RSG

Rand en sent

Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategoria

Business

Strona podcastu

www.rsg.co.za

Ostatni odcinek

18 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Rand en sent 03.08.2019

Olivia Sambo doen 'n samevatting van al die voordele van die Werkloosheidversekeringsfonds. Daar word sterk fokus gelê op die verskeie soorte dokumentasie wat nodig is wanneer jy vir die verskillende voordele aansoek doen. Anta de Korte en Isaac Mogorosi van die Departement van Arbeid deel al hierdie inligting en nog meer.

Rand en sent 27.07.2019

Die opgegradeerde aanlynstelsel van die Werkloosheidversekeringsfonds het baie gebruikers rooi laat sien, en het tot groot ongerief en frustrasties gelei vir sowel werkgewers as werkers. Anta de Korte van die Departement van Arbeid probeer om 'n oplossing te bied vir die probleme wat mense ondervind met die stelsel. Sy neem jou ook stap-vir-stap deur die aanlynstelsel, en vertel jou wat om te verw...

Rand en sent 20.07.2019

Olivia Sambo praat met Anta de Korte oor die bedrag wat werkgewers tot die Werkloosheid-versekeringsfonds moet bydra. Sy gee ook raad ook kontrakte, en verduidelik hoeveel jy kan verwag wanneer jy van die fonds eis.

Rand en sent 13.07.2019

Weet jy watter deel van jou salaris word oorbetaal aan die Werkloosheidversekeringsfonds? En hoe weet jy of jou werkgewer wel die geld betaal aan die fonds? Olivia Sambo kry antwoorde op hierdie vrae, en vind ook uit wat jy kan verwag wanneer jy vir die eerste keer registreer by die Departement van Arbeid.

Rand en sent 06.07.2019

Daar is min dinge wat jou so onkant kan tref soos die dood. In sulke tye van nood tel elke sent. Olivia Sambo praat met Anta de Korte van die Werkloosheidsversekeringsfonds oor doodsvoordele; wat lei daartoe dat eise soms lank neem om uitbetaal te word, en wat jy kan doen om jou geld gouer te kry.

Rand en sent 29.06.2019

Olivia Sambo praat met Anta de Korte en Isaac Mogorosi van die Departement van Arbeid oor hoe jy kan eis wanneer jy 'n kind aanneem. 'n Finansiële kenner gee wenke oor hoe om die regte finansiële adviseur te identifiseer.

Rand en sent 22.06.2019

Olivia Sambo praat met Anta de Korte en Isaac Mogorosi van die Departement van Arbeid oor wat jy kan doen om te eis as jy weens siekte nie meer kan werk nie. 'n Kenner deel ook inligting oor hoe die gebrek aan veiligheid in die werksplek kan lei tot ernstige beserings aan diens, en hoe sowel werkers as werkgewers kan baat vind by 'n veiliger werksomgewing.

Rand en sent 15.06.2019

Kenners verduidelik hoe kraamvoordele van die Werkloosheidversekeringsfonds geëis kan word. Hulle verduidelik stap vir stap watter dokumente nodig is, sodat eise vinnniger uitbetaal kan word. 'n Deskundige in die Mensehulpbronbedryf gee raad oor wat jy kan doen om jou kanse te verbeter om 'n werk te kry.

Rand en sent 08.06.2019

In Rand en Sent gesels Olivia Sambo met Anta de Korte en Isaac Mogorosi van die Departement van Arbeid oor wat jy kan doen om te eis wanneer jy werkloos is. Hulle deel ook inligting oor wie almal kwalifiseer vir die voordele van die Werkloosheidsversekeringsfonds, en verduidelik hoe hulle bereken hoeveel geld in jou sak gaan wanneer jy uitbetaal word.

Rand en sent 01.06.2019

In die eerste program in die reeks oor die Werkloosheidversekeringsfonds, neem twee kenners neem ons stap-vir-stap deur die wysigings aan die wet, en verduidelik watter dokumentasie nodig is wanneer jy 'n eis indien.

Rand en sent 25.05.2019

'n Kenner verduidelik hoe mens met aandele kan begin “speel”. En 'n skuldkenner gee nuttige wenke oor hoe om van skuld ontslae te raak, en waaraan jy moet dink voordat jy skuld maak.

Rand en sent 18.05.2019

Daar is spaarwenke vir diegene wat binnekort aftree, en ook net ná aftrede. 'n Belastingspesialis bespreek volgende jaar se veranderinge in belastingwetgewing wat Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk, se sak sal raak.

Rand en sent 11.05.2019

Daar is spaarwenke vir wanneer jy in die middel van jou loopbaan is. Wat is die verskillende beleggingsopsies wanneer jy geld in die buiteland wil belê?

Rand en sent 04.05.2019

Hoe kan jongmense wat pas begin werk het, en vir die eerste keer na hulle eie fiansies moet omsien, begin spaar? Die moets en moenies wanneer jy jou finansiële adviseur kies, en die mees algemene vraag van beleggers aan 'n finansiële beplanner.

Rand en sent 27.04.2019

Die laaste van 'n reeks van vier gesprekke oor die vrou se plek in die Vierdie Nywerheidsrewolusie handel oor hoe vroue hulleself kan bemagtig vir 'n suksesvolle beroepslewe. Kenners praat weer oor verskillende geldpersoonlikhede, en hoe kennis hieroor jou kan help om die hantering van jou eie finansies, asook die van jou lewensmaat, beter te verstaan.

Rand en sent 20.04.2019

Die derde van 'n reeks van vier gesprekke oor die vrou se plek in die Vierde Nywerheidsrewolusie handel oor verdere faktore wat vroue terughou in die ekonomie. 'n Kenner verduidelik ook hoe ons geld uitgee op belastingheffings waarvan ons nie eens bewus is nie, en hoe ons hierop kan bespaar.

Rand en sent 13.04.2019

Die tweede van 'n reeks van vier gesprekke oor die vrou se plek in die Vierde Nywerheidsrewolusie handel oor hoe vroue hulle gedagtegang kan verander om hulle posisie te verbeter t.o.v. loopbane, salarisse en entrepreneurskap.'n Kenner beantwoord ook 'n luisteraarsvraag oor aftrede, aftreeprodukte en die raad wat finansiële adviseurs soms verkeerdelik gee.

Rand en sent 06.04.2019

Die eerste van 'n reeks van vier gesprekke oor die vrou se plek in die Vierde Nywerheidsrewolusie handel oor waar vroue hulle in die digitale era bevind m.b.t. loopbane en entrepreneurskap. Daar word ook gepraat oor beurtkrag en korttermynversekering.

Rand en sent 30.03.2019

Suzaan Steyn het alles wat jy moet weet oor: alle risikoversekering; die enorme koste wat jy jouself op die hals kan haal indien jy naamskending of haatspraak op sosiale media pleeg; asook die feite rondom volmag wat verval wanneer jy nie meer in staat is om jou eie besluite te neem nie.

Rand en sent 23.03.2019

Die laaste gesprek in die reeks oor aftredebepanning handel oor boedelbeplanning. Dis iets wat jy eintlik al moet doen sodra jy begin bates versamel. Daar is ook nuus oor belastingtoepassings om jou belastinginligting makliker bymekaar te maak.

Rand en sent 16.03.2019

Die derde van vier gesprekke oor aftredebeplanning handel oor “Beplanning NÁ aftrede”. 'n Finansiële beplanner verduidelik ook wat die verband is tussen fietsry, finansies en goeie beleggings.

Rand en sent 09.03.2019

Die tweede van vier gesprekke oor aftredebeplanning handel oor “Beplanning BY aftrede”. 'n Prokureur verduidelik ook wat handelsmerke, pattente en kopiereg behels, en hoekom dit nodig is dat ons almal daarvan kennis moet neem.

Rand en sent 02.03.2019

Die eerste van vier gesprekke oor aftredebepanning handel oor “Beplanning VIR aftrede". En 'n prokureur praat oor die voordele daarvan om eiendom en ander bates in 'n trust te registreer, en hoe om dit op die regte manier te doen.

Rand en sent 23.02.2019

Sien só om na jou werknemers se emosionele en liggaamlike welstand vir beter produktiwiteit - 'n kundige deel statistiek en gee raad, en 'n TV-vervaardiger verduidelik hoe hulle hulle personeel emosioneel ondersteun. En daar is nuus oor debietorderbedrog en nuwe maniere om dit die hoof te bied.

Rand en sent 16.02.2019

'n Finansiële kenner bespreek gesondheidsversekering wat vir jou kinders die heel beste behandeling sal help koop in geval van kanker of 'n ander gevreesde siekte. En daar is nuus oor nuwe internetbedrogslenters en hoe jy jouself daarteen kan beskerm.

Słuchaj podcastu Rand en sent w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS