van toepassing is as jy in die buiteland trou.
Regsake 28.05.2018 23:33
Ian Wessels gesels met Igna Klynsmith oor die volgende regsvrae: Is dit verpligtend dat die prokureur wat in die koopkontrak van eiendom aangedui word, die oordrag daarvan behartig? Beïnvloed die feit dat 'n geskeide pa gay is die besoekregte ten opsigte van sy kinders? Kan die bepalings van 'n testamentêre trust later verander word? Wie is aanspreeklik vir jou mediese koste as jy beseer word by '...
Regsake 21.05.2018 24:25
Igna Klynsmith praat met Ian Wessels oor ongerymdhede by die toekenning van tenders; die beskerming van beleggers wat op grond van kenners se advies beleggings maak; die vereistes om iemand in jou testament 'n bewoningsreg te gee, en swaarder strawwe vir kabeldiewe.
Regsake 14.05.2018 25:03
Twee kenners van regsaspekte wat veral boere raak, kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Tydens hierdie regstreekse uitsending sal Frikkie Pretorius en Daan van Straaten onder andere belastingwenke gee en boere se vrae beantwoord.
Regsake 07.05.2018 24:36
Wat kan 'n meisie doen wat verbaal deur 'n priester geteister word omdat sy die betrokke kerk verlaat het? Het 'n minderjarige meisie haar ouers se toestemming nodig om 'n aborsie te ondergaan? Wat moet 'n mens in gedagte hou voor jy 'n kontrak vir lidmaatskap van 'n gimnasium aangaan? Is dit ongrondwetlik as nuwe boedelbelastingwetgewing terugwerkend van krag is?
Regsake 29.04.2018 24:18
Igna Klynsmith bespreek uiteenlopende regskwessies met Ian Wessels. Het ouers die reg om hulle minderjarige kinders se selfoonboodskappe en inskrywings op sosiale media te lees? As jy aanspreeklik is vir herstelwerk aan iemand se motor, maar dit word gesteel voordat dit herstel kon word, is jy dan nog aanspreeklik? Wat behels wetgewing oor lugbesoedeling en die manupulering van aandelepryse?
Regsake 23.04.2018 24:39
Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor moontlike eise as gevolg van listeriose, en gee raad aan mense wat vrees dat hulle grond beset mag word. Hulle bespreek ook 'n paar hofsake oor kitsverhore wat plaasvind enkele ure ná die arrestasie van die beskuldigde. Is dit billike verhore, en hoe raak die uistprake die mobiele verkeershowe wat soms in spitstye langs openbare paaie gehou word?
Regsake 16.04.2018 23:05
Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor 'n hofsaak waarin 'n boer skadevergoeding geëis het van 'n handelaar wat sy trekker nie betyds versien en aan hom terugbesorg het nie. 'n Luisteraar se vraag oor skade wat aangerig word tydens betogings word beantwoord; asook op wie die bewyslas rus in dispute oor foutiewe munisipale watermeters.
Regsake 09.04.2018 23:53
Igna Klynsmith bespreek luisteraars se regsvrae met Ian Wessels. Oortree kerke en skole wat vir fondsinsameling wyn opveil die Drankwet of dalk die Loterywet met sommige van hulle kompetisies? Blaffende of aggressiewe honde is ook gereeld 'n probleem. Onlangs moes 'n honde eienaar R750 skadevergoeding betaal. Wat is eienaars se verpligtinge?
Regsake 01.04.2018 25:25
Igna Klynsmith bespreek luisteraars se regsvrae met Ian Wessels. Soos dikwels is onderhoud weer ter sprake. Tot wanneer moet die pa onderhoud betaal as die onderhoudsbevel dit nie aandui nie? Kan 'n ma 'n kind inskryf by 'n universiteit sonder om die pa te sê, en dan universiteitsgelde en reiskoste van hom eis? Daar is ook 'n vraag oor die belastingimplikasies as jy 'n tuinwoonstel van tyd tot tyd...
Regsake 26.03.2018 24:45
Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor die regte van moeders wat borsvoed by die werk, en nuwe wetgewing om ontduikers van onderhoud vas te vat. Hulle bespreek ook onlangse hofsake oor vryheid van spraak en godsdiensbeoefening in openbare skole.
Regsake 19.03.2018 22:11
Igna Klynsmith is weer saam met Ian Wessels in die ateljee en beantwoord 'n luisteraar se vraag oor die pligte van trustees. Hy bepreek ook onlangse hofsake oor 'n man aan wie vergoeding van R2.7 miljoen toegeken is nadat hy in die polisieselle aangerand en verkrag is; watter hulp beskikbaar is vir minderheidsaandeelhouers wat geboelie word; asook die pligte van operateurs van waterglybane om kind...
Regsake 12.03.2018 25:53
Igna Klynsmith verduidelik saam met Ian Wessels die verskil tussen daders, mededaders, medepligtiges en begunstigdes, en gesels ook oor die risiko's van kriptogeld soos Bitcoin. Igna bespreek twee onlangse hofsake. Een gaan oor 'n eis van skadevergoeding teen 'n buurman op wie se plaas 'n brand ontstaan het wat na ander plase versprei het. Die ander een handel oor die aanspreeklikheid van 'n staat...
Regsake 05.03.2018 25:21
Igna Klynsmith bespreek met Ian Wessels wanneer 'n kontrak op skrif moet wees om geldig te wees, asook die verskille tussen vrywillige boedeloorgawe, skuldberading en skuldredding. Hy gesels ook oor 'n hofsaak waarin twee gay lewensmaats die hof gevra het om 'n surrogaatooreenkoms te bekragtig. Een van hulle wou egter nie hê die kind moet weet van sy seksuele oriëntasie nie. Hoe het dit die uitspr...
Podobne podcasty
Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS