100.5FM Radio Laeveld

100.5FM Radio Laeveld

As dit in die Laeveld van Mpumalanga gebeur is dit op 100.5FM familie radio.

Koniecznie odwiedź stronę podcastu i wesprzyj twórcę: www.radiolaeveld.co.za

Autor

100.5FM Radio Laeveld

Kategoria

Uncategorized

Strona podcastu

www.radiolaeveld.co.za

Ostatni odcinek

16 paź 2026

Gdzie słuchać?

Podcasty w aplikacji Replaio Radio Już wkrótce

Podcasty trafią do aplikacji już wkrótce. Zainstaluj teraz i jako pierwszy zobacz nowe podejście do podcastów

Pobierz z Google Play Zainstaluj za darmo Android prawie 10 mln pobrań · ocena 4,8 iOS niedługo

Odcinki

Word jy billik behandel deur jou makelaar of versekeraar? 19.08.2026

Word jy billik behandel deur jou makelaar of versekeraar? GJ Wentzel van Black Sable Risk vertel vir Laeveld Brunch wat jou te doen staan.

Mahindra Bolero MaXX 19.08.2026

Die Mahindra Bolero MaXX bied jou al die moontlike opsies vir enige industrie. Oscar Kolbe, direkteur en algemene bestuurder van Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive.

Agt munisipaliteite in Mpumalanga begin Aarto implementeer 18.08.2026

Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid sê agt munisipale gebiede in die provinsie het begin met die implementering van die Aarto-wetgewing. Die Stad Mbombela, Nkomazi, Thaba Chweu, Steve Tshwete, Emalahleni, Thembisile Hani, Govan Mbeki en Lekwa is onder 62 munisipaliteite wat landwyd vir fase twee van die uitrol geïdentifiseer is. Met die implementering sal boetes aan motoriste sleg...

Vier kultuur met Innibos Boekenaweek 18.08.2026

Die vierde Innibos Boekenaweek vind aan die einde van die maand in Kaapsehoop plaas. Annemarie van der Walt gesels met Sonop Ontbyt.

Pumas derde op Curriebeker-punteleer met twee rondes oor 18.08.2026

Die Airlink Pumas het hul veldtog om die Curriebeker-titel versterk met 'n oortuigende oorwinning van 29-7 oor die Stormers-23 in Mbombela. Die bonuspunt-oorwinning plaas die Pumas, met twee rondes oor, derde op die punteleer. Hulle is tans drie punte agter die Cheetahs en vier punte agter die verdedigende kampioene en voorlopers, die Griekwas. Hoofafrigter Jimmy Stonehouse sê sy span se lynstane...

Luilekker Sondag: Annemarie Hitge 17.08.2026

Die plaaslike sangeres Annemarie Hitge was gister Anne se gas in die ateljee tydens Luilekker Sondag.

Wat hou El Niño die somer in vir jou tuin? 17.08.2026

Elzabé de Bruyn, die organiese groentetuinkenner, het met Saterdag Ontbyt gesels oor peste in die tuin en wat ons hierdie somer van El Niño kan verwag.

Glam Guru deel raad vir vrouevelle en manshare 14.08.2026

Die Glam Guru Hannon kuier in die Laeveld. Hy het Anne se velsorgvrae beantwoord.

Brande kom nog, maan Lefpa 14.08.2026

André Scheepers van Lefpa sê moenie dat die onlangse reën jou houtgerus maak oor brande nie.

Securicon: So spoor ons gesteelde voertuie op 13.08.2026

Callum MacPherson van Securicon sê jou eerste stap wanneer jou voertuig gesteel word is om jou sekerheidsmaatskappy te kontak, eerder as om dit dadelik op sosiale media te deel.

Intercare bied sambreel tandheelkunde 13.08.2026

Dr. Lohan Steyn van Intercare Mbombela Tandheelkundige-sentrum gesels met Laeveld Brunch.

Mahindra: Stel veiligheid eerste 12.08.2026

Cas Kolbè, handelaarshoof van Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive oor hoe belangrik veiligheidsoorwegings geword het in die aankoop van 'n voertuig.

Sien om na jou geestesgesondheid en winterwelstand 06.08.2026

Dr. Zelda Retief, huisarts by Intercare Mbombela Mediese Sentrum in die Matumi-sentrum, spesialiseer in diabetes, hoë bloeddruk, skildkliertoestande, vrouegesondheid, geestesgesondheid en ondersteuning aan tieners.

Sekuriteitswagte is baie belangrik 06.08.2026

Daar is meer aan sekuriteit as alarms en kameras. Wagte is baie belangrik, sê Callum MacPherson van Securicon.

Boer soek jong, tweede bruid: Wat sê die reg en Bybel? 06.08.2026

Die Vrystaatse boer, adv. Gerrit Coetzee (58), se soeke na 'n jong, tweede bruid het die internet behoorlik aan die gons. Danie van Wyk van Neon Kerk en die regsgeleerde Monique Niebaber verduidelik vir Sonop Ontbyt wat die reg en die Bybel daaroor sê.

Wat jy nie weet van persoonlike versekering nie 05.08.2026

Weet jy wat jou verantwoordelikhede is i.t.v. jou versekering? GJ Wentsel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch.

Kleinsaak? Fokus hierop wanneer jy 'n voertuig kies 05.08.2026

Hoe kan die regte kommersiële voertuig 'n kleinsakeonderneming help om meer doeltreffend en winsgewend te werk? Hein le Roux van Mahindra Nelspruit gesels met die Middag Game Drive.

Pumas klop Boland vir hul eerste oorwinning in die Curriebeker-veldtog 04.08.2026

Die Pumas het alles in die stryd gewerp vir 'n oorwinning van 20-15 teen die Boland Kavaliers in Wellington Sondag. Dis hul eerste oorwinning in die 2026 Curriebeker-seisoen. Die Pumas het tot sesde plek op die punteleer opgeskuif, terwyl Boland, na hul eerste nederlaag van die veldtog, aan die einde van ronde drie vierde is. Willie Engelbrecht en speler van die wedstryd Nevaldo Fleurs het by Sono...

Luilekker Sondag: Mathew Gold 03.08.2026

Die plaaslike musikant was Sondag Anne se gas tydens Luilekker Sondag.

Penryn doelwagter skitter en haal nasionale span 31.07.2026

Die Laeveldse sportgemeenskap vier 'n belangrike mylpaal met Ulrich Reingrubber, Penryn College se uitmuntende doelwagter, wat gekies is om Suid-Afrika by die komende Jeug-Afrika-beker in Nairobi, Kenia, van 6 tot 8 Augustus te verteenwoordig. Hy het die ateljee saam met die uitvoerende hoof, Mike Eisen, besoek in die aanloop tot die skool se opedag môre.

Mahindra Nelspruit: Waarvoor gaan jy jou bakkie gebruik? 31.07.2026

Voor jy 'n bakkie aanskaf, antwoord eers dié vraag: Waarvoor gaan jou bakkie daagliks die meeste gebruik word? Hein le Roux, die bestuurder van nuwe voertuig verkope by Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

KANSA: Manlike borskanker-oorlewer vertel van reis 30.07.2026

Bobby Were is 'n oorlewende van borskanker. Hy vertel wat hy geleer het oor mans en hul gesondheid.

Brandblussers is baie belangrik vir jou eerste reaksie 29.07.2026

Dis belangrik om te onthou dat elke onderneming brandbestydingstoerusting op die perseel moet hê. GJ Wentzel van Black Sable Risk gesels met Laeveld Brunch.

Armdruk ondergaan omwenteling 29.07.2026

Nelspruit het weer die voorreg om die Nasionale Armdruk Kampioenskappe aan te bied op 8 en 9 Augustus. Daar was ook verskeie verwikkelinge in die sport van Armdruk oor die laaste tyd.

Ruan Raath-gholfdag Vrydag gehou 28.07.2026

Die gemeenskap het gereageer om Ruan Raath (36) te ondersteun na sy kankerdiagnose. Sy sussie Chané Jacobs en kollega Jonathan Eastes gesels oor die gholfdag Vrydag. 

Słuchaj podcastu 100.5FM Radio Laeveld w Replaio

Radio i podcasty w jednej aplikacji - za darmo, bez zakładania konta. Zainstaluj już dziś i nie przegap premiery

Pobierz z Google Play

Replaio nie jest wydawcą podcastów; nazwy audycji, okładki i audio należą do ich autorów i są rozpowszechniane przez publiczne kanały RSS